Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe wet
Nuwe wet [boodskap #76775] So, 27 April 2003 00:38 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor ons gaan eersdaags moet betaal vir ons plastieksakke wanner ons gaan
inkopies doen. Dit na nuwe wetgewing dat sulke sakke nie
omgewingsvriendelik is nie, en pogings aangewend moet word om dit uit te
faseer. Ek het maar altyd gedog die prys van die sakkies is ingesluit by
die winkels se astronomiese kos pryse. Pick 'n Pay sal eerste met hulle
aksie begin. Een van die dae gaan jy een van 3 keuses hê wanner jy gaan
"groceries" koop. Of jy betaal 25c per plastieksak, of jy koop
"herbruikbare" sakke, of jy kan jou kos so los in die trollie gooi en dan
maar so in die kar se boot laai.

Ek wonder nou watter plastieksakke gaan ek vir my klein asblikkies in die
huis gebruik. Die sakkies is net mooi groot genoeg vir die tweetjies in die
kantore en die enetjie in my badkamer. En ek is ook so verstrooid dat ek
noooiiiiitttt my materiaalsakke sal onthou nie. Ek's altyd te haastig om by
die winkels te kom, om sulke goed te onthou. Dit gaan nou vir jou 'n
aardigheid afgee...

Elaine
Re: Nuwe wet [boodskap #76786 is 'n antwoord op boodskap #76775] So, 27 April 2003 04:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 02:38:53 +0200, "Elaine" wrote:

> Ek hoor ons gaan eersdaags moet betaal vir ons plastieksakke wanner ons gaan
> inkopies doen.
> Ek het maar altyd gedog die prys van die sakkies is ingesluit by
> die winkels se astronomiese kos pryse. Pick 'n Pay sal eerste met hulle
> aksie begin.

Dit is 'n vraag wat gister by my ook opgekom het, Elaine, toe ek dmv
Pick 'n Pay se luidspreker daarvan hoor.

> Ek wonder nou watter plastieksakke gaan ek vir my klein asblikkies in die
> huis gebruik.

Nog 'n vraag wat ook al by my opgekom het. Het jy al ooit as in jou
asblikkies gegooi?

>
> Elaine
>

DD
Re: Nuwe wet [boodskap #76788 is 'n antwoord op boodskap #76775] So, 27 April 2003 04:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3eab26ae.0@news1.mweb.co.za...
> Ek hoor ons gaan eersdaags moet betaal vir ons plastieksakke wanner ons gaan
> inkopies doen. Dit na nuwe wetgewing dat sulke sakke nie
> omgewingsvriendelik is nie, en pogings aangewend moet word om dit uit te
> faseer. Ek het maar altyd gedog die prys van die sakkies is ingesluit by
> die winkels se astronomiese kos pryse. Pick 'n Pay sal eerste met hulle
> aksie begin. Een van die dae gaan jy een van 3 keuses hê wanner jy gaan
> "groceries" koop. Of jy betaal 25c per plastieksak, of jy koop
> "herbruikbare" sakke, of jy kan jou kos so los in die trollie gooi en dan
> maar so in die kar se boot laai.
>
> Ek wonder nou watter plastieksakke gaan ek vir my klein asblikkies in die
> huis gebruik. Die sakkies is net mooi groot genoeg vir die tweetjies in die
> kantore en die enetjie in my badkamer. En ek is ook so verstrooid dat ek
> noooiiiiitttt my materiaalsakke sal onthou nie. Ek's altyd te haastig om by
> die winkels te kom, om sulke goed te onthou. Dit gaan nou vir jou 'n
> aardigheid afgee...

Ek reken ek sal maar sonder die sakkies klaarkom. Ek koop gewoonlik meeste
van my "groceries" by Makro, so ek is gewoont aan blikke ens wat in die kar
gepak moet word. Moet byvoeg dat dit makliker is as jy blikkies ens in
"pakke" van 6 of meer koop, dit is darem nie so baie items dan nie.

