Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor 'n tier van ys en SA jazz.
Oor 'n tier van ys en SA jazz. [boodskap #8619] Do, 20 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Ottawa is dit die afgelope weke “Winterlude.”
Dan is daar mooi “ice sculptres” onder in die stad.
Nou die aand het ons daarna gaan kyk. Hulle kom
tot uit Sjina om aan die kompetisie deel te neem.
Daar was twee drake wat elk twee of drie karlengtes
was en elf twaalf voet hoog. Daar was selfs ‘n Groot
Muur van Sjina. Maar die een wat my die meeste geroer
het, was ‘n toneel uit Afrika. Vier diere, almal uit ys
gesny. ‘n Tier van ys, werklike grootte, sluip oor die wit
van die sneeubedekte grond en bekruip sy prooi.

Nog ‘n interessante ondervinding hierdie week
was toe ons na ‘n lesing oor Suid-Afrikaanse jazz
gaan luister het. Daar was Township Jive oor die jare.
Daar was die Elite Swingsters in 1995 met “Siya Gida-
We Dance.” Daar was Bheki Mseleku op alto sax
(opgeneem in NYC). Daar was Chris McGregor & the
Castle Lager Big Band opgeneem in 1963. Ek het nog
nooit van Chris McGregor gehoor nie, maar hy is glo
‘n big time jazz speler, wat SA verlaat het omdat dit
onmoontlik vir hom geword het om met nie-wit mense
in ‘n band te speel. Hy is ‘n ruk gelede oorlede. Sy ou jazz
ensemble “ Brotherhood of Breath” het weer saamgekom
om by ‘n herdenkings-konsert in 1994 sy “Andromeda”
te speel, in Kaapstad as ek reg onthou.

Maar ‘n groot deel van die program was oor Abdullah
Ibrahim, wat beter bekend is as “Dollar Brand” voordat
hy na die Moslem-geloof oorgegaan het. Hy was glo baie
beroemd in Europa, waarheen ook hy uitgewyk het. Ons
het na ‘n briljante stuk geluister, getitel “Mannenberg is
Where It’s Happening.” (Mannenberg is glo in Kaapstad).
Hy was ‘n protege van Duke Ellington in die dae toe hy
in Europa en Amerika gebly het. Hy is glo nou terug in
SA en op die fakulteit van die Natalse Universiteit in
Durban. Dit was interessant dat Mr. Modise (die Ho”e
Kommisaris vir SA in Kanada, wat ook by die lesing was)
vir Dollar Brand geken het toe hulle vir ‘n ruk albei in
Swede gewoon het. Hy vertel hoe Dollar vir hulle ges^e het
in die sewentigerjare hy moet SA besoek om vernuwing
te soek, anders speel hy maar net jazz maar sy hart is nie
daarin nie. Hulle het ges^e hy is mal om te probeer SA toe
gaan. Maar hy het dit tog gedoen. Dis na hierdie besoek wat
hy “Mannenberg is Where It’s Happening” geskryf het.
Bestaan Mannenberg vandag nog? Of was dit deel van
Distrik Ses se ryk kultuurlewe, wat ook verwoes is deur
julle-weet-wie.

Gloudina Bouwer.
Re: Oor 'n tier van ys en SA jazz. [boodskap #8630 is 'n antwoord op boodskap #8619] Vr, 21 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Feb 1997 16:33:15 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<< “Mannenberg is
> Where It’s Happening.” >>>

Sover ek weet bestaan dit nog.
Die opname is mos saam met Basil Coetsee op sax?

Ek het 'n storie gehoor vroeg in die jare 90 wat nogal lekker is; A
Ibrahim is terug en wil 'n jazz klub in die Waterfront of iewers in
die Kaap oopmaak.
Omdat hy 'n Moslem is, se hy in die klub sal rook en drink nie
toegelaat word nie.
Die storie gaan dat Basil Coetsee toe gesê het: "Ag hy's befok, man,
vergeet van hom en begin die klub. Die mense sal tog rook en drink
daar."
Vorige onderwerp: Re: Oor 'n tier van ys en SA jazz.
Volgende onderwerp: Re: Die Afrikaner: NP besig met laaste stuiptrekkings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 08:12:26 MGT 2024