Tuis » Lekker » Kos & resepte » Bobotie
Bobotie [boodskap #78649] |
So., 01 Junie 2003 17:02  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Weskusresep
1 kg maalvleis
1 desertlepel suiker
1 gerasperde appel
2 t kerriepoeier
1 dik sny brood
2 eiers
2 e beesvet
2 gekapte middelslaguie
1 desertlepel appelkooskonfyt
1 k warm melk
1/2 k asyn
sout
Braai gekapte uie bruim in warm beesvet en voeg kerriepoeier en suiker by.
Verwyder van hitte en voeg konfyt, appel en asyn by. Meng maalvleis met
brood wat in warm melk geweek is. Voeg sout en dan kerriemengsel by en meng
goed.
Bak sowat 45 min in louwarm oond. Giet mengsel van 2 eiers gelop met 1/2 k
melk en wout en peper oor en bak in matige oond tot bruin.
Dien op met rys.
( ek voeg soms rosyntjies ook by die vleismengsel)
Annette
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bobotie [boodskap #78827 is 'n antwoord op boodskap #78804] |
Wo., 04 Junie 2003 23:06   |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee Annette ek Afrikaniseer nie, dit sal nie moontlik wees nie, ek geniet
net die beste dinge van Afrika en Europa :-)
En ja boerewors is heerlik om te eet, maar ek kan dit nie maak nie, ek weet
ook nie, waar ek darms kan kry, ek ken net 'n paar darms, maar ek wil niet
my wors daar in stop nie :-))))
Babotie, is dit soos Bababotie, Bobotie vir kleintjies????
Gr.Rico
Btw, ek het inmiddels die kookboek van die Afrikaners,
Kook en Geniet!!
"Annette" skryf in boodskap news:bbkr65$aj15h$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek sien vandag, lewensgroot op 'n restaurant se spyskaartbord net langs die
> Grootte Kerk: Babotie!!! Nogal in gekleurde kryt!!
>
> Nietemin Rico - jy gaan goed aan om te Afrikaanseer:)) Het jy 'n
> boereworsresep nodig?:))
>
> Annette
>
>
>
> "Rico" wrote in message
> news:3eddeab9$0$49099$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> dit klink weer baie lekker Annette,
>> maar ek glo ek maak so ongeveer my bobotie en ek doen dit met borrie
>> (koenjit).
>> en natuurlik geel rys.
>> Ek maak dan melktert toe en so trakteer ek my vriende op 'n heerlik
>> Afrikaanse aand, met Afrikaanse wyn en musiek :-)
>>
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:bbdbft$894o1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Weskusresep
>>>
>>> 1 kg maalvleis
>>> 1 desertlepel suiker
>>> 1 gerasperde appel
>>> 2 t kerriepoeier
>>> 1 dik sny brood
>>> 2 eiers
>>> 2 e beesvet
>>> 2 gekapte middelslaguie
>>> 1 desertlepel appelkooskonfyt
>>> 1 k warm melk
>>> 1/2 k asyn
>>> sout
>>>
>>> Braai gekapte uie bruim in warm beesvet en voeg kerriepoeier en suiker by.
>>> Verwyder van hitte en voeg konfyt, appel en asyn by. Meng maalvleis met
>>> brood wat in warm melk geweek is. Voeg sout en dan kerriemengsel by en meng
>>> goed.
>>> Bak sowat 45 min in louwarm oond. Giet mengsel van 2 eiers gelop met 1/2 k
>>> melk en wout en peper oor en bak in matige oond tot bruin.
>>> Dien op met rys.
>>>
>>> ( ek voeg soms rosyntjies ook by die vleismengsel)
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
Re: Bobotie [boodskap #78902 is 'n antwoord op boodskap #78804] |
Sa., 07 Junie 2003 07:31  |
Intact
Boodskappe: 13 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"Annette" skryf:
> Ek sien vandag, lewensgroot op 'n restaurant se spyskaartbord net langs die
> Grootte Kerk: Babotie!!! Nogal in gekleurde kryt!!
In die sestigerjare het ek op 'n keer vakansiewerk by die SAUK
(voorganger van die SABC) in Seepunt, Kaapstad gedoen.
Die restaurantkok (hy was g'n sjef nie) het een dag op die spyskaart
('n swartbord waarop met kryt geskryf is) die dis van die dag as
"Bobbetaai" aangedui.
In albei gevalle hierbo het die skrywers waarskynlik KVA (Kaapse
Vlakte Afrikaans - die teenhanger van KFI: Kyp Flets Ienglish)
gepleeg.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 15 21:36:36 UTC 2025
|