Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laaste kans vir reaksie op onteieningswet
Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82651] Do, 21 Augustus 2003 14:56 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Verteenwoordigers van beswaarde grondeienaars kry op 25 en 26 Augustus die
laaste geleentheid om hul besware te lug teen die beoogde wetgewing, wat
grondonteiening sonder 'n hofbevel moontlik sal maak.

Die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou en grondsake hou dan
openbare verhore oor die wysigings wat ernstige besware uit landbougeledere
ontlok het. Die wetsontwerp sal daarna vir finale goedkeuring na die
parlement verwys word.

Die konsep is vroeër op 'n indaba van die Departement van Grondsake bespreek
waarna voorstelle aan mnr. Dirk du Toit, Adjunkminister van Landbou en
Grondsake voorgelê is. Enkele veranderings is aangebring. Mnr. Tozi Gwanya,
hoofgrondeisekommissaris, sê dit is net geringe veranderings wat deur die
staat se regsadviseurs as oorbodig beskou is.

Die Kabinet se regsadviseurs het die finale konsepwet goedgekeur en mnr.
Gwanya sê dit sal gebruik word om boere te dwing om oor grond te
onderhandel. (Sien artikel op bl. 92.)

Hy het op 'n vergadering van die portefeuljekomitee gesê grondonteiening is
die laaste uitweg en sal eers oorweeg word as alle ander moontlikhede
uitgeput is.

"Grondeienaars sal regverdige vergoeding, gegrond op markwaarde, ontvang.
Mense wat nie tevrede is nie, kan altyd hul toevlug tot die hof neem,"het hy
gesê.

Mnr. Andries Botha van die Demokratiese Alliansie (DA), het gevra hoekom die
minister die reg moet kry om grond te onteien as daar 'n surplus van grond
en 'n tekort aan geld is. Mnr. Bheki Radebe van die ANC het gesê grond is
beskikbaar, maar nie altyd waar die vraag daarna is nie. "Mense wil 'n
bepaalde stuk grond hê, die grond wat aan hul voorvaders behoort het en waar
hul familie begrawe is."

Dr. Kraai van Niekerk (DA) het opgemerk dat dit lyk asof dié
wysigingswetsontwerp 'n poging is om die oppergesag van die reg ondergeskik
te maak aan dié van die staat.

Intussen het TLU Suid-Afrika gesê die wysigingswet, met sy veranderings, is
steeds drakonies en sal beveg word. Mnr. Gert Ehlers, voorsitter, sê die TLU
SA sal voortgaan om druk uit te oefen teen die beoogde wysigings.

"Die wringkrag moet verstewig word. Regsmenings dui duidelik daarop dat die
implikasies van die wysigings selfs meer ongunstig sal wees as dít wat met
die eerste publikasie van die wetsontwerp op 9 Mei ter sprake was."

Agri Suid-Afrika het aangedui dat hy beslis 'n voorlegging aan die
portefeuljekomitee sal doen om ander maniere van arbitrasie voor te stel wat
beter resultate sal lewer.

22 Augustus 2003
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82656 is 'n antwoord op boodskap #82651] Do, 21 Augustus 2003 16:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Aug 2003 14:56:06 GMT, "Paul de Dilbeek"
wrote:

Hei, Paul, het jy dan grond in SA? Of miskien 'n jageiedom?

Norbert
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82658 is 'n antwoord op boodskap #82656] Do, 21 Augustus 2003 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Had er over nagedagt maar nou,nee hoor,die droom zit in die diepvriezer,baie
diep!

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:82s9kv4cq8p2g3o2gsj0svfbsh239698kc@4ax.com...
> On Thu, 21 Aug 2003 14:56:06 GMT, "Paul de Dilbeek"
> wrote:
>
> Hei, Paul, het jy dan grond in SA? Of miskien 'n jageiedom?
>
> Norbert
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82665 is 'n antwoord op boodskap #82651] Do, 21 Augustus 2003 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Allerhande sagte woordjies word nou hier gebruik, soos "laaste uitweg" ens
ens.

AVB was 4 (3?) %, nou is VAT 14%

Tolpaaie (toendertyd - daar sal altyd 'n alternatief wees), nou is dit k@k
en betaal as jy jou g@t in hierdie land wil draai.

'n Goeie politikus is 'n dooie politikus, amper soos sekere Bouwers as jy my
sou vra.......

