Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek wil dit weet...
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86741 is 'n antwoord op boodskap #86735] |
Di., 04 November 2003 21:37   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 04 Nov 2003 22:13:27 +0200, Speedy Gonzales
wrote:
>
> Indien die Protestante s 'n dag sou kies, Norbert, sou dit
> meer waarskynlik individuele dae wees. 'n Dag soos
> 'n verjaardag, troudag of 'n ander herinnering.
>
> Miskien is die basis van die antwoord op jou vraag,
> die feit dat ons nie die graf as die laaste rusplek sien nie.
> Inderwaarheid gaan die betrokke wese nooit in die graf in nie.
> Annette verwys hieronder êrens daarna waar sy praat van
> mense wat by 'n graf huil terwyl die mens oor wie hulle huil
> lankal langs 'n rivier op groen gras onder 'n wilgeboom
> met vriende herenig.
>
> DD
>
Die een sy wyse is waarskynlik nie beter as diè van 'n ander nie, DD.
Ons gaan almal tesaam op een of twee dae kerkhof toe, versier die
grafte met 'n blommetjie en bid vir die saligheid van die oorlede
familielede, vriende of andere mense wat ons geken het. Ons doen dit
almal tesaam omdat ons dan nie alleen is op die kerkhof nie. Verdriet
en droefheid word baie beter verwerk en verdra as mense nie alleen is
nie. Meest ouer mense gaan kerkhof toe soos jy wel weet en watter
mense is meest eensaam?
Dis nie ongewoon nie as ons dan mense sien ween op die kerkhof. Ons
sal nie vra vir die mense wat daar skeel want ons weet waarom daardie
mense ween.
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86742 is 'n antwoord op boodskap #86733] |
Di., 04 November 2003 22:16   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 04 Nov 2003 20:00:02 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Ek het groot respek vir die Rooms Katolieke Kerk, Norbert.
> Een van die dinge wat ek die laaste jare besef het, is hoeveel
> die moderne Protestantisme 'n leë gepraat geword het, en
> dat hulle te min op rituele staatmaak. In daardie opsig vind
> ek die Katolieke kerk en die Tibetaanse Buddhisme baie
> na aan mekaar.
>
> Gloudina
>
Ons Katolieke Kerk het tog nog steeds 'n bietjie las van sy gebrek aan
demokrasie, Gloudina. Vanaf die oomblik dat die westerse regeringe die
Katolieke godsdiens as staatsgodsdiens verhef het is die Kerk nie
rêrig meer demokraties gewees nie. Ons sien dit duidelik in die
obstinate weiering van die pous om getroude en vrouelike priesters in
sy Kerk toe te laat, net in 'n tyd dat ons 'n kolossaal gebrek het aan
priesters. Ook sou hy terug die diens in die Latyn wil en dis nou tog
volledig uit die tyd. Ek glo die protestantse Kerke het demokrasie tot
'n dogma in hulle beleid gemaak en ook die gehuwdheid van predikante
gereël.
Maar daardie situasie sal verander. Ofskoon die mense uit die Rooms
Katolieke Kerk baie redes het om Woytila sy pensioen te gee doen hulle
dit nie. Hy het ook sy goeie kante gehad. Maar feitelik wag ons almal
op sy dood. Jy sal sien: as die pous dood sal wees sal baie dinge
anders word. Dit sal so moet wees want anders gaan die Katolieke 'n
krisis tegemoet. 'n Drastiese verjonging van die kerklike struktuur
dring sy eie op. Daar is terug "protestante" in die Katolieke lande!
Die protestantse godsdienste het hulle eie altyd geprofileer teenoor
die Katolieke godsdiens, waaruit hulle feitelik voortgekom het. Hulle
was 'n natuurlike reaksie op die morele verval van ons eie Katolieke
Kerk in daardie jare van reformasie maar hulle het waarskynlik 'n
bietjie die kind met die badwater weggegooi insake die kerklike
rituele en so. Nou, as die Katolieke Kerk verander dan sal die
Protestantse Kerke ook wel verander soos ek vermoed.
Baie groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86750 is 'n antwoord op boodskap #86718] |
Wo., 05 November 2003 07:21   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 04 Nov 2003 12:35:45 -0500, Katryn wrote:
> Ek "hoor" wat jy sê, Norbert. En stem saam dat daar ook 'n plek is
> vir filosofie, en dat harde wetenskap nie altyd alles kan verklaar
> nie. Maar as mens na die werk van veral neuroteoloë kyk in die
> verband, kan mens meer begin verstaan oor daardie oer-oue vraag van
> wie ons is en waar ons heengaan. Gaan kyk in die verband veral na die
> werk van Persinger.