Ander opsie is om te besluit dat R1000 se aankope in R5 se sakkies kan pas,
so dit is n geringe prysverhoging wat ons nou maar moet aanvaar !

Joeboy
Re: Nuwe wet [boodskap #76789 is 'n antwoord op boodskap #76786] So, 27 April 2003 05:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Wat van as jy by PnP op die Interent koop en vir hul laat aflewer - hoe
verpak hul dit dan en wie betaal vir hoeveel plastiek sakkies per item? Ek
dink dit gaan (miskien) goedkoper (en meer gerieflik) wees om nou via die
Internet te koop, maar ek sal die reuk van vars gebakte brood mis.

Ten minste sal die trollie ligter wees sonder die goed wat ek nie rerig
nodig gehad het nie, maar gekoop het omdat ek daar is/was met 'n sewejarige
assistent wat net inlaai. Dis die eintlike besparing.

:-)

TJ
Re: Nuwe wet [boodskap #76791 is 'n antwoord op boodskap #76789] So, 27 April 2003 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Wat van as jy by PnP op die Interent koop en vir hul laat aflewer - hoe
> verpak hul dit dan en wie betaal vir hoeveel plastiek sakkies per item?
Hulle gooi die items een vir een oor die muurtjie:))))

Ek
> dink dit gaan (miskien) goedkoper (en meer gerieflik) wees om nou via die
> Internet te koop, maar ek sal die reuk van vars gebakte brood mis.
>
> Ten minste sal die trollie ligter wees sonder die goed wat ek nie rerig
> nodig gehad het nie, maar gekoop het omdat ek daar is/was met 'n sewejarige
> assistent wat net inlaai. Dis die eintlike besparing.
>
> :-)
Ek kan dit nie doen nie - ek sal die klein Joodse tannetjies wat voor indruk
en my die moer in maak te veel mis:)))
Annette

>
Re: Nuwe wet [boodskap #76798 is 'n antwoord op boodskap #76775] So, 27 April 2003 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
ek het hierdie week al my groter sak by Spar
gekry, sal ook die OK Grocer sin kry in die
komende week.(Verniet)

"Elaine"
: Ek hoor ons gaan eersdaags moet betaal vir ons
plastieksakke wanner ons gaan
: inkopies doen.
Re: Nuwe wet [boodskap #76806 is 'n antwoord op boodskap #76791] So, 27 April 2003 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hier by my sal die visblikkies die elektriese heining "short" en 'n hele
nuwe mening gee aan "pre-cooked" maaltye.

:-)

TJ
Re: Nuwe wet [boodskap #76810 is 'n antwoord op boodskap #76798] So, 27 April 2003 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 08:53:19 +0200, "Tobie" wrote:

> ek het hierdie week al my groter sak by Spar
> gekry, sal ook die OK Grocer sin kry in die
> komende week.(Verniet)
>
> "Elaine"
> : Ek hoor ons gaan eersdaags moet betaal vir ons
> plastieksakke wanner ons gaan
> : inkopies doen.
>

Niemand het my geantwoord oor waarom ons
askanne in ons huise het en geen koolstowe nie.

DD
Re: Nuwe wet [boodskap #76817 is 'n antwoord op boodskap #76786] So, 27 April 2003 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, as ek die asbakkies daarin leeg maak :-))

E

"DD" wrote:
>
> Nog 'n vraag wat ook al by my opgekom het. Het jy al ooit as in jou
> asblikkies gegooi?

> DD
>
Re: Nuwe wet [boodskap #76818 is 'n antwoord op boodskap #76789] So, 27 April 2003 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het een keer deur P'nP se web site gekoop, en my goed het in sulke rooi
"tassies" daar aangekom. Al my inkopies was egter nog steeds netjies in
sakkies verpak. Hulle sal dit seker nou so los in die rooi tassies gooi.

