Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kan jullie dit begryp?
Kan jullie dit begryp? [boodskap #82434] Ma, 18 Augustus 2003 19:18 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie ou Vlaams liedjie

Al die daer zeidt: "de reus die kom, de reus die kom"
Zij liegen daer om, zij liegen daer om,
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder, ze den pot op 't vier, den pot op 't vier,
de reus is hier.
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder snijdt een boterham, een boterham,
de reus is gram, Keere weerom, reusken
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder tap van 't beste bier, van 't beste bier,
de reus is hier
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja, moeder stop nu maer het vat, nu maer het vat,
de rues is zat.
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Re: Kan jullie dit begryp? [boodskap #82440 is 'n antwoord op boodskap #82434] Ma, 18 Augustus 2003 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Paul de Dilbeek wrote

> Baie ou Vlaams liedjie

> Reusken, keere weerom, reuzegom.

Ja, ek kan dit omtrent heeltemal verstaan. Ek is net
onseker wat met " reuzegom" bedoel word. " Gom"
in Afrikaans is " gum" in Engels, soos in chewing gum/
kougom. Maar ek het 'n gevoel dat dit hier nie dieselfde
bedoel nie?
Ek het ook die gevoel dat baie van die uitdrukkings
in die liedjie anders sou wees as in moderne Vlaams,
en dat dit amper nader aan Afrikaans is as aan Nederlands
byvoorbeeld. Wat dink jy?

Gloudina
Re: Kan jullie dit begryp? [boodskap #82460 is 'n antwoord op boodskap #82440] Di, 19 Augustus 2003 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Reuzegom betekent soos mensdom,geheel van mense,globaal of iets in die sin
Moe nie vergeet nie dat dit heel ou Vlaams (of Nederlands is)miskien wel 150
jaar
Norbert kan my miskien help
Ek het dit liedjie nog in de laerskool geleer net soos Africaanse
liedjies(Sarie Marais, bobejaan....)

"@rogers.com" schreef in bericht
news:Dqb0b.237084$rsJ.221498@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Paul de Dilbeek wrote
>
>> Baie ou Vlaams liedjie
>
>> Reusken, keere weerom, reuzegom.
>
> Ja, ek kan dit omtrent heeltemal verstaan. Ek is net
> onseker wat met " reuzegom" bedoel word. " Gom"
> in Afrikaans is " gum" in Engels, soos in chewing gum/
> kougom. Maar ek het 'n gevoel dat dit hier nie dieselfde
> bedoel nie?
> Ek het ook die gevoel dat baie van die uitdrukkings
> in die liedjie anders sou wees as in moderne Vlaams,
> en dat dit amper nader aan Afrikaans is as aan Nederlands
> byvoorbeeld. Wat dink jy?
>
> Gloudina
>
Re: Kan jullie dit begryp? [boodskap #82465 is 'n antwoord op boodskap #82440] Di, 19 Augustus 2003 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 18 Aug 2003 21:20:35 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Paul de Dilbeek wrote
>
>> Baie ou Vlaams liedjie
>
>> Reusken, keere weerom, reuzegom.
>
> Ja, ek kan dit omtrent heeltemal verstaan. Ek is net
> onseker wat met " reuzegom" bedoel word. " Gom"
> in Afrikaans is " gum" in Engels, soos in chewing gum/
> kougom. Maar ek het 'n gevoel dat dit hier nie dieselfde
> bedoel nie?
> Ek het ook die gevoel dat baie van die uitdrukkings
> in die liedjie anders sou wees as in moderne Vlaams,
> en dat dit amper nader aan Afrikaans is as aan Nederlands
> byvoorbeeld. Wat dink jy?
>
> Gloudina
>
>
Hallo, Gloudina en Paul,

Ja, Paul is besig om Afrikaans te leer!!! Pragtig, nè?
Ek sal die probleem van daardie "-gom" vir julle oplos.
Net soos in die Afrikaanse woord "bruidegom" is in die woord
"reuzegom" die tweede lid (-gom) 'n germaanse woord *guman wat gewoon
'man' beteken. Vergelyk dit met die oudsaksies 'gumo', die oudengels
en goties 'guma', oudhoogduits 'gomo' en oudnoors 'gumi'. Daardie
woord het selfs 'n verwantskap met die Latyn: "homo"! (Frans:
'homme'). Hierdie woord dui die mens aan as 'die aardse skepsel' en is
daarom ook verwant met die Latynse woord 'humus' wat 'aarde' beteken.
Hierdie woord is baie merkwaardig want hierdie voorbeeld laat ons sien
hou nou die verwantskap van die Europese tale wel gewees het in vroeër
tyde.
Nou sien ons meteen wat 'bruidegom' eintlik beteken: dis 'man van die
bruid' en 'reuzegom' = man so groot as 'n reus.
Bron: Aula Etymologisch Woordenboek, dr.J. De Vries, Aula-Boeken
-Utrecht, Antwerpen.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Kan jullie dit begryp? [boodskap #82475 is 'n antwoord op boodskap #82465] Di, 19 Augustus 2003 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote

> Net soos in die Afrikaanse woord "bruidegom" is in die woord
> "reuzegom" die tweede lid (-gom) 'n germaanse woord *guman wat gewoon
> 'man' beteken.
> Nou sien ons meteen wat 'bruidegom' eintlik beteken: dis 'man van die
> bruid' en 'reuzegom' = man so groot as 'n reus.

Danie, Norbert. Watter pragtige verklaring. En nou weet ek
meteens wat " bruidegom" beteken. Het nog altyd gewonder
wat die -gom- daar doen!

Gloudina
Re: Kan jullie dit begryp? [boodskap #82476 is 'n antwoord op boodskap #82475] Di, 19 Augustus 2003 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
skok  is tans af-lyn  skok
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:8Fn0b.220523$hOa.103272@news02.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Sterrenkijker wrote
>
>> Net soos in die Afrikaanse woord "bruidegom" is in die woord
>> "reuzegom" die tweede lid (-gom) 'n germaanse woord *guman wat gewoon
>> 'man' beteken.
>> Nou sien ons meteen wat 'bruidegom' eintlik beteken: dis 'man van die
>> bruid' en 'reuzegom' = man so groot as 'n reus.
>
> Danie, Norbert. Watter pragtige verklaring. En nou weet ek
> meteens wat " bruidegom" beteken. Het nog altyd gewonder
> wat die -gom- daar doen!

Ek dag hy is bruidegom want hy klou die heeltyd aan die bruid vas? :)

Samuel
Re: Kan jullie dit begryp? [boodskap #82481 is 'n antwoord op boodskap #82476] Di, 19 Augustus 2003 12:19 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
skok

> Ek dag hy is bruidegom want hy klou die heeltyd aan die bruid vas? :)

> Samuel

Hoe gaan dit met die spruit?

Penkop
Vorige onderwerp: Is this afrikaans?
Volgende onderwerp: Die weer ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:51:12 MGT 2024