> Iewer het ek byvoorbeeld ook gelees dat die oorsaak van dood is 'n
> totale gebrek/afwesigheid aan asemhaling. Die wetenskaplike
> gevolgtrekking is dus dat solank as jy kan asemhaal, sal jy bly lewe.
> Sien, ek het sedertdien ek daardie brokkie inligting gelees het,
> onmiddelik geleer om asem te haal, en ek het nog nie een keer
> doodgegaan nie, so daardie wetenskaplike feit hou definitief water.
> ;-)
> Dis net dat die gemiddelde mens verkies om vas te kleef aan hulle ou
> tradisies en bygelofies en dinge, eerder as om te dink. Om
> wetenskaplike feite te verontagsaam as dit nie inpas by hulle
> onderskeie geloofstradisies nie. Godsdiens (insluitende oosterse
> godsdienste soos buddhisme), is 'n veilige nessie waaruit hulle dan
> klippe gooi na ander.
>
> Die punt is dat ons nie almal soos Descartes hoef te redeneer nie,
> maar as mens nie eens weet of wil weet waar jou tradisies en gebruike
> vandaan gekom het, en waarom jy sekere dinge op sekere maniere doen
> nie, is daar 'n probleem. Of nie? Ons MOET net aanvaar en begin
> verstaan dat ons westerse denke/samelewing/kultuur hoofsaaklik
> ontstaan het vanuit 2 hoofbronne - die Judeo-Christen en
> Grieks-Romeins. Dit is juis die spanning tussen daardie 2
> hoofkulture wat ons denke en manier van glo, dink en leef die heeltyd
> beinvloed. Die konflik tussen geloof en rede...soos pragtig beskryf
> en verduidelik in Charles Freeman se boek "The Closing of the Western
> Mind - The Rise of Faith and the Fall of Reason".
>
> Om net 'n stukkie aan te haal:
> Bl 327
> "There is increasing scientific evidence that reason and emotion need
> to live side by side in the healthy mind. It appears that some degree
> of irrationality acts as a healthy corrective to the aridity of
> narrowly logical thought".
> Dan gaan hy verder en haal die paradox van Niels Bohr aan: "The
> opposite of one profound truth is often another profound truth."
>
> Maar hy gaan verder en verduidelik dan hoe die kerk die balans na die
> een kant geskaak het, en hoe die oningeligte (uneducated) verkies was
> bo die ingeligte (educated) tot die totale eksklusie van "waarhede"
> gevind deur logiese denke en wetenskaplike metodes. "Intellectual
> self confidence and curiosity, which lay at the heart of the Greek
> achievement, were recast as the dreaded sin of pride. Faith and
> obedience to the institutional authority of the church were more
> highly rated than the use of reasoned thought"
>
> Elkgeval - daar is niks verkeerd mee om emosie te betoon en hartseer
> te raak en wees oor die verlies van 'n geliefde nie. Maar ek dink
> daar is baie verkeerd as mens tradisies navolg sonder om eers te erken
> waar daardie tradisies vandaan kom. Dit is sinneloos as jy my vra.
> Net so sinneloos as om te glo dat daar iets soos geeste is. Casper is
> oulik, maar hy is rerig nie werklik nie. Kersvader en die paashaas en
> die tooth fairy ook nie.
> ;-)
>
> ---
> "I do not believe in the creed professed by the Jewish church, by the
> Roman church, by the Greek church, by the Turkish church, by the
> Protestant church, nor by any church that I know of. My own mind is my
> own church"
> ---Thomas Paine, Age of Reason
Teenwoordig het moderne wetenskappers, soos Stephen Hawking, weerom
baie krediet in Rome. Die Katolieke Kerk het uiteindelik verstaan dat
rede, verstand en wetenskap nie meer kan uitgesluit word in die
gemeenskap van mense (wat 'n kerk ten laaste nog steeds is: n'
gemeenskap van mense).
Maar dis jammer dat hulle daarmee so laat gekom het. Ons Katolieke
Kerk is nog steeds nie demokraties nie en dit maak hulle dood ofskoon
die Katolieke geestelikheid in die geskiedenis al meerdere
vingerwysinge daarvoor gekry het (die Reformasie, die Franse Revolutie
en die Marxisme). Nou hoor ons wel meer en meer priesters wat sê dat
hulle moet leer samelewe met andere gedagtes. Dis inderdaad 'n kenmerk
van baie godsdienste dat hulle daar op 'n hoër niveau nog steeds nie
in slaag nie. Slegs skoorvoetend kom daarin enige verandering en dan
nog enkel maar aan die basis.
