Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW
" Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77112] |
Sat, 03 May 2003 15:04  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
P.D. Rossouw (Petrus)
Stellaland
Aan die adres van John Mackenzie
John Mackensie,
moenie grens nie!
Ja, jou tyd was kort;
jy het nie kan toon nie
wat daar in jou woon nie;
sonder seremonie
moes jy somaar vort!
John Mackensie,
moenie grens nie!
Jy moes gou laat vat;
ag, die swarte brawe
moet nou goud gaan grawe
as die "Boers" hul slawe -
en jy in die pad
John Mackensie,
moenie grens nie -
word nie stapelgek!
Van jou fraaie drome
is daar niks gekome;
hulle bly maar drome -
en jy moet laat trek!
John Mackensie,
moenie grens nie -
ons het medely!.
Jy het nie gebrom nie
om so ver te kom nie;
wie was nie verstom nie ?
En nou moet jy gly!
John Mackensie,
moenie grens nie -
ons doet niks as sug!
Wie kon dit voorspelle
dat hul jou sou kwelle
tot jy heen moes snelle,
bondel op die rug?
John Mackensie,
moenie grens nie -
hou jou by jou lees!
Want dit hou geen steek nie
om die wet te preek nie
as jy dit self breek nie -
Jy is daar gewees!!
|
|
|
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77127 is 'n antwoord op boodskap #77112] |
Sat, 03 May 2003 17:57   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
> P.D. Rossouw (Petrus)
> Stellaland
> Aan die adres van John Mackenzie
>
> John Mackensie,
> moenie grens nie!
Ek wonder of iemand weet wie dié John
Mackenzie was. Waaroor word hier gepraat?
Van die Republieke van Stellaland en
Goshen weet ek. Stellaland is as 'n aparte
boererepubliek uitgeroep in 1882 in die
omgewing van Vryburg in die westelike deel
van die latere Transvaal. Dit was 'n area
waar daar verskeie swart stamme gebly het wat
vriende was met die boererepublieke. In 1882
het een van die hoofmanne 'n groot stuk land
aan kommandant Gert van Niekerk gegee, en dié
het toe die dorp Vryburg gestig, as hoofstad
van Stellaland. 'n Tweede Republiek, Goshen,
is gestig op Rooigrond, noord van Stellaland.
Die Britse regering in die Kaapkolonie het
egter gladnie van hierdie ontwikkeling gehou
nie, veral omdat die Duitsers juis in daardie
tyd ook in Namibië begin nesskop het. Hulle
het uiteindelik die twee klein republieke
geannekseer, en die grond is opverdeel tussen
die ZAR en Britse Bechuanaland.
Dit is interessant om te weet dat die seëls
wat in 1884 en 1885 deur Stellaland uitgegee is,
nog altyd op die mark is.
Toe ons in 1981 in Suid-Afrika op besoek was,
was my jonger suster onder andere besig om die seëls
van die nuwe "onafhanklike " Ciskei aan te koop as
'n belegging. Ek wonder of die seëls van hierdie
apartheids-bantustans so 'n goeie belegging was? Het
dit aanmerklik in waarde gestyg?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77210 is 'n antwoord op boodskap #77181] |
Sun, 04 May 2003 13:26   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Anti - ons moet maar dan liefs by die Afrikaanse benaming bly - siende dat
> die die voertaal hier is ...
Ek dink, Jonas, dat die skoenmaker hom maar
by sy lees moet hou. Ek het my geskiedenis
op Stellenbosch se universiteit geloop, en
ek is seker dat hulle daar van "Goshen"
gebruik gemaak het. Maar kom, laat ons die
Afrikaanse Bybel besluit wat die regte
spelling is. Gaan kyk in die Bybel en
rapporteer dan. Goshen is 'n area van antieke
Egipte, op die oostekant van die Nyl, waar
die Israeliete gebly het voor die Eksodus.
Gloudina
|
|
|
|
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77233 is 'n antwoord op boodskap #77229] |
Sun, 04 May 2003 14:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Anti - jy het seker onder Van der Stel jou geskiedenis gedoen. Dit is die
> heel eerste keer dat ek hoor Goosen word "Goshen" - seker maar die
> swartkaros se invloed....
Sê dit in die Afrikaanse Bybel die land
van Goosen? As dit wel so is, dan sal ek
om verskoning vra. Die stamvan "Goosen" en
"Goshen" het natuurlik niks met mekaar
te doen nie. Tot my skaamte moet ek erken
dat ek nie 'n Afrikaanse Bybel hier in die
woonstel het nie. Kan iemand dit bevestig
dat dit "die land van Goosen" in die
Afrikaanse Bybel heet?
Gloudina
|
|
|
|
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77275 is 'n antwoord op boodskap #77272] |
Sun, 04 May 2003 19:33   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 4 May 2003 21:17:33 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:
>
> Wouter
> Die Bybel spel dit Gosen, in beide die 1953- en 1983-vertalings.
