Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Sekwestrasie
Sekwestrasie [boodskap #76760] |
Sat, 26 April 2003 19:18  |
pete[3]
Boodskappe: 11 Geregistreer: January 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Wat beteken dit as iemand hom vrywillig laat sekwestreer? Ek sien die balju
het van sy goed kom laai en blykbaar mag die ou nie skuld aangaan vir die
volgende 10 jaar nie - maar wat gebeur nou met die uitstaande skuld? Hy is
nou wel skynbaar bankrot maar moet so 'n persoon nie nog maandeliks van sy
skuld afbetaal nie? Die mense van wie ek hier skinder maak asof dit alles 'n
groot avontuur is - Gold Reef City se moses!
TIA
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76774 is 'n antwoord op boodskap #76760] |
Sun, 27 April 2003 00:21   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As dit 'n besigheid was wat bankrot verklaar is, word al die bates van die
besigheid verkoop, en dan word dit tussen die skuldeisers verdeel. Elkeen
kry 'n deeltjie op "meriete", sommige ouens kan 20c op 'n rand kry terwyl
ander net 10c op 'n rand kry. Daarna word alle skuld afgeskryf en mag die
besigheidseienaar vir die volgende 5 jaar nie weer 'n soortgelyke besigheid
begin nie. Dit alles mits die besigheid nie 'n eenmansaak was nie. 'n
Eenmansaak word gesien as deel van die persoon (individu), en dan sal die
persoon verantwoordelik bly vir die skuld totdat dit klaar betaal is. As 'n
persoon onder administrasie geplaas word, word 'n trust fonds gestig by 'n
prokureur. Elke maand gaan gee jy vir die prokureur 'n bedrag geld wat deur
die hof goedgekeur is (die hof kan ook bevind dat jou werkgewer dit direk
van jou salaris aftrek word). Die prokureur verdeel dan die geld tussen die
skuldeisers. Onder normale omstandighede sal jy dan op die "swartlys" wees
totdat al jou skuld afbetaal is. Daarna begin jy weer met 'n skoon
blaaitjie, en geen rekord van jou vorige slegte skuld mag meer bestaan nie.
'n Besigheid mag homself (ditself?) wel vrywillig laat sekwestreer, mits jy
kan bewys dat jy nie die skuld kan betaal nie, maar dieselfde prinsiep geld
as 'n besigheid wat deur die hof bankrot verklaar is.
Net so ietsie vir die wat belangstel. As jy iemand geld skuld, en jy kan
nie betaal nie, kan die skuldeiser nie sommer meer net sy goed kom haal nie.
As hy wil, moet hy vir jou die geld (minus depriasie) wat jy reeds afbetaal
het op die produk teruggee. So as iemand by jou opdaag, sonder 'n hofbevel,
om jou meubels wat jy 3 maande laas betaal het te kom haal, stuur hulle weg.
Gewoonlik sal die hof beveel dat jy hulle 'n verminderde bedrag betaal as jy
nie in staat daartoe is om die volle bedrag elke maand te betaal nie. As jy
glad nie kan betaal nie, sal jy moontlik onder administrasie geplaas word,
of jy kan aanbeveel dat sommige van jou bates verkoop word om die skuld te
delg. 'n Mens kan jare onder administrasie wees, en net betaal soos jy geld
inkry. 'n Mens gaan sit nie meer in die tronk vir slegte skuld nie, behalwe
nou natuurlik as jy die ontvanger miljoene skuld...
Groete
Elaine
"pete" skryf in boodskap news:b8em03$f4n$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat beteken dit as iemand hom vrywillig laat sekwestreer? Ek sien die balju
> het van sy goed kom laai en blykbaar mag die ou nie skuld aangaan vir die
> volgende 10 jaar nie - maar wat gebeur nou met die uitstaande skuld? Hy is
> nou wel skynbaar bankrot maar moet so 'n persoon nie nog maandeliks van sy
> skuld afbetaal nie? Die mense van wie ek hier skinder maak asof dit alles 'n
> groot avontuur is - Gold Reef City se moses!