Maar, ja, waar die voete wil gaan daar volg uiteindelik die ganse
liggaam. Ons glo daar gaan nog baie dinge verander in die Kerk as
Woytila dood sal wees. Rome sal hom heilig verklaar maar vir die res
sal hulle gelukkig wees as hy weg is (en ons mense ook).
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86768 is 'n antwoord op boodskap #86683] |
Wo., 05 November 2003 17:27   |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: Julie 2002
|
Senior Lid |
|
|
"Ellie" wrote in message
> Ekself hou daarvan om kersies aan te steek vir iemand, maak nie saak of die
> persoon dood of lewend is nie, dis net iets wat ek doen. Ek het verskeie
> kersies aangesteek in die geskiedkundige ou St. Paul's katedraal in Decatur
> Straat.
Ek kan my indink dat soiets, veral in so 'n somber
katedraal met gebrandskilderde vensters en dalk sagte
kerk-musiek in die agtergrond, 'n diep emosionele effek
op 'n mens kan hê.
Die konvensionele gebruik is natuurlik om 'n kersie te
koop (deur geld in 'n bussie te sit), dit aan te steek,
en dan op so 'n metaal raamwerk-stellasie te plaas,
saam met ander kersies wat ander mense reeds aangesteek
het.
Ek self kom selde in kerke. Maar onlangs het ek deur
omstandighede in 'n string van katolieke kerke en
katedrale gekom. Iets wat my, sinikus wat ek is,
opgeval het is dat die besigheid van kersies aansteek
in baie van die groter katedrale nou ge-meganiseer en
ge-elekrifiseer is. Pleks van die raamwerk-stellasie
is daar 'n soort van vertoon-kassie met namaak-kersies
in, elk met 'n elekriese lampie - van die soort wat so
flikker as dit aan is, nes 'n kers. Langsaan is daar
dan so 'n kontrapsie met 'n tydskakelaar in, wat jy met
'n muntstuk kan voer om een van die lampies aan te
skakel. Die 'kersie' brand dan vir 'n tyd wat afhang
van hoeveel geld jy insit.
Wat is volgende - 'n bionic biegvader in die biegstoel?
Swart Simon
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86777 is 'n antwoord op boodskap #86768] |
Wo., 05 November 2003 22:15   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie teks van Swart Simon is vir my 'n outentieke, historiese
dokument wat ek nou gaan opslaan en verseker vir die toekoms.
Norbert (uit Vlaandere)
On Wed, 5 Nov 2003 19:27:00 +0200, "Swart Simon"
wrote:
> Ek kan my indink dat soiets, veral in so 'n somber
> katedraal met gebrandskilderde vensters en dalk sagte
> kerk-musiek in die agtergrond, 'n diep emosionele effek
> op 'n mens kan hê.
>
> Die konvensionele gebruik is natuurlik om 'n kersie te
> koop (deur geld in 'n bussie te sit), dit aan te steek,
> en dan op so 'n metaal raamwerk-stellasie te plaas,
> saam met ander kersies wat ander mense reeds aangesteek
> het.
>
> Ek self kom selde in kerke. Maar onlangs het ek deur
> omstandighede in 'n string van katolieke kerke en
> katedrale gekom. Iets wat my, sinikus wat ek is,
> opgeval het is dat die besigheid van kersies aansteek
> in baie van die groter katedrale nou ge-meganiseer en
> ge-elekrifiseer is. Pleks van die raamwerk-stellasie
> is daar 'n soort van vertoon-kassie met namaak-kersies
> in, elk met 'n elekriese lampie - van die soort wat so
> flikker as dit aan is, nes 'n kers. Langsaan is daar
> dan so 'n kontrapsie met 'n tydskakelaar in, wat jy met
> 'n muntstuk kan voer om een van die lampies aan te
> skakel. Die 'kersie' brand dan vir 'n tyd wat afhang
> van hoeveel geld jy insit.
>
> Wat is volgende - 'n bionic biegvader in die biegstoel?
>
> Swart Simon
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86783 is 'n antwoord op boodskap #86782] |
Wo., 05 November 2003 23:30   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 5 Nov 2003 22:42:11 -0000, "Lorinda" wrote:
> Die Katolieke weet meer van die sielkunde van die wat godsdiens nastreef as
> wat jy dink Norbert. Weet jy dat elke keer as die Anglikaanse kerk hier in
> Engeland meer liberale beleide invoer loop daar stringe mense oor na die
> Katolieke kerk? (dit het gebeur met die inbring van vroulike vicars ens
> ens.). Jy dink as die kerk moderniseer sal dit meer mense lok, en dis net
> waar jy verkeerd is. Een van my vriendinne bly in 'n vorige Anglikaanse
> kerk - hulle word by die hope in woonstelle verander want hulle het nie
> gemeentelede nie... Die kerke wat hier vol is is die Baptist tipe met "Hell
> and Brimstone preachers" en die Katolieke kerke.Mense hou van reels en "Thou
> shalt NOT...." dit laat hulle veilig voel want dit gee hulle 'n duidelike
> kaart na die saligheid... en dit maak hulle "beter" as die ou wat dit nie
> glo nie. Die sterkte van die Katolieke kerk lê in haar onwrikbaarheid.
