Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die geskiedenis van die Afrikaner
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83251 is 'n antwoord op boodskap #83248] Wo, 03 September 2003 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe siek maak jy my nou! Ek het 'n oupa wat 93 geword het en hy het
kaaiings geëet of dit uit fashion uitgegaan het. Drie keer op 'n dag vleis
en sy hart was so sterk soos 'n bees. Daar is 2 soorte cholesterol. Die
goeie een word deur die vriesproses afgebreek en ons almal maak deesdae van
vriesgeriewe gebruik. Verder is daar die veroudering van are waardeur die
bloed gaan wat maak dat dit by die draaie skurf raak en dan begin die vet in
die bloed 'grip' kry om die draai en pak aan. Sekerlik ja, 'n klomp vet
kos sal sekerlik skadelik wees, maar ons 'rev' ons bloed deur op die voete
te bly.......EN ons eet lekker! En koffie....dis juis goed vir bloeddruk?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f55f515$0$64720@hades.is.co.za...
> Nee, ek hou van vleis - ek eet baie vleis. Maar wil jy doodgaan as jy 40 is
> of wil jy 'n rukkie langer lewe en dit miskien maak tot so 70? Ek weet ek
> wil nie doodgaan op 40 nie. Maar dit gesê is ek nie een van die mense wat
> vreeslik gesond eet nie. Ek hou van my tjoklits en chips en vleis. Ek's
> ook veral lief vir marzipan, iets wat ek by die Duitsers geleer het, en ek
> stem dat vleis 'n bietjie vet moet hê anders is dit smaakloos. MAAR, jy kan
> nie op een slag wors, eiers en spek eet nie. Dis alles vetterige
> cholestrolryke kosse daai, as jy elke dag so brekfis, en elke middag so tipe
> bord kos eet, en elke tweede dag braai nog so 'n lekker stuk vet rib vir
> aandete ook, slaat jy dood neer aan 'n hartaanval voordat jy op pensioen
> gaan. Daar moet, soos met alle dinge in die lewe, 'n balans gehandhaaf
> word. So eet jou spekkies en eier in die oggend, maar smeer eerder Floro
> margarien (baie ryk in anti-osidante wat help om kos af te breek) op jou
> broodtjie, in plaas van wors eet 'n appel, en in plaas van koffie drink jy
> vrugtesap. Net so lekker en jy sal sommer beter en gesonder voel ook...
>
> E
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f55e7bc.0@news1.mweb.co.za...
>> Yeeaagh, man! Dis nou amper soos jy vir my sal sê jy braai 'n skaaprib wat
>> nie vet ophet nie? Vrek moet ons almal vrek eendag, jy kan dit net sowel
>> lekker doen! Wat help dit om wonderlik gesond te lewe en jy't nog nooit
>> die lekkerte van die lewe gesmaak nie? Dis soos die mense wat so stadig
>> ry......of geheelonthouding van seks het [ek stem vir absolute wegbly van
>> die stront van vroumense oor die algemeen en 'n man sal langer lewe, maar
>> dan is daar die lekker van 'n vrou........].
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83271 is 'n antwoord op boodskap #83248] Wo, 03 September 2003 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Onthou net, die vrugtesap is gelaai met suiker, en ek dink dis beter om maar
weg te bly van enigiets wat witmeel of suiker in het. n Koppie koffie in
die oggend is nogal goed dink ek, dit gee mens n hupstootjie. Ek is nou al
verslaaf aan Starbucks se koffie, en moet elke oggend eers twee myl uit my
pad ry om n Kolombiaanse koffie met afroommelk te koop. Gelukkig is dit n
'drive through' so ek hoef nie uit die kar te klim nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f55f515$0$64720@hades.is.co.za...
> Nee, ek hou van vleis - ek eet baie vleis. Maar wil jy doodgaan as jy 40 is
> of wil jy 'n rukkie langer lewe en dit miskien maak tot so 70? Ek weet ek
> wil nie doodgaan op 40 nie. Maar dit gesê is ek nie een van die mense wat
> vreeslik gesond eet nie. Ek hou van my tjoklits en chips en vleis. Ek's
> ook veral lief vir marzipan, iets wat ek by die Duitsers geleer het, en ek
> stem dat vleis 'n bietjie vet moet hê anders is dit smaakloos. MAAR, jy kan
> nie op een slag wors, eiers en spek eet nie. Dis alles vetterige
> cholestrolryke kosse daai, as jy elke dag so brekfis, en elke middag so tipe
> bord kos eet, en elke tweede dag braai nog so 'n lekker stuk vet rib vir
> aandete ook, slaat jy dood neer aan 'n hartaanval voordat jy op pensioen
> gaan. Daar moet, soos met alle dinge in die lewe, 'n balans gehandhaaf
> word. So eet jou spekkies en eier in die oggend, maar smeer eerder Floro
> margarien (baie ryk in anti-osidante wat help om kos af te breek) op jou
> broodtjie, in plaas van wors eet 'n appel, en in plaas van koffie drink jy
> vrugtesap. Net so lekker en jy sal sommer beter en gesonder voel ook...
>
> E
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f55e7bc.0@news1.mweb.co.za...
>> Yeeaagh, man! Dis nou amper soos jy vir my sal sê jy braai 'n skaaprib wat
>> nie vet ophet nie? Vrek moet ons almal vrek eendag, jy kan dit net sowel
>> lekker doen! Wat help dit om wonderlik gesond te lewe en jy't nog nooit
>> die lekkerte van die lewe gesmaak nie? Dis soos die mense wat so stadig
>> ry......of geheelonthouding van seks het [ek stem vir absolute wegbly van
>> die stront van vroumense oor die algemeen en 'n man sal langer lewe, maar
>> dan is daar die lekker van 'n vrou........].
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83272 is 'n antwoord op boodskap #83271] Wo, 03 September 2003 23:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die kaffiene in koffie ontwater 'n mens. As jy wakker word in die oggend is
jy al reeds gedeeltelik ontwater omdat jy deur die nag gesweet het. Jy moet
heel eerste as jy wakker word 'n glas water drink. Ja dis waar vrugtesap het
baie suiker in, maar dis 'n natuurliker soort suiker as die wat jy in bv
tjokkies sal kry. Gebruik ook maar regte suiker in jou koffie (nie hierdie
canderel gemors nie), want doodgewone wit "cane sugar" bevat bitter min
kalorieë. As jy een lepel suiker geëet het, moet jy vir 5 minute t.v. kyk
om dit te verbrand. Wys jou maar net hoe mense die dam onder die eend se
gat kan uitruk. Dis soet, dis suiker so dit moet sleg wees vir jou. Maar
kunsmatige suiker soos canderel is eintlik slegter vir jou as wat doodgewone
natuurlike suiker is.

