Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Oor 'n tier van ys en SA jazz.
Re: Oor 'n tier van ys en SA jazz. [boodskap #8629] Vr, 21 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 Feb 97 03:55:37 GMT, gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl) wrote:
<<Dan is daar natuurlik die
>unieke "Kaapse Jazz" wat so 'n geurtjie van Afrika en die Klopse het wat puik
>is en baie groot aanhang beging kry deur die res van die land.>>>

Sien gisteraand op TV3 'n wonderlike program oor Moses Moleleke (ek
dink sy van is so iets - ek het MM onthou en besluit dis genoeg om in
die CD winkel te gaan soek voor) 'n Johannesburgse jazz klavier-speler
wat absolute hemelse jazz maak.
Saam met 'n sax-speler met die naam van "McCoy".
Re: Oor 'n tier van ys en SA jazz. [boodskap #8631 is 'n antwoord op boodskap #8629] Vr, 21 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Haai daar Gloudina

> Hulle het gesê hy is mal om te probeer SA toe
> gaan. Maar hy het dit tog gedoen. Dis na hierdie besoek wat
> hy Mannenberg is Where It's Happening" geskryf het.
> Bestaan Mannenberg vandag nog? Of was dit deel van
> Distrik Ses se ryk kultuurlewe, wat ook verwoes is deur
> julle-weet-wie.
>
> Gloudina Bouwer.
>
Mannenberg bestaan nog - en daar gaan baie Jazz aan daar. Jazz is groot onder
die gemeenskap hier in die Kaap. Ek het Ebrahim (ek dink sy regte naam was
Christ Schilder) by 'n paar geleenthede gesien. Hy is nogal in isoteriese Jazz
in, maar hy het definitief 'n groot aanhang hier. Almal wat "returned exiles"
is het nogal 'n onmiddelike gehoor hier onder - veral onder die "kleurling"
gemeenskap. As jy ooit weer hier in die Kaap is, besoek die Jazz clubs. Daar is
selfs 'n dans waarop die mense hier Jazz geniet. Dan is daar natuurlik die
unieke "Kaapse Jazz" wat so 'n geurtjie van Afrika en die Klopse het wat puik
is en baie groot aanhang beging kry deur die res van die land.

-Gideon-
Re: Oor 'n tier van ys en SA jazz. [boodskap #8667 is 'n antwoord op boodskap #8629] Wo, 26 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
> On 20 Feb 1997 16:33:15 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>
> Where It's Happening." >>>
>
> Sover ek weet bestaan dit nog.
> Die opname is mos saam met Basil Coetsee op sax?
>
Basil "Mannenberg" Coetzee is hoe hy in die volksmond nog bekend is :)

> Ek het 'n storie gehoor vroeg in die jare 90 wat nogal lekker is; A
> Ibrahim is terug en wil 'n jazz klub in die Waterfront of iewers in
> die Kaap oopmaak.
> Omdat hy 'n Moslem is, se hy in die klub sal rook en drink nie
> toegelaat word nie.
> Die storie gaan dat Basil Coetsee toe gese het: "Ag hy's befok, man,
> vergeet van hom en begin die klub. Die mense sal tog rook en drink
> daar."
>
Hehehe :) as jy al ooit op 'n "Jazz Trein" was, sal jy weet - in meeste
treinwaens hang so 'n blou walm in die lug, en almal raak vrolik - en dit is 'n
HELE ruk voordat die musiek begin ;) Ons het op die een rit 'n ou gehad wat van
venster tot venster gegaan het en so 'n bietjie dagga gebedel het. Ek weet nie
of hy reggekom het of maar net dronk aan die slaap geraak het nie, maar ek het
hom nie die res van die dag gesien. Ons het uitgery tot naby Franschoek, waar
die trein op 'n siding getrek is. Almal het hul piekniekmandjies - gepak met
allerhande verversings - saamgeneem tot by die piekniekarea waar die jazz
partytjie toe gehou is. 'n Dag van hemelse jazz - ook so 'n proetjie van A.
Ebrahim se werk. Daar is heelwat dinge van daardie dag wat my sal bybly vir
jare om te kom: 'n groot swart baskitaarspeler wat op 'n stadium opgespring het
en luid gevra het "Who the f.... is smoking dope?" Dan is daar die
teruggekeerde exile wat my wou donder omdat ek 'n whitey op 'n essensieel
Kaapse Vlakte trein was. Seker die belangrikste ding van daardie trien, was dat
dit een van die laaste kere was dat 'n ware vriend en 'n briljante drommer saam
met my na 'n "event" toe is. Hy is so 'n paar maande gelede oorlede in 'n
motorongeluk ;(

In elkeval - ek dog ek sal maar julle dag opkikker met so 'n bietjie van 'n
skets van een van die Jazz gebeurtenisse hier onder in die Kaap :)

Groete uit die Kaap

-Gideon-
>
Vorige onderwerp: HULP!!! ASSEBLIEF!!!
Volgende onderwerp: "Death on the Nile" deur JOAN HAMBIDGE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 18:35:19 MGT 2024