>
> Lorinda
>
>
Ek is bereid om aan te neem wat jy daar sê oor daardie Engelse
toestande, Lorinda maar hier op die vasteland hoor ek reëlmatig ouere
mense praat oor onse pous en hulle sê bykans almal ditselfde: onse
pous moet verdwyn en ons moet 'n nuwe pous hê en vrouens is baie
welkom in die erediens want ons gaan dit rêrig nie doen vir die
modernisasie omwille van die modernisasie nie. Neen, hier in onse
kontreie word dit wel deeglik noodsaaklik. Ons het nie genoeg
priesters meer nie! God roep nie meer op die Europese kontinent nie en
die gewone mense sien en weet dit. Moet miskien hier woon om dit te
kan verstaan. As jy 'n duidelike kaart na die saligheid wil dan moet
jy iemand hê wat jou daardie kaart ook sal gee maar ons het gewoon nie
meer genoeg van daardie persone nie! Ons MOET die vrouens inskakel!
Wat sou ons van Engeland moet leer? Hulle is baie laat in die Europese
Unie gekom en hulle gee met alles wat "Europa" aangaan die grootste
probleme, hulle ry links, drink hulle bier lou en hulle wil geen euros
nie. In alles is hulle 'spesiaal', afwykend en hulle weet alles beter.
Hulle is nog steeds nie "kontinentaal" nie. Vasteland-Europeërs voel
die baie goed. Ek voel me eie beter tuis in Frankryk, Duitsland,
Italië en Spanje as in Engeland en daardie land lê maar net oor die
water!
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86788 is 'n antwoord op boodskap #86768] |
Do., 06 November 2003 00:07   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan my indink dat soiets, veral in so 'n somber
katedraal met gebrandskilderde vensters en dalk sagte
kerk-musiek in die agtergrond, 'n diep emosionele effek
op 'n mens kan hê.
Die konvensionele gebruik is natuurlik om 'n kersie te
koop (deur geld in 'n bussie te sit), dit aan te steek,
en dan op so 'n metaal raamwerk-stellasie te plaas,
saam met ander kersies wat ander mense reeds aangesteek
het.
Ek self kom selde in kerke. Maar onlangs het ek deur
omstandighede in 'n string van katolieke kerke en
katedrale gekom. Iets wat my, sinikus wat ek is,
opgeval het is dat die besigheid van kersies aansteek
in baie van die groter katedrale nou ge-meganiseer en
ge-elekrifiseer is. Pleks van die raamwerk-stellasie
is daar 'n soort van vertoon-kassie met namaak-kersies
in, elk met 'n elekriese lampie - van die soort wat so
flikker as dit aan is, nes 'n kers. Langsaan is daar
dan so 'n kontrapsie met 'n tydskakelaar in, wat jy met
'n muntstuk kan voer om een van die lampies aan te
skakel. Die 'kersie' brand dan vir 'n tyd wat afhang
van hoeveel geld jy insit.
Wat is volgende - 'n bionic biegvader in die biegstoel?
Swart Simon
:-)) Ek het in n Ierse katolieke familie ingetrou, maar het nooit die
katolieke geloof aangeneem nie, daar is te veel dinge wat ek nie mee
saamstem nie. Ek hou wel van die katolieke se waardes en norme, bv. familie
is baie belangrik.
Die kersies in die katerdraal in New Orleans was nog outyds, jy moes n
kersie koop (teen 50c) en dan sit jy dit saam met die ander kersies op n
stellasie, en dan steek jy dit aan. Daar is iets baie vreedsaam en
simbolies van die hele proses, dit laat n mens goed voel.
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86790 is 'n antwoord op boodskap #86783] |
Do., 06 November 2003 00:19   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:112jqvojuv5gu5guq0dg113vf5b6tk88ud@4ax.com...
