Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Twee Oorlogsgedigte
Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7931] Vr, 03 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het grootgeword in SA met stories oor die Tweede
Wereldoorlog, stories met name soos Tobruk daarin,
stories vertel deur ouerige manne met 'n sekere kyk in
die oë, asof oorlog gevaarlik maar tog ook lekker kon
wees. Dis eers toe ek hier in Noord-Amerika aanland
en sien watter verwarring Vietnam in die psige van die
noord-amerikaner teweeggebring het, dat ek oorlog met
'n giftige haat begin haat het. En dat my geboorteland
nou sy eie Vietnam moes deurgaan : die verspilling van
onnodige bloed, die kille manipulasie van menselewens
vir politieke gewin, die uiteindelike vernedering van nie
eens 'n militere sukses te behaal nie. Hier volg twee
gedigte uit daardie oorlog.

GUNSHIP BLUES
Charl Durand

Ratel rations
terrs vir brekfis
Angolese pesos in my hand
boshoed pasop
breekpunt Charlie
blinkboud op Zambezi-walle.
Pb's weet
landmynskrapnel
R1 bid
my God is naby.
Rooilynkaart
Boesman sing
Swapo sny lyn
Kolonel Koljander
soeksteek hier
patrollie daar
bivouac vannag
boshappy daglig
prewel sakbybel
pantserhart
bloederige rendezvous
chopperstretcher
almal saam:
ons vir jou,
Pretoria.

Rundu April 1985

NAWEEKPAS
Antjie Krog

skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en 'n hewige opmars van simbale oor die veld

daars 'n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van
onrus en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos 'n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
'n toekoms vir sy ondergang te bou.


(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7943 is 'n antwoord op boodskap #7931] So, 05 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
SA het nie verloor in die grens oorlog nie. SWA was nooit SA s'n om te
maak mee soos hulle goed dink nie, hulle het hul onafhanklikheid gekry en
die las op SA is verlig. Die ANC het in SA aan bewind gekom omdat De
Klerk die land vir hulle gegee het, ek hoop hy het sy betaling alreeds
gekry.

JHV
Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7944 is 'n antwoord op boodskap #7931] So, 05 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jan 1997 08:09:14 GMT, wrote:

dat dit geensins korrek is om te se dat die SADF n militere nederlaag gely[/color]
> het nie.Dit is maklik om nou uit die oog te verloor wat die politieke situasie
> was.>>>

Dis nou Jannie G was so se.
Wat laat my dink hy sal so se?
Wat laat my dink hy moet so se?

Daar is ander argumente.

Vir my duik die volgende drie vrae natuurlik altyd op as al die
argumente gaan le het:
1. Hoekom is Suidwes vandag Namibie?
2. Wie regeer Angola?
3. Hoekom is die ANC aan bewind in SA?

Dis bietjie soos the ou Rhodesiers wat met sulke stywe oe aanhoudend
aan jou se hulle het die oorlog gewen.
Dan vra ek ek: So, aan wie se kant was Mugabe dan?
Dan wil hulle nie verder praat nie.

Die volgende staan vir my baie duidelik:
1. Die Amerikaners het op hulle moer gekry in Vietnam.
2. Die SAW het op hulle moer gekry in Suider-Afrika. Hulle het soveel
veldslae gewen, maar die oorlog verloor. Die oorlog was om apartheid
in te hou en die "kommuniste" uit te hou.

Apartheid is vandag weg. Die "kommuniste" is aan bewind. Joe Modise
van die ANC is die minister van verdediging.

There you have it.
Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7945 is 'n antwoord op boodskap #7931] So, 05 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
<your_...  is tans af-lyn  <your_...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes: >
>
>
> kille manipulasie van menselewens
> vir politieke gewin, die uiteindelike vernedering van nie
> eens 'n militere sukses te behaal nie.
>
> (ingetik deur gloudina bouwer)
>
> Hallo

Tot dusver was ek n geintereseerde leser/besoeker van die nuusgroep maar
ek voel genope om n regstelling te maak oor Gloudina se bg. stelling.
> Die volgende tabel kom uit Genl Jannie Geldenhuys se boek A General's
story. (From an era of war and peace )

Results of the fighting between September 1987 and April 1988

Cuban-Fapla Forces SA Defence Force
(damage done by SADF and Unita) (damage done by Soviets,cubans
and Fapla)