Ek's ook lief vir koffie, maar aangesien ons nie 'n Starbucks in SA het nie,
en aangesien daar nie een ordentelike koffieshop in my area is nie, maak ek
maar my eie.

E

"e-way" wrote in message
news:BLu5b.19326$EW1.18138@newsread1.news.atl.earthlink.net. ..
> Onthou net, die vrugtesap is gelaai met suiker, en ek dink dis beter om maar
> weg te bly van enigiets wat witmeel of suiker in het. n Koppie koffie in
> die oggend is nogal goed dink ek, dit gee mens n hupstootjie. Ek is nou al
> verslaaf aan Starbucks se koffie, en moet elke oggend eers twee myl uit my
> pad ry om n Kolombiaanse koffie met afroommelk te koop. Gelukkig is dit n
> 'drive through' so ek hoef nie uit die kar te klim nie.
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83277 is 'n antwoord op boodskap #83272] Do, 04 September 2003 02:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote
Ja dis waar vrugtesap het
> baie suiker in, maar dis 'n natuurliker soort suiker as die wat jy in bv
> tjokkies sal kry

Een van die dinge wat ek onlangs geleer het, is dat
dit sleg is om koue vloeistowwe by jou maaltyd, veral
jou ontbyt te drink. Die vette in byvoorbeeld eiers
word bevrore as jy 'n glas koue lemoensap drink daarmee
saam, en die liggaam kan dit dus nie absorbeer nie. Dit
is glo belangrik dat jy jou botter op jou roosterbrood
opsit terwyl die brood nog warm is, sodat die botter kan
smelt. (Ek het onlangs weer begin botter eet in plaas van
margarine.) Sjokolade is glo ook nie so sleg vir jou nie,
en een dieet laat glo vir jou 'n sjokolade toe met ontbyt
om die nodige vet in jou sisteem te kan kry, waarsonder
die proses van absorbering glo nie kan begin nie.

Gloudina
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83287 is 'n antwoord op boodskap #83272] Do, 04 September 2003 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Julle stadskinders het te veel geld. Ek dink nie ek het al meer as 5 keer
in my lewe koffie in 'n koffieshop gedrink nie! Bo en behalwe dat dit duur
is, is jou eie maaksel tog soveel lekkerder? 'n 'Perculator' is vandag nie
meer so duur nie, behalwe as jy baie ordentlik koop met sy permanenete goue
filter, en jy gooi jouself toe met lekker 100% suiwer koffie. Ons doen dit
by die besigheid en sekere kliënte is al so gewoond om hulle koeffietjie te
kom drink dat hulle onttrekkingsimptome sal kry as hulle die dag dit nie
meer kry nie!
O, en jy moet 'n Namib-oggend beleef met die stilte van die woestyn en
die son wat begin om die omgewing rooi te verf.....die byt van die oggend se
koue wat nie lank gaan hou voor die woestyn se hitte oorvat nie. Glo my,
dan smaak 'n ontbyt van muesli of graankos net nie reg nie. Net soos as jy
in die hitte van die dag rondry, dan smaak 'n half warm vrug ook
vulgêr.....dan kou jy maar springbokbiltong!
Wat gaan maak 'n malle soos ek in die woestyn? Daar is so 'n paar
spesiale plekke wat ek graag perfek wil afneem, bv by die Spitzkoppe is daar
een kloof waar jy voor eerste lig moet wees en as die dag begin breek dan
kleur dit die verskillende vlakke tussen die rotse in en daar is sewe
verskillende vlakke van kleur en lig en ek kon tot nog toe nie die
'exposure' perfek regkry nie. Ek het hom al gewerk met alles moontlik,
maar jy moet 'n gemiddelde kry en met al die verskillende vlakke van lig, is
dit nie 'einfach' nie..........maar dit gee jou 'n kans om jou woeste,
cholesterol ontby te gaan eet vir 'n slag!!!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f567cc2$0$64719@hades.is.co.za...
> Die kaffiene in koffie ontwater 'n mens. As jy wakker word in die oggend is
> jy al reeds gedeeltelik ontwater omdat jy deur die nag gesweet het. Jy moet
> heel eerste as jy wakker word 'n glas water drink. Ja dis waar vrugtesap het
> baie suiker in, maar dis 'n natuurliker soort suiker as die wat jy in bv
> tjokkies sal kry. Gebruik ook maar regte suiker in jou koffie (nie hierdie
> canderel gemors nie), want doodgewone wit "cane sugar" bevat bitter min
> kalorieë. As jy een lepel suiker geëet het, moet jy vir 5 minute t.v. kyk
> om dit te verbrand. Wys jou maar net hoe mense die dam onder die eend se
> gat kan uitruk. Dis soet, dis suiker so dit moet sleg wees vir jou. Maar
> kunsmatige suiker soos canderel is eintlik slegter vir jou as wat doodgewone
> natuurlike suiker is.
>
> Ek's ook lief vir koffie, maar aangesien ons nie 'n Starbucks in SA het nie,
> en aangesien daar nie een ordentelike koffieshop in my area is nie, maak ek
> maar my eie.
>
> E
>
> "e-way" wrote in message
> news:BLu5b.19326$EW1.18138@newsread1.news.atl.earthlink.net. ..
>> Onthou net, die vrugtesap is gelaai met suiker, en ek dink dis beter om maar
>> weg te bly van enigiets wat witmeel of suiker in het. n Koppie koffie in
>> die oggend is nogal goed dink ek, dit gee mens n hupstootjie. Ek is nou al
>> verslaaf aan Starbucks se koffie, en moet elke oggend eers twee myl uit my
>> pad ry om n Kolombiaanse koffie met afroommelk te koop. Gelukkig is dit n
>> 'drive through' so ek hoef nie uit die kar te klim nie.
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83291 is 'n antwoord op boodskap #83251] Do, 04 September 2003 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
NEE! As jy hoë bloeddruk het moet jy glad nie koffie drink nie!