>
> TIA
>
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76782 is 'n antwoord op boodskap #76774] |
Sun, 27 April 2003 02:20   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
pete
> Wat beteken dit as iemand hom vrywillig laat sekwestreer?
"Elaine"
As dit 'n besigheid was wat bankrot verklaar is, word al die bates
van die besigheid verkoop, en dan word dit tussen die skuldeisers
verdeel. Elkeen kry 'n deeltjie op "meriete", sommige ouens kan
20c op 'n rand kry terwyl ander net 10c op 'n rand kry.
Wouter
Ek het nie eerstehandse kennis hiervan nie, maar is jy seker van
daardie meriete? Soos ek dit verstaan is daar enkele voorkeureise,
soos die likwidateur se fooi, wat ten volle betaal word. Dan kry dié
wat sekuriteit hou natuurlik die waarde daarvan, dit kan 100c of
20c of wat ook al in die Rand wees en daarna deel almal
*gelyk* in wat oorbly. Waar kom die meriete in?
Elaine
Dit alles mits die besigheid nie 'n eenmansaak was nie. 'n
Eenmansaak word gesien as deel van die persoon (individu),
en dan sal die persoon verantwoordelik bly vir die skuld
totdat dit klaar betaal is.
Wouter
Jy sekwestreer 'n eenmansaak deur die persoon te sekwestreer.
Dan is sy skuld ook afgehandel, want soos jy korrek sê kan jy
'n eenmansaak nie losmaak van sy bates nie.
Die verskil tussen 'n gewone (verpligte) sekwestrasie en 'n
vrywillige sekwestrasie is dat 'n skuldeiser vir eersgenoemde
aansoek doen en die skuldenaar self vir die vrywillige een.
Dis juis die doel van vrywillige sekwestrasie, dat die
skuldenaar van die skuld wat hy in elk geval nooit sal kan
betaal nie ontslae raak deur al sy bates te verkoop en pro-rata
uit te betaal. Maar die hof sal dit nie outomaties toelaat nie. As
'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76816 is 'n antwoord op boodskap #76782] |
Sun, 27 April 2003 14:20   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark" wrote:
> Wouter
> Ek het nie eerstehandse kennis hiervan nie, maar is jy seker van
> daardie meriete? Soos ek dit verstaan is daar enkele voorkeureise,
> soos die likwidateur se fooi, wat ten volle betaal word. Dan kry dié
> wat sekuriteit hou natuurlik die waarde daarvan, dit kan 100c of
> 20c of wat ook al in die Rand wees en daarna deel almal
> *gelyk* in wat oorbly. Waar kom die meriete in?
Elaine:
Afhangende van die skuld wat gemaak is en hoeveel geskuld word. MAW, as jy
skuld gemaak het om 'n 2003 Z3 BMW te koop gaan die skuldeiser meer op 'n
rand kry as die ou by wie jy jou 1989 Honda motorfiets gekoop het. Meriete
was seker die verkeerde woord om te gebruik, maar ek weet dit word so gedoen
om te probeer om elkeen se geld so ver moontlik te probeer opmaak, sonder
dat die skuldeiser te veel verloor. So maw, die skuldeiser wat R100 000 eis
kry 20c op 'n rand. Die skuldeiser wat net R10 000 eis, kry 10c op 'n rand.
So probeer hulle dit redelik "gelyk" hou. Maar ek kan verkeerd wees, dis
immers 'n redelike ou wet waarvan ek hier praat, so ver ek weet het dit nie
veel verander nie. Ek kan seker maar my ou handelsreg boeke gaan uitgrawe
en net seker maak van die saak.
As daar genoeg geld uit die verkoop van die bates kom om alle skuld te delg
dan is dit 'n ander saak. Heel laaste op die lysie om geld te kry sal dan
nou die aandeelhouers/eienaar van die besigheid wees.
> Wouter
> Jy sekwestreer 'n eenmansaak deur die persoon te sekwestreer.
> Dan is sy skuld ook afgehandel, want soos jy korrek sê kan jy
> 'n eenmansaak nie losmaak van sy bates nie.
>
> Die verskil tussen 'n gewone (verpligte) sekwestrasie en 'n
> vrywillige sekwestrasie is dat 'n skuldeiser vir eersgenoemde
> aansoek doen en die skuldenaar self vir die vrywillige een.
