Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koffie kapitaal
Koffie kapitaal [boodskap #1419] Wo, 23 Julie 2003 19:39 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:
> "Lorinda" wrote:

> Dis interessant, nè? Kapitalisme aan't werke. :-)
> Die hele geskiedenis van koffie is ook deksels interessant. Ons het
> vriende wat koffiebone invoer van Suid Amerika en ek hang altyd aan sy
> lippe as hy begin vertel van al die politieke intriges en korrupsie
> wat hierby betrokke is. Hulle het 'n lang tyd ook in Puerto Rico
> gewoon.

Ek het eenkeer 'n boek gelees oor die geskiedenis van koffie, met die
titel "The Devil's Cup" of so iets. Dit was baie interessant, daar was
verwysings na allerhande eienaardighede en gebeurtenisse. Ek het die
boek baie geniet....

> Terloops, dit lyk my dis nou net ons 2 wat nog hier sit en gesels?

Ag die ander kom en gaan maar. Dis tog lekker om 'n plek te hê om te
gesels weg van SCSAA af. Ek dink Speedy is besig deesdae, Rico is met
vakansie en Andries sal wel uitslaan. Ek is bly jy is hier.


> Maar ek wil net vir jou sê dat ek jou boodskappe op SCSAA geniet het,
> en veral die manier waarop jy jou saak gedebateer het met daardie
> Glucklich persoon. You go girl!!
> :-)

Dankie Katryn, maar soos jy weet (veral ook in die VSA) dis maar 'n
ding waaroor mense 'n onwrikbare opinie het en die feite maar min saak
maak. Baie mense wat pro-doodstraf is is baie keer vreeslik
anti-aborsie, wat altyd vir my eienaardig is.

Lorinda
Re: Koffie kapitaal [boodskap #1421 is 'n antwoord op boodskap #1419] Wo, 23 Julie 2003 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0307231139.ceca1fb@posting.google.com...
> Katryn wrote:
>> "Lorinda" wrote:
>
> Ag die ander kom en gaan maar. Dis tog lekker om 'n plek te hê om te
> gesels weg van SCSAA af. Ek dink Speedy is besig deesdae, Rico is met
> vakansie en Andries sal wel uitslaan. Ek is bly jy is hier.

Nee ek is nie met vakansie nie!!!!!
ek was gister naar die hospitaal en hulle sal my vandag opereer. Maar dit
gaan hulle nou net volgende week doen, die ou die hulle eerst het geopereer
het so baie complicasies gegee, dat daar nie meer tyd vir my was nie :-(

Ek kuier nou nog vir 'n rukkie hier en gaan volgende week dinsdagaand weer
hospitaal toe en dan is ek weer 'n rukkie weg :-))

Rico
Re: Koffie kapitaal [boodskap #1422 is 'n antwoord op boodskap #1419] Wo, 23 Julie 2003 22:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jul 2003 12:39:43 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

>
> Dankie Katryn, maar soos jy weet (veral ook in die VSA) dis maar 'n
> ding waaroor mense 'n onwrikbare opinie het en die feite maar min saak
> maak. Baie mense wat pro-doodstraf is is baie keer vreeslik
> anti-aborsie, wat altyd vir my eienaardig is.
>
>
> Lorinda

Lorinda, ek volg julle gesprek woord vir woord,
en het besluit om in die geval (vir die oomblik altans) deel van die
gehoor uit te maak, anders as om in die kryt te wees. Somtyds wil
ek kans hê om eers hier op die kantlyn Mercurochrome te smeer
voor ek dit weer in die arena waag.

Maar hier moet jy verduidelik. Hoe op aarde verwag jy dat diesulkes,
pro babamoord moet wees, terwyl die babas sulke onskuldige wesens
is? Julle gesprek gaan oor moordenaars. Nie oor babas wat die
volwassenes volkome vertrou in wat hulle ookal doen nie.

Indien jy my uitlok om betrokke te raak in die redenasie, het jy diè
keer die regte snaar getokkel. Slegs vir die oomblik. Hoe op aarde
sien jy 'n verband?

Speedy
Re: Koffie kapitaal [boodskap #1424 is 'n antwoord op boodskap #1419] Wo, 23 Julie 2003 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" wrote in message
news:1k3uhv8d0lj8m2misrefiq76iklm0ugu04@4ax.com...
> "Rico" wrote:
>
>> Nee ek is nie met vakansie nie!!!!!
>> ek was gister naar die hospitaal en hulle sal my vandag opereer. Maar dit
>> gaan hulle nou net volgende week doen, die ou die hulle eerst het geopereer
>> het so baie complicasies gegee, dat daar nie meer tyd vir my was nie :-(
>>
>> Ek kuier nou nog vir 'n rukkie hier en gaan volgende week dinsdagaand weer
>> hospitaal toe en dan is ek weer 'n rukkie weg :-))
>
> Aha!! Jy het dus ons koffie geruik, en toe gou kom haloo sê? :-)))
>
> Maar op 'n meer ernstige noot - ek hoop nie dis 'n ernstige operasie
> wat jy moet ondergaan nie, Rico. In elkgeval sal ek aan jou dink en
> vertrou dat daar nie komplikasies vir jou sal wees nie.
> Watter dag word jy opereer? Net sodat ek daardie dag ekstra goeie
> gedagtes na Nederland se kant kan stuur. :-)

Dankie Katryn, stuur dan asseblief volgende week woensdag vir my jou goeie
gedagtes!!
Ag se tog jou gedagtes, jy het nie slegte nie :-))

Om eerelyj te wees ja dis 'n ernstige operasie, maar ka ek dit hier vertel,
ek weet nie wie ons almal dop hou!!

