Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons Misdaad
Ons Misdaad [boodskap #83625] Wo, 10 September 2003 05:32 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons kla oor niks. Blykbaar vergelyk ons misdaadsyfers glo goed met ander
lande volgens ons minister.
Ons wag egter op die bekendmaking van die misdaadsyfers.

Annette
Re: Ons Misdaad [boodskap #83636 is 'n antwoord op boodskap #83625] Wo, 10 September 2003 09:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
FoilCut[1]  is tans af-lyn  FoilCut[1]
Boodskappe: 29
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink hy rook sy kouse !
Susan

"Annette" skryf in boodskap news:bjmcsc$5hb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons kla oor niks. Blykbaar vergelyk ons misdaadsyfers glo goed met ander
> lande volgens ons minister.
> Ons wag egter op die bekendmaking van die misdaadsyfers.
>
> Annette
>
Re: Ons Misdaad [boodskap #83640 is 'n antwoord op boodskap #83636] Wo, 10 September 2003 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Sep 2003 11:48:22 +0200, "FoilCut"
served the following to the group:

> Ek dink hy rook sy kouse !
> Susan

ek dink nie so nie ek weet dit. dis net `n moroon wat so `n stelling
sal maak. wag, is dit nie die een wat gese het hiv het niks met aids
te doen se maatjie nie? of nee wag sy maatjie is die een wat reken ou
robert sal sy eie plekkie regruk. nee, nee dis die outjie wat net sy
parker pen en `n rol kakpapier as bates verklaar het se maatjie. well
i rest my case

> "Annette" wrote in message
> news:bjmcsc$5hb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ons kla oor niks. Blykbaar vergelyk ons misdaadsyfers glo goed met ander
>> lande volgens ons minister.
>> Ons wag egter op die bekendmaking van die misdaadsyfers.

>> Annette





>

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Re: Ons Misdaad [boodskap #83649 is 'n antwoord op boodskap #83625] Wo, 10 September 2003 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Humphrey Davy  is tans af-lyn  Humphrey Davy
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Die probleem is, sy mense, en van die ander, glo hom.
Toe ek in SA was het ek baie gehoor - daar is misdaad dwars oor die wereld.

Gewone antwoord : "Ja, maar nie soos hier nie. Hier wag die diewe tot jy
tuis is, oorsee is dit anders om"
Re: Ons Misdaad [boodskap #83673 is 'n antwoord op boodskap #83649] Do, 11 September 2003 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Sep 2003 23:24:20 +1000, "Humphrey Davy"
served the following to the group:

> Die probleem is, sy mense, en van die ander, glo hom.
> Toe ek in SA was het ek baie gehoor - daar is misdaad dwars oor die wereld.
>
> Gewone antwoord : "Ja, maar nie soos hier nie. Hier wag die diewe tot jy
> tuis is, oorsee is dit anders om"
>

ek was al na baie plekke op ons ou wereldtjie en

gewone antwoord: daar is orals misdaad ja. oral kan jy besteel, belieg
en vermoor word. maar net by ons is jou kanse so groot dat jy vermoor
gaan word vir `n selfoon of `n fiets of r50. net by ons is jou kanse
so groot dat jou 7 jarige dogter deur 5 swartes verkrag en vermoor
word en dat hulle 70 jarige ouma dood gewurg word. net by ons word
misdaad soos diefstal spesifiek op kinders gemik. nêrens anders in die
wêreld het ek al gehoor dat jy gehijack word vir jou fiets en dalk jou
lewe kan verloor. ander steel fietse by swartes of uit jou garage or
erf maar nee hier by ons wil hulle moor om dit te kry. dit my goeie ou
tjom is die gewone antwoord

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Re: Ons Misdaad [boodskap #83675 is 'n antwoord op boodskap #83673] Do, 11 September 2003 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Skippie - jy moet bykom man!!:)) Mense word mos deesdae vermoor as hulle nie
vir iemand 'n sigaret wil gee nie.

Annette

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:ut30mv8ngpnpqf8dohbi168of0l3mnimuq@4ax.com...
> On Wed, 10 Sep 2003 23:24:20 +1000, "Humphrey Davy"
> served the following to the group:
>
>> Die probleem is, sy mense, en van die ander, glo hom.
>> Toe ek in SA was het ek baie gehoor - daar is misdaad dwars oor die wereld.
>>
>> Gewone antwoord : "Ja, maar nie soos hier nie. Hier wag die diewe tot jy
>> tuis is, oorsee is dit anders om"
>>
>
> ek was al na baie plekke op ons ou wereldtjie en
>
> gewone antwoord: daar is orals misdaad ja. oral kan jy besteel, belieg
> en vermoor word. maar net by ons is jou kanse so groot dat jy vermoor
> gaan word vir `n selfoon of `n fiets of r50. net by ons is jou kanse
> so groot dat jou 7 jarige dogter deur 5 swartes verkrag en vermoor
> word en dat hulle 70 jarige ouma dood gewurg word. net by ons word
> misdaad soos diefstal spesifiek op kinders gemik. nêrens anders in die
> wêreld het ek al gehoor dat jy gehijack word vir jou fiets en dalk jou
> lewe kan verloor. ander steel fietse by kafees of uit jou garage or
> erf maar nee hier by ons wil hulle moor om dit te kry. dit my goeie ou
> tjom is die gewone antwoord
>
> Threeships Mcduck
> lato di gomma giů, lato lucido in su
> www.mothership.co.za
Re: Ons Misdaad [boodskap #83688 is 'n antwoord op boodskap #83675] Do, 11 September 2003 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Sep 2003 08:51:13 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Skippie - jy moet bykom man!!:)) Mense word mos deesdae vermoor as hulle nie
> vir iemand 'n sigaret wil gee nie.
>
> Annette
>

ha, dankie vir die waarskuwing. ek rook nie maar ek sal maar `n pakkie
20 life gaan kry net om aan die veilige kant te wees