Geen meer beloftes of "undertakings" of "promises" of "assurances" van engie
idioot in die politiek nie, links of regs of neutraal. Sodra hulle sien dat
die kruisies verdwyn het raak hulle goddeloos.
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82668 is 'n antwoord op boodskap #82651] Do, 21 Augustus 2003 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Paul de Dilbeek

> Hy het op 'n vergadering van die portefeuljekomitee gesê grondonteiening is
> die laaste uitweg en sal eers oorweeg word as alle ander moontlikhede
> uitgeput is.

. "Mense wil 'n
> bepaalde stuk grond hê, die grond wat aan hul voorvaders behoort het en waar
> hul familie begrawe is."

Hierdie scenario word nou dwarsoor die wereld afgespeel
en is nie tot Suid-Afrika beperk nie. Die oorspronklike
inwoners begin nou daarop aandring dat hulle ten minste die
grond moet terugkry waar hulle voorouers begrawe is.
Hier in Kanada word sulke eise amper daagliks behandel.
Nie alleen word die voorvader-graftes se grond aangevra
nie. Verskillende Eerste Nasies in Kanada, veral in British
Columbia, het daarop aangedring dat beendere van hulle
voorouers uit museums verwyder moet word en aan hulle
teruggegee word sodat hulle hul met volle eer kon begrawe.

Gloudina
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82685 is 'n antwoord op boodskap #82668] Vr, 22 Augustus 2003 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe bepaal jy die 'oorspronklike inwoners'? Die San Boesmans het dan die
aanvanklike aanspraak.......hoe kan iemand wat hulle verdryf het aanspraak
hê? Indien wel, hoe kan jy sê wie was die aanvanklike besetter? Of is
hierdie uiteindelik maar net 'n wit teenoor 'n swart kwessie?
"@rogers.com" wrote in message
news:WRa1b.260676$rsJ.8257@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Paul de Dilbeek
>
>> Hy het op 'n vergadering van die portefeuljekomitee gesê grondonteiening
> is
>> die laaste uitweg en sal eers oorweeg word as alle ander moontlikhede
>> uitgeput is.
>
> . "Mense wil 'n
>> bepaalde stuk grond hê, die grond wat aan hul voorvaders behoort het en
> waar
>> hul familie begrawe is."
>
> Hierdie scenario word nou dwarsoor die wereld afgespeel
> en is nie tot Suid-Afrika beperk nie. Die oorspronklike
> inwoners begin nou daarop aandring dat hulle ten minste die
> grond moet terugkry waar hulle voorouers begrawe is.
> Hier in Kanada word sulke eise amper daagliks behandel.
> Nie alleen word die voorvader-graftes se grond aangevra
> nie. Verskillende Eerste Nasies in Kanada, veral in British
> Columbia, het daarop aangedring dat beendere van hulle
> voorouers uit museums verwyder moet word en aan hulle
> teruggegee word sodat hulle hul met volle eer kon begrawe.
>
> Gloudina
>
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82712 is 'n antwoord op boodskap #82685] Vr, 22 Augustus 2003 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dat dit een naiewe redenering is om so maar iemand van sy grond weg
te jaag
As iemand afkom en se dat waar my huis staan daar sy voorouers begrawe lig
moet ek dan my eiendom afstaan
Eiendom(dom)wat ek gekoop he en jare werk in gesteek
Dan kom so maar iemand dit opeis omdat daar (???)syn owergroot oupa miskien
begrawe is
Als die oorspronkelike bewoners nou die grond verkoop he en daar is nie
bewyse van nie
Almal moeilik te begryp vir Europeane waar eiendom heilig is en alleen kan
onteiend word vir uitbreiding van lughawe ,paaie,zeehawe e.a.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f45d5c5.0@news1.mweb.co.za...
> Hoe bepaal jy die 'oorspronklike inwoners'? Die San Boesmans het dan die
> aanvanklike aanspraak.......hoe kan iemand wat hulle verdryf het aanspraak
> hê? Indien wel, hoe kan jy sê wie was die aanvanklike besetter? Of is
> hierdie uiteindelik maar net 'n wit teenoor 'n swart kwessie?
> "@rogers.com" wrote in message
> news:WRa1b.260676$rsJ.8257@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> Paul de Dilbeek
>>
>>> Hy het op 'n vergadering van die portefeuljekomitee gesê
grondonteiening
>> is
>>> die laaste uitweg en sal eers oorweeg word as alle ander moontlikhede
>>> uitgeput is.
>>
>> . "Mense wil 'n
>>> bepaalde stuk grond hê, die grond wat aan hul voorvaders behoort het
en
>> waar
>>> hul familie begrawe is."
>>
>> Hierdie scenario word nou dwarsoor die wereld afgespeel
>> en is nie tot Suid-Afrika beperk nie. Die oorspronklike
>> inwoners begin nou daarop aandring dat hulle ten minste die
>> grond moet terugkry waar hulle voorouers begrawe is.
>> Hier in Kanada word sulke eise amper daagliks behandel.
>> Nie alleen word die voorvader-graftes se grond aangevra
>> nie. Verskillende Eerste Nasies in Kanada, veral in British
>> Columbia, het daarop aangedring dat beendere van hulle
>> voorouers uit museums verwyder moet word en aan hulle
>> teruggegee word sodat hulle hul met volle eer kon begrawe.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82786 is 'n antwoord op boodskap #82685] So, 24 Augustus 2003 01:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Man, ou John Vlismas het eenkeer 'n oulike ding gesê oor grondonteiening.
Hy't gesê as die regering so bly aanhou oor "oorspronklike" grond, dan gaan
ons een van die dae twee Boesman hê, wat daar in die Kalahari om die
kampvuur sit en landsake bespreek. Ek wonder of die nageslag van die
Retiefs kan aandring op die grond wat Piet Retief by Dingaan gekoop het?