E

"Suidwester" wrote:
En koffie....dis juis goed vir bloeddruk?
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83292 is 'n antwoord op boodskap #83277] Do, 04 September 2003 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klink nie reg nie, jou maagsuur is so sterk dat dit verf van 'n kar af kan
vreet - hoe gaan lemoensap dit daar binne lank genoeg oorleef om jou eiers
te vries? Maar 'n mens weet nooit, dalk is dit waar. Maar aangesien ek nie
in die oggend eet nie, hoef ek myself nie daaroor te bekommer nie.

Tjokkies is okay, tot op 'n punt maar dit is wanneer jy begin om 'n slab of
drie 'n dag te eet wat dit sleg raak vir jou.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Een van die dinge wat ek onlangs geleer het, is dat
> dit sleg is om koue vloeistowwe by jou maaltyd, veral
> jou ontbyt te drink. Die vette in byvoorbeeld eiers
> word bevrore as jy 'n glas koue lemoensap drink daarmee
> saam, en die liggaam kan dit dus nie absorbeer nie. Dit
> is glo belangrik dat jy jou botter op jou roosterbrood
> opsit terwyl die brood nog warm is, sodat die botter kan
> smelt. (Ek het onlangs weer begin botter eet in plaas van
> margarine.) Sjokolade is glo ook nie so sleg vir jou nie,
> en een dieet laat glo vir jou 'n sjokolade toe met ontbyt
> om die nodige vet in jou sisteem te kan kry, waarsonder
> die proses van absorbering glo nie kan begin nie.
>
> Gloudina
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83295 is 'n antwoord op boodskap #83287] Do, 04 September 2003 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote

> Wat gaan maak 'n malle soos ek in die woestyn? Daar is so 'n paar
> spesiale plekke wat ek graag perfek wil afneem, bv by die Spitzkoppe is daar
> een kloof waar jy voor eerste lig moet wees en as die dag begin breek dan
> kleur dit die verskillende vlakke tussen die rotse in en daar is sewe
> verskillende vlakke van kleur en lig

Ons het 'n fotograaf hier in Kanada wat 'n hele boekvol
foto's net van die Namib-woestyn gemaak het. Hy gaan
ook gereeld oor om die Namakwalandse blomme te
fotografeer. ( Hy het sy spioene daar en hulle vertel vir
hom wanneer die blomme mooi gaan wees.) Een van sy
boeke oor die blomme is getiteld - " Garden of the Gods."
Sy naam is Freeman Patterson.

Gloudina
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83327 is 'n antwoord op boodskap #83271] Do, 04 September 2003 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
e-way wrote

Ek is nou al
> verslaaf aan Starbucks se koffie, en moet elke oggend eers twee myl uit my
> pad ry om n Kolombiaanse koffie met afroommelk te koop. Gelukkig is dit n
> 'drive through' so ek hoef nie uit die kar te klim nie

Dis nogal iets wat my fassineer: hierdie verskynsel van mense
wat nou eenvoudig MOET hulle koffie gaan koop. Gelukkig
het ons hier in Kanada 'n ketting-koffiehuis met die naam
"Tim Horton's" waar dieselfde ding plaasvind, maar waar
die pryse nie so belaglik is soos in Starbucks, wat mens
gewoonlik hier net in konjunksie vind met "Chapters"
(wat in Kanada nou oorgeneem is en saamgesmelt het met
'n Toronto-boekmaatskappy Indigo.)
Dit is wel waar dat ons Tim Hortons so goed bestuur
word dat mense daarvan hou om daar te gaan sit en koffie-
drink, en dat dit nou die saamkomplek geword het vir
almal en sy maat. Maar dit verduidelik nog nie die lang
toue karre wat in die oggend by die "drive through" sit
net vir hulle koffie nie.

Gloudina
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83336 is 'n antwoord op boodskap #83277] Do, 04 September 2003 23:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Dis beter as jy beide kan uitskakel, ek eet net baie af en toe botter, maar
kan maklik bagel of iets sonder botter eet, so ook piesang- of dadelbrood.
Dis net n keuse wat mens maak, en as jy daarby hou, verkies jy dit later so.
Wat my erg laat gril is die Suid-Afrikaners wat botter smeer op hulle brood
voor hulle grondbontjiebotter opsmeer, dit is van om n stuiptrekking te kry
:-))

"@rogers.com" . (Ek het onlangs weer begin botter eet in
plaas van
> margarine.) Sjokolade is glo ook nie so sleg vir jou nie,
> en een dieet laat glo vir jou 'n sjokolade toe met ontbyt
> om die nodige vet in jou sisteem te kan kry, waarsonder
> die proses van absorbering glo nie kan begin nie.
>
> Gloudina
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83337 is 'n antwoord op boodskap #83327] Do, 04 September 2003 23:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Net tussen jou en my, ek het n benoude gevoel dat ek dalk verslaaf is aan
die kafeiene (sp?). Ek drink net twee koppies per dag (in die oggend) maar
as ek dit die dag nie gedrink het nie, kry ek n sware hoofpyn. Wat gemaak
nou, want decaf smaak maar baie dieselfde, is beter vir jou, maar het nie
daardie skop nie.

