Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Stil Eetplek
Die Stil Eetplek [boodskap #86872] |
Vr., 07 November 2003 05:44  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sien vanoggend vroeg 'n program oor New York, en een van die insetsels was
oor 'n stil restaurant - geen musiek, geen pratery nie. Die mense
kommunikeer met mekaar dmv notas wat hulle vir mekaar skryf. Sagte en
gedempte giggel of lag word toegelaat.
Klink vir my na 'n goeie idee. Ek gaan deesdae nie eers meer in waar musiek
te hard gespeel word nie.
Gisteraand na die wynproe was die geraasvlak van die etendes in die
restaurant ook baie hoog.
--
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die Stil Eetplek [boodskap #87045 is 'n antwoord op boodskap #86914] |
Di., 11 November 2003 14:55  |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Weet g'n niks van kwepers nie.......ons mense ly mos verskriklik en eet net
vleis! Maar ons ken darem van vyekonfyt want dis nou een ding wat maklik
groei hier in die woestyn.
"Annette" skryf in boodskap news:boi5gl$569$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons eet nog gereeld kweperkonfyt hier - ook soet kweperstukke saam met vleis
> as deel van groente.
> --
> Annette
>>> Ek sal nou nie juis 'n pagoda opsoek vir stilte nie, 'n stappie langs
> die
>>> see of die berg is goed genoeg vir my.
>>> Ek hou ook daarvan om kos en wyn 'n rukkie in my mond te hou om die
> geure
>> te
>>> kan geniet.
>>> Het nou die dag by die feesmark papajakonfyt gekoop - eerste keer wat
ek
>> dit
>>> eet, en dit is heerlik.
>>> Van heerlik gepraat - ek dink ek moet vandag 'n draai by die parade gaan
>>> maak en suurvytjies koop sodat ek vir my 'n botteltjie konfyt
aanmekaar
>> kan
>>> slaan.
>>> Het julle al appel-en-pynappelkonfyt geëet?
>>> --
>>> Annette
>>>
>>>>
>>>> Annette wrote
>>>>
>>>> > Klink vir my na 'n goeie idee. Ek gaan deesdae nie eers meer in waar
>>>> musiek
>>>> > te hard gespeel word nie.
>>>>
>>>> Een van die beste ondervindinge wat mens kan hê, is om
>>>> in algehele stilte te eet as deel van meditasie, of om
>>>> "walking meditation" te doen. Dit word nie eintlik gedoen
>>>> in die Tibetaanse Buddhisme-groep wat ons bywoon nie,
>>>> maar baie van die Suid-Asiese Buddhiste doen dit
>>>> gereeld. Daar is 'n pagoda in Ottawa waar hulle dit
>>>> gereeld doen. Mens word gemaan om nie eens
>>>> oog-kontak met mense te probeer maak nie. Dis
>>>> verbasend hoe so 'n eet-in-stilte mens bewus maak
>>>> van die manier waarop die kos in jou hande voel,
>>>> of die geure en die kleure daarvan. Ek dink, as mens
>>>> ander dinge doen terwyl jy eet, gaan so baie kos met
>>>> jou keel af sonder dat jy dit waardeer.
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 12 22:17:10 UTC 2025
|