Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Etnisiteit
Etnisiteit [boodskap #82136] Wo, 13 Augustus 2003 08:47
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
So 'n paar dae gelede het ons net so geraak aan die verskille tussen
bevolkings en dat nou, 14 jaar na onafhanklikheid en demokrasie, probleme
begin ontstaan omdat die demokrasie nie voorsiening maak vir verskille
tussen mense nie. Almal is mos gelyk, dan nie? Laas naweek het die
gemors ernstig in Namibië begin toe die Herero's op 'n vergadering geëis het
dat hulle hul eie regte wil hê. Hulle sien nie meer kans vir die
oorheersing deur die Owambo's nie. Wat die regerende party, Swapo, doen,
is om regeringsamptenare in elke dorp en gehuggie aan te stel wat partylede
en Owambo's is. Polities is daar sekerlik niks mee fout nie, behalwe dat
die gemiddelde mens in die dorpe nie Swapo ondersteuners is nie [Swapo kry
die massa van sy ondersteuning in die noorde van die land] en die lewenswyse
en modus operandi van die plaaslike bevolking baie verskil van dit wat die
Owamboregeringsleiers op aandring. Terwyl byvoorbeeld 'n Owambo, 'n
Herero, 'n Damara, 'n Boesman, 'n Baster, 'n Afrikaner, ens. basies saamstem
dat alle mense vry en geregtig moet leef en behandel, is daar net geen
manier wat hulle met mekaar se kulture aanslag kan vind nie.
Dis seker die maklike uitweg om te sê dat almal mos gelyk onder die wet
is, maar daar is praktiese probleme wat na die 'groot vryheid' nou kop
uitsteek en as jy teruggaan in die geskiedenis, dan is die eintlike probleem
van Afrika nog nooit opgelos nie!
Vorige onderwerp: Etnisiteit
Volgende onderwerp: Olifante in die Woestyn...en elders!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 26 18:30:33 MGT 2024