Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom : Vuis in broek
Idioom : Vuis in broek [boodskap #8464 is 'n antwoord op boodskap #8465] So, 09 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Blue Peter[2]  is tans af-lyn  Blue Peter[2]
Boodskappe: 15
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het onlangs hier in die Kaap die volgende uitdrukking raakgeloop. Ek het
dit nogals as 'n raak beskrywing gesien en deel dit graag. Miskien kan iemand
my laat weet of dit 'n bekende uitdrukking is.

'Hy maak vuis in die broek'
Wanneer iemand baie op die oogaf dreigend praat sonder om werklik op te tree,
dan kan mens se 'hy maak vuis in die broek'

Wat dink julle van die uitdrukking ?

Izak, ek sal graag 'n afskrif wil bekom van jou idoom-versameling

--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
Re: Idioom : Vuis in broek [boodskap #8465 is 'n antwoord op boodskap #8464] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
am...@iafrica.com says...
>
>
> Ek het onlangs hier in die Kaap die volgende uitdrukking raakgeloop. Ek het
> dit nogals as 'n raak beskrywing gesien en deel dit graag. Miskien kan iemand
> my laat weet of dit 'n bekende uitdrukking is.
>
> 'Hy maak vuis in die broek'
> Wanneer iemand baie op die oogaf dreigend praat sonder om werklik op te tree,
> dan kan mens se 'hy maak vuis in die broek'
>
> Wat dink julle van die uitdrukking ?
>
> Izak, ek sal graag 'n afskrif wil bekom van jou idoom-versameling
>
>
> --
> 'Die herhinneringe aan Gerhardus
> is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
>

Gerhard,
Nee, dis nie Izak wat die idiome instuur nie.
Net maar ek, die een vir wie jy daardie taamlik
pornografiese gedig eenkeer gestuur het. Izak is
my heer en meester. Hy stel eintlik net belang in
Japannese idiome.
Die persoon wat die idiome-bundel wil saam-
stel, is Stefan Harms. Hy bly in Winnipeg. Winnipeg
is een van die meer gesofistikeerde en kultuur-ryke
stede in Kanada, die land waar ek ook bly. Winnipeg
se Balletgroep is die enigste waarvoor ek baie groot
geld sal betaal. Hulle het die beste Kanadese ballet-
danseres op die oomblik, Evelyn Hart. (Nie dat sy
teveel in Kanada is nie; dans meestal as gas in Europa.)
Winnipeg is op die oostelike kant van die Kanadese
prairie. Daar is 'n groot Franse bevolking in Manitoba.
Dis ook interessant om te weet dat die kinderverhaal
"Winnie the Pooh" se beertjie so genoem is omdat die
beer in die Londonse dieretuin, waarop die storie
gebaseer was, van Winnipeg af gekom het.
Ek het vir Stefan Harms gevra of dit moontlik is
om in die vervolg klein Engelse verduidelikings by
elke idioom te plaas, sodat die beginner-studente dit
makliker kan verstaan.
Kan jy my nou asseblief vertel of die aanhaling aan
die einde van jou poste uit 'n gedig van Gert Vlok Nel
kom. Indien wel, kan jy die gedig asseblief op die nuus-
groep plaas?

Gloudina.
Re Re : Idioom : Vuis in broek [boodskap #8481 is 'n antwoord op boodskap #8465] Ma, 10 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Blue Peter[2]  is tans af-lyn  Blue Peter[2]
Boodskappe: 15
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Gawe Gloudina,
Hoe voel jy oor die skielike stygende waarde van die SA rand teenoor die VS van
A dollar, gemeet teenoor die onlangse besetting van die Japannese Ambasade in
Peru, wat soos jy weet baie bekend is vir hulle turksvy-tamalekie. Wat
natuurlik aansluit by die tamalekie waarin mens dalk kan taai raak. Dink jy
dit het enige Rampspoedige gevolge vir die Namibia Dollar uitwerking op die
Britse Pond, wat soos, jy sekerlik weet, natuurlik 'n skielike opwaartse nyging
getoon het. Kon dit die Isreal/Siriee Konneksie gewees het. Terloops, het jy
geweet dat die Noord Oewer grens baie dieselfde as die Wesoewer grens daar bo
is, net heeltemal 90 grade anti-kloks gewys uitmemaak. Sit dit in jou Pyp en
Rook dit, ou Maat.

Net vir ingeval jy nie my vorige pos gekry het nie.... 'die Herinneringe aan
Gerhardus is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid' is net wat dit is! So, ek
vra hiermee duidelik hard om verskoning as ek moontlik terloopse plagiaat
gepleeg het. Verder, ek distansieer myself van enige aantygings teen myself
op, of is dit dalk vir, myself. Ek volstaan....(Of staan ek Vol)

Miskien is alles tog maar net die aankoms van Hale-Bop. Of wat?!

Vriendelike Groete
Gerhard

> Gerhard,
> Nee, dis nie Izak wat die idiome instuur nie.
> Net maar ek, die een vir wie jy daardie taamlik
> pornografiese gedig eenkeer gestuur het. Izak is
> my heer en meester. Hy stel eintlik net belang in
> Japannese idiome.
> Die persoon wat die idiome-bundel wil saam-
> stel, is Stefan Harms. Hy bly in Winnipeg. Winnipeg
> is een van die meer gesofistikeerde en kultuur-ryke
> stede in Kanada, die land waar ek ook bly. Winnipeg
> se Balletgroep is die enigste waarvoor ek baie groot
> geld sal betaal. Hulle het die beste Kanadese ballet-
> danseres op die oomblik, Evelyn Hart. (Nie dat sy
> teveel in Kanada is nie; dans meestal as gas in Europa.)
> Winnipeg is op die oostelike kant van die Kanadese
> prairie. Daar is 'n groot Franse bevolking in Manitoba.
> Dis ook interessant om te weet dat die kinderverhaal
> "Winnie the Pooh" se beertjie so genoem is omdat die
> beer in die Londonse dieretuin, waarop die storie
> gebaseer was, van Winnipeg af gekom het.
> Ek het vir Stefan Harms gevra of dit moontlik is
> om in die vervolg klein Engelse verduidelikings by
> elke idioom te plaas, sodat die beginner-studente dit
> makliker kan verstaan.
> Kan jy my nou asseblief vertel of die aanhaling aan
> die einde van jou poste uit 'n gedig van Gert Vlok Nel
> kom. Indien wel, kan jy die gedig asseblief op die nuus-
> groep plaas?
>
> Gloudina.

--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
Vorige onderwerp: Idioom: ELLENBOOG
Volgende onderwerp: Idioom: OKSEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:19:10 MGT 2024