GrRico
>
Re: Koffie kapitaal [boodskap #1443 is 'n antwoord op boodskap #1422] Vr, 25 Julie 2003 09:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Gonzales skryf in boodskap news:...

> Lorinda, ek volg julle gesprek woord vir woord,
> en het besluit om in die geval (vir die oomblik altans) deel van die
> gehoor uit te maak, anders as om in die kryt te wees. Somtyds wil
> ek kans hê om eers hier op die kantlyn Mercurochrome te smeer
> voor ek dit weer in die arena waag.
>
> Maar hier moet jy verduidelik. Hoe op aarde verwag jy dat diesulkes,
> pro babamoord moet wees, terwyl die babas sulke onskuldige wesens
> is? Julle gesprek gaan oor moordenaars. Nie oor babas wat die
> volwassenes volkome vertrou in wat hulle ookal doen nie.
>
> Indien jy my uitlok om betrokke te raak in die redenasie, het jy diè
> keer die regte snaar getokkel. Slegs vir die oomblik. Hoe op aarde
> sien jy 'n verband?
>
> Speedy


Onthou ek kom van 'n kultuur wat geheel en al anti-aborsie is, selfs
in die geval waar dit die dood van die ma beteken, in die geval van
verkragting ens. Om die waarheid te sê dit sien voorbehoedmiddels as
moord al is laasgenoemde deesdae wettig in die Ierse Republiek. My ma,
na 'n loopbaan as chirurg, het op haar oudag besluit om as GP te
praktiseer naby Wexford en veroorsaak herrie daar want sy "skryf
voor". Min vrouens kom haar by die praktyk sien, hulle daag allerhande
snaakse ure van die nag by die agterdeur van die huis op om 'n
voorskrif vir die pil te kry. Sy hou deesdae 'n vooraad by die huis
aan, omdat die vrouens nie kans sien om dit by die apteker op die dorp
te gaan koop nie. Dis natuurlik anders in Dublin, maar ek sê dit net
om jou 'n idee te gee.

Die verband is dat mense wat anti-aborsie is en pro doodstraf, voel
dat vrouens wat nie kans sien vir 'n baba nie, families wat nie nog 'n
kind kan bekostig nie, ens. ens. gedwing moet word om die baba te hê.
As die kind sleg grootgemaak word en 'n misdadiger word, het hulle nie
'n probleem om hom dan dood te maak nie. Dit maak nie sin nie. Die
lewe is of heilig, of dit is nie.

Soos Katryn sê, die aborsie kwessie is nie maklik nie, oor die hele
ding oor waneer 'n lewe begin. Soos ek hier bo aangedui het voel
katolieke dat dit selfs voor konsepsie begin (alhoewel ek nie dink dat
baie dit deesdae "praktiseer" nie).

Ek kan die twee dinge nie vereenselwig nie, dat 'n aborsie verkeerd is
nie, maar die doodstraf reg. Terloops, ek was nie besig om jou uit te
lok nie, hoe sou ek nou weet hoe jy oor enige van die twee dinge
voel:-))?

Lorinda
Re: Koffie kapitaal [boodskap #1444 is 'n antwoord op boodskap #1421] Vr, 25 Julie 2003 10:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" skryf in boodskap news:...
> Nee ek is nie met vakansie nie!!!!!
> ek was gister naar die hospitaal en hulle sal my vandag opereer. Maar dit
> gaan hulle nou net volgende week doen, die ou die hulle eerst het geopereer
> het so baie complicasies gegee, dat daar nie meer tyd vir my was nie :-(
>
> Ek kuier nou nog vir 'n rukkie hier en gaan volgende week dinsdagaand weer
> hospitaal toe en dan is ek weer 'n rukkie weg :-))
>
> Rico

Oeps, jammer Rico! Dis omdat jy gesê het jy gaan vir 2 weke weg - dit
het geklink soos die jaarlikse vakansie. Ek is jammer om te hoor van
die operasie, ons sal aan jou dink.

Lorinda
Re: Koffie kapitaal [boodskap #1455 is 'n antwoord op boodskap #1443] Vr, 25 Julie 2003 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Jul 2003 02:59:18 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> . Speedy, ek het jou vraag wel gesien en geantwoord so as jy dit
> nie sien nie (is dit nie omdat ek onder die bed wegkruip nie:-)))laat
> my weet sodat ek dit weer kan pos.
>

> Ek waardeer die feit dat jou antwoord in jou posprobleem dae gepos is,
> Lorinda. En dat dit nie verskyn het nie. As mens die lotto wen, kies
> jy nie weer nommers, om te probeer verloor nie. So hou die antwoord
> net waar dit is. En ek hou die nommers wat ek het.
> Ek sal nou gaan kyk of dit nou êrens verskyn, maar gelukkig sal jy nie
> weet of ek dit opgespoor het nie. So, aanvaar maar dat ek dit nie te
> siene gekry het nie.
> Want ek het gesien wat jy met die arme Glücklich aangevang het. En
> verdomp of ek jou ook gaan uitlok. Somtyds is ek wel bietjie stupid,
> maar nog nooit sò stupid nie.