TANKS 94 TANKS 3
> Armoured troop & combat
vehicles 100 Ratel infantry vehicles 5
BM21/BM14 MRL's 34 Casspirs 3
D30/M-46 Guns 9 Rinkhals 1
TMM Mobile bridges 7 Withings 1
Logistic vehicles 389 Kwevoel 1
(last five all vehicles)
Artillery,rocket,missile
systems 15 Radars 5
23mm anti-aircraft guns 22
MIG 21/23 combat aircraft 9 Mirage F-1(one due to enemy 2
& one due to accident)
Helicopters 9 Bosbok light reconnaisance 1
aircraft

4785 Cuban/Fapla men confirmed killed in action not including deserters &
wounded (the real figure probably a few thousand more)

31 Killed in action on the South African side.Six more died of malaria.

In sy boek word heelwat ander inligting ook genoem wat alles daarop dui
dat dit geensins korrek is om te se dat die SADF n militere nederlaag gely
het nie.Dit is maklik om nou uit die oog te verloor wat die politieke situasie
was.

Ek was self deel van daardie oorlog in n beperkte mate en ek is oortuig dat
die SADF se personeel meer positief as negatief te weeg gebring het in SWA.

Julian de Beer
Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7953 is 'n antwoord op boodskap #7931] Ma, 06 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jan 1997 21:12:30 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:

>[/color]

Maar "hulle" was dan in die land voor De Klerk? Hoe kan hy die land
dan aan hulle "gee"?

En actually het die ANC aan bewind gekom met 'n demokratiese
verkiesing waaraan die NP ook deelgeneem het.

Die KP kon ook deelgeneem het as hy wou.

En dan: Moet ek die antwoord interpreteer dat jy dink apartheid was
goed en dat De Klerk eerder die oorlogsvlakke moet geintensifiseer het
in 'n poging om wit minderheidsregering in stand te hou?
Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7962 is 'n antwoord op boodskap #7931] Di, 07 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
> dui
>> dat dit geensins korrek is om te se dat die SADF n militere nederlaag gely
>> het nie.Dit is maklik om nou uit die oog te verloor wat die politieke situasie
>> was.>>>
>
> Vir my duik die volgende drie vrae natuurlik altyd op as al die
> argumente gaan le het:
> 1. Hoekom is Suidwes vandag Namibie?
> 2. Wie regeer Angola?
> 3. Hoekom is die ANC aan bewind in SA?



> Die volgende staan vir my baie duidelik:
> 1. Die Amerikaners het op hulle moer gekry in Vietnam.
> 2. Die SAW het op hulle moer gekry in Suider-Afrika. Hulle het soveel
> veldslae gewen, maar die oorlog verloor. Die oorlog was om apartheid
> in te hou en die "kommuniste" uit te hou.
>
> Apartheid is vandag weg. Die "kommuniste" is aan bewind. Joe Modise
> van die ANC is die minister van verdediging.
>
> There you have it.

Let op die sleutelwoord "militer". Dit is interessant dat jy die
voorbeeld van Vietnam genoem het, want daar was dit in 'n groot mate
dieselfde storie. Die oorlog is verloor, ja, maar op politieke, en/of
ekonomiese gebied, nie op militere gebied nie.

Groetnis
Johan
Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7963 is 'n antwoord op boodskap #7931] Di, 07 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 07 Jan 1997 09:32:01 +0200, Johan Conroy
wrote:

voorbeeld van Vietnam genoem het, want daar was dit in 'n groot mate[/color]
> dieselfde storie. Die oorlog is verloor, ja, maar op politieke, en/of
> ekonomiese gebied, nie op militere gebied nie.>>>

OK. So as militer en politiek onverwant is of selfs verwant maar nie
regstreeks nie, dan volg dit vir my half logies dat 'n mens sal moet
se oorloe word gevoer soos rugby wedstryde, so half asof dit 'n sport
is wat daar anderkant in die distansie gehou word sonder dat dit impak
op die politiek - wat tot 'n groot mate 'n versamelwoord vir die
dinamieke van die gemeenskap is.

Kan die oorlog op militere gebied gewen word word maar op politieke
gebied verloor word? Ek glo nie. Die twee is twee kante van dieselfde
ding en voorts word die militer aangedryf deur die politiek. Dit
beskerm die politiek en verkry sy legitimiteit van die politiek.

Jannie Geldenhuys het nie so op sy eie in die menasie besluit om
Angola binne te val nie.
In fact, hy kon dit die doen sonder dat PW hom aangese het om dit te
doen nie.