>
> "Threeships Mcduck" wrote in message
> news:ut30mv8ngpnpqf8dohbi168of0l3mnimuq@4ax.com...
>> On Wed, 10 Sep 2003 23:24:20 +1000, "Humphrey Davy"
>> served the following to the group:

>>> Die probleem is, sy mense, en van die ander, glo hom.
>>> Toe ek in SA was het ek baie gehoor - daar is misdaad dwars oor die
> wereld.
>>>
>>> Gewone antwoord : "Ja, maar nie soos hier nie. Hier wag die diewe tot jy
>>> tuis is, oorsee is dit anders om"
>>>

>> ek was al na baie plekke op ons ou wereldtjie en

>> gewone antwoord: daar is orals misdaad ja. oral kan jy besteel, belieg
>> en vermoor word. maar net by ons is jou kanse so groot dat jy vermoor
>> gaan word vir `n selfoon of `n fiets of r50. net by ons is jou kanse
>> so groot dat jou 7 jarige dogter deur 5 swartes verkrag en vermoor
>> word en dat hulle 70 jarige ouma dood gewurg word. net by ons word
>> misdaad soos diefstal spesifiek op kinders gemik. nêrens anders in die
>> wêreld het ek al gehoor dat jy gehijack word vir jou fiets en dalk jou
>> lewe kan verloor. ander steel fietse by kafees of uit jou garage or
>> erf maar nee hier by ons wil hulle moor om dit te kry. dit my goeie ou
>> tjom is die gewone antwoord

>> Threeships Mcduck
>> lato di gomma giù, lato lucido in su
>> www.mothership.co.za
>

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Re: Ons Misdaad [boodskap #83691 is 'n antwoord op boodskap #83673] Do, 11 September 2003 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Threeships Mcduck wrote

maar net by ons is jou kanse so groot dat jy vermoor
> gaan word vir `n selfoon of `n fiets of r50. net by ons is jou kanse
> so groot dat jou 7 jarige dogter deur 5 swartes verkrag en vermoor
> word en dat hulle 70 jarige ouma dood gewurg word

Jy vergeet natuurlik, McDuck, dat ons almal familie
in SA het wat die wêreld rondry en weier om te
emigreer. Ek dink jy moet ophou met daardie storie
van "net by ons is jou kanse so groot dat jou sewe-
jarige dogter deur 5 swartes verkrag en vermoor
word." Oral oor die wêreld, definitief hier in Noord-
Amerika, word hierdie dinge ook gedoen. Maar
jy neem elke misdaad en lê dit aan die deur van die
"swartes." Dis jou misdaad.

Gloudina
Re: Ons Misdaad [boodskap #83695 is 'n antwoord op boodskap #83691] Do, 11 September 2003 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dan moet jy die media ook blameer, want elke keer as jy die t.v. aansit hoor
jy "4 black men raped a 6 year old girl..." hulle lieg seker ook vir ons.
MAAR daar is wit kriminele ook, ek stry dit glad nie, ons sien dit net nie
raak nie, omdat hier so veel meer swartes in die land is as wittes. Kom ons
sê daar bly 2000 wittes en 5000 swartes in 'n gemeenskap. In die gemeenskap
pleeg 1 uit 100 wit mense 'n misdaad, en 1 uit 100 swart mense 'n misdaad.
As jy nou jou somme doen (en ek hoop ek's reg), het 50 swartmense in die
gemeenskap 'n misdaad gepleeg en net 20 witmense het 'n misdaad gepleeg.
Natuurlik gaan jy geneig wees om te sê "Haai kyk, daar's meer kriminele
tussen die swartes as tussen die wittes - dit beteken hulle is meer geneig
tot misdaad as die wittes." Wat almal miskyk is die ratio, maar in SA word
die misdaad statistieke vir ons weggesteek, so ek sal nie eers vir jou kan
sê wat die ratio's is nie. So nou sien ek op vanaand se nuus dat 5 swartes
'n misdaad gepleeg het, en hoor MISKIEN van net 1 witte wat 'n misdaad
gepleeg het (en 9 uit 10 keer is dit geweldloos), natuurlik gaan ek aanneem
dat daar meer swart kriminele is as wittes, want ek hoor omtrent net van die
swartes wat loop en roof, moor en verkrag...
Wat jy vergeet is dat baie van ons Sa'ers geneig is tot geweld, wittes en
swartes almal, daar is 'n rede daarvoor. Ons sit in 'n land waar 'n
bevoegde mense se job weggegee word aan onbevoegde persone, waar die
regering geld vir VIGS pasiënte spandeer op sokker wedstryde (dis mos baie
lekkerder om sokker te kyk as om te worry waar die HIV mammies gaan medisyne
kry) en waar werkloosheid 'n sekerheid is, nie 'n moontlikheid nie. Die
mense is arm, onseker van hulle toekoms , gefrustreerd, depressief en kwaad
vir alles en almal. Die swartes blameer die wittes vir hulle toestand, ons
blameer die swartes vir ons toestand en kort voor lank begin mens moord
pleeg. En die ergste van alles is, dit lyk nie asof enigiemand weet waar om
te begin om die probleme op te los nie - en dit laat dit alles sommer baie
erger lyk.
In Amerika is daar ook geweld, veral in die armer gebied, maar in Amerika is
daar 'n mate van beskerming, daar weet jy die polisie gaan heel moontlik
opdaag as jy hulle bel. Hier het die polisiestasies "armed response" net
vir ingeval hulle beroof word (dis nie 'n grap nie, dis waar!). As jy die
polisie bel weet jy nie of hulle gaan opdaag nie, en as hulle opdaag is die
kans groot dat hulle ook een of ander misdaad gaan pleeg, al "verloor" hulle
ook net die oorspronklike krimineel se dokkit. En as ek so na ons
polisiemanne kyk is dit 'n wonder die helfte van hulle kom enigsins uit
hulle karre. Hoe gaan 'n polisieman wat op die oog af 200+ kg weeg my
beskerm? So nou neem ek maar die wet in eie hande, want ek kan nie die
polisie vertrou nie, en so word ek ook 'n misdadiger...

