Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pamflet/plakkaatverskrik
Pamflet/plakkaatverskrik [boodskap #80207] |
Mon, 07 July 2003 12:48  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis nou onse stadsraad en onse regering.
1) Voorverlede Saterdag is KIKS ( Kaapstads Internasionale
Konferensiesentrum ) ( mens sien net oral die Engelse CTICC op die
aanwysingsborde) amptelik geopen.
Daar was 6000 genooide gaste vir die geleentheid. Daar was nie eers 'n
geringe kans om daar te kon inkom sonder 'n uitnodiging nie. Die twee
hoofkunstenaars wat opgetree het by die geleentheid was Vanessa Mae en
Sibongeli Khumalo.
Alles goed en wel - maar ek ry vandag in Durbanweg op na Tygervallei, en op
elke liewe lamppaal is daar 'n plakkaat wat Vanessa Mae en Sibongeli Khumalo
se optrede adverteer, so asof dit 'n soort popkonsert is wat mens kan gaan
kyk as jy betaal.
Totaal geheel en al oorbodig.
2) Vandag by die Poskantoor sien ek daar 'n pamflet om te lees en wys te
word - ek vat toe een van die Afrikaanses - en op die voorblad staan daar
mooi:
Die Gety Het Gedraai
Die pamflet is in kleur gedruk, en beslaan uit 6 panele wat op albei kante
gedruk is - 'n lywige dokument wat net vinnige lesers kan deurlees terwyl
hulle in die ry staan en wag.
Nietemin - So deur die week sal ek vir julle die verskeie juweeltjies uit
hierdie inligtingstuk pos.
Die eerste wat my opgeval het is dat die hele ding gaan oor hoe dit met ons
gaan in 2003, en die tweede opskrif is dan ook inderdaad:
Program van Aksie vir 2003.
Die pamflet is uitgereik deur GCIS ( Government Communications) en op die
laaste paneel is daar 'n pragtige opsomming onder die opskrif:
Vryheid het Vordering gebring -
En heel onder word die bron aangetoon as:
Statistiek SA se 1995 October Household Survey ( onthou nou ons is by
2003!!) en 2002 Labour Force Survey ( wat 'n bleddie leuen is, want ek sit
hier met twee statistiekopgawes vir die motorherstelnywerheid t.o.v. 2002
wat ek moet voltooi voor die einde van hierdie maand - dus is daardie labour
fource survey onvolledig).
Nietemin - lees en word wys en gelukkig:))
Volgens bg bronne sien ons dus die volgende tabel:
Resultate van regeringsprogramme (1994 tot 2002)
Mense met toegang tot skoon water ( Gemeenskapsverskaffingsprogram)
8,339,054
( Dis nou voor DD sy huurders se water laat afsny het:))) )
Aantal verbindings tot die elektrisiteitsnetwerk 3,803,160
( Ek neem aan dis nou slegs die wettige verbindings)
Gesubsidieerde behuising voltooi of onder konstruksie 1,462,629
( skiet bietjie kort vir die 5 miljoen wat voor April 1999 klaar sou wees)
Verhoogde toegang tot dienste 1995 2000
Huishoudings in formele behuising 65,8 72,6
Huishoudings met elektrisiteit as
hoofbron van lig 63,5
71,7
Huishoudings met kraanwater
as hoofbron 78,5
84,3
Huishoudings met spoel- of
chemiese toilette 56,9
58,3
Wat ek nou net wil weet is waar kry hulle die 2000 syfers vandaan as hulle
die 1995 statistiekbron gebruik het?
Tweedens werk die somme nie so lekker nie - want as ek so na die
Smartiehuise kyk, sien ek nie groot gemeenskaplike ablusieblokke nie, nog
minder kleinhuisies buite op die klein erfies.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pamflet/plakkaatverskrik [boodskap #80246 is 'n antwoord op boodskap #80215] |
Mon, 07 July 2003 20:30   |
FS
Boodskappe: 11 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> Ek het nie so baie lekker vertroue in SA Stats na die inflasiedebakel nie.
> Propaganda? Hoekom is daar dan net Afrikaanse en Engelse pamflette by die
> poskantoor?