> Dis juis die doel van vrywillige sekwestrasie, dat die
> skuldenaar van die skuld wat hy in elk geval nooit sal kan
> betaal nie ontslae raak deur al sy bates te verkoop en pro-rata
> uit te betaal. Maar die hof sal dit nie outomaties toelaat nie. As
> 'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.
Elaine:
Mos gesê jy moet kan bewys dat jy nie jou skuld kan betaal nie voordat die
hof jou sal bankrot verklaar (in die geval van vrywillige administrasie).
MAAR 'n individu sal altyd verantwoordelik bly vir sy skuld tot die dag wat
dit klaar betaal is, of totdat hy doodgaan, waarna sy boedel gesekwestreer
sal word, en dan sal die geld wat uit die boedel gemaak word, gebruik word
om die skuld te delg. 'n Besigheid, wat los van die individu staan (soos 'n
BK of Pty.) se bates word verkoop, die geld verdeel onder die skuldeisers,
en as al die skuld nie gedelg kan word nie, word dit afgeskryf, natuurlik
vir ooglopende redes.
Dit waarvan jy praat het ek nog nooit gehoor nie. Verstaan ek jou reg as ek
sê dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie (behalwe
bk's en privaat maatskappye). Meestal is skuldeisers gelukkig met 'n
verminderde bedrag per maand, so kan hulle darem al hulle geld weer
terugkry, al neem dit langer, as net die helfte van hulle geld.
|
|
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76832 is 'n antwoord op boodskap #76816] |
Sun, 27 April 2003 20:28   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter
> Ek het nie eerstehandse kennis hiervan nie, maar is jy seker van
> daardie meriete? Soos ek dit verstaan is daar enkele voorkeureise,
> soos die likwidateur se fooi, wat ten volle betaal word. Dan kry dié
> wat sekuriteit hou natuurlik die waarde daarvan, dit kan 100c of
> 20c of wat ook al in die Rand wees en daarna deel almal
> *gelyk* in wat oorbly. Waar kom die meriete in?
Elaine:
Afhangende van die skuld wat gemaak is en hoeveel geskuld word. MAW, as jy
skuld gemaak het om 'n 2003 Z3 BMW te koop gaan die skuldeiser meer op 'n
rand kry as die ou by wie jy jou 1989 Honda motorfiets gekoop het. Meriete
was seker die verkeerde woord om te gebruik, maar ek weet dit word so gedoen
om te probeer om elkeen se geld so ver moontlik te probeer opmaak, sonder
dat die skuldeiser te veel verloor. So maw, die skuldeiser wat R100 000 eis
kry 20c op 'n rand. Die skuldeiser wat net R10 000 eis, kry 10c op 'n rand.
So probeer hulle dit redelik "gelyk" hou. Maar ek kan verkeerd wees...
Wouter
Ek reken jy is verkeerd, dit werk nie so nie. Ek dink wat jy beskryf is
'n ooreenkoms of reëlingskema, wat dikwels gedoen word om sekwestrasie
te vermy. Die skuldenaar gaan 'n ooreenkoms met elke skuldeiser aan,
maar dit kan net werk as almal saamspeel. Jy vermy so die likwidateur
se koste en die lang gepaardgaande vertraging. As net een skuldeiser
nie saamspeel nie, kan hy sekwestrasie afdwing en dan deel almal
gelyk. Dis in elk geval hoe ek dit al gesien gebeur het.
Elaine:
Mos gesê jy moet kan bewys dat jy nie jou skuld kan betaal nie voordat die
hof jou sal bankrot verklaar (in die geval van vrywillige administrasie).
MAAR 'n individu sal altyd verantwoordelik bly vir sy skuld tot die dag wat
dit klaar betaal is, of totdat hy doodgaan, waarna sy boedel gesekwestreer
sal word, en dan sal die geld wat uit die boedel gemaak word, gebruik word
om die skuld te delg.
Wouter
Ek is redelik seker jy is verkeerd. Ek ken mense wat al so van hulle skuld
ontslae geraak het. Maar dis nie administrasie nie, dis likwidasie en
vrywillige sekwestrasie. Administrasie is soms 'n voorafstap by likwidasie.
