Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ouma en Oupa
Ouma en Oupa [boodskap #78163] |
Fri, 23 May 2003 08:42  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ouma en Oupa sit op die stoep
Oupa gee 'n harde poep
Ouma vra wat makeer
Oupa sê my maag is seer
Ouma sê eet 'n peer
Oupa se nee, dan poep ek weer.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ouma en Oupa [boodskap #78175 is 'n antwoord op boodskap #78163] |
Fri, 23 May 2003 13:19   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Ouma en Oupa sit op die stoep
> Oupa gee 'n harde poep
> Ouma vra wat makeer
> Oupa sê my maag is seer
Hierdie sêding in al sy vorme is natuurlik
een van die stukke kultuurgoed wat meeste
Afrikaners aanmekaar bind. (Ek dink dus
dat dit moes ontstaan het, of ge-erf is,
voor 1838 toe die oorspronklike groep van
"Afrikaners" in twee opgebreek het.)
Ek hou veral van die gebruik wat Kramer
daarvan gemaak het in sy songs. Hy het van
sy fynste politieke kritiek juis aan die
hand van hiervan geskryf.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ouma en Oupa [boodskap #78194 is 'n antwoord op boodskap #78191] |
Fri, 23 May 2003 17:27   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Ek het nou nog nooit ou David Kramer gesien as iemand wat politieke kritiek
> deur sy musiek lewer nie.
Ek dink jy ken óf nie vir die werk
van David Kramer baie goed nie, of
anders "verstaan" jy nie aldag wat
Kramer probeer sê nie.
Gloudina
|
|
|
|
Kramer [boodskap #78198 is 'n antwoord op boodskap #78191] |
Fri, 23 May 2003 22:49   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
bbbbbbbbbElaine
Ek het nou nog nooit ou David Kramer gesien as iemand wat politieke kritiek
deur sy musiek lewer nie. Miskien deur sy nuwer goed, maar ek kan nie sien
watse boodskap ek veronderstel is om te kry uit "Hier sit die manne in die
Royal Hotel" nie.
Wouter
Dit was juis sy ouer goed wat meer politieke kommentaar gelewer het, Elaine.
Toe hy Royal Hotel en Blokkies Joubert geskryf het was hy al meer
kommersieel ingestel. Sy gewildste liedjies is nie sy tipiese liedjies nie.
Gaan soek die lirieke van liedjies soos "Botteltjie Blou", "Hekke van
Paradise", "Skipskop", "Rockspider", "Prisoners of War",
"Out of the Blue", "Kobus le Grange Marais" en nog baie ander, dis
voorbeelde van sy meer tipiese liedjies..
Jy sal van dié lirieke kry by
http://www.gipsie.co.za/Lyrics/davidkramer/davidkramer.htm
Ongelukkig is daar meer van sy nuwe as ou lirieke op die Internet
beskikbaar.
Deesdae is hy meer van 'n Rocker en ook baie gewilder by die jonger garde as
vroeër. Daar is ook baie minder en dikwels geen politiek in sy hedendaagse
liedjies nie. Kramer spandeer wel heelwat energie aan die bekendmaking
van kunstenaars uit arm gebiede.
|
|
|
|
Re: Kramer [boodskap #78208 is 'n antwoord op boodskap #78202] |
Sat, 24 May 2003 15:15   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine
Jong, toe ek David Kramer geluister het was ek nog baie jonk, en wat ek van
politiek af geweet het was eenvoudig dit. Wittes maak so en swartes mag
nie, en dis hoe ver my kennis gestrek het :-)). Ek was miskien 5 of 6 toe
oom David sy Piek bereik het, dit wat ek kan onthou was meer humoristies, in
my oë, as polities. Maar dis musiek, en elkeen kan sien wat hy wil in 'n
song. Jy sien die son ondergaan in een liedjie ek sien die son opkom.
Wouter
Ek vermoed die probleem is met jou jeug, soos jy self sê. :-)
As jy 5 of 6 was toe hy gepiek het, was jy skaars gebore toe hy
nog op sosiale kommentaar gekonsentreer het.
Kramer se vroeë liedjies, dit was nog op langspeelplate, voor daar kassette
was, om van CD's nie eers te praat nie, het verskeie rou liedjies gehad met
'n swaar gemeenskapsinslag, soos "Botteltjie Blou". Dis nie ligte musiek
nie, daar is geen humor in nie, die betrokke een gaan oor die verdriet van
'n bergie en sy bottel blouspiritus. En daar was heelwat sulke swaar
liedjies, maar ook ligter humoristiese liedjies. Later het Kramer baie meer
op laasgenoemde gekonsentreer, dit het om ook 'n baie groter aanhang besorg.
Terloops, ek dink Kramer is die afgelope jaar of twee op 'n nuwe piek, hy is
baie gesog by bv. die KKNK en sy CD's verkoop ook goed. Die tweede piek is
dalk hoër as die eerste een?
|
|
|
Re: Kramer [boodskap #78214 is 'n antwoord op boodskap #78208] |
Sat, 24 May 2003 21:58   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Terloops, ek dink Kramer is die afgelope jaar of twee op 'n nuwe piek, hy is
> baie gesog by bv. die KKNK en sy CD's verkoop ook goed. Die tweede piek is
> dalk hoër as die eerste een?
Was hy nie ook op een of ander stadium in
die laaste jaar of twee besig om iets in
London op die planke te bring nie?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ouma en Oupa [boodskap #78244 is 'n antwoord op boodskap #78191] |
Sun, 25 May 2003 16:17  |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
JA,
HIER SIT DIE kommies IN DIE parliment....
Komiese Groete
On Fri, 23 May 2003 18:05:40 +0200, "Elaine" wrote:
> Ek het nou nog nooit ou David Kramer gesien as iemand wat politieke kritiek
> deur sy musiek lewer nie. Miskien deur sy nuwer goed, maar ek kan nie sien
> watse boodskap ek veronderstel is om te kry uit "Hier sit die manne in die
> Royal Hotel" nie.
>
> E
>
> wrote:
>
>> Absoluut. Ek dink daar is twee liedere
>> van hom wat daarmee werk.
>> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 26 20:51:34 UTC 2025
|