"@rogers.com" wrote in message
news:heN5b.160171$_V.108092@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> e-way wrote
>
> Ek is nou al
>> verslaaf aan Starbucks se koffie, en moet elke oggend eers twee myl uit my
>> pad ry om n Kolombiaanse koffie met afroommelk te koop. Gelukkig is dit n
>> 'drive through' so ek hoef nie uit die kar te klim nie
>
> Dis nogal iets wat my fassineer: hierdie verskynsel van mense
> wat nou eenvoudig MOET hulle koffie gaan koop. Gelukkig
> het ons hier in Kanada 'n ketting-koffiehuis met die naam
> "Tim Horton's" waar dieselfde ding plaasvind, maar waar
> die pryse nie so belaglik is soos in Starbucks, wat mens
> gewoonlik hier net in konjunksie vind met "Chapters"
> (wat in Kanada nou oorgeneem is en saamgesmelt het met
> 'n Toronto-boekmaatskappy Indigo.)
> Dit is wel waar dat ons Tim Hortons so goed bestuur
> word dat mense daarvan hou om daar te gaan sit en koffie-
> drink, en dat dit nou die saamkomplek geword het vir
> almal en sy maat. Maar dit verduidelik nog nie die lang
> toue karre wat in die oggend by die "drive through" sit
> net vir hulle koffie nie.
>
> Gloudina
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83339 is 'n antwoord op boodskap #83337] Vr, 05 September 2003 01:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
e-way wrote

> Net tussen jou en my, ek het n benoude gevoel dat ek dalk verslaaf is aan
> die kafeiene (sp?). Ek drink net twee koppies per dag (in die oggend) maar
> as ek dit die dag nie gedrink het nie, kry ek n sware hoofpyn. Wat gemaak
> nou, want decaf smaak maar baie dieselfde, is beter vir jou, maar het nie
> daardie skop nie.

Ja. ek merk ook op dat mense verslaaf kan raak aan
koffie.Nou wonder ek hoekom dieselfde nie gebeur met
tee nie? Tee het tog ook kafeïne of soiets in. Ek kan
byvoorbeeld nie tee na vyfuur in die middag drink nie,
want dan kan ek gladnie die nag slaap nie. Maar tog
hoor mens nooit dat iemand aan tee "verslaaf" is nie.
En tee is nou veronderstel om goed vir jou te wees.