Elaine

"@rogers.com" wrote:
>
> Jy vergeet natuurlik, McDuck, dat ons almal familie
> in SA het wat die wêreld rondry en weier om te
> emigreer. Ek dink jy moet ophou met daardie storie
> van "net by ons is jou kanse so groot dat jou sewe-
> jarige dogter deur 5 swartes verkrag en vermoor
> word." Oral oor die wêreld, definitief hier in Noord-
> Amerika, word hierdie dinge ook gedoen. Maar
> jy neem elke misdaad en lê dit aan die deur van die
> "swartes." Dis jou misdaad.
>
> Gloudina
>
Re: Ons Misdaad [boodskap #83697 is 'n antwoord op boodskap #83691] Do, 11 September 2003 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
Gaan lees die berug, http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/1916969.stm hy is
nou wel ouer as 'n jaar. Ek glo jou kans is beter dat so iets met jou in SA
gaan gebeur as in die VSA of Kanada. Ek persoonlik dink iemand wat verkrag
is 'n k@ffer of hy nou wit, swart of geel is.

Chris in die laer-middelklas
Re: Ons Misdaad [boodskap #83700 is 'n antwoord op boodskap #83695] Do, 11 September 2003 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
Volgens on minister van Veiligheid en Sekuriteit Minister Charles Nqakula is
dit demolariserend om misdaad statistieke bekend te maak.

Chris in die laer-middelklas
Re: Ons Misdaad [boodskap #83703 is 'n antwoord op boodskap #83695] Do, 11 September 2003 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Dan moet jy die media ook blameer, want elke keer as jy die t.v. aansit hoor
> jy "4 black men raped a 6 year old girl..." hulle lieg seker ook vir ons.

Elaine, elke keer as ek na jou skrywery kyk, dan
analiseer ek wat jy sê. Nou, vireers, is die media
in SA toegelaat om kleur aan te dui in hulle rapporte?
Of is dit nou maar iets wat jy opmaak?

Gloudina
Re: Ons Misdaad [boodskap #83706 is 'n antwoord op boodskap #83695] Do, 11 September 2003 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Kom ons
> sê daar bly 2000 wittes en 5000 swartes in 'n gemeenskap

Nee, jy kan nie so in die abstrak redeneer nie,
want as mens die getalle blankes teenoor nie-
blankes in SA in ag neem, dan is uit elke 40
lede van die gemeenskap net 5 wit. Mens sou
dus verwag dat daar baie meer misdaad gepleeg
word deur nie-blankes, bloot omdat die land
hoofsaaklik uit nie-blankes bestaan.

Gloudina
Re: Ons Misdaad [boodskap #83707 is 'n antwoord op boodskap #83695] Do, 11 September 2003 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

maar in SA word
> die misdaad statistieke vir ons weggesteek

Hier begaan jy nou weer een van daardie
"aannames" wat tog so gerieflik is vir mense
wat nou wil glo dat hulle lewe in 'n land waar
hulle lewens gedurig in gevaar is.
Nou jy behoort te weet dat ons in die buite-
land wat nog families in SA het, eintlik veel meer
bekommerd is oor die misdaad in SA as wat jy
dink. Ons het families daar, familie-lede wat ons
in sommige gevalle probeer oorreed het om te
emigreer, totdat hulle vir ons taamlik knorrig vertel
het om hulle op te hou "nag."
Omdat julle sulke goeie agiteerders is teen
julle eie land se atmosfeer, het julle in die verlede
toeriste weggehou. Toe ons kinders hulle broer se
troue in SA wou bywoon, was die ouers van een
van my skoondogters so bekommerd oor die feit
dat hulle dogter na SA sou gaan, dat hulle tien dode
gesterf het. Gelukkig weet die wêreld nou van beter,
en is daar 'n stroom mense uit Kanada wat na SA
gaan as toeriste.

Gloudina
Re: Ons Misdaad [boodskap #83708 is 'n antwoord op boodskap #83695] Do, 11 September 2003 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

en hoor MISKIEN van net 1 witte wat 'n misdaad
> gepleeg het (en 9 uit 10 keer is dit geweldloos

Jy lees seker nie die misdaad-stories, veral dié wat
in Pretoria plaasvind nie. Dis verbasend vir my hoeveel
witmense mekaar daar doodmaak, kinders hulle ouers
ensovoorts, ensovoorts.

