Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Harry Potter
Harry Potter [boodskap #79901] |
Mon, 30 June 2003 19:32  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sien my weer oor so twee - drie dae wanneer ek klaar is met my Harry Potter
boek, ek het met baie moeite die boek neergesit, en het gou ingeloer om te
kyk hoe gaan dinge hier. Ek gaan nou weer verder lees, in elk geval 100
keer meer interessant en boeiend as Antie Gloudina se se geweeklaag oor
rassisme en apartheid.
Groete
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Harry Potter [boodskap #79962 is 'n antwoord op boodskap #79955] |
Tue, 01 July 2003 22:40   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Neeeeeeeeeeeeeeeee, Barney is ut die bose!!!! Daai pers ding gee my
horries, en ek vermoed kinders kry nogal 'n verwronge sin van werklikheid by
hom leer.
Maar verder steur ek my nie juis aan die lot wat Lucifer agter elke wolkie
en takkie gaan soek nie. Hulle is almal in die bol gepik.
E
"Pete" skryf in boodskap news:bdsk17$49d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek is 'n sci-fi fan en ook van snaaksighede soos Harry Potter. Nou kom
> vriende en reken dis van die bose - soos wat Barney, Teletubbies, Pokemon,
> Dr Brain, Tamagochi, Digimon, ens ens ens ens ens ens is.
>
> Maak my siek, hierdie duiwel agter elke bos. Glo meer in die duiwel as in
> die Opperste as jy my sou vra......
>
|
|
|
Re: Harry Potter [boodskap #79963 is 'n antwoord op boodskap #79959] |
Tue, 01 July 2003 22:44   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jong, dit was naby of ek het gaan kyk wie's dood!! Maar ek het myself
suksesvol gekeer. Ek het nog net 'n 200 bladsye oor, dan's ek klaar. Ek
hoor die Amerikaanse weergawe van die boek het oor die 900 bladsye! O, en
die boek het wêreldwyd op dieselde dag uitgekom (21 Julie). Dit was glo die
grootste boek "launch" ooit! Ons het 3 jaar gewag en ek weet nie of dit die
moeite werd is nie, maar ek hoop van harte ons wag nie so lank vir die
volgende een nie!
E
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f02007b_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Annette" wrote in message
> news:bdsatc$10dusk$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Op vandag se Argus voorblad word vertel dat iemand by gister se
> doodsberigte
>> die aap uit die mou gelaat het.
>> Ek het gaan kyk, maar niks gesien nie.
>> Nou wag ek maar:))
>>
>> Annette
>>
>
> Toe die boek 10 dae gelede hier uitgekom het die boekwinkels middernag
> oopgemaak om die boek te begin verkoop. Ek het in 'n oomblik van swakheid 'n
> vriendin se kinders belowe om saam met hulle te gaan tou staan om die boek
> te koop. Op die ou einde het ek dit nogal geniet. Al die kinders was
> aangetrek soos Harry, Hermione, Dumbledore of 'n ander karakter en die
> betrokke boekwinkel het vir almal melk en koekies aangebied. Die mense wat
> uit die pubs gekom het was nogal verbaas om hulle skielik vas te loop in
> honderde klein heksies en towenaars. Annette as jy regtig wil weet, scroll
> af, anders hou hier op lees.
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> *
> Dis Sirius.
>
> Lorinda
>
|
|
|
|
|
|
Re: Harry Potter [boodskap #79980 is 'n antwoord op boodskap #79955] |
Wed, 02 July 2003 08:26   |
Max[2]
Boodskappe: 47 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Waar lê jou streep wat jy trek, van wat jy aan jou kinders sal laat
sien en wat nie?
Elke ouer het 'n plig om te weet waarna sy kinders kyk. Elke ouer het
ook die voorreg om te besluit wat aanvaarbaar is vir sy kinders, en
wat nie. Persoonlik sou ek nie te klein kinders na Harry Potter laat
kyk nie... Nie oor die "duiwelse" aspek daarvan nie, maar plain omdat
dit scary flieks is.
As jy die Bybel letterlik opneem, is Harry Potter niks anders as "uit
die bose" nie. Maar gelukkig neem ons nie meer die Bybel letterlik op
nie, en pas ons hom aan om by óns te pas.
Dit sal my nie pla as my kinders na kaal tiete kyk nie, maar sommige
kinderprogramme laat my hare rys!
Gun jou vriende die vryheid om self te besluit - onthou, dis hulle
Christelike plig om aan jou uit te wys dat dit nie Bybels is nie...
Harry Potter is in elk geval baie beter vermaak as byvoorbeeld Big
Brother... Die besoedeling op jou siel? Volgens my ewe veel!
Max___________________________________________
"Pete"
> Ek is 'n sci-fi fan en ook van snaaksighede soos Harry Potter. Nou kom
> vriende en reken dis van die bose - soos wat Barney, Teletubbies, Pokemon,
> Dr Brain, Tamagochi, Digimon, ens ens ens ens ens ens is.
>
> Maak my siek, hierdie duiwel agter elke bos. Glo meer in die duiwel as in
> die Opperste as jy my sou vra......
|
|
|
Re: Harry Potter [boodskap #79993 is 'n antwoord op boodskap #79980] |
Wed, 02 July 2003 12:45   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
Maar gelukkig neem ons nie meer die Bybel letterlik op
> nie, en pas ons hom aan om by óns te pas.
Ek hoop egter, Max, dat jy dit wat Christus
verkondig het, letterlik opneem. Neem ook
maar die bergpredikasie letterlik op. Wat
Christus verkondig het, is soos yoga - jy
moet dit praktiseer, jy kan nie dit net
intellektueel aanvaar nie. Net soos dit wat
Gautama Buddha verkondig het. Jy moet die
dinge doen waaroor Christus en Gautama
praat, al is dit ook so moeilik as om deur
die oog van 'n naald te gaan. Dis natuurlik
daar waar ons almal tekort skiet. Maar solank
as ons probeer, is ons glo op die regte pad.
Gloudina
|
|
|
Re: Harry Potter [boodskap #79994 is 'n antwoord op boodskap #79980] |
Wed, 02 July 2003 12:51   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Dit sal my nie pla as my kinders na kaal tiete kyk nie, maar sommige
> kinderprogramme laat my hare rys!
Ek stem met jou saam. Ek sidder as ek dink
dat hele generasies van veral Amerikaanse
kinders grootgemaak word op die "Roadrunner"
se moord en doodslag. En eintlik is daardie
programme nie vir klein kindertjies nie. Dis
eintlik meer snaaks vir grootmense, wat hulself
vermaak deur hierdie soort cartoons te fabriseer.
Ek merk op dat my tweejarige kleinseun gereeld
as hy 'n keuse het, 'n Kanadees-geproduseerde
cartoon "Caillou" kies om na te kyk. Dis oor
'n klein seuntjie en sy "probleme" en mens sou
nie dink die kinders sou dit oor en oor wil
sien nie, maar hulle hou daarvan.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Feb 25 11:47:18 UTC 2025
|