Gloudina
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83347 is 'n antwoord op boodskap #83291] Vr, 05 September 2003 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK! Maar gelukkig kan die pypies darem nog druk vat.....skerlik kan mens
nie aldag tee suip nie.....yeeagh, man!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f57052d$0$64727@hades.is.co.za...
> NEE! As jy hoë bloeddruk het moet jy glad nie koffie drink nie!
>
> E
>
> "Suidwester" wrote:
> En koffie....dis juis goed vir bloeddruk?
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83348 is 'n antwoord op boodskap #83241] Vr, 05 September 2003 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet met Gloudina saamstem.......fok dis vir jou 'n skok! 'n Stewige
ontby en 'n stewige middagete maak dat jy in die aand nie meer honger is nie
en dis die ideale situasie want in die nag as jy slaap is jou metabolisme
juis op sy stadigste en verteer die kos nie so lekker nie. G'n wonder jy's
in die oggend steeds dik geëet nie. Hierdie ding het alles te doen met die
regte ding op die regte tyd. Ek meen, jy gooi mos nie petrol in 'n kar as
jy klaar reeds gery het nie? Voor jy jou daaglikse 'trippie' moet maak,
moet jy eet! Dis net 'n gewoonte wat aangeleer word, maar ek sal jou sê
wat julle yuppies se probleem is. In die aand na werk en al die stres, dan
soek julle afleiding. Dit behels 'n mengsel van TV, kos en drank.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f55c69e$0$64720@hades.is.co.za...
> Ek dink jy veralgemeen met die stadsjapies. In die stad is dit hoogmode
> onder die yuppies om 'n gesonde diéet te volg. Vol vars vrugte, groete en
> laevet melk en "trim beef", baie van hulle eet net hoender en vis. In die
> oggend eet jy 'n "muffin" want dis gesond - of hulle dink dis gesond. Die
> algemene konsensus onder diéetkundiges is dat jy 6 klein maaltye 'n dag moet
> eet. Die 3 grotes waaraan ons gewoond is, is glo heeltemal verkeerd. Jy
> moet ook maar onthou dat die stadsjapies 'n vreeslik gejaagde lewe ly (veral
> in jhb) en nie tyd het om ordentelike brekfis te eet nie. Omdat hulle
> heeldag op kantoor is, kan hulle eers laat in die aand, wanneer hulle
> uiteindelik uit die traffic losgekom het, kook.
> Ek kritiseer jou ook nie hoor, maar jou ontbyt klink vir my vreeslik
> ongesond! Spek, eiers, wors en brood met plaasbotter? Baie vetterig en vol
> cholestrol, as jy elke dag so eet is 'n hartaanval jou voorland. Ontbyt
> moet 'n bietjie meer voedsaam wees. Volkoring graan vlokkies, met vrugte in
> en miskien 'n glas melk of vrugtesap en 'n volkoring broodjie met margarien
> wat anti-oksidante in het. Jy kan maar yoghurt en muesli ook eet as jy die
> hongerige soort is. Sorry, ek het jou gesê die stadsjapies is vreeslik
> gesondheidsbewus.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f558f9f.0@news1.mweb.co.za...
>> Solank jy net nie dink ek kritiseer jou nie! Dit is egter so dat mense wat
>> meer 'op die voete' is, se lywe kos moet kry vroeg in die oggend anders gaan
>> hy nooit deur die oggend kom nie. Ek dink die regte manier van eet, is 'n
>> moerse ontbyt, 'n moerse middagete en in die aand byna niks. Dit gee die
>> kos tyd om te verteer terwyl jy aktief is. Nog 'n ding, so 'n 20 minute
>> slapie in die middag net na ete, maak jou brein ongelooflik skerp.
>> Weet jy wat is lekker? Om in die Namib te wees vroegoggend as die son
>> die berge se rante net begin wys en jy't 'n vuur aan die gang en koffie
>> gemaak. As voorgereg eet jy 'n lag beskuit of twee en later maak jy vir
>> jou 'n lekker ontbyt.......eiers, spek, wors en brood met plaasbotter.
>> Man, ek's sommer lus en maak die naweek weer 'n plan.......maar weet jy waar
>> sien jy die verskil tussen die stadsmense en ons plattelanders? Die
>> stadsmense gril as hulle daai groot ontbyt sien en drink net koffie.
>> Later, as jy begin ry, dan begin hulle knaag aan chips, niknaks, lekkers,
>> whathaveyou. Die ou wat 'n sterk ontby geëet het hou maklik tot met
>> middagete.......dan gooi jy 'n paar stukke rib op die vuur en dan is die
>> stadjapies vol van al die gemorskos en wil nie eitlik eet nie. In die
>> middag dan begin die kouery weer wanneer hulle honger word en die aand dan
>> wil hulle groot kos maak en slaap daarna nie lekker nie. Ek het nog altyd
>> aangeneem dat die rede hoekom hulle nie in die oggend wil eet nie, is omdat
>> hulle nog 'suffer' van die vorige aand se ooreet?
>> Maar dis amper net die Suid-Afrikaners en Yankees wat so eet. Die
>> Europeërs sal ook in die aand eet, maar g'n vleis nie. He-he.....weet jy
>> hoe klink 'n ou wat in die aand dik ingelê het aan braaivleis en in die nag
>> lê die sooibrand wit om sy bek?
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83349 is 'n antwoord op boodskap #83248] Vr, 05 September 2003 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n oupa wat tot in die 90 gelewe het en g'n teken van hartprobleme
gehad het nie......en hy het kaaiïngs en vet vleis geëet. 3 etes per dag
vleis. Maar dan kry mens mos goeie en slegte cholesterol. Ek verstaan
die vriesproses breek die goeie een af en dis blykbaar die rede hoekom die
ou mense nie so baie probleme gehad het nie. MAAR dan lees ek ook van
navorsing wat toon dat die degenerasie van die are blykbaar net soveel,
indien nie meer nie, te doene het met die vet wat in die are aanpak.
Blykbaar waar 'n aar 'n draai maak, daar slyt die bloed die draai aan die
stres-kant [die buitekant van die draai] en raak die are skurf en gee
briekplek vir die cholesterol. Wat kan jy daaromtrent doen? Boereraat sê
kry vir jou wassoda [nie seepsoda as jy nie vinnig wil vrek nie!] en neem
elke aand vir so 10 dae 'n mespunt van die wassoda opgelos in 'n bietjie
warm water. Jy moet dit blykbaar so een keer elke drie maande doen. Ek
weet van 'n ou hier by ons wat vier of vyf are gehad het wat die dokters wou
omlyn en hy't besluit hy koop eerder 'n nuwe 4x4 vir sy weduwee as om al
daai geld vir die dokters te gee. Toe kry hy hierdie raad en nou ry hy
steeds self daai 4x4! Hy sê darem wel ook dat hy deesdae sy eetgewoontes
ook aangepas het. G'n spek en eiers 'n wors [eetbares] in die oggend
nie!!!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f55f515$0$64720@hades.is.co.za...
> Nee, ek hou van vleis - ek eet baie vleis. Maar wil jy doodgaan as jy 40 is
> of wil jy 'n rukkie langer lewe en dit miskien maak tot so 70? Ek weet ek
> wil nie doodgaan op 40 nie. Maar dit gesê is ek nie een van die mense wat
> vreeslik gesond eet nie. Ek hou van my tjoklits en chips en vleis. Ek's
> ook veral lief vir marzipan, iets wat ek by die Duitsers geleer het, en ek
> stem dat vleis 'n bietjie vet moet hê anders is dit smaakloos. MAAR, jy kan
> nie op een slag wors, eiers en spek eet nie. Dis alles vetterige
> cholestrolryke kosse daai, as jy elke dag so brekfis, en elke middag so tipe
> bord kos eet, en elke tweede dag braai nog so 'n lekker stuk vet rib vir
> aandete ook, slaat jy dood neer aan 'n hartaanval voordat jy op pensioen
> gaan. Daar moet, soos met alle dinge in die lewe, 'n balans gehandhaaf
> word. So eet jou spekkies en eier in die oggend, maar smeer eerder Floro
> margarien (baie ryk in anti-osidante wat help om kos af te breek) op jou
> broodtjie, in plaas van wors eet 'n appel, en in plaas van koffie drink jy
> vrugtesap. Net so lekker en jy sal sommer beter en gesonder voel ook...
>
> E
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f55e7bc.0@news1.mweb.co.za...
>> Yeeaagh, man! Dis nou amper soos jy vir my sal sê jy braai 'n skaaprib wat
>> nie vet ophet nie? Vrek moet ons almal vrek eendag, jy kan dit net sowel
>> lekker doen! Wat help dit om wonderlik gesond te lewe en jy't nog nooit
>> die lekkerte van die lewe gesmaak nie? Dis soos die mense wat so stadig
>> ry......of geheelonthouding van seks het [ek stem vir absolute wegbly van
>> die stront van vroumense oor die algemeen en 'n man sal langer lewe, maar
>> dan is daar die lekker van 'n vrou........].
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83351 is 'n antwoord op boodskap #83347] Vr, 05 September 2003 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
:-)) As jy hoë bloeddruk het moet jy ook nie gewone tee drink nie. Kan
eintlik maar net rooibos en ander "herbal" tee drink. Om die waarheid te sê
mag jy niks met kaffiene in drink as jy hoë bloeddruk het nie, en dit sluit
coke in! Ag ek's so bly ek het nie sulke probleme nie, want ek's verslaaf
aan coke.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f5832b0.0@news1.mweb.co.za...
> OK! Maar gelukkig kan die pypies darem nog druk vat.....skerlik kan mens
> nie aldag tee suip nie.....yeeagh, man!
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83352 is 'n antwoord op boodskap #83339] Vr, 05 September 2003 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy het nie my ouma geken nie! Sy het tee gesuip dat dit by MY ore uitgekom
het. As die tee in die pot afgekoel het, het sy dit sommer so koud gedrink.
Baie keer as ek daar gaan kuier het, het ek myself in die aand wit geskrik
vir haar wat in die gang afdwaal om 'n koppie yskoue bitter sterk tee te
gaan drink. Ag ek mis my ou ouma en haar teetjies.

