| Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82651] |
Do., 21 Augustus 2003 14:56  |
Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Verteenwoordigers van beswaarde grondeienaars kry op 25 en 26 Augustus die
laaste geleentheid om hul besware te lug teen die beoogde wetgewing, wat
grondonteiening sonder 'n hofbevel moontlik sal maak.
Die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou en grondsake hou dan
openbare verhore oor die wysigings wat ernstige besware uit landbougeledere
ontlok het. Die wetsontwerp sal daarna vir finale goedkeuring na die
parlement verwys word.
Die konsep is vroeër op 'n indaba van die Departement van Grondsake bespreek
waarna voorstelle aan mnr. Dirk du Toit, Adjunkminister van Landbou en
Grondsake voorgelê is. Enkele veranderings is aangebring. Mnr. Tozi Gwanya,
hoofgrondeisekommissaris, sê dit is net geringe veranderings wat deur die
staat se regsadviseurs as oorbodig beskou is.
Die Kabinet se regsadviseurs het die finale konsepwet goedgekeur en mnr.
Gwanya sê dit sal gebruik word om boere te dwing om oor grond te
onderhandel. (Sien artikel op bl. 92.)
Hy het op 'n vergadering van die portefeuljekomitee gesê grondonteiening is
die laaste uitweg en sal eers oorweeg word as alle ander moontlikhede
uitgeput is.
"Grondeienaars sal regverdige vergoeding, gegrond op markwaarde, ontvang.
Mense wat nie tevrede is nie, kan altyd hul toevlug tot die hof neem,"het hy
gesê.
Mnr. Andries Botha van die Demokratiese Alliansie (DA), het gevra hoekom die
minister die reg moet kry om grond te onteien as daar 'n surplus van grond
en 'n tekort aan geld is. Mnr. Bheki Radebe van die ANC het gesê grond is
beskikbaar, maar nie altyd waar die vraag daarna is nie. "Mense wil 'n
bepaalde stuk grond hê, die grond wat aan hul voorvaders behoort het en waar
hul familie begrawe is."
Dr. Kraai van Niekerk (DA) het opgemerk dat dit lyk asof dié
wysigingswetsontwerp 'n poging is om die oppergesag van die reg ondergeskik
te maak aan dié van die staat.
Intussen het TLU Suid-Afrika gesê die wysigingswet, met sy veranderings, is
steeds drakonies en sal beveg word. Mnr. Gert Ehlers, voorsitter, sê die TLU
SA sal voortgaan om druk uit te oefen teen die beoogde wysigings.
"Die wringkrag moet verstewig word. Regsmenings dui duidelik daarop dat die
implikasies van die wysigings selfs meer ongunstig sal wees as dít wat met
die eerste publikasie van die wetsontwerp op 9 Mei ter sprake was."
Agri Suid-Afrika het aangedui dat hy beslis 'n voorlegging aan die
portefeuljekomitee sal doen om ander maniere van arbitrasie voor te stel wat
beter resultate sal lewer.
22 Augustus 2003
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Laaste kans vir reaksie op onteieningswet [boodskap #82796 is 'n antwoord op boodskap #82795] |
So., 24 Augustus 2003 02:13  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek het bedoel om te sê "of die ou 'n afstammeling van Retief is of nie" nie
'n "afstammeling van Dingaan" nie. O jittetjie tog - my koppie raas :))
E
"Elaine" wrote:
Of die ou 'n afstammeling van Dingaan
> is of nie - die Retiefs en die hele nageslag van die Retiefs, is geregtig op
> daai stuk grond, want Dingaan het darem die ordentlikheid gehad om sy merkie
> te maak voordat hy die Voortrekkers vermoor het.
>
> E
|
|
|
|