Gloudina
Re: Ons Misdaad [boodskap #83709 is 'n antwoord op boodskap #83695] Do, 11 September 2003 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote
> Wat jy vergeet is dat baie van ons Sa'ers geneig is tot geweld, wittes en
> swartes almal, daar is 'n rede daarvoor. Ons sit in 'n land waar 'n
> bevoegde mense se job weggegee word aan onbevoegde persone, waar die
> regering geld vir VIGS pasiënte spandeer op sokker wedstryde (dis mos baie
> lekkerder om sokker te kyk as om te worry waar die HIV mammies gaan medisyne
> kry) en waar werkloosheid 'n sekerheid is, nie 'n moontlikheid nie

OK, Elaine. Hier het ons in 'n paar reëls nou 'n
fees van verwronge denke en clichés. Analiseer
dit self. Kyk hoe sit jy vir jouself en warm vryf
oor die "bevoegde mense" waarvan die werk
"weggegee" word aan onbevoegde mense. Baie
van daardie "bevoegde" mense, my liewe Elaine,
was in daardie jobs ingesit in die vorige regime
of hulle nou bevoeg was of nie. Moenie dink jy
kan vir my 'n rad voor die oë draai nie. Ek was
in SA toe die massas Afrikaners in elke moontlike
administratiewe job ingestoor is, en as daar nie 'n
job was nie, is 'n job gemaak.
En dis 'n nuwe een. Die SA regering "spandeer
Vigs-geld op sokkerwedstryde." Skaam jy nie jouself
vir so 'n blatante soort van kekkel nie?

Gloudina
Re: Ons Misdaad [boodskap #83711 is 'n antwoord op boodskap #83695] Do, 11 September 2003 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine

> In Amerika is daar ook geweld, veral in die armer gebied, maar in Amerika is
> daar 'n mate van beskerming, daar weet jy die polisie gaan heel moontlik
> opdaag as jy hulle bel

Elaine, jy is baie naief. In New York vervolg hulle
gedurig polisie-manne wat in die pay van die Mob
is, of wat protection money van sekere skaduagtige
rackets kry.

Gloudina
Re: Ons Misdaad [boodskap #83715 is 'n antwoord op boodskap #83688] Do, 11 September 2003 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jcw  is tans af-lyn  jcw
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
Mag ek 'n stukkie plagiaat pleeg asb!!

Annette en haar 20Life laat my dink aan die doktertjie van Swellendam (kan
nie sy naam onthou nie) met sy storie van Hasie.

Storie loop dan sooo:

Daar is onlangs besluit om 'n bar te bou vir die diere in die woud. En die
besigheid werk eers heel goed, maar toe kom hulle agter die bar en sy drank
het uitwerkings op diere, olifante renosters en zebras raak toe aggressief
as hulle drank in kry, die plek begin 'n slegte naam kry in die woud.

Hasie, werk by die spoorwee, en hy is 'n getroue werker, elke nag op die tyd
is hy daar vir sy skof.

So gebeur dit dan dan olifant en renoster aan de suip gaan in die bar, en
hier so skuins na skemer begin die aggressiewe geaardhede deurslaan, en
hulle besluit om iemand te gaan donner in die woud.

Daar loop hulle toe vir Hasie raak, met sy ou skaftangetjie en al. Olifant
se:"Hasie waars jou hoed?" Hasie probeer verduidelik dat hy geenhoed dra
nie, maar dis asof olifant en renoster klaar gebesluit het, en hulle trek
daar weg en hulle moer vir Hasie. Met die eerste hou trek die ou
skaftangetjie daar en val hom vol duike op 'n klip, die ou marmaite
broodjies en pienk melkie val op die grond uit, drie van die ou vier
worteltjies is so weg dat g'n mens dit ooit weer kan kry nie. Hasie probeer
wegkom in erdvark se gat, maar olifant haal vir hom uit met sy slurp, en toe
moer hulle vir hom eers!!. Na wat soos 'n ewigheid gevoel het, is Hasie naas
dood toe gemoer, en laat vir hom net daar en gaan terug bar toe.

Die volgende aand sit Olifant en renoster weer en drink, selle tyd kry hulle
weer selle idees, en sit die ent af na die voetpaadjie toe, daar ky hulle
wwer vir Hasie, maar olifant fluister vir renoster dat die hoed storie nou
afgesaag is, hulle moet vra vir sigarette, as hy plain gee dan soek hulle
filter en hulle moer hom, as hy filter gee dan soek hulle plain en hulle
moer vir hom.

Hasie is mos nou nie iemand wat onnodig van die werk afbly nie, en hy sit
die pad af werk toe. Sy ou skaftangetjie vat nou drie marmite broodjies
minder as gister van al die duike, sy arm is in gips en sy een oor het
dertien steke in, maar Hasie is blymoedig van gees en hy gaan aan.

Olifant en renoster keer vir Hasie voor en vra vir hom vir sigarette, Hasie
sit die ou skaftangetjie mooi neer dat die skewe deksel nie oopsring nie, en
haal 2 pakkies sigarette uit sy binne sakke uit, en se: "Sekerlik oom
olifant, plain of filter, ek het altwee?" Olifant kyk vir renoster en weer
vir Hasie en hy se "Hasie waars jou donnerse hoed....."

Sorry dat ek 'n anner man se storie spin, maar ek dink die parodie is
duidellik.