E

"@rogers.com" wrote:

> Ja. ek merk ook op dat mense verslaaf kan raak aan
> koffie.Nou wonder ek hoekom dieselfde nie gebeur met
> tee nie? Tee het tog ook kafeïne of soiets in. Ek kan
> byvoorbeeld nie tee na vyfuur in die middag drink nie,
> want dan kan ek gladnie die nag slaap nie. Maar tog
> hoor mens nooit dat iemand aan tee "verslaaf" is nie.
> En tee is nou veronderstel om goed vir jou te wees.
>
> Gloudina
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83354 is 'n antwoord op boodskap #83352] Vr, 05 September 2003 10:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Arme mens om haar lewe met TEE te slyt.........dit kon mos biltong gewees
het?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f584ca7$0$64722@hades.is.co.za...
> Jy het nie my ouma geken nie! Sy het tee gesuip dat dit by MY ore uitgekom
> het. As die tee in die pot afgekoel het, het sy dit sommer so koud gedrink.
> Baie keer as ek daar gaan kuier het, het ek myself in die aand wit geskrik
> vir haar wat in die gang afdwaal om 'n koppie yskoue bitter sterk tee te
> gaan drink. Ag ek mis my ou ouma en haar teetjies.
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>
>> Ja. ek merk ook op dat mense verslaaf kan raak aan
>> koffie.Nou wonder ek hoekom dieselfde nie gebeur met
>> tee nie? Tee het tog ook kafeïne of soiets in. Ek kan
>> byvoorbeeld nie tee na vyfuur in die middag drink nie,
>> want dan kan ek gladnie die nag slaap nie. Maar tog
>> hoor mens nooit dat iemand aan tee "verslaaf" is nie.
>> En tee is nou veronderstel om goed vir jou te wees.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83365 is 'n antwoord op boodskap #83205] Vr, 05 September 2003 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Herinner my om julle eendag 'n goeie maltabella staaltjie te vertel .....
"@rogers.com" wrote in message
news:Tc15b.138652$_V.38184@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Elaine wrote
>
>> Oats of Matabela
>
> Is dit die regte spelling? Ek het gedink dis Maltabella.
> Is dit die ding wat so donkerbruin-pers is? Dis een van
> dinge wat een van my kinders nou nog oor sit en kwyl,
> daardie pers loperige pap wat soos sjokolade lyk.
>
> Gloudina
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83371 is 'n antwoord op boodskap #83365] Vr, 05 September 2003 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Herinner my om julle eendag 'n goeie maltabella staaltjie te vertel .....

Wat is verkeerd met nou.

Gloudina
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83391 is 'n antwoord op boodskap #83339] Vr, 05 September 2003 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 05 Sep 2003 01:04:16 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> e-way wrote
>
>> Net tussen jou en my, ek het n benoude gevoel dat ek dalk verslaaf is aan
>> die kafeiene (sp?). Ek drink net twee koppies per dag (in die oggend) maar
>> as ek dit die dag nie gedrink het nie, kry ek n sware hoofpyn. Wat gemaak
>> nou, want decaf smaak maar baie dieselfde, is beter vir jou, maar het nie
>> daardie skop nie.
>
Nog nooit gesien nie, e-way. Kafeïnevry koffie smaak nie soos koffie
nie.. Ek is 'n koffiedrinker (swart koffie), lag die Ricoffy en ander
plasticdrinkers (wat dìt koffie noem) uit, en het een maal Nescafé se
kafeïnevry produk gekoop, en dit weggegee.

> Ja. ek merk ook op dat mense verslaaf kan raak aan
> koffie.

Erens gelees (ajre gelede) dat mens sowat 50 koppies koffie per dag
moet drink om verslaaf te raak daaraan. Selfs ons koffiedrinkers, wat
voor die voet uit bekers drink, vergelyk nie naastenby daarmee nie,
want 'n lekker koffiebeker is maar sowat een en 'n half koppie.

> Nou wonder ek hoekom dieselfde nie gebeur met
> tee nie? Tee het tog ook kafeïne of soiets in.

Tee bevat meer kafeïne as koffie plus teeïne
wat dit onmoontlik maak om nie daaraan nie,
maar wel aan koffie verslaaf te raak.
Ek dink vele hiervan sit in verbeelding. Net soos by
die mense wat sê dat jy nie tee in die oggend kan drink
nie.

> Ek kan
> byvoorbeeld nie tee na vyfuur in die middag drink nie,
> want dan kan ek gladnie die nag slaap nie. Maar tog
> hoor mens nooit dat iemand aan tee "verslaaf" is nie.
> En tee is nou veronderstel om goed vir jou te wees.
>
> Gloudina
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83400 is 'n antwoord op boodskap #83354] Vr, 05 September 2003 21:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sy was lief vir tee. Net omdat jy nie daarvan hou nie, is dit nie te sê
niemand anders hou nie daar van nie. Sy kon in elk geval nooit regtig
biltong eet nie. Sy was ook nie vreeslik lief vir biltong nie.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f585fed.0@news1.mweb.co.za...
> Arme mens om haar lewe met TEE te slyt.........dit kon mos biltong gewees
> het?
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83401 is 'n antwoord op boodskap #83348] Vr, 05 September 2003 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy veralgemeen al weer met die stadsjapies. Na werk, en ook voor werk lê
hulle in die Gims rond - dis hoog mode om gesond te leef in die stad. En
wie het ooit vir jou gesê ek is 'n stadsjapie? Ek het vir presies 3 jaar
van my lewe in die stad gebly. Jy kan net soveel sê oor die stad en hoe die
mense daar leef as wat ek kan sê oor Namibië en hoe die mense daar leef.
Tot jy eers in die stad gewoon het, het jy nie 'n clue hoe dit daar gaan
nie. Dis 'n groot kultuurskok. Die mense op klein dorpies suip meer, en
kyk meer t.v. omdat daar minder is om te doen - ek praat ek uit
ondervinding...

Ek is wakker tot omtrent 5 uur in die oggend, as ek 1 uur of selfs 5 uur die
middag vir die laaste keer eet sal ek dood neerslaan voor die einde van my
dag.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f5833d0.0@news1.mweb.co.za...
> Ek moet met Gloudina saamstem.......fok dis vir jou 'n skok! 'n Stewige
> ontby en 'n stewige middagete maak dat jy in die aand nie meer honger is nie
> en dis die ideale situasie want in die nag as jy slaap is jou metabolisme
> juis op sy stadigste en verteer die kos nie so lekker nie. G'n wonder jy's
> in die oggend steeds dik geëet nie. Hierdie ding het alles te doen met die
> regte ding op die regte tyd. Ek meen, jy gooi mos nie petrol in 'n kar as
> jy klaar reeds gery het nie? Voor jy jou daaglikse 'trippie' moet maak,
> moet jy eet! Dis net 'n gewoonte wat aangeleer word, maar ek sal jou sê
> wat julle yuppies se probleem is. In die aand na werk en al die stres, dan
> soek julle afleiding. Dit behels 'n mengsel van TV, kos en drank.
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83403 is 'n antwoord op boodskap #83401] Vr, 05 September 2003 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine

> Ek is wakker tot omtrent 5 uur in die oggend, as ek 1 uur of selfs 5 uur die
> middag vir die laaste keer eet sal ek dood neerslaan voor die einde van my
> dag.