Weet nie of online shopping jou goedkoper sal uitwerk nie, sal heel
moontlik, want jy kan darem die heeltyd sien hoeveel jy spandeer, en jy kan
items verwyder van die lysie voordat jy klaar koop. So kan jy darem binne
jou begroting bly.

E

"TJ" skryf in boodskap news:3eab673f$0$236@hades.is.co.za...
> Wat van as jy by PnP op die Interent koop en vir hul laat aflewer - hoe
> verpak hul dit dan en wie betaal vir hoeveel plastiek sakkies per item? Ek
> dink dit gaan (miskien) goedkoper (en meer gerieflik) wees om nou via die
> Internet te koop, maar ek sal die reuk van vars gebakte brood mis.
>
> Ten minste sal die trollie ligter wees sonder die goed wat ek nie rerig
> nodig gehad het nie, maar gekoop het omdat ek daar is/was met 'n sewejarige
> assistent wat net inlaai. Dis die eintlike besparing.
>
> :-)
>
> TJ
>
Re: Nuwe wet [boodskap #76820 is 'n antwoord op boodskap #76798] So, 27 April 2003 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, P'nP s'n sal jy maar moet koop. Agge jaaaa, so word die verbruiker al
hoe meer uitgebuit.

E

"Tobie" skryf in boodskap news:b8gasl$bhi$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> ek het hierdie week al my groter sak by Spar
> gekry, sal ook die OK Grocer sin kry in die
> komende week.(Verniet)
Re: Nuwe wet [boodskap #76821 is 'n antwoord op boodskap #76788] So, 27 April 2003 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Deesdae is 'n R1000 se aankope ook maar belaglik min hoor? Ek het net
gister R800 se goed by P'nP gekoop en my trollietjie was maar half. Ek
onthou nog die dae toe ek saam met my ma na dieselfde P'nP toe gegaan het,
en hulle het twee trollies vol goed gelaai, en dan het hulle so R300 betaal
vir alles. Daai jare het 'n boks spaghetti jou sowat R0.58 gekos. Ai tog,
die goeie ou dae...

Hoekom gaan kospryse alewig op, maar nooit af nie. As die petrolprys 40c
val, bly die kospryse dieselfde, maar as die petrolprys 'n maand later 10c
styg, gaan die kospryse ewe skielik op? Hulle spaar mos nogsteed 30c?

E

"Joeboy" wrote:

> Ander opsie is om te besluit dat R1000 se aankope in R5 se sakkies kan pas,
> so dit is n geringe prysverhoging wat ons nou maar moet aanvaar !
>
> Joeboy
>
Re: Nuwe wet [boodskap #76822 is 'n antwoord op boodskap #76818] So, 27 April 2003 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 16:23:44 +0200, "Elaine" wrote:

> Ek het een keer deur P'nP se web site gekoop, en my goed het in sulke rooi
> "tassies" daar aangekom. Al my inkopies was egter nog steeds netjies in
> sakkies verpak. Hulle sal dit seker nou so los in die rooi tassies gooi.
>
> Weet nie of online shopping jou goedkoper sal uitwerk nie, sal heel
> moontlik, want jy kan darem die heeltyd sien hoeveel jy spandeer, en jy kan
> items verwyder van die lysie voordat jy klaar koop. So kan jy darem binne
> jou begroting bly.
>
> E
>
>

Dit moet vreeslik prakties en net so verbeeldingloos en vervelig
wees om dmv internet kruideniersware te koop.
Elaine, wil jy my sê dat jy nog nooit met een van die girls in die
winkel aangelê het nie? Hier by ons is die vloerbestuurder 'n
oulike Italiaanse vroutjie, en ons kuier gewoonlik eers so bietjie
saam:-)))

DD
Re: Nuwe wet [boodskap #76824 is 'n antwoord op boodskap #76821] So, 27 April 2003 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 16:30:53 +0200, "Elaine" wrote:

> Deesdae is 'n R1000 se aankope ook maar belaglik min hoor? Ek het net
> gister R800 se goed by P'nP gekoop en my trollietjie was maar half. Ek
> onthou nog die dae toe ek saam met my ma na dieselfde P'nP toe gegaan het,
> en hulle het twee trollies vol goed gelaai, en dan het hulle so R300 betaal
> vir alles. Daai jare het 'n boks spaghetti jou sowat R0.58 gekos. Ai tog,
> die goeie ou dae...
>
> Hoekom gaan kospryse alewig op, maar nooit af nie. As die petrolprys 40c
> val, bly die kospryse dieselfde, maar as die petrolprys 'n maand later 10c
> styg, gaan die kospryse ewe skielik op? Hulle spaar mos nogsteed 30c?
>
> E

Ek woon in 'n myndorp. Die trollies wat daar uitgestoot word
balanseer net net. Ek sien hom sy trollie na die kassier toe stoot
en net terwyl ek wonder wat daardie oorlaaide trollie gaan kos, hou
'n vrou by hom stil met nét so oorlaaide trollie.
Sekondes later het ek agter gekom dat dit man en vrou is.

Soos ek die mynwerker ken, (nie neerhalend nie, ek praat van die
mynwerker omdat ek in 'n groot myndorp woon - bo die rykste goudvelde
ter wêreld) stoot hy daardie trollie na buite en gaan laai dit in die
kattebak van een of ander laat model Duitse voertuig. Daarna ry hy met
sy Absa gefinanseerde Duitser na sy mynhuis en dra dit oor Van Dyk
matte by 'n duur gemeubeleerde (myn)huis in.

Hy pak dit in die koskaste terwyl hy mor oor die duur pryse en dit as
verskoning voorhou waarom hy nie spaar nie.

Vyf jaar gelede gaan hy met pensioen en koop hy sy versekering af. Hy
koop toe vir hom 'n huis langs die Vaaldam. Vrydag loop ek hom raak in
Pick 'n Pay en hy vertel my toe dat hy nou op Brits werk en somtyds
vir sy vrou kuier waar sy woon.
En jou huis langs die vaaldam?
Nee, dis lankal verkoop. 'n Ander plek gekoop
en die's ook weer verkoop.
Re: Nuwe wet [boodskap #76850 is 'n antwoord op boodskap #76810] Ma, 28 April 2003 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is 'n Doverstofie in my broer se braaikamer.
En 'n asblik in my kombuis - waar ek as van rokers in gooi.
Watse askanne praat jy van?

Annette

"DD" skryf in boodskap news:7pgnav832ddhjme8hti4okii947u7b37e3@4ax.com...
> On Sun, 27 Apr 2003 08:53:19 +0200, "Tobie" wrote:
>
>> ek het hierdie week al my groter sak by Spar
>> gekry, sal ook die OK Grocer sin kry in die
>> komende week.(Verniet)
>>
>> "Elaine"
>> : Ek hoor ons gaan eersdaags moet betaal vir ons
>> plastieksakke wanner ons gaan
>> : inkopies doen.
>>
>
> Niemand het my geantwoord oor waarom ons
> askanne in ons huise het en geen koolstowe nie.
>
> DD
>
Re: Nuwe wet [boodskap #76877 is 'n antwoord op boodskap #76822] Di, 29 April 2003 09:28 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, ek swing nie in daai rigting nie, ek verkies mans...

P'nP se web site is sooooo stadig, en ek het dit niks geniet nie, maar ek
haat winkels en baie mense om my, so ek verkies onone shopping.

E

"DD" wrote:
>
> Dit moet vreeslik prakties en net so verbeeldingloos en vervelig
> wees om dmv internet kruideniersware te koop.
> Elaine, wil jy my sê dat jy nog nooit met een van die girls in die
> winkel aangelê het nie? Hier by ons is die vloerbestuurder 'n
> oulike Italiaanse vroutjie, en ons kuier gewoonlik eers so bietjie
> saam:-)))
>
> DD
>
Vorige onderwerp: re Spitfire
Volgende onderwerp: Speel Wie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 13:55:48 MGT 2024