Elaine
Dit waarvan jy praat het ek nog nooit gehoor nie. Verstaan ek jou reg as ek
sê dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie
Wouter
Ja, dis waarvan ek praat. Dit gebeur by die honderde, elke jaar.
En dit nog altyd so gewerk, dis geen nuwe bedeling nie.
|
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76835 is 'n antwoord op boodskap #76832] |
Sun, 27 April 2003 22:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Elaine
Verstaan ek jou reg as ek
> sê dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
> vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
> doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie
>
> Wouter
> Ja, dis waarvan ek praat. Dit gebeur by die honderde, elke jaar.
> En dit nog altyd so gewerk, dis geen nuwe bedeling nie.
Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
in omtrent elke balansstaat wat ons moet
doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
Ek het altyd gewonder hoekom die wêreld
so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
betaal nie. Toe ek ouer geword het, het ek
gesien watter sluwe jakkalse sommige mense
is, en hoe maklik daar "bankrot gespeel" word
selfs al rol die mense in die geld.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76861 is 'n antwoord op boodskap #76835] |
Tue, 29 April 2003 00:13   |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: July 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
wrote in message
news:3EAC5B98.9010909@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> Elaine
>
> Verstaan ek jou reg as ek
>> sê dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
>> vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
>> doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie
>>
>> Wouter
>> Ja, dis waarvan ek praat. Dit gebeur by die honderde, elke jaar.
>> En dit nog altyd so gewerk, dis geen nuwe bedeling
nie.
>
>
> Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
> Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
> in omtrent elke balansstaat wat ons moet
> doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
> Ek het altyd gewonder hoekom die wêreld
> so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
> betaal nie. Toe ek ouer geword het, het ek
> gesien watter sluwe jakkalse sommige mense
> is, en hoe maklik daar "bankrot gespeel" word
> selfs al rol die mense in die geld.
Dis waar wat jy sê.
Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
word nie.
Swart Simon
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76863 is 'n antwoord op boodskap #76860] |
Tue, 29 April 2003 07:06   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink julle mis so 'n paar faktore. 'n Ou wat in vrywillige likwidasie
ingaan, moet by die hof daarvoor aansoek doen en moet dan bewys lewer dat sy
laste sy bates oorskry en dat hy geen hoop het op herstel nie. Dit laat in
'n groot mate die salaristrekker buite rekening, want as 'n man 'n vaste
inkomste het, kan daar altyd 'n deel van daardie inkomste afgestan word om
skuldeisers te betaal. Heel moontlik sal hulle dan net van sy bates
vervreem.
Is die ou egter 'n besigheidsman met geen vaste inkomste nie en sy
laste is veel meer as sy bates, kan hy aansoek doen om vrywillige likwidasie
en sal hy deur die hof bankrot verklaar word. Tesame met die aansoek tot
vrywillige likwidasie moet daar natuurlik in die koerante geadverteer word
vir enige onbekende skuldeisers wat ook mag in die tou staan. Sodra hulle
alles bymekaar het en die ou is properlies in sy moer in, dan verklaar hulle
hom bankrot en sal hulle al sy besittings verkoop en die inkomste daaruit
pro rata verdeel aan die verskillende skuldeisers.
Dieselfde gebeur ook maar eintlik as 'n ou iemand anders 'n groot klomp
geld skuld wat hy nie kan betaal nie en daai ou dagvaar hom vir die geld en
hy vertel vir die hof dat hy nie in staat is om die geld te betaal nie.
Die hof sal kyk of hy die skuld met rente kan afbetaal, maar as hy nie kan
nie, kan hy ook bankrot verklaar word.
Om 'n 'insovent' te wees is glad nie so lekker nie. Vir die volgende
10 jaar of so sal jy geen krediet kry nie, geen kredietkaart kan gebruik
nie, geen rekening kry nie, sukkel om kontrakte aan te gaan......glad nie
pret nie.
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3eadc379.0@news1.mweb.co.za...