>
> Annette
>
ek is nie seker watter proses hulle deurgaan met data en verslae nie, maar
ek reken dit is oop vir die publiek om te "scrutinise". so as niemand
openlik dit onder twyfel bring (audit) nie, sal dit staan as die waarheid.
as iemand hulle onafhanklik verkeerd kan bewys, dan sal hulle rooi gesigte
kry, en 'n paar mense moet fire.
maar niemand wil hulle verkeerd bewys nie - dit kos bietjie geld om daai
informasie bymekaar te kry. hoe lekker werk my tax geld nou! ;)
eskom hou sy eie rekords van elektrisiteit, en is 'n privaat maatskappy -
dus nie (heeltemal) onder staats beheer nie. ek weet watter tipe berekeninge
gaan in kragvoorsiening in - ek is 'n elektroniese ingenieur. jy moet jou
somme reg doen, anders "blaas" jy die "generators". dus as mens by hulle die
gemiddelde kraggebruik kry per huishouding, hoort dit heel akkuraat te wees.
vind meer uit by www.eskom.co.za en vergelyk dit met die pamflette.
inflasie... dis ekonomie en ek is seker niemand in die wereld het enyway 'n
clue hoe dit werk nie ;) nie my sterkste punt nie.
deur propaganda bedoel ek hier die advertering van 'n politieke entiteit van
feite wat in sy guns tel en die feite wat teen sy guns tel ignoreer. mens
weet nooit.
al wat ek se: die feite is daar, as mens net die moete doen om vir hulle te
soek. ek laaik dit nie baie om 'n feit op "face value" te vat vanaf 'n
artikel en / of pamflette nie. ek laaik dit om dit te ondersoek. mens moet
vir jouself dink.
so moenie alles glo wat ek se nie, vind dit self uiit!
dis my 2 sente vir vandag.
|
|
|
Re: Pamflet/plakkaatverskrik [boodskap #80259 is 'n antwoord op boodskap #80246] |
Tue, 08 July 2003 03:01   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Geen probleem nie - elkeen is geregtig om sy/haar standpunt hier te stel -
die somme wat nie wou klop nie is dat die voorsiening in elektrisiteit en
water naastenby konstant "toegeneem" het, maar nie die voorsiening van
toiletgeriewe nie.
Terloops - net gisteraand hoor ek or die nuus dat die 1999
sensusopnamesyfers nou uiteindelik klaar verwerk en beskikbaar is.
Annette
"FS" skryf in boodskap news:3f09d856.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Ek het nie so baie lekker vertroue in SA Stats na die inflasiedebakel nie.
>> Propaganda? Hoekom is daar dan net Afrikaanse en Engelse pamflette by die
>> poskantoor?
>>
>> Annette
>>
>
> ek is nie seker watter proses hulle deurgaan met data en verslae nie, maar
> ek reken dit is oop vir die publiek om te "scrutinise". so as niemand
> openlik dit onder twyfel bring (audit) nie, sal dit staan as die waarheid.
> as iemand hulle onafhanklik verkeerd kan bewys, dan sal hulle rooi gesigte
> kry, en 'n paar mense moet fire.
> maar niemand wil hulle verkeerd bewys nie - dit kos bietjie geld om daai
> informasie bymekaar te kry. hoe lekker werk my tax geld nou! ;)
>
> eskom hou sy eie rekords van elektrisiteit, en is 'n privaat maatskappy -
> dus nie (heeltemal) onder staats beheer nie. ek weet watter tipe berekeninge
> gaan in kragvoorsiening in - ek is 'n elektroniese ingenieur. jy moet jou
> somme reg doen, anders "blaas" jy die "generators". dus as mens by hulle die
> gemiddelde kraggebruik kry per huishouding, hoort dit heel akkuraat te wees.
> vind meer uit by www.eskom.co.za en vergelyk dit met die pamflette.
>
> inflasie... dis ekonomie en ek is seker niemand in die wereld het enyway 'n
> clue hoe dit werk nie ;) nie my sterkste punt nie.
>
> deur propaganda bedoel ek hier die advertering van 'n politieke entiteit van
> feite wat in sy guns tel en die feite wat teen sy guns tel ignoreer. mens
> weet nooit.
>
> al wat ek se: die feite is daar, as mens net die moete doen om vir hulle te
> soek. ek laaik dit nie baie om 'n feit op "face value" te vat vanaf 'n
> artikel en / of pamflette nie. ek laaik dit om dit te ondersoek. mens moet
> vir jouself dink.
> so moenie alles glo wat ek se nie, vind dit self uiit!
>
> dis my 2 sente vir vandag.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Bleddie leuens [boodskap #80385 is 'n antwoord op boodskap #80367] |
Thu, 10 July 2003 12:54  |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Annette : 2002 Labour Force Survey ( wat 'n bleddie leuen
is, want ek sit hier met twee statistiekopgawes - dus is
daardie labour fource survey onvolledig).
Joeboy :
Volgens hulle website id die LFS n huishoudings opname, gevolglik is die
2 opgawes wat jy het nie deel van die LFS nie, eerder van n ander reeks.
Wouter
Annette se inligting was dan onvolledig en sy het dus 'n bleddie
leuen vertel :-)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 26 20:58:11 UTC 2025
|