Het jy al ooit dit in ag geneem dat dit jou
gewoonte is om laat te eet wat vir jou
wakker hou? Probeer dit vir 'n rukkie.
Eet 'n 500 kalorieë ontbyt en 'n goeie
middagete, wat heelwaarskynlik tussen
800 en 900 kal. sal wees, met volop
slaaie wat min kalorieë maar baie
trace minerals in jou liggaam insit.
En dan drink jy daarna net vloeistowwe.
En sien of jy die aand nie lekker vroeg
aan die slaap kan raak nie.

Gloudina
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83413 is 'n antwoord op boodskap #83400] Sa, 06 September 2003 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker winkeltanne gehad?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f5902c5$0$64719@hades.is.co.za...
> Sy was lief vir tee. Net omdat jy nie daarvan hou nie, is dit nie te sê
> niemand anders hou nie daar van nie. Sy kon in elk geval nooit regtig
> biltong eet nie. Sy was ook nie vreeslik lief vir biltong nie.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f585fed.0@news1.mweb.co.za...
>> Arme mens om haar lewe met TEE te slyt.........dit kon mos biltong gewees
>> het?
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83414 is 'n antwoord op boodskap #83401] Sa, 06 September 2003 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek vir jou een ding vertel.......die omstandighede maak wat jy eet.
Ons het op 'n kol hierdie Duitse wetenskaplike en sy Italiaanse meisie
[Italianers het sekerlik van die mooiste vroumense in die wêreld?] woestyn
toe gevat om fotos te gaan neem van goggas. Beide was ge'gear' vir die
Afrika safari, met kakiklere, et al. Sowat van gesond eet het jy nog
nooit gesien nie......perfekte ontbyt met muesli en vrugtesappe, slaaie en
net olyfolie en in die aand g'n vleis nie want dan kan hulle nie slaap nie.
In die oggend het hulle omtrent groen geword oor die eiers en varkwors en/of
spek en gesê ek sal sekerlik vroeg vrek?
Wel, ek het in my 4x4 se bak geslaap en hulle in hulle 'dome' tent.
Hier op die derde aand, omtrent so 'n halfuur na hulle ge'retire' het, toe
ontdek die meisietjie 'n wille perd in die Namib en sy spring op en ry hom
in die grond in.......so in die wonderlike stilte van 'n woestynnag help dit
nie dat hulle probeer het om die klanke stiller te hou nie! Genadiglik het
daai perd uiteindelik gesneuwel en dag ek toe ons gaan nou slaap kry, toe
moes sy seker weer lewe in die perd gekry het en dan vermoor sy hom weer.
Tot vir 'n derde slag en toe begin dit vir my klink of die Duitsertjie begin
soebat vir genade!
Nou vir my stelling: Daai volgende ogeend, terwyl ek my wilde ontbyt
maak, toe kom daai Italianertjie uit hul tent en weg is haar khakiklere.
Skielik 'n kort broek. Haar kniekoppe het rou skaafkolle op gehad waarop
sy rooi mecurochrome gesmeer het. Sy't tot by die vuur gestap en
doodluiters 'n groot hap van my cholesterol-ontbyt ingeskep en met smaak
begin opeet. Toe ek haar vra hoekom sy nou die vleis eet, toe sê sy sy
het krag nodig! Toe daai Duitser later uit daai tent na die vuur
aangestrompel kom, toe kon jy sien hoekom.......arm....uh, gelukkige
donner!!!!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f5904b2$0$64722@hades.is.co.za...
> Jy veralgemeen al weer met die stadsjapies. Na werk, en ook voor werk lê
> hulle in die Gims rond - dis hoog mode om gesond te leef in die stad. En
> wie het ooit vir jou gesê ek is 'n stadsjapie? Ek het vir presies 3 jaar
> van my lewe in die stad gebly. Jy kan net soveel sê oor die stad en hoe die
> mense daar leef as wat ek kan sê oor Namibië en hoe die mense daar leef.
> Tot jy eers in die stad gewoon het, het jy nie 'n clue hoe dit daar gaan
> nie. Dis 'n groot kultuurskok. Die mense op klein dorpies suip meer, en
> kyk meer t.v. omdat daar minder is om te doen - ek praat ek uit
> ondervinding...
>
> Ek is wakker tot omtrent 5 uur in die oggend, as ek 1 uur of selfs 5 uur die
> middag vir die laaste keer eet sal ek dood neerslaan voor die einde van my
> dag.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f5833d0.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek moet met Gloudina saamstem.......fok dis vir jou 'n skok! 'n Stewige
>> ontby en 'n stewige middagete maak dat jy in die aand nie meer honger is nie
>> en dis die ideale situasie want in die nag as jy slaap is jou metabolisme
>> juis op sy stadigste en verteer die kos nie so lekker nie. G'n wonder jy's
>> in die oggend steeds dik geëet nie. Hierdie ding het alles te doen met die
>> regte ding op die regte tyd. Ek meen, jy gooi mos nie petrol in 'n kar as
>> jy klaar reeds gery het nie? Voor jy jou daaglikse 'trippie' moet maak,
>> moet jy eet! Dis net 'n gewoonte wat aangeleer word, maar ek sal jou sê
>> wat julle yuppies se probleem is. In die aand na werk en al die stres, dan
>> soek julle afleiding. Dit behels 'n mengsel van TV, kos en drank.
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83418 is 'n antwoord op boodskap #83337] Sa, 06 September 2003 08:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
E-way - jy het nog nie 'n probleem nie. Sekere sosiale-dae drink en tn
minste 10 koppies (sterk) koffie voor middagete.
"e-way" wrote in message
news:CcQ5b.23660$EW1.1198@newsread1.news.atl.earthlink.net.. .
> Net tussen jou en my, ek het n benoude gevoel dat ek dalk verslaaf is aan
> die kafeiene (sp?). Ek drink net twee koppies per dag (in die oggend) maar
> as ek dit die dag nie gedrink het nie, kry ek n sware hoofpyn. Wat gemaak
> nou, want decaf smaak maar baie dieselfde, is beter vir jou, maar het nie
> daardie skop nie.
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:heN5b.160171$_V.108092@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>> e-way wrote
>>
>> Ek is nou al
>>> verslaaf aan Starbucks se koffie, en moet elke oggend eers twee myl uit my
>>> pad ry om n Kolombiaanse koffie met afroommelk te koop. Gelukkig is dit n
>>> 'drive through' so ek hoef nie uit die kar te klim nie
>>
>> Dis nogal iets wat my fassineer: hierdie verskynsel van mense
>> wat nou eenvoudig MOET hulle koffie gaan koop. Gelukkig
>> het ons hier in Kanada 'n ketting-koffiehuis met die naam
>> "Tim Horton's" waar dieselfde ding plaasvind, maar waar
>> die pryse nie so belaglik is soos in Starbucks, wat mens
>> gewoonlik hier net in konjunksie vind met "Chapters"
>> (wat in Kanada nou oorgeneem is en saamgesmelt het met
>> 'n Toronto-boekmaatskappy Indigo.)
>> Dit is wel waar dat ons Tim Hortons so goed bestuur
>> word dat mense daarvan hou om daar te gaan sit en koffie-
>> drink, en dat dit nou die saamkomplek geword het vir
>> almal en sy maat. Maar dit verduidelik nog nie die lang
>> toue karre wat in die oggend by die "drive through" sit
>> net vir hulle koffie nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83422 is 'n antwoord op boodskap #83414] Sa, 06 September 2003 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote

