Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sensuur van hierdie nuusgroep
Sensuur van hierdie nuusgroep [boodskap #8647 is 'n antwoord op boodskap #8648] Di, 25 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dit kom voor of sekere artikels van die nuusgroep
afgehaal is een of meer dae na dit gepos is na dit
reeds op die nuusgroep verskyn het.

Is hierdie nuusgroep "moderated" ?

Ek het in die engelse SA nuusgroep gelees
dat binêre hegsels nie in sekere groepe gepos
mag word nie, wat van hierdie nuusgroep ?
Ek het 'n jpeg gepos (afrikaanse cartoon)
kan iemand bevestig of hulle die jpeg gelees
het, dit kom voor of die jpeg verwyder is.

dankie en groete
Vyg
Re: Sensuur van hierdie nuusgroep [boodskap #8648 is 'n antwoord op boodskap #8647] Di, 25 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Feb 1997 08:27:07 GMT, vy...@loxinfo.co.th wrote:
<<<>Ek het in die engelse SA nuusgroep gelees
> dat binêre hegsels nie in sekere groepe gepos
> mag word nie,>>>

Die ou vrae duik op: Se wie? En wat kan hulle doen?

Die groep is nie moderated so ver ek weet nie.
En ek kon nog nie agterkom dat iets van my verander word nie.
Maar SP's se servers kan partykeer goed terughou.
Ek dink dis bloot tegnies.
Onder meer die roete wat dit volg om die wêreld, vermoed ek.

Ek dink ek het 'n jpeg van jou gesien. Ek het dit nie afgelaai nie,
maar dit lui 'n klokkie.
Die is gepos Dinsdagmiddag laat in Johannesburg.
Re: Sensuur van hierdie nuusgroep [boodskap #8658 is 'n antwoord op boodskap #8648] Wo, 26 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Marc[2]  is tans af-lyn  Marc[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 25 Feb 1997 16:10:02 GMT, fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> On Tue, 25 Feb 1997 08:27:07 GMT, vy...@loxinfo.co.th wrote:
>
<<<>Ek het in die engelse SA nuusgroep gelees
>> dat binêre hegsels nie in sekere groepe gepos
>> mag word nie,>>>
>
> Die ou vrae duik op: Se wie? En wat kan hulle doen?

Daar is eintlik 'n groep mense wat die nuusgroepe elektronies
patroleer, en uitkyk vir groot binere lêers (en ander goed). As hulle
programme so iets sien, dan kanselleer dit daardie artikel, en redelik
vinnig verdwyn (so vinnig as wat die kansellasie oor die wêreld
propageer) die ding.

Kyk op news.admin.net-abuse.* vir al die redes hoekom goed
gekanselleer word. Of, kyk by
http://www.cybernothing.org/faqs/net-abuse-faq.html

Marc
Vorige onderwerp: Re: Oor SA jazz.
Volgende onderwerp: Jingoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 00:19:06 MGT 2024