Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Olifante in die Woestyn...en elders!
Olifante in die Woestyn...en elders! [boodskap #82097] Di, 12 Augustus 2003 09:51 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees dat die 'Fante nou in die Krugerwildtuin soveel geword het dat hulle
weer sal moet begin uitskiet as hulle die veld reg wil bestuur. Die
'greenies' is daaroor natuurlik op die oorlogspad en skree blou moord.
Hulle reken nog nie genoeg navorsing is oor alternatiewe beheermetodes, soos
geboortebeperking, is al gedoen nie en daarom is die uitdun van die olifante
nie reg nie. Ek onthou wel dat ek 'n verslag gelees het van navorsers juis
oor geboortebeperking en dat bronstige bulletjies rêrig gevaarlik raak omdat
die koeie nie op hitte wil kom nie.....en 'n man met 'n lus is mos lus?
Hier by ons in die woestyn is die getalle olifante ook besig om toe te
neem en begin dit ook gevaarlik raak. Die mense betrokke reken daar moet
planne gemaak word om die getalle onder beheer te kry en die 'greenies' huil
dat die sop spat. In die woestyn is water skaars en kos is skaars en is
daar maar sekere paaie waarop die groot manne kan loop. Kom hulle egter op
plase, dan breek hulle drade om by die waterinstallasies uit te kom. Hulle
sal maklik 'n plaasdam platdruk [sinkdam] net om die ou kleintjies ook
toegang tot die water te gee. Hieroor oee! en aaah! die meeste stadsjapies
want hoe kan jy water weier vir 'n ou klein olifantjie? Behalwe natuurlik
dat daai dam die boer net so R20 000 kos! En die regering en ook nie die
'greenies' is bereid om hom te kompenseer vir die skade nie. Hulle skiet
mag hy ook nie.
Natuurbewaring het al probeer om planne te maak om die 'fante te verdryf
deur skote oor hulle te skiet om hulle sodoende in die regte rigting te laat
vlug. Maar olifant se kind is nie vandag gebore nie! Daar is vele
gevalle bekend waar die olifante in 'n rivier afgedryf word en as die
bewaarders dink hulle het hulle in die regte rigting, dan vat hulle 'n ompad
terug na waar hulle was en voor die bewaarders terug by hulle kamp is, dan
is 'fant se kind rustig besig om kak te maak waar HY wil kak maak!
In die Etosha is destyds elektriese drade [eintlik kabels] met
spoorstaafpale gespan om die olifante te probeer binne hou. Daar is gesien
hoe twee koeie 'n jong bulletjie met hulle slurpe van agteraf vat en deur
die kabels stoot sodat hy die skok kry en hulle so die kabels kan breek!
Dan is die hele trop deur! Hierdie is natuurlik die enigste geval bekend
in die natuur waar 'n vroumens slimmer as 'n man is......................
Re: Olifante in die Woestyn...en elders! [boodskap #82108 is 'n antwoord op boodskap #82097] Di, 12 Augustus 2003 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Al wat hulle moet doen is om Aïda op te voer met 'n sterk Afrika-invloed en
sangoma's as deel van die rolverdeling te hê
Dan kan hulle elke aand 'n olifant op die verhoog slag.
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f38b8bf.0@news1.mweb.co.za...
> Ek lees dat die 'Fante nou in die Krugerwildtuin soveel geword het dat hulle
> weer sal moet begin uitskiet as hulle die veld reg wil bestuur. Die
> 'greenies' is daaroor natuurlik op die oorlogspad en skree blou moord.
> Hulle reken nog nie genoeg navorsing is oor alternatiewe beheermetodes, soos
> geboortebeperking, is al gedoen nie en daarom is die uitdun van die olifante
> nie reg nie. Ek onthou wel dat ek 'n verslag gelees het van navorsers juis
> oor geboortebeperking en dat bronstige bulletjies rêrig gevaarlik raak omdat
> die koeie nie op hitte wil kom nie.....en 'n man met 'n lus is mos lus?
> Hier by ons in die woestyn is die getalle olifante ook besig om toe te
> neem en begin dit ook gevaarlik raak. Die mense betrokke reken daar moet
> planne gemaak word om die getalle onder beheer te kry en die 'greenies' huil
> dat die sop spat. In die woestyn is water skaars en kos is skaars en is
> daar maar sekere paaie waarop die groot manne kan loop. Kom hulle egter op
> plase, dan breek hulle drade om by die waterinstallasies uit te kom. Hulle
> sal maklik 'n plaasdam platdruk [sinkdam] net om die ou kleintjies ook
> toegang tot die water te gee. Hieroor oee! en aaah! die meeste stadsjapies
> want hoe kan jy water weier vir 'n ou klein olifantjie? Behalwe natuurlik
> dat daai dam die boer net so R20 000 kos! En die regering en ook nie die
> 'greenies' is bereid om hom te kompenseer vir die skade nie. Hulle skiet
> mag hy ook nie.
