Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » The outside world needs to know the truth!
The outside world needs to know the truth! [boodskap #80743 is 'n antwoord op boodskap #127556] Ma, 21 Julie 2003 06:23 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
http://www.southafricathetruth.netfirms.com/PicsFarmKillings .htm


Re: The outside world needs to know the truth! [boodskap #80783 is 'n antwoord op boodskap #80786] Ma, 21 Julie 2003 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cybit friendly  is tans af-lyn  cybit friendly
Boodskappe: 20
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek is gatvol vir crime, ek is gatvol vir corruption, ek is gatvol vir leuens
vertel deur dom ministers, maar ek is die gatvolste vir ons geneulery oor
die crime, corruption en crap!

Ek werk baie hard om my stukkie grond skoon en vrugbaar te hou. Ek doen
steeds nie genoeg nie, want ek kan dit nie alleen doen nie - ons moet dit
almal saam doen, maar daar's te veel van ons wat opstaan en uitloop voordat
dit verby is. Saterdag se rugby is 'n goeie voorbeeld daarvan. Sies man! As
jy jou span ondersteun, dan doen jy dit tot die bitter einde, ongeag van hoe
bitter dit is! Hoe meer hulle verloor het, hoe harder het ek vir hulle
gejuig - want daai manne het alles ingesit tot dat die eindfluitjie geblaas
het. Ek het respek vir hulle daarvoor. Vir die klomp lamgatte wat al 20
minute voor die einde begin huis toe gaan het het ek G E E N respek nie! Dis
so tipies van ons blankes. Ons het nie guts nie, ons het nie eenheid nie,
ons het nie deursettingsvermoë nie. Ek is bereid om geld te wed daarop dat
as die bokke weet, en weet vir 'n feit, dat ons daar is om hulle te
ondersteun AL VERLOOR HULLE, dan sal die einde tog nie so bitter wees nie.
In teendeel, as hulle weet, en weet vir 'n feit, dat ons 100000% agter hulle
is, bring ons weer die wêreld-beker terug huis toe! Ek blameer die LAMGATTE,
nie die bokke of die afrigters of SARFU of Tswete, vir die verloordery nie.
Instede van 'n oorverdowende dreuning vanuit die sitplekke was daar 'n
stille druipstert lamgat uitlopery.

Die ding is: as ons blankes nie die stryd met volle oorgawe en mannemoed
hier in RSA aanpak nie, gaan ons almal verloor. Ek praat van hand uitreik -
na mekaar, na die swartes, na ons land - en as jy jou vingers verbrand
GEBRUIK DIE ANDER HAND maar hou aan, skrum voort, sit alles in! Neem 'n vles
koffie en 'n pak beskuit na jou polisiestasie toe - nie net annerdag se
oormôre aand nie - elke aand! Gaan help vloere was in jou plaaslike
hospitaal! Gaan help jou buurman om sy gras te sny! Gaan skenk bloed! Gaan
hou piekniek met jou gesin in die parkie! Gaan STEM!!!! Gaan gee jou tiendes
by die kerk! Gaan hoor hoe dit gaan met daai ou wat nou al vir drie jaar
elke oggend een of ander brosjuretjie by jou karvenster probeer indruk! Wat
is sy naam? Glimlag vir die ou! Neem tog die ou papiertjie, wat kos dit jou
behalwe om jou hand uit te reik? Gaan soen jou vrou! Gee daai ou op die
snelweg 'n kans! Gaan die dag van môre in met mening, met 'n doel, met moed!
JY is die leier, JY moet die boodskap en die lewensstyl onder jou mense
kweek. Neem die voortou, en EIS dit van jou medeburgers! Elke dag! Maak jou
land jou passie!

