Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Death on the Nile" deur JOAN HAMBIDGE
"Death on the Nile" deur JOAN HAMBIDGE [boodskap #8661] Wo, 26 Februarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DEATH ON THE NILE
Joan Hambidge

Verby Agatha Christie
se Hotel Cataract
vaar ons (jy het tog
my liefde tot 'n moordverhaal
verklaar; met 'n skuldige
party deur ander uitgewys)
en ek weet vandag
met die helderheid
van 'n digter wat niks meer
het om te wen of verloor nie
(soveel papirus vol geskryf
van die hart se hiƫrogliewe
- deur jou geminag
as delikte selfs gebruik)
dat hier, net hier
sal ek my pen weggooi
- en geduldig soos 'n Egiptenaar
op 'n tweede karnasie wag.


(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Re: Oor 'n tier van ys en SA jazz.
Volgende onderwerp: Re: Oor SA jazz.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 16:00:37 MGT 2024