JCW

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:frm0mv80ha99tijkr3nfn746it3qj3pkfj@4ax.com...
> On Thu, 11 Sep 2003 08:51:13 +0200, "Annette"
> served the following to the group:
>
>> Skippie - jy moet bykom man!!:)) Mense word mos deesdae vermoor as hulle nie
>> vir iemand 'n sigaret wil gee nie.
>>
>> Annette
>>
>
> ha, dankie vir die waarskuwing. ek rook nie maar ek sal maar `n pakkie
> 20 life gaan kry net om aan die veilige kant te wees
>
>>
>> "Threeships Mcduck" wrote in message
>> news:ut30mv8ngpnpqf8dohbi168of0l3mnimuq@4ax.com...
>>> On Wed, 10 Sep 2003 23:24:20 +1000, "Humphrey Davy"
>>> served the following to the group:
>
>>>> Die probleem is, sy mense, en van die ander, glo hom.
>>>> Toe ek in SA was het ek baie gehoor - daar is misdaad dwars oor die
>> wereld.
>>>>
>>>> Gewone antwoord : "Ja, maar nie soos hier nie. Hier wag die diewe tot jy
>>>> tuis is, oorsee is dit anders om"
>>>>
>
>>> ek was al na baie plekke op ons ou wereldtjie en
>
>>> gewone antwoord: daar is orals misdaad ja. oral kan jy besteel, belieg
>>> en vermoor word. maar net by ons is jou kanse so groot dat jy vermoor
>>> gaan word vir `n selfoon of `n fiets of r50. net by ons is jou kanse
>>> so groot dat jou 7 jarige dogter deur 5 swartes verkrag en vermoor
>>> word en dat hulle 70 jarige ouma dood gewurg word. net by ons word
>>> misdaad soos diefstal spesifiek op kinders gemik. nêrens anders in die
>>> wêreld het ek al gehoor dat jy gehijack word vir jou fiets en dalk jou
>>> lewe kan verloor. ander steel fietse by kafees of uit jou garage or
>>> erf maar nee hier by ons wil hulle moor om dit te kry. dit my goeie ou
>>> tjom is die gewone antwoord
>
>>> Threeships Mcduck
>>> lato di gomma giů, lato lucido in su
>>> www.mothership.co.za
>>
>
> Threeships Mcduck
> lato di gomma giů, lato lucido in su
> www.mothership.co.za
Re: Ons Misdaad [boodskap #83720 is 'n antwoord op boodskap #83711] Do, 11 September 2003 22:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Elaine

> In Amerika is daar ook geweld, veral in die armer gebied, maar in Amerika is
> daar 'n mate van beskerming, daar weet jy die polisie gaan heel moontlik
> opdaag as jy hulle bel

Elaine, jy is baie naief. In New York vervolg hulle
gedurig polisie-manne wat in die pay van die Mob
is, of wat protection money van sekere skaduagtige
rackets kry.

Gloudina

Hoor hierso dame, jy het darem baie te sê oor n land waarin jy nie woon nie
hoor! Maak nie saak of jy nou en dan in NY kom nie, of dat jou seun in CA
woon nie, (vir wie gaan hy stem vir goewerneur?) jy praat nou heel duidelik
van hoorsê. Of jy kyk te veel tv. Ons polisie eet dalk te veel donuts, en
is soms dof, maar die klein handjievol wat vir die Mob werk kan jy op een
hand tel. Ek het al immers in vier state gewoon, en altyd nog kon ek reken
op die polisie om my te beskerm.
Re: Ons Misdaad [boodskap #83723 is 'n antwoord op boodskap #83709] Do, 11 September 2003 23:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 11 Sep 2003 14:53:05 +0000, @rogers.com wrote:

>
> Elaine wrote
>> Wat jy vergeet is dat baie van ons Sa'ers geneig is tot geweld, wittes en
>> swartes almal, daar is 'n rede daarvoor. Ons sit in 'n land waar 'n
>> bevoegde mense se job weggegee word aan onbevoegde persone, waar die
>> regering geld vir VIGS pasiënte spandeer op sokker wedstryde (dis mos baie
>> lekkerder om sokker te kyk as om te worry waar die HIV mammies gaan
> medisyne
>> kry) en waar werkloosheid 'n sekerheid is, nie 'n moontlikheid nie
>
> OK, Elaine. Hier het ons in 'n paar reëls nou 'n
> fees van verwronge denke en clichés. Analiseer
> dit self. Kyk hoe sit jy vir jouself en warm vryf
> oor die "bevoegde mense" waarvan die werk
> "weggegee" word aan onbevoegde mense. Baie
> van daardie "bevoegde" mense, my liewe Elaine,
> was in daardie jobs ingesit in die vorige regime
> of hulle nou bevoeg was of nie. Moenie dink jy
> kan vir my 'n rad voor die oë draai nie. Ek was
> in SA toe die massas Afrikaners in elke moontlike
> administratiewe job ingestoor is, en as daar nie 'n
> job was nie, is 'n job gemaak.
> En dis 'n nuwe een. Die SA regering "spandeer
> Vigs-geld op sokkerwedstryde." Skaam jy nie jouself
> vir so 'n blatante soort van kekkel nie?
>
> Gloudina

Gloudina, ons stem nie altyd saam nie, veral nie as jy my gas gee oor my
"a's" nie, maar hier moet ek jou ondersteun. Daar is so min feite in die
lewe (miskien is daar niks en miskien kan ek dit se omdat ek in Engeland
bly, of dalk nie...) dat dit nie help om die tabloids te lees nie.

