| Egskeidings [boodskap #84368] |
Ma., 22 September 2003 07:50  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Is egskeidings 'n teken van bevryding of verandering? Ek lees vandag van
die val van kommunisme 11 jaar terug het die egskeiding nommer in Rusland
gestyg na 60%. In SA eindig 2 uit 3 huwelike in egskeidings - 10 jaar terug
het apartheid geëindig. Dit wil my amper voorkom asof daar een of ander
"link" tussen "bevryding/verandering" en egskeidings is.
Elaine
|
|
|
|
| Re: Egskeidings [boodskap #84369 is 'n antwoord op boodskap #84368] |
Ma., 22 September 2003 07:57   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mens kan dit miskien daaraan toeskryf, maar ek dink dit is maar net die
normale teken van die tyd. Ek het nou die dag gelees dat in Engeland dit nou
weer uit die mode is om te trou.
Ek dink nie jy aan in alle lande waar daar onder 'n juk uitbeweeg is 'n
klomp egskeidings kry nie - miskien moet ons kyk wat in Afghanistan of Irak
gebeur.
Met alles wat deesdae aan die orde van die dag is, is dit miskien beter om
te skei en saam te woon as een van die maats nie 'n lening kan kry nie,
sodat die arme ander helfte ten minste lenings kan aangaan.
'n Vriendin van my en haar man het dit al vroeg in 1990 gedoen toe hy in 'n
situasie beland het. Hulle het na die egskeiding gelukkig saamgewoon tot sy
dood.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f6ea9a0$0$64727@hades.is.co.za...
> Is egskeidings 'n teken van bevryding of verandering? Ek lees vandag van
> die val van kommunisme 11 jaar terug het die egskeiding nommer in Rusland
> gestyg na 60%. In SA eindig 2 uit 3 huwelike in egskeidings - 10 jaar terug
> het apartheid geëindig. Dit wil my amper voorkom asof daar een of ander
> "link" tussen "bevryding/verandering" en egskeidings is.
>
> Elaine
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Egskeidings [boodskap #84385 is 'n antwoord op boodskap #84380] |
Ma., 22 September 2003 09:56   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elaine - ek het nuus vir jou.....
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f6ec036$0$64728@hades.is.co.za...
> Of jy kan maar van die begin af buite gemeenskap van goedere trou. So sien
> die hof jou nie as "een" nie, maar as twee verskillende mense. Dis
> natuurlik veiliger om met 'n kontrak te trou as sonder een.
>
> E
>
> "Annette" wrote:
>> Met alles wat deesdae aan die orde van die dag is, is dit miskien beter om
>> te skei en saam te woon as een van die maats nie 'n lening kan kry nie,
>> sodat die arme ander helfte ten minste lenings kan aangaan.
>> 'n Vriendin van my en haar man het dit al vroeg in 1990 gedoen toe hy in
> 'n
>> situasie beland het. Hulle het na die egskeiding gelukkig saamgewoon tot
> sy
>> dood.
>> --
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Egskeidings [boodskap #84393 is 'n antwoord op boodskap #84390] |
Ma., 22 September 2003 10:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee, aan daardie kant is dit okei - maar as jou man, al is julle buite
gemeenskap getroud, in geldelike moeilikheid beland en jy sal 'n motor of
meubels op jou naam wil aanskaf op krediet, dan kan julle bietjie
moeilikheid optel.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f6ecee9$0$64725@hades.is.co.za...
> Regtig? Ek's buite gemeenskap van goedere getroud met 'n kontrak en alles.
> As ons sou skei sorg my man vir my en my kinders as daar is, totdat ek weer
> op my voete kan kom. Ek kry die kinders, maar ek kan nie aan sy besighede
> vat nie - behalwe aan die waarin ek aandele het. Die prokureur was nogal
> oortuigend dat die kontrak waterdig is. Blykbaar sou ons dan ook, as my man
> bankrot gaan, nie die huis of kar verloor nie - want altwee is op my naam.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bkmh3g$3u0$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - ek het nuus vir jou.....
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Egskeidings [boodskap #84413 is 'n antwoord op boodskap #84411] |
Di., 23 September 2003 04:57   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Lees verder Jonas - hulle sal moet kyk of ander lande waar vryheid verkry is
ook 'n toename in egskeidings het.
Ek persoonlik dink dat egskeidings al meer en meer sal toeneem, hoofsaaklik
omdat dit al hoe minder moeite is om te skei.
Vroeër was daar 'n soort stigma verbonde aan iemand wat geskei is ( ek
onthou vriende van my se ouers se ontsteltenis omdat daar met 'n geskeide
getrou wil word), maar deesdae is dit amper al 'n soort status-simbool -
iets soos: ek het dit probeer, maar dit het nie gewerk nie, en ek is sterk
genoeg om dit agter te laat en aan te gaan met my lewe.
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:bkojgs$62m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - jy sê: "Mens kan dit miskien daaraan toeskryf, maar ek dink dit is
> maar net die
> normale teken van die tyd."
>
> ?
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bkma28$th$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Mens kan dit miskien daaraan toeskryf, maar ek dink dit is maar net die
>> normale teken van die tyd. Ek het nou die dag gelees dat in Engeland dit
> nou
>> weer uit die mode is om te trou.
>> Ek dink nie jy aan in alle lande waar daar onder 'n juk uitbeweeg is 'n
>> klomp egskeidings kry nie - miskien moet ons kyk wat in Afghanistan of
> Irak
>> gebeur.
>> Met alles wat deesdae aan die orde van die dag is, is dit miskien beter om
>> te skei en saam te woon as een van die maats nie 'n lening kan kry nie,
>> sodat die arme ander helfte ten minste lenings kan aangaan.
>> 'n Vriendin van my en haar man het dit al vroeg in 1990 gedoen toe hy in
> 'n
>> situasie beland het. Hulle het na die egskeiding gelukkig saamgewoon tot
> sy
>> dood.
>> --
>> Annette
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3f6ea9a0$0$64727@hades.is.co.za...
>>> Is egskeidings 'n teken van bevryding of verandering? Ek lees vandag
> van
>>> die val van kommunisme 11 jaar terug het die egskeiding nommer in
> Rusland
>>> gestyg na 60%. In SA eindig 2 uit 3 huwelike in egskeidings - 10 jaar
>> terug
>>> het apartheid geëindig. Dit wil my amper voorkom asof daar een of ander
>>> "link" tussen "bevryding/verandering" en egskeidings is.
>>>
>>> Elaine
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Egskeidings [boodskap #84428 is 'n antwoord op boodskap #84409] |
Di., 23 September 2003 11:49  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Volgens die berigte wat ek gehoor en gelees het (toegegee dalk effe
"iffie"), is dit afgerond 2 uit 3. Egskeidingsyfers styg elke jaar. Gee my
baie hoop vir die toekoms.
Maar ek stry nie met jou nie - jy's tien teen een reg...
E
"MoerFie" skryf in boodskap news:bknpov$o8m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> dis eintlik net EEN uit elke drie huwelike
|
|
|
|