> Byvoorbeeld, Genesis 45 : 10
> 10. En u kan in die land Gosen woon en naby my wees,
> u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u
> beeste en alles wat u besit.
>
> Maar die Republiek is gewoonlik Goosen gespel. Goshen val vir my
> ook vreemd op die oor, in my skoolgeskiedenisboek was dit Goosen.
>
>
Genesis 45:10
And thou shalt dwell in the land of Gò'shen, and thou shallt be near
unto me, thou, and thy children, and thy flocks, and thy herds, and
all that thou hast:
(The eastern part of lower Egypt, lying toward Arabia, 120 miles from
Hebron and suited for flocks and sheperds because the land was well
watered by springs and elevated above the annual overflow of the Nile)
DD
|
|
|
|
|
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77279 is 'n antwoord op boodskap #77278] |
Sun, 04 May 2003 23:52   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Swart Simon wrote:
>> Eintlik is dit 'die land Gosen'. Exodus 45 - 47.
>> Selfs in die Statenbijbel. Sien:
>> http://www.coas.com/bijbel/
>> Swart Simon
> Oops. Genesis 45 - 47.
Dankie, Simon van der Schans. Ek is
bly om te sien dat jy ook so nou en
dan 'n fout kan maak.
Ek moes deur die land van Gosen gery
het die enigste keer toe ek in Egipte
was. Ek het met die ooskus van Afrika per
boot opgekom, die boot by Port Suez verlaat,
en met 'n groepie op 'n Cook's Tour na
Kairo vertrek. Die mense by my het aanmekaar
gepraat van die "woestyn" waardeur ons gery
het, maar vir my het dit maar net gelyk soos
daar in die bulte weg van die Oranje-Rivier
in die Noordkaap. En daar in die Noordkaap
boer hulle somaar lekker met skape so in die
halfwoestyn.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77315 is 'n antwoord op boodskap #77275] |
Mon, 05 May 2003 19:31   |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD"
: (The eastern part of lower Egypt, lying toward
Arabia, 120 miles from
: Hebron and suited for flocks and sheperds
because the land was well
: watered by springs and elevated above the annual
overflow of the Nile)
---
Gen 45:10 En u kan in die land Gosen woon en naby
my wees, u en u kinders en u kindskinders en u
kleinvee en u beeste en alles wat u besit.
Gen 46:28 En hy het Juda voor hom uit gestuur na
Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na
Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.
Gen 46:29 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op,
sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy
homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval
en lank aan sy hals geween.
Gen 46:34 dan moet julle antwoord: U dienaars was
veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as
ons vaders--sodat julle in die land Gosen kan
woon. Want elke herder van kleinvee is vir die
Egiptenaars 'n gruwel.
Gen 47:1 Daarop het Josef gekom en aan Farao
vertel en gesê: My vader en my broers en hulle
kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het
gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou in
die land Gosen.
Gen 47:4 Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom
om as vreemdelinge in die land te vertoef, want
daar is geen weiding vir die kleinvee van u
dienaars nie, omdat die hongersnood in die land
Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in
die land Gosen woon.
Gen 47:6 Egipteland lê voor jou oop; laat jou
vader en jou broers in die beste deel van die land
woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy
weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel
hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.
Gen 47:27 So het Israel dan in Egipteland gewoon,
in die land Gosen; en hulle het vaste besittings
daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk
vermeerder.
Gen 50:8 ook die hele huis van Josef en sy broers
en die huis van sy vader. Net hulle kinders en
hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die
land Gosen laat agterbly.
Exo 8:22 Maar Ek sal op dié dag met die land
Gosen, waarin my volk woon, 'n uitsondering maak,
dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy
kan weet dat Ek die HERE is in die land.
Exo 9:26 Net in die land Gosen, waar die kinders
van Israel was, was daar geen hael nie.
Jos 10:41 En Josua het hulle verslaan van
Kades-Barnéa af tot by Gasa, en die hele land
Gosen tot by Gíbeon.
Jos 11:16 So het Josua dan hierdie hele land
ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en die
hele land Gosen en die Laeveld en die Vlakte en
die gebergte van Israel met sy laagte;
Jos 15:51 en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met
hulle dorpe;
|
|
|
|
|
|
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77496 is 'n antwoord op boodskap #77465] |
Thu, 08 May 2003 19:20  |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 7 May 2003 21:31:43 +0200, "Tobie" wrote:
> 'Ollands DD, 'Ollands, laat die 'h' weg hierdie
> keer :-)
> ---
> "DD"
> : >Gen 45:10 ...knip...
> : Dan kla jy oor een 'h' maar jou spelling hier
> : laat dit byna lyk asof jy Hollands skryf.
>
>
'kay, ier laat ek die 'h' weg ierdie keer.
DD
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 21:37:45 UTC 2025
|