Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kruger Olifante
Kruger Olifante [boodskap #84417] Di, 23 September 2003 07:13 na volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien in die Rapport van Sondag 'n berig oor die olifante van die
Kruger-wildtuin wat besig is om in 'n moerse krisis vir natuurbewaring te
ontwikkel. Dit blyk dat in die verlede toe die wildtuin toegelaat was om
die olifantbevolking sinvol uit te dun en die vleis en ander dele van die
diere te benut, is, bo en behalwe dat die aanwas van die olifante onder
beheer was vir hul omgewing, ook 'n groot inkomste gewees vir die wildtuin
wat aangewend was tot die beter van die hele natuurbewaringsproses as sulks.
Toe kom die vlaag van hoofsaaklik leuenstoel konserwatiste wat met
hoofsaaklik boekgeleerde kennis vir die natuurbewaarders via fanatiese
drukgroepe forseer om die moratorium op olifantslag uit te vaardig. Daar
is probeer om die olifante se geboortes te beperk. Om olifante te skenk
aan gebiede waar daar nie meer is nie....oorgrensparke, wat ook al. Niks
het eintlik gewerk nie. Die 'bottom line' is dat daar nou 'n moerse klomp
olifante meer is in die Kruger en dat die natuur dit ontgeld want die
getalle raak eenvoudig te groot. Waar hulle vroeër jare sê 650 olifante
per jaar moes slag om die getalle te beheer, is die jaarlikse aanwas nou
meer as dubbeld dit!
En die Kruger is nie uniek met sy probleem nie. Hier by ons in
Namibië is die woestynolifantgetalle ook besig om effe baie te raak. Die
boere se plase ontgeld dit en almal trek skouers op. Word 'n probleem
olifant geskiet, dan is die WWF en sy gesante aan't baklei en vra jy vir
hulle kompensasie vir 'n dam wat platgetrap is, dan raak hulle doofstom!!
Re: Kruger Olifante [boodskap #84419 is 'n antwoord op boodskap #84417] Di, 23 September 2003 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wou sê die olifantbiltong raak skaars!!

Ons praat altyd van Marsmannetjies wat die wêreld gaan oorneem - en dis toe
al die tyd die olifante!

--
Annette

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bkorqg$2e5f$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek sien in die Rapport van Sondag 'n berig oor die olifante van die
> Kruger-wildtuin wat besig is om in 'n moerse krisis vir natuurbewaring te
> ontwikkel. Dit blyk dat in die verlede toe die wildtuin toegelaat was om
> die olifantbevolking sinvol uit te dun en die vleis en ander dele van die
> diere te benut, is, bo en behalwe dat die aanwas van die olifante onder
> beheer was vir hul omgewing, ook 'n groot inkomste gewees vir die wildtuin
> wat aangewend was tot die beter van die hele natuurbewaringsproses as sulks.
> Toe kom die vlaag van hoofsaaklik leuenstoel konserwatiste wat met
> hoofsaaklik boekgeleerde kennis vir die natuurbewaarders via fanatiese
> drukgroepe forseer om die moratorium op olifantslag uit te vaardig. Daar
> is probeer om die olifante se geboortes te beperk. Om olifante te skenk
> aan gebiede waar daar nie meer is nie....oorgrensparke, wat ook al. Niks
> het eintlik gewerk nie. Die 'bottom line' is dat daar nou 'n moerse klomp
> olifante meer is in die Kruger en dat die natuur dit ontgeld want die
> getalle raak eenvoudig te groot. Waar hulle vroeër jare sê 650 olifante
> per jaar moes slag om die getalle te beheer, is die jaarlikse aanwas nou
> meer as dubbeld dit!
> En die Kruger is nie uniek met sy probleem nie. Hier by ons in
> Namibië is die woestynolifantgetalle ook besig om effe baie te raak. Die
> boere se plase ontgeld dit en almal trek skouers op. Word 'n probleem
> olifant geskiet, dan is die WWF en sy gesante aan't baklei en vra jy vir
> hulle kompensasie vir 'n dam wat platgetrap is, dan raak hulle doofstom!!
>
Re: Kruger Olifante [boodskap #84422 is 'n antwoord op boodskap #84419] Di, 23 September 2003 08:28 Na vorige boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het jy 'n idee wat kos 'n plaasdam? Dis nou daai sink goete? Seker so
R25 000. Dan moet daar nog 'n krip kom en die pype wat aangelê word van
die kragkop af. 'n Olifant is moer intelligent en raak so 'n koei vir jou
bedonnerd as hul kleintjies nie by die water kan uitkom nie! Hulle druk so
'n sinkdam lekker plat sodat die kalfies kan bykom en die arme boer sit met
groot skade.....wat hy nie kan verhaal nie en hy mag ook nie 'n plan maak
met die koeie nie. Oorbeweiding deur olifante is ook 'n verskriklike ding.
Dis nie 'n dier wat soos die ander beheer kan word nie.

"Annette" skryf in boodskap news:bkosh5$9rf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek wou sê die olifantbiltong raak skaars!!
>
> Ons praat altyd van Marsmannetjies wat die wêreld gaan oorneem - en dis toe
> al die tyd die olifante!
>
> --
> Annette
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:bkorqg$2e5f$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Ek sien in die Rapport van Sondag 'n berig oor die olifante van die
>> Kruger-wildtuin wat besig is om in 'n moerse krisis vir natuurbewaring te
>> ontwikkel. Dit blyk dat in die verlede toe die wildtuin toegelaat was om
>> die olifantbevolking sinvol uit te dun en die vleis en ander dele van die
>> diere te benut, is, bo en behalwe dat die aanwas van die olifante onder
>> beheer was vir hul omgewing, ook 'n groot inkomste gewees vir die wildtuin
>> wat aangewend was tot die beter van die hele natuurbewaringsproses as
> sulks.
>> Toe kom die vlaag van hoofsaaklik leuenstoel konserwatiste wat met
>> hoofsaaklik boekgeleerde kennis vir die natuurbewaarders via fanatiese
>> drukgroepe forseer om die moratorium op olifantslag uit te vaardig. Daar
>> is probeer om die olifante se geboortes te beperk. Om olifante te skenk
>> aan gebiede waar daar nie meer is nie....oorgrensparke, wat ook al. Niks
>> het eintlik gewerk nie. Die 'bottom line' is dat daar nou 'n moerse
> klomp
>> olifante meer is in die Kruger en dat die natuur dit ontgeld want die
>> getalle raak eenvoudig te groot. Waar hulle vroeër jare sê 650 olifante
>> per jaar moes slag om die getalle te beheer, is die jaarlikse aanwas nou
>> meer as dubbeld dit!
>> En die Kruger is nie uniek met sy probleem nie. Hier by ons in
>> Namibië is die woestynolifantgetalle ook besig om effe baie te raak. Die
>> boere se plase ontgeld dit en almal trek skouers op. Word 'n probleem
>> olifant geskiet, dan is die WWF en sy gesante aan't baklei en vra jy vir
>> hulle kompensasie vir 'n dam wat platgetrap is, dan raak hulle doofstom!!
>>
>
Vorige onderwerp: Prez Ivy
Volgende onderwerp: Egskeidings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 17:20:35 MGT 2024