Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Die Vrystaat " deur S. Ign. MOCKE
" Die Vrystaat " deur S. Ign. MOCKE [boodskap #85672] Do, 16 Oktober 2003 23:11
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
S. Ign. Mocke

Die Vrystaat

En wasig beef die hitte oor die veld,
Waar steekgrassaad witgolwend heen galop,
Vér teen die Suide, waar die songloed smelt,
Steek yl vlieswolkies teen die stoflig op.
En soos 'n luislang, onbeweeglik stil,
Streep oor die veld 'n bruinrug heuwelry,
Waar sonlig op die skurwe rotse tril,
Een enkel skaap in blou karreebos wei.
Vlak bo die hooggebulte westerlyn
Wieg boomplantasies in die songloed rond.
Ver agter skemer dof 'n berg se kruin,
Hier voor my strek die swartgebarste grond
En eindloos wyd strek doods en kaal
Verskroeide vlaktes waar die stofson straal.

Druk gedig
Vorige onderwerp: Sonskade in Kalifornie
Volgende onderwerp: Koffielose Koffiewinkel.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 19:13:53 MGT 2024