> Laat ek vir jou een ding vertel
> Wel, ek het in my 4x4 se bak geslaap en hulle in hulle 'dome' tent.
> Hier op die derde aand, omtrent so 'n halfuur na hulle ge'retire' het, toe
> ontdek die meisietjie 'n wille perd in die Namib

Suidwester, ek voel altyd so terneergedruk vir jou nadat
ek een van jou "stories" gelees het. Die stories is altyd van jou
daar aan die éénkant wat ander se twee-wees beskryf. Ek dink
jy moet ophou om mense dop te hou en vir jouself 'n lewe kry.
Daar is egter dinge wat mens hinder in jou storie. Ek neem
aan jy probeer 'n aand van wilde seks beskryf. Maar soos dit
vir my lyk, was dit 'n aand van frustrasie. Dit lyk vir my eerder
óf die Duitser kon nie produseer nie, óf die Italianer kon nie
tot 'n punt kom nie. En hulle moes darem vreeslik onkundig
gewees het oor metodes, as die vroumens se knieë nou rof
geskaaf was. Dierbaarheid. Dis geen wonder dat ou Italiaanse
mans so vir blonde meisies in Italiaanse museums probeer
betas nie.

Tant Hessie van Warmbad
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83427 is 'n antwoord op boodskap #83403] Sa, 06 September 2003 16:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag ek sou graag vroeg wou gaan slaap, maar ek moet werk :( Ek moet
chatrooms monitor en "support" doen en partykeer speel ek sommer net rond,
maar as ek voor 5 uur gaan slaap sal ek nie al my werk gedoen kry nie. Dit
is nou my roetine, as ek een aand bietjie vroeër wil bed toe gaan kan ek nie
aan die slaap raak nie, dan lê ek maar en lees totdat ek moeg raak.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Het jy al ooit dit in ag geneem dat dit jou
> gewoonte is om laat te eet wat vir jou
> wakker hou? Probeer dit vir 'n rukkie.
> Eet 'n 500 kalorieë ontbyt en 'n goeie
> middagete, wat heelwaarskynlik tussen
> 800 en 900 kal. sal wees, met volop
> slaaie wat min kalorieë maar baie
> trace minerals in jou liggaam insit.
> En dan drink jy daarna net vloeistowwe.
> En sien of jy die aand nie lekker vroeg
> aan die slaap kan raak nie.
>
> Gloudina
>
Re: Die geskiedenis van die Afrikaner [boodskap #83596 is 'n antwoord op boodskap #83422] Di, 09 September 2003 14:51 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag my antie, jy moet sterk probeer om 'n sin vir humor te kweek. Ek is nie
gefrustreer nie en ek dink dis donners snaaks dat twee mense mekaar in die
stilte van die woestyn kan bespring en dink die ander weet nie. Jy mis ook
die punt van die storie......gee 99% van die mens genoeg motief en al die
aangeplakte vooroordele verdwyn in die mis.
"@rogers.com" wrote in message
news:ldl6b.1898$mk1.1034@news02.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> Suidwester wrote
>
>> Laat ek vir jou een ding vertel
>> Wel, ek het in my 4x4 se bak geslaap en hulle in hulle 'dome' tent.
>> Hier op die derde aand, omtrent so 'n halfuur na hulle ge'retire' het, toe
>> ontdek die meisietjie 'n wille perd in die Namib
>
> Suidwester, ek voel altyd so terneergedruk vir jou nadat
> ek een van jou "stories" gelees het. Die stories is altyd van jou
> daar aan die éénkant wat ander se twee-wees beskryf. Ek dink
> jy moet ophou om mense dop te hou en vir jouself 'n lewe kry.
> Daar is egter dinge wat mens hinder in jou storie. Ek neem
> aan jy probeer 'n aand van wilde seks beskryf. Maar soos dit
> vir my lyk, was dit 'n aand van frustrasie. Dit lyk vir my eerder
> óf die Duitser kon nie produseer nie, óf die Italianer kon nie
> tot 'n punt kom nie. En hulle moes darem vreeslik onkundig
> gewees het oor metodes, as die vroumens se knieë nou rof
> geskaaf was. Dierbaarheid. Dis geen wonder dat ou Italiaanse
> mans so vir blonde meisies in Italiaanse museums probeer
> betas nie.
>
> Tant Hessie van Warmbad
>
Vorige onderwerp: "snags lê die wit buurt donker in sy ligte" deur FANIE OLIVIER
Volgende onderwerp: Wat is die verskil tussen 'n Afrikaner en 'n Boer?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 25 15:10:53 MGT 2024