> Ek is bereid om aan te neem wat jy daar sê oor daardie Engelse
> toestande, Lorinda maar hier op die vasteland hoor ek reëlmatig ouere
> mense praat oor onse pous en hulle sê bykans almal ditselfde: onse
> pous moet verdwyn en ons moet 'n nuwe pous hê en vrouens is baie
> welkom in die erediens want ons gaan dit rêrig nie doen vir die
> modernisasie omwille van die modernisasie nie. Neen, hier in onse
> kontreie word dit wel deeglik noodsaaklik. Ons het nie genoeg
> priesters meer nie! God roep nie meer op die Europese kontinent nie en
> die gewone mense sien en weet dit. Moet miskien hier woon om dit te
> kan verstaan. As jy 'n duidelike kaart na die saligheid wil dan moet
> jy iemand hê wat jou daardie kaart ook sal gee maar ons het gewoon nie
> meer genoeg van daardie persone nie! Ons MOET die vrouens inskakel!
Norbert, ek is bereid om jou te wed dat as jy kry wat jy wil hê en die kerk
word gemoderniseer kom niemand wat weg is terug nie, en jy gaan nog 'n hele
klomp verloor ook. Mense dink dit is wat hulle will hê, totdat dit gebeur.
> Wat sou ons van Engeland moet leer? Hulle is baie laat in die Europese
> Unie gekom en hulle gee met alles wat "Europa" aangaan die grootste
> probleme, hulle ry links, drink hulle bier lou en hulle wil geen euros
> nie. In alles is hulle 'spesiaal', afwykend en hulle weet alles beter.
> Hulle is nog steeds nie "kontinentaal" nie. Vasteland-Europeërs voel
> die baie goed. Ek voel me eie beter tuis in Frankryk, Duitsland,
> Italië en Spanje as in Engeland en daardie land lê maar net oor die
> water!
>
Ek stel nie voor dat jy iets van Engeland leer nie. EN met wat jy van
Engeland dink het ek vrede:-) Dit is egter 'n feit dat die Anglikaanse kerk
die liberale pad geloop het, anders as die kerk in jou geweste, soos jy self
erken. Eers dink almal dit is wat gedoen moet word om die kerk te red, en
dan beteken dit juis die einde want dit vervul nie meer die nodige
sielkundige funksie nie.
Lorinda
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86791 is 'n antwoord op boodskap #86790] |
Do., 06 November 2003 04:24   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nogal Norbert se opmerking interessant gevind - nl wat hulle van
Engeland dink.
Hier ter plaatse het slegs ons biskop die gay biskop ondersteun, in
teenstelling met die biskoppe van die ander Afrika-lande.
Ons kerke ( NGK) hier moes noodwendig juis verander en moderniseer om die
jeug se aandag te hou, en dis juis die gemeentes wat steeks streng en
onveranderlik gebly het, wat met tanende getalle sukkel, terwyl die
makro-gemeentes deur die bank modern en pro-aktief is.
--
Annette
"Lorinda" skryf in boodskap news:3fa991ac_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:112jqvojuv5gu5guq0dg113vf5b6tk88ud@4ax.com...
>
>> Ek is bereid om aan te neem wat jy daar sê oor daardie Engelse
>> toestande, Lorinda maar hier op die vasteland hoor ek reëlmatig ouere
>> mense praat oor onse pous en hulle sê bykans almal ditselfde: onse
>> pous moet verdwyn en ons moet 'n nuwe pous hê en vrouens is baie
>> welkom in die erediens want ons gaan dit rêrig nie doen vir die
>> modernisasie omwille van die modernisasie nie. Neen, hier in onse
>> kontreie word dit wel deeglik noodsaaklik. Ons het nie genoeg
>> priesters meer nie! God roep nie meer op die Europese kontinent nie en
>> die gewone mense sien en weet dit. Moet miskien hier woon om dit te
>> kan verstaan. As jy 'n duidelike kaart na die saligheid wil dan moet
>> jy iemand hê wat jou daardie kaart ook sal gee maar ons het gewoon nie
>> meer genoeg van daardie persone nie! Ons MOET die vrouens inskakel!
>
> Norbert, ek is bereid om jou te wed dat as jy kry wat jy wil hê en die kerk
> word gemoderniseer kom niemand wat weg is terug nie, en jy gaan nog 'n hele
> klomp verloor ook. Mense dink dit is wat hulle will hê, totdat dit gebeur.
>
>
>> Wat sou ons van Engeland moet leer? Hulle is baie laat in die Europese
>> Unie gekom en hulle gee met alles wat "Europa" aangaan die grootste
>> probleme, hulle ry links, drink hulle bier lou en hulle wil geen euros
>> nie. In alles is hulle 'spesiaal', afwykend en hulle weet alles beter.
>> Hulle is nog steeds nie "kontinentaal" nie. Vasteland-Europeërs voel
>> die baie goed. Ek voel me eie beter tuis in Frankryk, Duitsland,
>> Italië en Spanje as in Engeland en daardie land lê maar net oor die
>> water!
