Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Norbert se moll
Norbert se moll [boodskap #79548] So, 22 Junie 2003 23:04 na volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert

ek wonner maar net hoe gaan dit met jou molle???

Gr.Rico
Re: Norbert se moll [boodskap #79549 is 'n antwoord op boodskap #79548] So, 22 Junie 2003 23:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Jun 2003 01:04:37 +0200, "Rico" wrote:

> Norbert
>
> ek wonner maar net hoe gaan dit met jou molle???
>
> Gr.Rico
>

Hulle het 'n ondergrondse beweging begin, Rico

DD
Re: Norbert se moll [boodskap #79559 is 'n antwoord op boodskap #79549] Ma, 23 Junie 2003 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
">
>> Norbert
>>
>> ek wonner maar net hoe gaan dit met jou molle???
>>
>> Gr.Rico
>>
>
> Hulle het 'n ondergrondse beweging begin, Rico
>
> DD

en ek dink Norbert is ook 'n mol geword, waar is die ou??

Gr.Rico
Re: Norbert se moll [boodskap #79568 is 'n antwoord op boodskap #79559] Ma, 23 Junie 2003 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Jun 2003 11:09:13 +0200, "Rico" wrote:

> en ek dink Norbert is ook 'n mol geword, waar is die ou??
>
> Gr.Rico
>

Ek is nog steeds hier maar ek het die laaste week probleme gehad met
my rekenaar (selfs nog nie heeltemal opgelos nie maar ek kan terug
e-pos en nuusberigte skryf).
Neen, ek het nou geen las meer met my molle nie. Hulle is weggegaan.
Maar ek het nou wel las van my kat. Ek het nou mooi wortels staan en
my kat soek nou koelte tussen die blaaie van daardie wortels. Hy lê se
eie daar om te slaap. Hy draai en wentel sy eie sodanig daarin rond
dat hy skade maak. Ek gaan hom een van dees dae eens 'n emmer koud
water oor sy rug giet as ek hom daar nog eens vind. Hy sal dit nie
vergeet nie. Dis beter as hardroep en hom slae gee.
Ek het nou baie werk in my tuin. Alles groei en groei maar moet alles
goed onderhou. Onkruid is direk orals. Maar dit gaan tog goed. Ek het
al reusagtige wortels, spitskooltjies, slaai, brokolli, radyse,
seldery en ons het al drie maal varse spinasie kan eet. My bloemkole
is al almal opgeëet. Ons tomatjies dra al blommetjies en ek het ook al
klein paprikas. Die spruite staan al 'n halwe meter hoog. Ook my
skorseniere is prima en daardie boontjies! Dis 'n plesier om dit te
sien!! My ertjies het baie skade gehad deur die hael wat laaste maand
geval het maar hulle het tog 'n bietjie kan herstel. Dan het ek nog
sjalotte, rode kool en prei. Og, ek kan nie oor alles praat nie, nè?
Jy sou ook eens my courgettes moet bekyk. Mooi! Vannoggend het ek nog
venkel geplant.
Nou, julle moenie ongerus wees, ek lewe nog en ek lees nog elke dag
hierdie nuusberigte, soveel as moontlik!
Wat maak die Afrikaners in hulle tuin? Hulle mag daar ook eens oor
praat. Dis nog iets anders as politiek. Is daar in Suid-Afrika ook
mense wat groentes kweek vir hulle eie? En wat saai hulle dan?
Ek voel me eie goed in my tuin. En die groentes is baie lekker en
gesond as hulle so vars uit die grond kom. Dis nogal 'n verskil met
die halfdooie produkte van die groenteboer.

Almal baie groete uit Vlaandere!!