> Natuurbewaring het al probeer om planne te maak om die 'fante te verdryf
> deur skote oor hulle te skiet om hulle sodoende in die regte rigting te laat
> vlug. Maar olifant se kind is nie vandag gebore nie! Daar is vele
> gevalle bekend waar die olifante in 'n rivier afgedryf word en as die
> bewaarders dink hulle het hulle in die regte rigting, dan vat hulle 'n ompad
> terug na waar hulle was en voor die bewaarders terug by hulle kamp is, dan
> is 'fant se kind rustig besig om kak te maak waar HY wil kak maak!
> In die Etosha is destyds elektriese drade [eintlik kabels] met
> spoorstaafpale gespan om die olifante te probeer binne hou. Daar is gesien
> hoe twee koeie 'n jong bulletjie met hulle slurpe van agteraf vat en deur
> die kabels stoot sodat hy die skok kry en hulle so die kabels kan breek!
> Dan is die hele trop deur! Hierdie is natuurlik die enigste geval bekend
> in die natuur waar 'n vroumens slimmer as 'n man is......................
>
Re: Olifante in die Woestyn...en elders! [boodskap #82145 is 'n antwoord op boodskap #82108] Wo, 13 Augustus 2003 13:20 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet koes.....die greenies sal jou moer!

"Annette" skryf in boodskap news:bhaprt$vtpke$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Al wat hulle moet doen is om Aïda op te voer met 'n sterk Afrika-invloed en
> sangoma's as deel van die rolverdeling te hê
> Dan kan hulle elke aand 'n olifant op die verhoog slag.
> Annette
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f38b8bf.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek lees dat die 'Fante nou in die Krugerwildtuin soveel geword het dat hulle
>> weer sal moet begin uitskiet as hulle die veld reg wil bestuur. Die
>> 'greenies' is daaroor natuurlik op die oorlogspad en skree blou moord.
>> Hulle reken nog nie genoeg navorsing is oor alternatiewe beheermetodes, soos
>> geboortebeperking, is al gedoen nie en daarom is die uitdun van die olifante
>> nie reg nie. Ek onthou wel dat ek 'n verslag gelees het van navorsers juis
>> oor geboortebeperking en dat bronstige bulletjies rêrig gevaarlik raak omdat
>> die koeie nie op hitte wil kom nie.....en 'n man met 'n lus is mos lus?
>> Hier by ons in die woestyn is die getalle olifante ook besig om toe te
>> neem en begin dit ook gevaarlik raak. Die mense betrokke reken daar moet
>> planne gemaak word om die getalle onder beheer te kry en die 'greenies' huil
>> dat die sop spat. In die woestyn is water skaars en kos is skaars en is
>> daar maar sekere paaie waarop die groot manne kan loop. Kom hulle egter op
>> plase, dan breek hulle drade om by die waterinstallasies uit te kom. Hulle
>> sal maklik 'n plaasdam platdruk [sinkdam] net om die ou kleintjies ook
>> toegang tot die water te gee. Hieroor oee! en aaah! die meeste stadsjapies
>> want hoe kan jy water weier vir 'n ou klein olifantjie? Behalwe natuurlik
>> dat daai dam die boer net so R20 000 kos! En die regering en ook nie die
>> 'greenies' is bereid om hom te kompenseer vir die skade nie. Hulle skiet
>> mag hy ook nie.
>> Natuurbewaring het al probeer om planne te maak om die 'fante te verdryf
>> deur skote oor hulle te skiet om hulle sodoende in die regte rigting te laat
>> vlug. Maar olifant se kind is nie vandag gebore nie! Daar is vele
>> gevalle bekend waar die olifante in 'n rivier afgedryf word en as die
>> bewaarders dink hulle het hulle in die regte rigting, dan vat hulle 'n ompad
>> terug na waar hulle was en voor die bewaarders terug by hulle kamp is, dan
>> is 'fant se kind rustig besig om kak te maak waar HY wil kak maak!
>> In die Etosha is destyds elektriese drade [eintlik kabels] met
>> spoorstaafpale gespan om die olifante te probeer binne hou. Daar is gesien
>> hoe twee koeie 'n jong bulletjie met hulle slurpe van agteraf vat en deur
>> die kabels stoot sodat hy die skok kry en hulle so die kabels kan breek!
>> Dan is die hele trop deur! Hierdie is natuurlik die enigste geval bekend
>> in die natuur waar 'n vroumens slimmer as 'n man is......................
>>
>
Vorige onderwerp: Etnisiteit
Volgende onderwerp: Siud Afrika is lekkir..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 03:38:20 MGT 2024