>>
>
> Ek stel nie voor dat jy iets van Engeland leer nie. EN met wat jy van
> Engeland dink het ek vrede:-) Dit is egter 'n feit dat die Anglikaanse kerk
> die liberale pad geloop het, anders as die kerk in jou geweste, soos jy self
> erken. Eers dink almal dit is wat gedoen moet word om die kerk te red, en
> dan beteken dit juis die einde want dit vervul nie meer die nodige
> sielkundige funksie nie.
>
> Lorinda
>
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86803 is 'n antwoord op boodskap #86790] |
Do., 06 November 2003 07:27   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 6 Nov 2003 00:19:13 -0000, "Lorinda" wrote:
> Norbert, ek is bereid om jou te wed dat as jy kry wat jy wil hê en die kerk
> word gemoderniseer kom niemand wat weg is terug nie, en jy gaan nog 'n hele
> klomp verloor ook. Mense dink dit is wat hulle will hê, totdat dit gebeur.
Geagte Lorinda,
Ons het in Vlaandere die laaste jaar slegs 7 priesterroepinge gehad en
ons is met 6 miljoen, meest katolieke Vlaminge. Kerkparogies word
steeds groter en het almaar min priesters wat nou nog meest oue manne
is. Toe ek jonk was was hier in ons parogie nog drie priesters en nou
nog slegs één en daardie ou kêrel doen al diens ook op andere
parogies. Ons sien tog meteen waar dit soontoe gaan? Jy sê verder dat
die sielkundige funksie nie meer sal vervul word nie. Hoe sal 'n kerk
dan sy sielkundige funksies gaan vervul as daar geen priesters meer is
nie?
Die situasie is hier tog wel 'n bietjie anders as in Engeland. 'n
Tipiese Engelsman het altyd wel 'n bietjie gedweep met sy
andersdenkendheid en as hy êrens nie mee saamgestem het nie dan het hy
verander van party. Maar hier in die katolieke lande van Europa is dit
nie moontlik nie: ons het geen andere partye daarin nie en daardie
andere kerke wat bestaan het geen betekenis nie. As 'n kerk wil bly
bestaan dan moet 'n kerk sigbaar wees en dit gaan nie lank meer duur
nie en dan sal 'n mens se eie afvra: waar is die Kerk hier? Ek het
verstaan dat die strukture van die onderskeie Kerke in Engeland nog
steeds bestaan en nog baie sterk is maar hier op die vasteland is die
struktuur al baie aangetas.
Ek sou nie weet of vrouens die sielkundige funksie in die Kerk nie kan
waarneem nie. Hier is al vrouens wat by burgerlike begrafnisse (dus
sonder Kerk en vernaamlik by kremasies) die voorlesings doen. Ek kry
nie die indruk dat hulle min bekwaam as hulle manlike teenhangers in
die Katolieke Kerk nie.
Ek kry rêrig nie die indruk nie dat in Europa baie mense gaan verloor
as daar vrouens in die Kerk kom. Dit is nou net diè mense waarvan ek
vroeër sou gesê het hulle gaan weggaan as daar vrouens in die Mis kom
wat nou as eerste met 'n teenoorgestelde standpunt afkom en dis tog
wel 'n merkwaardige vasstelling. (Asseblief lees verdier hieronder)
>
>
>> Wat sou ons van Engeland moet leer? Hulle is baie laat in die Europese
>> Unie gekom en hulle gee met alles wat "Europa" aangaan die grootste
>> probleme, hulle ry links, drink hulle bier lou en hulle wil geen euros
>> nie. In alles is hulle 'spesiaal', afwykend en hulle weet alles beter.
>> Hulle is nog steeds nie "kontinentaal" nie. Vasteland-Europeërs voel
>> die baie goed. Ek voel me eie beter tuis in Frankryk, Duitsland,
>> Italië en Spanje as in Engeland en daardie land lê maar net oor die
>> water!
>
> Ek stel nie voor dat jy iets van Engeland leer nie. EN met wat jy van
> Engeland dink het ek vrede:-) Dit is egter 'n feit dat die Anglikaanse kerk
> die liberale pad geloop het, anders as die kerk in jou geweste, soos jy self
> erken. Eers dink almal dit is wat gedoen moet word om die kerk te red, en
> dan beteken dit juis die einde want dit vervul nie meer die nodige
> sielkundige funksie nie.