Norbert
Re: Norbert se moll [boodskap #79580 is 'n antwoord op boodskap #79568] Ma, 23 Junie 2003 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sterrenkijker wrote:

Elkeer keer as ek die opskrif van die pos

sien, Norbert se moll, dan dink ek daaraan
as die Engelse woord "moll" wat ongeveer
iets soos girlfriend beteken, maar met 'n
pejoratiewe betekenis. Miskien moet jy vir
ons meer van jou liefdeslewe vertel, Norbert.

bloemkole (blomkool in Afrikaans)

tomatjies (tamaties, tamatetjies vir die verkleinwoord)
rode kool (rooikool)

courgettes - wat is dit?
> venkel - vinkel en koljander

Gloudina
Re: Norbert se moll [boodskap #79583 is 'n antwoord op boodskap #79580] Ma, 23 Junie 2003 17:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Jun 2003 15:01:15 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Sterrenkijker wrote:
>
>
> Elkeer keer as ek die opskrif van die pos
>
> sien, Norbert se moll, dan dink ek daaraan
> as die Engelse woord "moll" wat ongeveer
> iets soos girlfriend beteken, maar met 'n
> pejoratiewe betekenis. Miskien moet jy vir
> ons meer van jou liefdeslewe vertel, Norbert.
>
>
>
> bloemkole (blomkool in Afrikaans)
>
> tomatjies (tamaties, tamatetjies vir die verkleinwoord)
> rode kool (rooikool)
>
> courgettes - wat is dit?
>> venkel - vinkel en koljander
>
>
> Gloudina

Dankie vir jou reaksie, Gloudina! Ag, as hulle praat oor my "mol"..
Hmm.., hulle sou nie ongelyk het (OPPAS!!), maar dit steur my eintlik
nie. As hulle dink hulle moet dit sê vir my girlfriend in
Suid-Afrika.., nou, hulle doen maar! Hulle moet dan wel met die
konsekwensies rekening hou! Nie van my kant af nie! Ek het mos niks
gesê nie, nè? As hulle môre op die skavot tereggestel word, dan is dit
maar hulle eie skuld. Hulle dink hulle is dapper, maar die
vrywilligers mag eerst gaan, weet jy?!
Dankie vir die taalkundige inligtings, Gloudina. Ag, weet jy, ek gaan
dit in die toekoms nog verkeerd besig, weet jy! Maar ek vind dit wel
interessant. Blomkool in plaas van "bloemkool"? Ja-ja, eintlik had ek
nie ander verwag nie! En inderdaad, ek het al gelees oor "tamatjies",
selfs op hierdie nuusgroep! En julle sê "rooikool"? Ja, hierdie is
eintlik normaal, nè? Ons sê in ons Vlaamse dialekte ook gewoon
"rooikool"!
Nou, ek glo jy weet tog wel wat "courgettes" is. Ek dink, in Kanada en
in die U.S.A. sal 'n mens meer praat oor "zucchini" en daar is baie
webbladsye daaroor. Ek dink die Afrikaners moet dit ook weet want
"courgette" is nie 'n plant van hier in Vlaandere nie. Dis meer
Suid-Frankryk, Spanje, Italië. Dus ek dink dit sal nie onbekend wees
in Suid-Afrika nie. Ek moet my courgettes hier in Vlaandere onder
plastiek of onder glas kweek. Ek weet seker jy kan dit in Kanada ook
koop. Loer maar hier:
http://www.tozerseeds.co.uk/products/specialities/main.htm
Maar ek weet nie watter naam die Afrikaners daaraan gee nie.
My liefdeslewe? Ag, ek moet sê, Gloudina, dis O.K. Ek moet gewoon sê:
ek doen wat ek kan doen. Daar is waarskynlik beter minnaars as ekself
maar maar ek kan maar net soveel petrol gee as ek in voorraad het. Dus
jy verstaan waaroor ek praat, nè? Die Vlaminge sê: 'n Man die doet wat
hij kan is een waardig man!"
Dankie vir die inligtings oor "vinkel". Ja, inderdaad, ek het dit ook
in Kritzinger teruggevind. Ek het eintlik nie geweet dit sou "vinkel"
wees nie want Kramers het dit nie in sy woordeboek staan nie. Maar
"koljander" is nie vinkel nie, nè? Koljander = choriander en dis
eintlik tog twee verskillende plante, nè? Ek weet daar is 'n
Afrikaanse spreekwoord wat sê: "Dis vinkel en koljander" en die
Afrikaanse betekenis is: "die een is soos die ander". Maar tog is
vinkel en koljander nie dieselfde plante nie. Ek weet slegs dat vinkel
en koljander al 'n lange geskiedenis hê. Al die Middeleeuers sou
geweet het wat vinkel en koljander was. Vinkel was al deur die
Egiptenare geken en koljander.., daar praat die Bybel van! Dus..
Dankie vir jou reaksie, Gloudina! Ek kon dit baie waardeer!!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Norbert se moll [boodskap #79586 is 'n antwoord op boodskap #79583] Ma, 23 Junie 2003 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sterrenkijker wrote:

> Nou, ek glo jy weet tog wel wat "courgettes" is. Ek dink, in Kanada en
> in die U.S.A. sal 'n mens meer praat oor "zucchini"

OK. Ja, ek ken zucchini. Hier in Noord-Amerika
word daar gewoonlik gekgeskeer met die gewoonte
wat kwekers van zucchini het om vir almal wat
hulle ken van hulle zucchinis te gee, en dan
raak die ontvangers van al die groente bietjie
moeg vir al die geskenke, want soms gee twee of
drie ander tuiniers ook nog vir jou zucchini as
geskenk. En hoeveel maniere kan jy nou eintlik
zucchini gaarmaak? Ek sny dit op en kook dit in
rys, en maak 'n mengsel daarvan met ander lae
kalorie-groentes, en dan sit sommige mense dit
in muffins ens.ens. Gee jy ook van jou oes aan
jou bure?

Gloudina
Re: Norbert se moll [boodskap #79601 is 'n antwoord op boodskap #79586] Di, 24 Junie 2003 02:24 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Jun 2003 18:04:49 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Sterrenkijker wrote:
>
>
>> Nou, ek glo jy weet tog wel wat "courgettes" is. Ek dink, in Kanada en
>> in die U.S.A. sal 'n mens meer praat oor "zucchini"
>
>
> OK. Ja, ek ken zucchini. Hier in Noord-Amerika
> word daar gewoonlik gekgeskeer met die gewoonte
> wat kwekers van zucchini het om vir almal wat
> hulle ken van hulle zucchinis te gee, en dan
> raak die ontvangers van al die groente bietjie
> moeg vir al die geskenke, want soms gee twee of
> drie ander tuiniers ook nog vir jou zucchini as
> geskenk. En hoeveel maniere kan jy nou eintlik
> zucchini gaarmaak? Ek sny dit op en kook dit in
> rys, en maak 'n mengsel daarvan met ander lae
> kalorie-groentes, en dan sit sommige mense dit
> in muffins ens.ens. Gee jy ook van jou oes aan
> jou bure?
>
> Gloudina

Ek ken die bereiding waar jy van praat, Gloudina, maar ek het dit nog
nie so gedoen nie. Ek doen gewoonlik soos die mense van Suid-Frankryk:
ek bak die Zucchini met look (garlic), baie sout en pieterselie in
olyfolie. Maar my grootste toepassing van Zucchini is eintlik sop. Die
Zucchinis is eintlik best as hulle nog jonk, klein en sagt is maar ek
lus nie alle dae Zucchini nie. Bowedien groei hulle baie snel en dan
word hulle baie groot en dik (tot 'n halwe meter lang en 15 cm dik!).
Daar maak ek dan roomsop van en ek besig daarby nie een druppel water
nie. Ek draai (slegs) een Zucchini deur 'n sapmasjien en dan het ek
genoeg sap om enige liters sop te maak (ek maak eers die basis van die
sop met uie, Vlaamse boereham, prei, seldery en andere groentes).
Ek verstaan waarom die mense in Kanada hulle Zucchinis weggee.
Waarskynlik kan hulle so'n reus nie verkoop nie.
Ek gee my zucchinis nie an my bure nie. Daar is mense wat dit ken maar
die meeste sou nie weet wat hulle daarmee moet doen nie. My bure is
ouere mense en daardoor is hulle nogal tradisioneel en ofskoon baie
suiderse vrugte en groentes orals verkrygbaar is sal hulle hulle nie
koop nie. Sulke groentes is meer vir jonge, moderne mense wat op reis
gaan in die vakansie en ander kos gewoond is. Tradisionele groentes
soos boontjies, ertjies, wortels, kole.. sal hulle wel eet maar gee
hulle geen paprika nie want dan is dit 'n algemene ontreddering.

Groete!

Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: Van trekkers
Volgende onderwerp: Virrie Hollandse katliefhebbers.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 14:18:58 MGT 2024