Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Absa se gebrek aan Afrikaans
Absa se gebrek aan Afrikaans [boodskap #8063] |
Sat, 18 January 1997 00:00  |
Wessels
Boodskappe: 43 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Hallo almal
Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.
'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
om hulle tot ander insigte te bring.
Groete
Deon Meyer
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Absa se gebrek aan Afrikaans [boodskap #8240 is 'n antwoord op boodskap #8063] |
Tue, 28 January 1997 00:00   |
Me[3]
Boodskappe: 4 Geregistreer: October 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
ven...@ilink.nis.za (dries venter) wrote:
> Sanlam (d...@iafrica.com) wrote:
> : Hallo almal
> : Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
> : tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.
> : 'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
> : om hulle tot ander insigte te bring.
> : Groete
> : Deon Meyer
> Deon,
> Daar moet sekerlik iets fout wees, want my ABSA tuisbankdiens op Beltel is
> in Afrikaans, en bied trouens die keuse van taal aan. Miskien is hulle goed
> op die Web nog nie vertaal nie? Het jy al navraag by hulle gedoen?
> Ek sien jy skryf SANLAM as jou site, baie van die goed wat ek deesdae van
> SANLAM kry is ook net in Engels, en ek praat nie van gemorspos nie, maar
> goed wat aan my persoonlik gerig is. Gaan vee gerus eers voor jou (julle)
> eie deur.
> Groetnis,
> Dries
Deon en Dries,
Ek het gekla soos Deon voorgestel het en sommer dieselfde dag email
(in Afrikaans!) gekry van 'n mediabeampte van ABSA wat verduidelik het
dat hulle besig is met marknavorsing en na die taalkwessie kyk (ons
sal maar moet sien of hulle iets gaan doen!).
Dries, ek weet ek werk vir Eskom en moet ook voor my eie deur gaan
vee!
Groete
Johan
|
|
|
Re: Absa se gebrek aan Afrikaans [boodskap #8264 is 'n antwoord op boodskap #8063] |
Wed, 29 January 1997 00:00  |
Wessels
Boodskappe: 43 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In article , ven...@ilink.nis.za says...
Ja, Dries, ek voel skaam oor die "Sanlam" - ek het 'n nuwe USENET-
applikasie gelaai, wat summer inligting uit Windows vir sy konfigurasie
gehaal het. Hopelik het ek dit nou reggestel. (Ek het die boodskap in
persoonlike hoedanigheid gepos.)
En ja, Sanlam is nie onskuldig nie - ons vee vreeslik, want ons deur is
so groot. Om die waarheid te sê, ons het ons nuwe Web-ruimte, wat op 1
Februarie afskop, in Engels ontwikkel, en werk nou 20 uur per dag om die
Afrikaans betyds gereed te kry. En ons gaan nie alles klaarkry nie - ek
weet dit nou al.
Groete
Deon
> Sanlam (d...@iafrica.com) wrote:
> : Hallo almal
>
> : Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
> : tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.
>
> : 'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
> : om hulle tot ander insigte te bring.
>
> : Groete
>
> : Deon Meyer
> Deon,
>
> Daar moet sekerlik iets fout wees, want my ABSA tuisbankdiens op Beltel is
> in Afrikaans, en bied trouens die keuse van taal aan. Miskien is hulle goed
> op die Web nog nie vertaal nie? Het jy al navraag by hulle gedoen?
>
> Ek sien jy skryf SANLAM as jou site, baie van die goed wat ek deesdae van
> SANLAM kry is ook net in Engels, en ek praat nie van gemorspos nie, maar
> goed wat aan my persoonlik gerig is. Gaan vee gerus eers voor jou (julle)
> eie deur.
>
> Groetnis,
> Dries
>
|
|
|
Re: Absa se gebrek aan Afrikaans (teenoor Sanlam en andere) [boodskap #8265 is 'n antwoord op boodskap #8202] |
Wed, 29 January 1997 00:00  |
Wessels
Boodskappe: 43 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In article , g...@usa.net says...
>
> Dagsê
>
> Dit sal gaaf wees as ABSA se tuisbankdiens op die web ook in afrikaans
> is.
>
> Sanlam verdien 'n pluimpie vir hulle puik Afrikaanse bladsye by
> http://www.sanlam.co.za/indexa.htm, maar ek sou graag reeds op
> hulle tuisblad by http://www.sanlam.co.za 'n skakel na die
> afrikaanse deel wou sien.
>
> Hoekom is jou naam Sanlam, en nie Deon Meyer nie?
> Verteenwoordig jou mening Sanlam se amptelike standpunt?
> Dis nie 'n aanval nie - ek wil maar net weet of die bydrae
> amptelik is of nie.
>
> Vir nog kommersiële bladsye in Afrikaans, gaan kyk gerus by:
> http://www.oocities.org/Heartland/9657/dieknoop.htm#handel
>
> Mooi loop
>
Beste Gert
Die "Sanlam" was 'n glipsie - die versoek was in my persoonlike
hoedanigheid gedoen en ek sit nou nog met 'n rooi gesig. Dit kom daarvan
as 'n mens b,lindelings 'n nuwe USENET-applikasie toets.
Groete
Deon
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 16:19:04 UTC 2025
|