>
Ek dink vernaamlik dat die vrouwens op die vasteland nie so woes is as
die vrouens in Engeland nie en dat hulle daarom beter bekwaam is om 'n
diens te lei en pastorale werking te doen. Ons het op die vasteland
nog steeds nie so'n drake soos Margareth Thatcher of die Engelse
Koningin nie en as ons loer na die andere Engelse vrouens in die
openbare lewe dan sê ons steeds: "God, spaar ons daarvan!" Dis miskien
die rede waarom Engelse soccersupporters altyd so baldadig is as hulle
op die vasteland op besoek kom. Ek praat maar net oor die aard van die
beestjies.
Groete van
Norbert
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86808 is 'n antwoord op boodskap #86787] |
Do., 06 November 2003 07:51   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 05 Nov 2003 23:58:39 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Lorinda wrote
>
> .Mense hou van reels en "Thou
>> shalt NOT...." dit laat hulle veilig voel want dit gee hulle 'n duidelike
>> kaart na die saligheid... en dit maak hulle "beter" as die ou wat dit nie
>> glo nie. Die sterkte van die Katolieke kerk lê in haar onwrikbaarheid.
>
> Ek twyfel of jy reg is oor die sukses van die
> Katolieke Kerk met hulle volgelinge. Dit het
> taamlike intieme aanraking met Tibetaanse
> Buddhisme in my geval as gevolg gehad dat
> ek begin insien het waaroor dit in die Katolieke
> Kerk gaan. Dit en die feit dat ek een skoondogter
> het wat 'n oortuigde Katoliek is. Dit het my altyd
> opgeval dat sy, anders as Protestante, nie sit en
> kekkel oor haar geloof en my wil oortuig dat sy
> die wysheid in pag het nie. Eers toe ek begin
> verstaan het waaroor dit gaan in die Tibetaanse
> Buddhisme, oor hulle verering van die goddelike
> in dié wat mens maar "saints" kan noem, het ek
> begin verstaan waaroor dit gaan in die Katolieke
> geloof. Dis die aandag aan en die navolging van
> die praktyke wat goddelikheid nader aan die
> gevalle mens bring, wat die oortuigde Katoliek
> maak wat hy is.
>
> Gloudina
>
Jy is 'n goed waarnemer, Gloudina!
Wis jy byvoorbeeld waarom mense van Nedeland oordag so graag na
Belgiese, lees "Vlaamse" radio-uitsendings luister? Dis omdat hulle op
Vlaamse radiosenders die ganse dag musiek het. Op die Nederlandse
senders is daar alle ure 'n teologiese diskussie.
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86817 is 'n antwoord op boodskap #86807] |
Do., 06 November 2003 08:30   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 6 Nov 2003 08:47:50 +0100, "Emmy" wrote:
>
>> :-)) Ek het in n Ierse katolieke familie ingetrou, maar het nooit die
>> katolieke geloof aangeneem nie, daar is te veel dinge wat ek nie mee
>> saamstem nie. Ek hou wel van die katolieke se waardes en norme, bv.
> familie
>> is baie belangrik.
>> Die kersies in die katerdraal in New Orleans was nog outyds, jy moes n
>> kersie koop (teen 50c) en dan sit jy dit saam met die ander kersies op n
>> stellasie, en dan steek jy dit aan. Daar is iets baie vreedsaam en
>> simbolies van die hele proses, dit laat n mens goed voel.
>
> Katholiek zijn is een vrolijk geloof je zonden worden je vergeven als je
> erom vraagt ;-))
> Grt emmy
>
Dit gebeurt niet alleen in de Katolieke Kerk, Emmy. Hier op deze
nieuwsgroep vertoeven veel mensen die alle dagen om vergeving van hun
zonden vragen en die worden nog vergeven ook! Ik noem geen namen!
Norbert (uit Vlaanderen)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86867 is 'n antwoord op boodskap #86803] |
Do., 06 November 2003 22:31   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:qvpjqvsmiutsjlqqs80lq00hnqdjkgicp3@4ax.com...
> Ons het in Vlaandere die laaste jaar slegs 7 priesterroepinge gehad en
> ons is met 6 miljoen, meest katolieke Vlaminge. Kerkparogies word
> steeds groter en het almaar min priesters wat nou nog meest oue manne
> is. Toe ek jonk was was hier in ons parogie nog drie priesters en nou
> nog slegs één en daardie ou kêrel doen al diens ook op andere
> parogies. Ons sien tog meteen waar dit soontoe gaan? Jy sê verder dat
> die sielkundige funksie nie meer sal vervul word nie. Hoe sal 'n kerk
> dan sy sielkundige funksies gaan vervul as daar geen priesters meer is
> nie?
