Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Van Rietsvleisemoorsand tot by Soebatsfontein " deur BOERNEEF
" Van Rietsvleisemoorsand tot by Soebatsfontein " deur BOERNEEF [boodskap #85730] Sa, 18 Oktober 2003 17:36
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Boerneef (I.W. van der Merwe)

Van Rietsvleisemoorsand tot by Soebatsfontein

Van Rietsvleisemoorsand tot by Soebatsfontein
hoe droog sallit wees en hoe ver sallit syn
hoe lank is 'n maer jaar 'n trekpad hoe dor
die stofwind loop wyd en hy loop soos hy wil
het jy al 'n aanspraak
virrie latenstyd
velkombers kan warmmaak
innie wintertyd
van Rietvleisemoorsand toddie end vannie reis
die lente is dood ennie wêreld is grys
waar kry jy 'n aanspraak
virrie skemertyd
wat die hart kan warmmaak
innie latenstyd
die stofwind loop wyd 'n koesnaatjie is klein
van Rietvleisemoorsand tot by Soebatsfontein
Vorige onderwerp: Gedigte
Volgende onderwerp: Uit "Die dye trek die dye aan" saamgestel deur Antjie Krog en andere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:38:42 MGT 2024