> "Elaine" wrote in message
> news:3eabe722.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Elaine:
>> Ek kan seker maar my ou handelsreg boeke gaan
> uitgrawe
>> en net seker maak van die saak.
>
>
> 'n Uitstekende idee, Elaine. Ek het so 'n suspisie
> daai boeke gaan kraak as jy hulle oopmaak.
>
> Swart Simon
>
|
|
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76870 is 'n antwoord op boodskap #76835] |
Tue, 29 April 2003 09:12   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het 'n ou geken (of liewers sy dogter) wat "twee stelle" boeke gehou het.
Elke paar jaar het hy hof toe gehardloop en bankrotskap geskreeu. Sy boeke
het dit gewys en die hof kon dus nie bewys dat hy lieg nie. Hy sou dan
redelik gemaklik leef vir so twee jaar of wat, en dan 'n heeltemal ander
besigheid begin - net om 5 jaar of so later weer bankrotskap te eis.
Ongelukkig het sy, redelike dom dogter, daarmee geloop en spog en dit vir
die verkeerde persoon vertel. Pappie is vasgetrek en laaste wat ek gehoor
het, was daar 'n saak van bedrog oop teen hom. Ek het kontak met die dogter
verloor, so ek weet nie wat daarna gebeur het nie.
E
wrote:
>
> Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
> Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
> in omtrent elke balansstaat wat ons moet
> doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
> Ek het altyd gewonder hoekom die wêreld
> so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
> betaal nie. Toe ek ouer geword het, het ek
> gesien watter sluwe jakkalse sommige mense
> is, en hoe maklik daar "bankrot gespeel" word
> selfs al rol die mense in die geld.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76895 is 'n antwoord op boodskap #76861] |
Tue, 29 April 2003 12:48   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Swart Simon wrote:
> Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
> krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
> nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
> word nie.
Hier by ons gee hulle soms krediet in
veral meubelwinkels wat my eenvoudig
dronkslaan. Hulle vertel vir jou dat
jy vir twee jaar nie hoef te betaal nie.
Nou, die soort mense wat aan dié ding
byt, is gewoonlik die mense wat nie geld
het nie en wat heelwaarskynlik nie aan
die einde van die twee jaar geld sal hê
nie. Tog bied die winkels aanhoudend
die soort ding aan. Ek kan nie verstaan
hoe hulle geld maak nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Sekwestrasie [boodskap #76908 is 'n antwoord op boodskap #76859] |
Tue, 29 April 2003 18:17   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 29 Apr 2003 02:12:53 +0200, "Swart Simon"
wrote:
>
>
> Dis nie so 'n bright idee, sou ek sê, om krediet te
> verleen aan iemand wat niks besit nie.
>
> Swart Simon
>
>>> Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
>>> krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
>>> nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
>>> word nie.
>>> Swart Simon
Sotlik gesê, Simon. Sotlik, soos ek sê. Ek blameer (in die spesifieke
geval) nie die samelewing nie (en moet nou nie sê dat ek dan nie die
skoen moet aantrek nie, want ek trek nie my woorde terug nie) maar
slegs myself.
Kom ons kyk na die spesifieke geval en ek verwag reaksie van jou af
hierop.
Die oggend waarop ek terug huistoe vertrek na 'n maand verlof klop die
bewoner van 'n woonstel wat ek ek pas gekoop het en dae vroeër op my
naam gerigestreer is, aan my woonstel se deur om sewe uur die oggend.
Haar versoek:
Verhuur asseblief die woonstel vir 10% minder as jou versoekte premie.
Hoekom sal ek dit doen?
Omdat ek:
1. Reeds twee jaar daar woon en die plek in perfekte kondisie hou.
2. As jy dit direk aan my verhuur hoef jy nie die agentskapskommissie
te betaal nie, ek ek kan bekostig om steeds daar te woon en jou
plek op te pas terwyl jy honderde kilos hiervandaan woon.
Toegegee:
Die vorige eienaar het gewaarsku dat hulle swak betaal.
Die eiendomsagent wat aan my verkoop het het my gewaarsku dat
hulle swak betaal.
Hulle kon nie eens 'n sleuteldeposito bekostig nie.