Asseblief mense, kom ons fokus op feite wat ons almal meet kan saam stem
omdat dit a gemeenskaplike verwysing is.

PB
Re: Ons Misdaad [boodskap #83724 is 'n antwoord op boodskap #83720] Do, 11 September 2003 23:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"e-way" wrote:

> Hoor hierso dame, jy het darem baie te sê oor n land waarin jy nie woon nie
> hoor! Maak nie saak of jy nou en dan in NY kom nie, of dat jou seun in CA
> woon nie, (vir wie gaan hy stem vir goewerneur?) jy praat nou heel duidelik
> van hoorsê. Of jy kyk te veel tv. Ons polisie eet dalk te veel donuts, en
> is soms dof, maar die klein handjievol wat vir die Mob werk kan jy op een
> hand tel. Ek het al immers in vier state gewoon, en altyd nog kon ek reken
> op die polisie om my te beskerm.

Goed gesê! Ek kan net bevestig wat jy sê - ook uit eie ervaring, en
ook van iemand wat al in vele state gewoon het.
In die vorige county waar ons gewoon het, het ons nog 'n sheriff
gehad. Sjoe, amper tik ek sherif - dit sou nou 'n reuse faux pas
gewees het! :-)
Elkgeval - hy het persoonlik elke aand die malls en strate patrolleer,
en as daar kinders was wat rond dros, het hy die ouers geskakel om uit
te vind of hulle weet waar hulle kinders is, ens. Smalltown America -
ek weet. Maar wonderlik. Die gemeenskap gee nog om vir mekaar en kyk
uit vir mekaar.
Nee wat, hier in Amerika kan meeste mense nog op die polisie staat
maak. Die korrupsie wat daar wel is, word deur die media uit
proporsie geblaas. Maar hulle is altyd goed gemanierd en behulpsaam
en reageer ALTYD blitsvinnig!
Re: Ons Misdaad [boodskap #83725 is 'n antwoord op boodskap #83720] Vr, 12 September 2003 00:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
e-way wrote
jy het darem baie te sê oor n land waarin jy nie woon nie
> hoor! Maak nie saak of jy nou en dan in NY kom nie

Wel, vir een ding bly ek heelwaarskynlik in kilometers
nader aan New York as jy. En vir 'n ander ding, anders as
jy wat net na Amerikaanse TV kyk, kry ek nie net Kanadese
kanale nie, maar ook Amerikaanse kanale van regoor die
grens in Noordelike New York staat. Ek hoor van al die
moorde wat hulle daar in Rochester se omgewing pleeg.
(Vir 'n kleinerige dorp het hulle darem baie crime daar.)
Ek weet ook dat die Public Prosecutor sy hande vol het
in New York. Ek weet net soveel van wat in New York
aangaan as jy, want ons albei kry dit van die TV af. (As
mens in New York is, gaan staan en visenteer jy nou nie
die deeglikheid van die polisie nie.) En dink jy dat as
jy nou vir die polisie roep daar waar jy woon in die suide
van die VSA, dit nie baie afhang van w��r jy bly watter
diens jy van die polisie kry nie. Ek twyfel of die polisie
daar in die Suide so vinnig na 'n agterlike omgewing vol
armes sal kom. En terwyl ons van Kalifornië praat, weet
jy van die onlangse kommissies oor korrupsie in die
Los Angeles polisiemag?
My seun gaan nie vir enigiemand in Kalifornië
stem nie. Hy is 'n Kanadese burger. Dit laat my wonder
of ek vir hom moet aanmoedig om per pos in die
provinsiale verkiesing vroeg Oktober in Ontario te
stem.

Gloudina
Re: Ons Misdaad [boodskap #83728 is 'n antwoord op boodskap #83724] Vr, 12 September 2003 00:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote

> Nee wat, hier in Amerika kan meeste mense nog op die polisie staat
> maak. Die korrupsie wat daar wel is, word deur die media uit
> proporsie geblaas. Maar hulle is altyd goed gemanierd en behulpsaam
> en reageer ALTYD blitsvinnig!

Hierdie skrywe kom nou uit die land van
Rodney King. En die land wat racial profiling
'n huishoudelike woord gemaak het. Don't
get me started.

Tant Hessie van Harlem
Re: Ons Misdaad [boodskap #83729 is 'n antwoord op boodskap #83725] Vr, 12 September 2003 00:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mense, vinnige vragie?

Lyk my baie mense in die groep glo dat geweld en misdaad is uniek aan SA en
suiwer die gevolg van die "swartes" se regering.

Die Russiese federasie, soos SA, het in die vroeg 90's gevind dat sy deure
oopgegooi is vir internasionale handel.

Die oud oosblok lande het 'n magdom mense - soos Suider Afrika.

Hulle is almal verarm - soos Suider Afrika.

Daar is 'n klein elite van vroeer wat welvaart behou het - maar vind dat
hulle verarm - soos Suider Afrika.

Daar is 'n klein groep wat belaglik ryk is - soos Suider Afrika.

Nou as enige iemand dink korrupsie, geweld en misdaad is die unieke
resultaat van die velkleur van die mense in bewind, vir diegene het 'n
uitdaginkie.

Huur 'n BMW in Berlyn by Europcar (dis redelik), ry oos met die A10 steek
die grens oor na Warskou in Pole neem die E30 na Brest in Belorus en dan die
M1 na Moskou in Rusland.