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f45d5c5.0@news1.mweb.co.za...
> Hoe bepaal jy die 'oorspronklike inwoners'? Die San Boesmans het dan die
> aanvanklike aanspraak.......hoe kan iemand wat hulle verdryf het aanspraak
> hê? Indien wel, hoe kan jy sê wie was die aanvanklike besetter? Of is
> hierdie uiteindelik maar net 'n wit teenoor 'n swart kwessie?
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82793 is 'n antwoord op boodskap #82786] So, 24 Augustus 2003 01:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

Ek wonder of die nageslag van die
> Retiefs kan aandring op die grond wat Piet Retief by Dingaan gekoop het?

Ek ken terloops 'n Retief wat 'n afstammeling is van Piet
Retief. Vir sover dit hom aangaan, was Piet Retief maar
net 'n grensboer wat sy skulde op die grens probeer ontsnap
het deur te trek. Toe ek vir hom daarop wys dat Piet Retief
tog darem gaan vra het of hy die grond kan kry, en nie geweld
gebruik het nie, toe laat dit hom dink. Ek dink egter nie
dat daar ooit geld tussen Piet Retief en Dingaan gewissel
is nie.

Gloudina
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82795 is 'n antwoord op boodskap #82793] So, 24 Augustus 2003 02:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, want daai jare het die Zoeloe's meer belang gestel in beeste as in
geld. Ek's seker Oom Piet sou vir Dingaan sy beeste gegee het as hy hom nie
doodgemaak het voor die tyd nie :). Of die ou 'n afstammeling van Dingaan
is of nie - die Retiefs en die hele nageslag van die Retiefs, is geregtig op
daai stuk grond, want Dingaan het darem die ordentlikheid gehad om sy merkie
te maak voordat hy die Voortrekkers vermoor het.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Ek ken terloops 'n Retief wat 'n afstammeling is van Piet
> Retief. Vir sover dit hom aangaan, was Piet Retief maar
> net 'n grensboer wat sy skulde op die grens probeer ontsnap
> het deur te trek. Toe ek vir hom daarop wys dat Piet Retief
> tog darem gaan vra het of hy die grond kan kry, en nie geweld
> gebruik het nie, toe laat dit hom dink. Ek dink egter nie
> dat daar ooit geld tussen Piet Retief en Dingaan gewissel
> is nie.
>
> Gloudina
>
Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82796 is 'n antwoord op boodskap #82795] So, 24 Augustus 2003 02:13 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het bedoel om te sê "of die ou 'n afstammeling van Retief is of nie" nie
'n "afstammeling van Dingaan" nie. O jittetjie tog - my koppie raas :))

E

"Elaine" wrote:
Of die ou 'n afstammeling van Dingaan
> is of nie - die Retiefs en die hele nageslag van die Retiefs, is geregtig op
> daai stuk grond, want Dingaan het darem die ordentlikheid gehad om sy merkie
> te maak voordat hy die Voortrekkers vermoor het.
>
> E
Vorige onderwerp: Gras anderkant draad nie groener
Volgende onderwerp: James Friesen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 09:38:52 MGT 2024