> Speedy Gonzales
> - uiters versigtig want ek het jou artillerie in aksie gesien


Ek het toe nie daardie brief opgespoor nie. Dit moes vreeslik
interessant en 'n fantastiese voorreg gewees het om in die skaduwee
van 'n chirurg ma te kon opgroei. 'n Ma om, soos vir alle ma's, te
respekteer omdat sy ma is, en daardie ekstra respek vir wie sy
ook is en wat sy bereik het!

Ek gaan nie verder soek na daardie brief nie, want ek het gesê dat
ek te slim is om ook 'n Glücklich te wees.

Soos jy sê, voel die katolieke dat lewe, dat menswees self voor
konsepsie begin. Daarmee stem ek ook volkome met jou saam.

Slegs,... indien jy miskien..., net miskien in daardie brief sou sê:
> As die kind sleg grootgemaak word en 'n misdadiger word, het hulle nie
> 'n probleem om hom dan dood te maak nie. Dit maak nie sin nie. Die
> lewe is of heilig, of dit is nie.
sou ek dit uiters debateerbaar vind. Debateerbaar omdat jy dan 'n
onskuldige baba sou vergelyk met 'n mens wat 'n diskressie het.
Uiters debateerbaar, soos ek sê, maar ek glo nie dat jy werklik die
bogenoemde woorde sou gebruik het nie. Ek raai net, want ek kon
nie daardie brief opspoor nie, ek ek behou dus my wennommers.

Praktiseer jou ma steeds?

Speedy
Verlig, maar asem ophouend
Re: Koffie kapitaal [boodskap #1458 is 'n antwoord op boodskap #1443] Vr, 25 Julie 2003 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Gonzales wrote:
>
> Slegs,... indien jy miskien..., net miskien in daardie brief sou sê:
>> As die kind sleg grootgemaak word en 'n misdadiger word, het hulle nie
>> 'n probleem om hom dan dood te maak nie. Dit maak nie sin nie. Die
>> lewe is of heilig, of dit is nie.
> sou ek dit uiters debateerbaar vind. Debateerbaar omdat jy dan 'n
> onskuldige baba sou vergelyk met 'n mens wat 'n diskressie het.
> Uiters debateerbaar, soos ek sê, maar ek glo nie dat jy werklik die
> bogenoemde woorde sou gebruik het nie. Ek raai net, want ek kon
> nie daardie brief opspoor nie, ek ek behou dus my wennommers.
>
> Praktiseer jou ma steeds?
>
> Speedy
> Verlig, maar asem ophouend
>

LOL. Goed, ons laat dit maar daar. Ons gebruik tog nie hierdie groep
vir baklei nie:-))En besides kan ek nie met jou baklei nie, want dan
lê die venootskap aan flarde en waar is ons dan? EN jy is natuurlik
nie Glukclich nie, dankie tog. Dit was nie die ou se standpunt wat my
gepla het nie (wel dit was maar dit was nie al nie) dit was die
afwesigheid van 'n deurdenkte argument ens.

En jy het 'n sin vir humor...:-))

Ja, sy praktiseer nog. Sy veroorsaak moeiliheid vêr en wyd in county
Wexford.

Lorinda
Re: Koffie kapitaal [boodskap #1461 is 'n antwoord op boodskap #1443] Vr, 25 Julie 2003 21:42 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Gonzales wrote:
> Ek het toe nie daardie brief opgespoor nie. Dit moes vreeslik
> interessant en 'n fantastiese voorreg gewees het om in die skaduwee
> van 'n chirurg ma te kon opgroei. 'n Ma om, soos vir alle ma's, te
> respekteer omdat sy ma is, en daardie ekstra respek vir wie sy
> ook is en wat sy bereik het!

Ek het geglimlag toe ek dit lees... Ja, ek is baie lief vir haar, maar
sy is 'n wetenskaplike deur en deur (ek en my susters het altyd gedink
dat dit net die wetenskaplike deel van haar brein is wat werk:-)) Jy
kan nie by haar aankom met dinge wat nie "bewys" kon word nie, en jy
kon maar vergeet van 'n siek brief vir skool!:-)) Interessant genoeg
kan sy nie kook om haar lewe te red nie, wat my laat dink het dat jy
verbeelding en kreatiwiteit nodig het om te kan kook. Maar ek bewonder
haar, sy het nie 'n bang haar op haar kop nie en het die vrou
deursettingsvermoë!

Lorinda
Vorige onderwerp: Re: Vir die wat nog nie weet nie.
Volgende onderwerp: The outside world needs to know the truth!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 13:58:19 MGT 2024