Nou hoe lank dink jy gaan jy daai BMW en jou spaargeld behou sonder om
gestop, gehijack of afgedreig te raak deur die plaaslike polisie (die ergste
van die lot)?

Glo my jy gaan nie Moskou haal sonder om een van bogenoemde te ervaar nie.

En daar is baie wat daar se "Die ou bestel was verkeerd, maar ten minste was
dit veilig ....." Dis nou dieselfde bestel wat miljoene onthuis of uitgemoor
het onder Stalin en kie.

Namaqua

"@rogers.com" wrote in message
news:m588b.950$DZ.537@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com.. .
>
> e-way wrote
> jy het darem baie te sê oor n land waarin jy nie woon nie
>> hoor! Maak nie saak of jy nou en dan in NY kom nie
>
> Wel, vir een ding bly ek heelwaarskynlik in kilometers
> nader aan New York as jy. En vir 'n ander ding, anders as
> jy wat net na Amerikaanse TV kyk, kry ek nie net Kanadese
> kanale nie, maar ook Amerikaanse kanale van regoor die
> grens in Noordelike New York staat. Ek hoor van al die
> moorde wat hulle daar in Rochester se omgewing pleeg.
> (Vir 'n kleinerige dorp het hulle darem baie crime daar.)
> Ek weet ook dat die Public Prosecutor sy hande vol het
> in New York. Ek weet net soveel van wat in New York
> aangaan as jy, want ons albei kry dit van die TV af. (As
> mens in New York is, gaan staan en visenteer jy nou nie
> die deeglikheid van die polisie nie.) En dink jy dat as
> jy nou vir die polisie roep daar waar jy woon in die suide
> van die VSA, dit nie baie afhang van w��r jy bly watter
> diens jy van die polisie kry nie. Ek twyfel of die polisie
> daar in die Suide so vinnig na 'n agterlike omgewing vol
> armes sal kom. En terwyl ons van Kalifornië praat, weet
> jy van die onlangse kommissies oor korrupsie in die
> Los Angeles polisiemag?
> My seun gaan nie vir enigiemand in Kalifornië
> stem nie. Hy is 'n Kanadese burger. Dit laat my wonder
> of ek vir hom moet aanmoedig om per pos in die
> provinsiale verkiesing vroeg Oktober in Ontario te
> stem.
>
> Gloudina
>
Re: Ons Misdaad [boodskap #83730 is 'n antwoord op boodskap #83728] Vr, 12 September 2003 01:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Hierdie skrywe kom nou uit die land van
> Rodney King. En die land wat racial profiling
> 'n huishoudelike woord gemaak het. Don't
> get me started.
>
> Tant Hessie van Harlem

Wel Tant Hessie van Harlem, start jy maar wanneer en soveel jy wil.
Peter Stuyvesant sal trots verbaas wees om 'n Harlemite te hoor wat
nogsteeds sy taal praat in 2003. Maar probeer tog asseblief net om
darem ten minste SOMS bietjie meer neutraal te wees, en dalk net so af
en toe ook die goeie dinge van jou buurland uit te wys. Hier *is*
baie wat goed is!
Clinton se geliefkoosde quote was altyd "There is nothing wrong with
America that cannot be cured with what is right in America."
Ek kan nou nie onthou wie dit oorspronklik gesê het nie. Maar dit som
die situasie hier, mooi op. Moenie net altyd ons foute uitwys nie,
ons is deeglik en pynlik bewus daarvan. En moet veral nie ons
polisiemag oor een kam skeer nie.
"Almal is nie so nie".... (Jeanne Goosen)
Re: Ons Misdaad [boodskap #83733 is 'n antwoord op boodskap #83730] Vr, 12 September 2003 02:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:

. Maar probeer tog asseblief net om
> darem ten minste SOMS bietjie meer neutraal te wees, en dalk net so af
> en toe ook die goeie dinge van jou buurland uit te wys. Hier *is*
> baie wat goed is

En van wanneer af wys ek net die slegte dinge
van die VSA uit? Ek is een van die eerste wat mense
betig as hulle sweeping statements oor die VSA maak.
Ek is 'n groot bewonderaar van die VSA se grondwet
en politieke sisteem. Maar as ek nou allerhande soort
sweeping statements hoor van binne die VSA van
mense wat beter behoort te weet, dan sal ek dit
ook uitwys. Daar is probleme in die VSA, groot
probleme. Ons het dit hier in Kanada ook. Daar is
op die oomblik 'n kommissie oor die onderwerp
van racial profiling in Toronto. Daar is niks verkeerd
om probleme te hê nie. Maar mens moet net nie
rondloop en maak asof alles nou so rose en maneskyn
is in die VSA nie. Dis nogal iets waaraan baie
Amerikaners hulle skuldig maak. Hulle sit en wens
mekaar geluk omdat hulle nou in die beste en mees
wonderlike land in die wêreld bly. En mens raak
bietjie moeg vir sulke soort gepraat.

Tant Hessie Rip van Winkel.
Re: Ons Misdaad [boodskap #83751 is 'n antwoord op boodskap #83703] Vr, 12 September 2003 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ja, hulle mag kleur aandui, maar selfs al dui hulle nie kleur aan nie, mag
hulle misdadigers se name bekend maak, en in SA is daar nie wit mense met
name soos Majola, Nkaiseng, ens. nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Elaine, elke keer as ek na jou skrywery kyk, dan
> analiseer ek wat jy sê. Nou, vireers, is die media
> in SA toegelaat om kleur aan te dui in hulle rapporte?
> Of is dit nou maar iets wat jy opmaak?
>
> Gloudina
>
Re: Ons Misdaad [boodskap #83752 is 'n antwoord op boodskap #83706] Vr, 12 September 2003 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja - dis wat ek gesê het, ek het 'n voorbeeld genoem om dit te illustreer.
Baie straightforword, niks abstrak nie.

