Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Fiasko'tjie
Fiasko'tjie [boodskap #78113] |
Thu, 22 May 2003 05:30  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die inflasiesyfers gaan nie hierdie maand bekend gemaak word nie. Daar is
bevind dat die Dept van Statistiek etlike belangrike komponente buite
rekening gelaat het by die berekening van vorige inflasiesyfers.
Ag ja...
Annette
|
|
|
|
Re: Laer inflasie? [boodskap #78133 is 'n antwoord op boodskap #78127] |
Thu, 22 May 2003 13:43   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die persoon aan die hoof van die ondersoek en uitwys is John Stopford van
Investec ( in die Kaap).
Die syfers word nou op 30 Mei vrygestel ( indien SA Stats die interne
hervasstelling van data betyds kan inkorporeer ) in plaas van 20 Mei.
Die algemene gevolge - hetsy goed of sleg- is die volgende:
1) SA Huiseienaars het duidende rande meer in rente op hul verbande betaal
as wat hulle moes.
2) Buitelandse beleggingsvertroue in offisiele syfers sal geskud wees.
3) Verhogings is gekoppel aan hoër inflasie-syfers.
4) CPI - ( lewenskoste) en CPIX - ( verbruikersinflasie uitgesluit
verbandkoerse) - het 'n invloed op die reserwebank se besluit oor
rentekoerse - dus het die wat skuld te veel rente betaal en die wat het te
veel rente gekry.
5) Eindomsverhuring se inflasie word tans geag 35% te wees, maar SA Stats
gebruik nog steeds data van huurinflasie soos in Oktober 1999. ( 15%)
Volgens Stopford hoop hy dat SA Stats voor 30 Mei die volgende sal uitklaar:
1) Sal SA Stats erken dat die CPIX te hoog gestel is.
2) Hoe groot was die oorberekening.
3) Was daar enige ander foute in die berekening van die syfers.
4) Hoe lank is daar al met die verkeerde syfers gewerk.
SA Stats beweer hulle het 'n tekort aan fondse.
Volgens die huidige berekening word die koste/inkomste van eiendomme wat
verhuur word bereken op 'n groei van 94% per jaar op huise en woonstelle.
Volgens Stopford het hierdie foutiewelike berekening beteken dat die
inflasiekoers met 1/9% te veel aangetoon is vir langer as 'n jaar, met die
verskil na die verkeerde kant toe wat meer word elke maand.
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3eccb707.0@news1.mweb.co.za...
> Annette...
> Die inflasiesyfers gaan nie hierdie maand bekend gemaak word nie. Daar is
> bevind dat die Dept van Statistiek etlike belangrike komponente buite
> rekening gelaat het by die berekening van vorige inflasiesyfers.
> Ag ja...
>
> Wouter
> Nie heeltemaal reg nie, Annette
>
> Hulle beplan wel om dit vandeesmaand bekend te maak, teen 30 Mei, dus sowat
> 11 dae laat. Daar is ook net getuienis van een komponent, nl. groei in huur,
> wat foutiewelik oor die laaste jaar of twee nie aangepas is. Dit is deur
> Investec opgetel en aan Stats SA uitgewys. Hulle het dadelik die fout erken
> en besluit om ook al die ander komponente na te gaan voor hulle April se
> inflasiesyfer aankondig.
>
> Dis nie goed vir vertroue in ons inflasie-indekse nie, maar die feit dat
> hulle die fout dadelik erken het en dit nie probeer wegpraat het (soos ons
> in die ou bedeling gewoond was nie) is darem positief. Wat ook positief is,
> is dat ons inflasiesyfers deesdae elke maand in sulke detail gepubliseer
> word dat onafhanklike ekonome sulke foute kan agterkom. Stats SA se probleem
> is duidelik onakkuraatheid en nie skelmgeit nie. Sommige mense reken dis
> omdat hulle as gevolg van die inkorting in staatsuitgawes nie genoeg geld
> kry nie.
>
> Terloops, die waarskynlike effek hiervan is dat die VPIX-inflasiekoers 1%
> tot 2% laer was as wat ons gedink het. Huurgroeie het gedaal in die periode
> waartydens dit nie aangepas is nie en VPIX is as gevolg daarvan te hoog
> bereken.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Laer inflasie? [boodskap #78246 is 'n antwoord op boodskap #78229] |
Sun, 25 May 2003 21:25  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Korrek, maar hoekom nou Annette se klaaglied met allerhande feite kom
> bederf? :-)
Presies. Sien dit vir wat dit is.
'n Industrie.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 26 06:25:40 UTC 2025
|