Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom: VINKEL
Idioom: VINKEL [boodskap #8497 is 'n antwoord op boodskap #8498] Di, 11 Februarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vinkel en Koljander :
Vinkel en Koljander, die een is soos die ander.

English: "Six of the one and half a dozen of the other."
"Vinkel" is "fennel" in English. Koljander is "coriander."
These two plants look much the same. I assume that this
saying is of Dutch origin.

Voorbeeld: "Leendert dink dat Bhengu en Verwoerd
vinkel en koljander is."
Ek hoop dat Bhengu meer onderwys het as ons Minister
van Onderwys hier in Ontario. Hulle sê dat hy 'n "school
dropout" is en net glo graad ses gemaak het in 'n openbare
skool. Dis deesdae in die mode om "school dropouts" te
wees in Noord-Amerika. Peter Jennings, wat die pos by
CBS van die legendariese Walter Cronkite ge-erf het, het
nie sy hoërskool hier in Kanada klaargemaak nie.

Gloudina ( iz...@igs.net)
Re: Idioom: VINKEL [boodskap #8498 is 'n antwoord op boodskap #8497] Di, 11 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

> Ek hoop dat Bhengu meer onderwys het as ons Minister
> van Onderwys hier in Ontario.

Prof. Dr. Bengu is voormalige rektor van die Universiteit van Zululand.

> Hulle sê dat hy 'n "school
> dropout" is en net glo graad ses gemaak het in 'n openbare
> skool. Dis deesdae in die mode om "school dropouts" te
> wees in Noord-Amerika. Peter Jennings, wat die pos by
> CBS van die legendariese Walter Cronkite ge-erf het, het
> nie sy hoërskool hier in Kanada klaargemaak nie.

Wel, volgens die Nation at risk Report is daar geen rede om aan te neem dat
mense in die VSA wat hul skool voltooi het meer weet as die "dropouts" nie.
Dis hoekom meer as een miljoen kinders in die VSA eenvoudig by die huis bly en
daar leer - en volgens hul resultate beduidend meer laar as hul maatjies in
die skole. Ek merk dit begin in Kanada ook al meer mode word en in Australië,
Nieu Zeeland, Britanje, Ierland, Nederland, Swede, Noorweë en Denemarke.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Kom ons ruil idiome - beleidsbepaling
Volgende onderwerp: Idioom : KROKODILTRANE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:02:44 MGT 2024