Hou op om druipstert lamgat sleepvoet die lewe rond te ploeter, man! Ruk
jouself reg! Hierdie land HET 'n toekoms, en dit is ONS ALMAL SE PLIG om dit
te laat werk. Vergeet van Aus, NZ, UK...waarheen jy ookal wil dros, want ONS
het jou nodig. Dis 'n oorlog, wat 'n stryd gaan word, wat 'n worsteling gaan
word, wat 'n twis gaan word, wat 'n meningsverkil gaan word, wat 'n
ooreenkoms gaan word, wat 'n samewerking gaan word, wat 'n sukses gaan word.
Dit verg harde werk, opofferring, deursetting en doelgerigtheid...en dit
steek in elke iedere een van ons! Gaan vra maar vir enige susksesvolle
besigheidspersoon wat dit is wat hom laat tiek - van die kleinste
winkeltjie tot die grootste korporasie: PASSIE!

Hou op om na die bg. website toe te gaan en die gemors daarop te lees. Jy
het dit nie nodig nie. Hou op om uit te loop terwyl jou span speel, hulle
het dit nie nodig nie. Die land het jou nodig, ons toekoms het jou nodig.

VIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIVA BOKKE!!!!!!!!!!!!!!!!!!

(PS ek dink nie ek het al ooit so veel !!!!!'s in my lewe gebruik nie!)

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:0n1nhv8idh77pbjc6lfcmpmlkp2nhpv5q1@4ax.com...
> http://www.southafricathetruth.netfirms.com/PicsFarmKillings .htm
>
Re: The outside world needs to know the truth! [boodskap #80786 is 'n antwoord op boodskap #80783] Ma, 21 Julie 2003 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ouboet  is tans af-lyn  Ouboet
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Henri" skryf in boodskap news:...
> Hierdie foto's is regtig skokkend, veral as mens daaraan dink dat dit jou
> eie mense is, maar ek het my bedenkinge oor die egtheid hiervan. Enige
> iemand kan 'n website maak met sulke foto's op, want daar's letterlik
> honderde derglike foto's op die net beskikbaar.
>
> Wat die wêreld moet sien, is 'n website met koerantuitknipsels en inligting
> waarvan die oorsprong betroubaar is. As enige iemand op so 'n website afkom,
> sal dit gaaf wees om dit op hierdie newsgroup te pos.
ouboet: Hierdie fotos maak n mens naar.Geen normale mens kan so optree nie.
Dit lyk hierdie mense kry n kiek om so te moor.
Re: The outside world needs to know the truth! [boodskap #80803 is 'n antwoord op boodskap #80786] Di, 22 Julie 2003 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ja, jy is seker reg. Mens moet vooruit kyk en positief wees. Om betrokke te
wees by ander mense maak ook mens se siel gesond.
Maar ...... die realiteite in Suid Afrika is vir my te erg.
Dit vreet soos kanker dat mense soos ek en jy, koelbloedig vermoor word. Ek
wil nie oor die reg en verkeerd van apartheid redeneer nie, maar dat
apartheid die oorsaak van alles is (soos hulle sê), is snert. Daar moet ook
ander redes wees waarom die swartes so geweldadig en so anti-witman is. Wat
daardie rede is, weet ek nie. Hulle was al so in die tyd van Piet Retief, en
hulle is nog steeds so.
Ek haat hulle nie, maar ek gaan beslis nie vir hulle beskuit aandra by die
hospitaal nie.

Henri
Re: The outside world needs to know the truth! [boodskap #80879 is 'n antwoord op boodskap #80786] Wo, 23 Julie 2003 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vanessa  is tans af-lyn  vanessa
Boodskappe: 2
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Hoor Hoor!!! Ek is so bly daar is iemand wat met my saam stem.

"cybit friendly" skryf in boodskap news:3f1c59ef.0@news1.mweb.co.za...
> Ek is gatvol vir crime, ek is gatvol vir corruption, ek is gatvol vir leuens
> vertel deur dom ministers, maar ek is die gatvolste vir ons geneulery oor
> die crime, corruption en crap!
Re: The outside world needs to know the truth! [boodskap #80883 is 'n antwoord op boodskap #80803] Wo, 23 Julie 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vanessa  is tans af-lyn  vanessa
Boodskappe: 2
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Wat jy moet onthou, is dat die swartes ook in vrees lewe... Soos wat ons
vermoor word, word hulle vermoor. Hulle kinders en ou-mense word verkrag,
hulle word ge-hijack, hulle word beroof, in hulle eie woonbeurtes en
townships.