Die soldate was oorwegend burgerlikes. Die geld was belastinggeld. Die
besluite was politieke besluite geneem deur die kabinet (of in
"kerkraadsvergaderings op Saterdae" ). Die doel was die beskerming van
die politieke werklikheid en die vernietinging van die opponerende
politieke werklikheid.
Niemand wou SA binneval nie. Die "oorlog" het oor een ding gegaan: Die
ANC wou alle Suid-Afrikaners stemreg gee en die NP wou nie. Dieselfde
het gegeld wat die SAW en Swapo in Suidwes betref.

Nou kom jy en se die oorlog en die politiek het nie met mekaar te doen
nie? En jy kan die een loshande wen en ander een loshande verloor?

In elk geval guerilla-oorlog - wat die vorm van oorlogvoering was wat
die SAW beveg het - voorvereis dat die politiek en die oorlog
dieselfde ding is.
Die ANC en Swapo het dit ook so geveg, Om die waarheid te se, die De
Kock (en ander) hofsaak en die waarheidskommissie wys toenemend dat
die Polisie en die SAW dit inderdaad ook so beskou het.

As jy verloor het, het jy verloor. Dis al. En ons het verloor.
Re: Twee Oorlog [boodskap #7974 is 'n antwoord op boodskap #7931] Wo, 08 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Let wel ek is nie (en ek dink of hoop jy is ook nie Koos) deel van die ons
wat verloor het nie.
Hulle het genadiglik verloor. Hoe anders. Hulle het nooit n sweem van n
kans gehad om te wen nie.
En sekerlik nie n eerlike verkiesing waar ALMAL mog stem nie.
Daar is egter n vreemde esoteriese wet en dit is dat die verlieser n wenner
kan word, maar dan op n ander vlak van bewussyn.

Om ewe afstand te kry en n ander perspektief: daar is drie miljoen
werklose mense in Duitsland seker soveel as die hele volwasse
Afrikanergroep in RSA.

Gegroet
xfiles
Re: Twee Oorlog [boodskap #7975 is 'n antwoord op boodskap #7931] Wo, 08 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jan 1997 00:12:35 GMT, "xfiles" wrote:

werklose mense in Duitsland seker soveel as die hele volwasse[/color]
> Afrikanergroep in RSA. >>>

Hier is 'n lelike "leveler": Volgens Paul Theroux in sy reisverhaal
oor moderne China, is daar soaet 30 miljoen grotbewoners in China!
Mense wat grotte as huise het.
Re: Twee Oorlogsgedigte [boodskap #7976 is 'n antwoord op boodskap #7931] Wo, 08 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
> > voorbeeld van Vietnam genoem het, want daar was dit in 'n groot mate
>> dieselfde storie. Die oorlog is verloor, ja, maar op politieke, en/of
>> ekonomiese gebied, nie op militere gebied nie.>>>
>
> OK. So as militer en politiek onverwant is of selfs verwant maar nie
> regstreeks nie, dan volg dit vir my half logies dat 'n mens sal moet
> se oorloe word gevoer soos rugby wedstryde, so half asof dit 'n sport
> is wat daar anderkant in die distansie gehou word sonder dat dit impak
> op die politiek - wat tot 'n groot mate 'n versamelwoord vir die
> dinamieke van die gemeenskap is.
>
So as militer en politiek dieselfde ding is, hoekom dan die moeite doen
om verskillende terme vir die goed te he?

Militere konflik is 'n stuk gereedskap wat gebruik kan word om die
politieke speletjie te speel. Ek kan nie dink aan 'n voorbeeld waar dit
al ooit andersom gewerk het nie, m.a.w. dat politiek as 'n militere
instrument gebruik is nie.

As jy die speletjie verloor beteken dit nie dat jou instrument verkeerd
gewerk het nie. Dit was dalk net die verkeerde instrument om te
gebruik, of jou kanse in die speletjie was reeds so sleg dat die
effektiewe gebruik van hierdie instrument jou steeds nie kon laat wen
nie.

'n Politieke nederlaag impliseer dus nie noodwendig 'n militere
nederlaag nie, omdat die militere konflik dikwels net tussen twee partye
is, terwyl die politiek ook met druk van derde partye moet rekening hou.

Ek bly by my punt dat Suid-Afrika beslis nie in Angola 'n militere
nederlaag gely het nie. As iemand met my verskil, moet ons miskien net
eers militer definieer voordat ons verder gaan.

Johan

#include

Johan
Vorige onderwerp: Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA
Volgende onderwerp: "Ballade van die Nagtelike Ure" - N.P. van Wyk Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 13:27:44 MGT 2024