Opgesom:
Dave Du Plessis kan dit nie regkry om hard te wees wanneer iemand
wat dit nie breed het om hulp vra nie.
As sakeman is hy steeds naief genoeg om mense te vertrou en betaal
somtyds daarvoor.
Hy slaap lekker want sy gewete sê dat hy mense probeer help het en
hulle dit nie waardeer het nie.
Hy dink jy het 'n sotlike stelling gemaak veral omdat hy geensins die
gemeenskap daarvoor verantwoordelik gehou het nie. (Moet nie
veralgemaan nie!)
> Dis nie so 'n bright idee, sou ek sê, om krediet te
> verleen aan iemand wat niks besit nie.
Met ander woorde, help slegs mense wat hulle self kan help?
As iemand werklik hulp nodig het, en niks besit nie, moet hy
nie gehelp word nie?
(Hemel mens, twintig jaar gelede het 'n onderneming
vir my 'n vliegtuig gekoop met die minimum sekuriteit!)
Kom ek skok jou, Simon:
Een week gelede is ek geskakel deur die opsigter van 'n gebou
waar ek ook 'n woonstel besit. My huurder het kwaad geword vir
sy (hou)vrou en eers haar selfoon stukkend gegooi teen die muur
en toe my ingeboude kas se rakke verpletter. Ek het hulle 24 uur
gegee om die woonstel te verlaat, en toe sy werkgewer, (wat éintlik
die huurder is) geskakel. Dié, 'n voertuig in en uitvoer groep, het
belowe dat hy dieselfde aand sal uit wees.
Toe skakel 'n twintig jarige meisie my en sê dat dit haar selfoon en
my kas is wat stukkend geskop is. Sy (en haar ma wat by haar woon)
het geen plek om heen te verhuis nie. Sal ek hom asseblief vergewe
en kan hulle aanbly?
Na die werkgewer alle verantwoordelikheid vir huidige en alle
moontlike toekomstige skade aanvaar het, het ek hulle toestemming
gegee om aan e bly en hulle werkgewer daarvan in kennis gestel.
Sotlik? As ek nou in skrif sit wat ek alles aanvang besef ek dat jy
dalk reg is. Steeds het ek vrede met myself.
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Laagliggende vark [boodskap #77286 is 'n antwoord op boodskap #77254] |
Mon, 05 May 2003 04:26  |
Rachel Couch
Boodskappe: 45 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
DD skryf in boodskap news:...
> On 4 May 2003 10:06:05 -0700, rachel...@yahoo.co.uk (Rachel Couché)
> wrote:
>
>>
>> Ragel: DD, ek is nou Ragel. :-)) Nie de Beer nie maar net Ragel.
>> :-))
>>
>> Die probleem is, ek lees die ng direk op Google se groupwerf. Ek sien
>> dan gelukkig die onderwerp en wie gepos het en het n keuse om dit te
>> lees of nie. Maar dit laai nie op my rekenaar af nie as jy weet wat
>> ek bedoel? :-) Ek het wel n paar gelees omdat ek nie kon glo dat
>> daar sulke mense is nie maar nou dat ek weet, ignoreer ek dit en lees
>> net die dele wat vir my interessant lyk. Soos Katryn se pos o.a.
>
>
> Goot... en ek is nou Didi...:-))) Nie Didi Vennemerwe nie, maar
> Didi Nokia (soos in 3310) vra vir Annette. Sy's my getuie.
>
Ragel: Oulike foontjie, Didi Nokia.
> Ek's so bly dat jy tog 'n manier het om daardie skrêp te filter. Het
> nie geweet wat jy bedoel by lees dit direk op die NET (of so iets)
> nie, maar nou's ek slim.
Ragel: Ek is nog blyer dat ek jou iets kon leer. :-)
>
> Ek het slegs een probleem steeds. Jou woorde: "Soos Katryn se pos
> o.a." Dit kon gewees het, "soos Katryn en Didi se pos o.a."
Ragel: Vir Katryn ken ek....
>
> Didi Nokia
> (shucks, ek like dit!!!)
Ragel: Om te dink ek het jou aan die dink gesit . . .
;-)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:54:05 UTC 2025
|