E

"@rogers.com" wrote:

> Nee, jy kan nie so in die abstrak redeneer nie,
> want as mens die getalle blankes teenoor nie-
> blankes in SA in ag neem, dan is uit elke 40
> lede van die gemeenskap net 5 wit. Mens sou
> dus verwag dat daar baie meer misdaad gepleeg
> word deur nie-blankes, bloot omdat die land
> hoofsaaklik uit nie-blankes bestaan.
>
> Gloudina
>
Re: Ons Misdaad [boodskap #83753 is 'n antwoord op boodskap #83709] Vr, 12 September 2003 09:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis ongelukkig die waarheid, net Sondag was daar 'n storie op Carte Blanche.
Hulle het die korrupsie in die Mpumalange Departement van Gesondheid
oopgevlek, en gewys hoe die "Health MEC" Sibongile Manana o.a R8 miljoen van
die VIGS begroting gebruik het om 'n "cultural village" wat leeg staan te
bou, en op sokker wedstryde gespandeer het. 8 MILJOEN RAND - dit koop darem
baie medisyne. En dis net die begin, 'n verdere R13 miljoen is gespandeer
op mediese toerusting wat nie deur die hospitaal bestel is nie, en R2.3
miljoen is op spyseniering spandeer. Beide maatskappy behoort of behoort
gedeeltelik aan Manana se broer.

I.p daarvan om die vrou te fire het hulle haar eenvoudig nou Onderdirekteur
Generaal gemaak, en sy verdien nog steeds R537 000 per jaar vir haar
moeite...

Elaine

"@rogers.com" wrote:

> En dis 'n nuwe een. Die SA regering "spandeer
> Vigs-geld op sokkerwedstryde." Skaam jy nie jouself
> vir so 'n blatante soort van kekkel nie?
>
> Gloudina
>
Re: Ons Misdaad [boodskap #83754 is 'n antwoord op boodskap #83709] Vr, 12 September 2003 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar moenie iemand wat twee grade het vervang met iemand wat net matriek het
nie, bloot omdat sy vel swart is nie. Vervang BEVOEGDE mense dan met
BEVOEGDE mense.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> OK, Elaine. Hier het ons in 'n paar reëls nou 'n
> fees van verwronge denke en clichés. Analiseer
> dit self. Kyk hoe sit jy vir jouself en warm vryf
> oor die "bevoegde mense" waarvan die werk
> "weggegee" word aan onbevoegde mense. Baie
> van daardie "bevoegde" mense, my liewe Elaine,
> was in daardie jobs ingesit in die vorige regime
> of hulle nou bevoeg was of nie. Moenie dink jy
> kan vir my 'n rad voor die oë draai nie. Ek was
> in SA toe die massas Afrikaners in elke moontlike
> administratiewe job ingestoor is, en as daar nie 'n
> job was nie, is 'n job gemaak.

> Gloudina
>
Re: Ons Misdaad [boodskap #83801 is 'n antwoord op boodskap #83753] Vr, 12 September 2003 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Dis ongelukkig die waarheid, net Sondag was daar 'n storie op Carte Blanche.
> Hulle het die korrupsie in die Mpumalange Departement van Gesondheid
> oopgevlek, en gewys hoe die "Health MEC" Sibongile Manana o.a R8 miljoen van
> die VIGS begroting gebruik het om 'n "cultural village" wat leeg staan te
> bou

Jong, Elaine. Dit klink vir my na peanuts teen wat op
die Noord-Amerikaanse vasteland aangaan. In die
VSA noem hulle dit pork. Hier in Kanada noem hulle
dit patronage.

Tant Hessie Cheney
Re: Ons Misdaad [boodskap #83820 is 'n antwoord op boodskap #83801] Vr, 12 September 2003 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar Amerika het baie meer geld as SA. Dink jy ons kan bekostig om R8
miljoen in die water te gooi, terwyl daar mense met ernstige siektes is?
Dit klink vir jou soos peanuts, vir ons is dit baie geld, wat baie mense kon
gehelp het.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Jong, Elaine. Dit klink vir my na peanuts teen wat op
> die Noord-Amerikaanse vasteland aangaan. In die
> VSA noem hulle dit pork. Hier in Kanada noem hulle
> dit patronage.
>
> Tant Hessie Cheney
>
Re: Ons Misdaad [boodskap #83833 is 'n antwoord op boodskap #83820] Vr, 12 September 2003 18:32 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Ja, maar Amerika het baie meer geld as SA. Dink jy ons kan bekostig om R8
> miljoen in die water te gooi, terwyl daar mense met ernstige siektes is?

Hulle het ook ernstige siektes in die VSA en Kanada. Maar
hulle maak nog steeds oorlogstuig wat nie nodig is nie, of
paaie op plekke waar dit nie nodig is nie terwyl ander hoofweë
verkrummel. Solank daar maar net werk gemaak word in
die ou se kiesersgebied.

Gloudina
Vorige onderwerp: Baine's Kloof pas
Volgende onderwerp: Useless inliging - In Engels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 03:43:31 MGT 2024