Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Job " deur ELIZABETH EYBERS
" Job " deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #77498] Vr, 09 Mei 2003 02:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elizabeth Eybers
Job

'n Potskerf het die paadjies van die juk
geduldig opgespoor, die etterdruip
het droog geword, die tentatiewe tik
teen rowe laat die huid wellustig kruip.

As Gods hand alles uitwis bly die tyd
nog onvernietigbaar. Die ganse dag
was dus tot sy beskikking om die vlyt
van brommers in die vuilgoed te betrag

- aandagtig asemend, terwyl die stank
en sonsteek hul beswering om hul rank.
Toe al die yweraars ondergronds verdwyn
het hy sy bak sorgvuldig skoon gelek,
sy mantelflenters oor sy kop getrek
en ingekrimp tot 'n klein pit van pyn.
Vorige onderwerp: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW
Volgende onderwerp: " Herfs, Oudtshoorn " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 15:18:23 MGT 2024