Die grootste probleem in SA is dat elke groep dink die probleem is hulle
s'n. Ons whities sit heeltyd en whine omdat dinge so kak vir ons is,
meantime, sit die swartes en kla hoe kak dinge is vir hulle. Niemand is ooit
tevrede nie, en niemand is ooit lus om iets te doen om dinge te verander
nie - dis mos veel makliker om net te kla.

En onthou, in die ou dae, toe ons whities deur die regering beskerm is, was
ons media ook beheer, ons het nooit die stories uit die townships uit gehoor
nie - so ons het nooit geweet rerig hoe kak die lewe vir hulle was nie -
daar was nog altyd dies was geweldadig was, en hulle het die goeie's om
hulle absoluut geterroriseer. Ons whities het toe moes lekker agter die
wette en die 9-uur klok weggekruip en gemaak asof ons niks sien nie.

vanessa

"Henri" skryf in boodskap news:%I6Ta.88631$JA5.1847759@news.xtra.co.nz...
> Ja, jy is seker reg. Mens moet vooruit kyk en positief wees. Om betrokke te
> wees by ander mense maak ook mens se siel gesond.
> Maar ...... die realiteite in Suid Afrika is vir my te erg.
> Dit vreet soos kanker dat mense soos ek en jy, koelbloedig vermoor word. Ek
> wil nie oor die reg en verkeerd van apartheid redeneer nie, maar dat
> apartheid die oorsaak van alles is (soos hulle sê), is snert. Daar moet ook
> ander redes wees waarom die swartes so geweldadig en so anti-witman is. Wat
> daardie rede is, weet ek nie. Hulle was al so in die tyd van Piet Retief, en
> hulle is nog steeds so.
> Ek haat hulle nie, maar ek gaan beslis nie vir hulle beskuit aandra by die
> hospitaal nie.
>
> Henri
>
Re: The outside world needs to know the truth! [boodskap #81059 is 'n antwoord op boodskap #80879] Vr, 25 Julie 2003 22:34 Na vorige boodskap
Fransie  is tans af-lyn  Fransie
Boodskappe: 38
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
klink soos die ou wat gereken het hys haat net twee dinge in Suid Afrika,
Rassiste en Kaffers (sorry)

"vanessa" skryf in boodskap news:3f1e76a0$0$236@hades.is.co.za...
> Hoor Hoor!!! Ek is so bly daar is iemand wat met my saam stem.
>
>
> "cybit friendly" wrote in message
> news:3f1c59ef.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek is gatvol vir crime, ek is gatvol vir corruption, ek is gatvol vir leuens
>> vertel deur dom ministers, maar ek is die gatvolste vir ons geneulery oor
>> die crime, corruption en crap!
>
>
>
Re: The outside world needs to know the truth! [boodskap #127556 is 'n antwoord op boodskap #80743] Ma, 21 Julie 2003 08:55 Na vorige boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hierdie foto's is regtig skokkend, veral as mens daaraan dink dat dit jou
eie mense is, maar ek het my bedenkinge oor die egtheid hiervan. Enige
iemand kan 'n website maak met sulke foto's op, want daar's letterlik
honderde derglike foto's op die net beskikbaar.

Wat die wêreld moet sien, is 'n website met koerantuitknipsels en inligting
waarvan die oorsprong betroubaar is. As enige iemand op so 'n website afkom,
sal dit gaaf wees om dit op hierdie newsgroup te pos.
Vorige onderwerp: Koffie kapitaal
Volgende onderwerp: Haai Sjeim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 16:49:01 MGT 2024