Norbert, jy verstaan nie wat ek bedoel nie. Die mense is nie weg, of word
nie meer priesters, omdat die kerk outyds is nie. Hulle is weg omdat hulle
nie meer godsdienstig is nie. Hulle word nie meer priesters omdat daar baie
ander keuses is en mense nou wyer dink, en dit nie meer die gebruik is vir
een van die seuns in die familie om 'n priester te word nie. As die kerk
moderniseer, gaan hulle nie terug kom nie, of priesters word nie. Die
sielkunde van die kerk was sy sekerheid, waarvan hy nie afgewyk het nie. So
die wat oorbly, en nog 'n behoefte aan godsdiens het, se behoefte word
vervul. Hoe meer liberaal die kerk word, hoe vinniger gaan hulle verdwyn.
Totdat daar 'n alternatief ontstaan wat weer vir die wat na godsdiens neig
dieselfde sekerhede binne definitiewe perke sal bied.
> Ek sou nie weet of vrouens die sielkundige funksie in die Kerk nie kan
> waarneem nie. Hier is al vrouens wat by burgerlike begrafnisse (dus
> sonder Kerk en vernaamlik by kremasies) die voorlesings doen. Ek kry
> nie die indruk dat hulle min bekwaam as hulle manlike teenhangers in
> die Katolieke Kerk nie.
> Ek kry rêrig nie die indruk nie dat in Europa baie mense gaan verloor
> as daar vrouens in die Kerk kom. Dit is nou net dié mense waarvan ek
> vroeër sou gesê het hulle gaan weggaan as daar vrouens in die Mis kom
> wat nou as eerste met 'n teenoorgestelde standpunt afkom en dis tog
> wel 'n merkwaardige vasstelling. (Asseblief lees verdier hieronder)
Of vrouens priesters kan word of nie is nie die kwessie nie. Dit was
eenvoudig een voorbeeld van modernisasie wat ek genoem het. Dit gaan nie oor
die vrouens as sulks nie.
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86887 is 'n antwoord op boodskap #86867] |
Vr., 07 November 2003 12:20   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 6 Nov 2003 22:31:30 -0000, "Lorinda" wrote:
> Norbert, jy verstaan nie wat ek bedoel nie. Die mense is nie weg, of word
> nie meer priesters, omdat die kerk outyds is nie. Hulle is weg omdat hulle
> nie meer godsdienstig is nie. Hulle word nie meer priesters omdat daar baie
> ander keuses is en mense nou wyer dink, en dit nie meer die gebruik is vir
> een van die seuns in die familie om 'n priester te word nie. As die kerk
> moderniseer, gaan hulle nie terug kom nie, of priesters word nie. Die
> sielkunde van die kerk was sy sekerheid, waarvan hy nie afgewyk het nie. So
> die wat oorbly, en nog 'n behoefte aan godsdiens het, se behoefte word
> vervul. Hoe meer liberaal die kerk word, hoe vinniger gaan hulle verdwyn.
> Totdat daar 'n alternatief ontstaan wat weer vir die wat na godsdiens neig
> dieselfde sekerhede binne definitiewe perke sal bied.
Geagte Lorinda,
As mense nie meer godsdientig is nie waarom is dit dan so? Ek glo dis
omdat hulle teenwoordig rêrig die tyd nie meer daarvoor het nie. Ons
werk in fabrieke, kantore of andere instellinge die klok rond en sewe
dae op sewe. As mense dan nog 'n familie het, kinders of ouers hoe
vind hulle dan nog tyd om godsdienstig te wees? En ons is almal so
baie mobiel en ons moet oorals tegelyk wees! Vroeër was dit baie
makliker. Toe daar nog geen fabrieke was nie was ons almal boere en
daardie Sondag was 'n verpligte rusdag waarop iedereen kerk toe gegaan
het. Ek moet vannag 12 ure in die fabriek wees en môrenag
vandieselfde. Dan is my naweek verby en kan ek nie na die diens gaan
nie. En priesters doen geen ploegdienste nie! Vroeër kom hulle nog
reëlmatig by jou tuis op besoek maar nou sien ek in die ganse jaar
noueliks nog 'n priester. Waar is dan Christus watter een soos vroeër
onder die mense gekom het? Nou is ons hier op hierdie nuusgroep met 'n
groep mense wat reëlmatig oor morele, sosiale en teologiese kwessies
debatteer. Maar ek moet hier nog die eerste predikant of
rooms-katolieke priester ontmoet wat aan hierdie diskussie deelneem.
Waar is hulle parogietydskrif op Internet met hulle nuusforums? Hulle
doen ook geen poging om by die tyd te wees nie! Hulle is 'n kerk vir
oue knorpotte. Sien maar as jy hier by toeval tog eens in 'n kerkdiens
teregkom: dis nog slegs 'n klomp oue seure wat daar sit.
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 09:46:01 UTC 2026
|