Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » re Spitfire
re Spitfire [boodskap #76578] |
Wed, 23 April 2003 18:45  |
Dave Du Plessis
Boodskappe: 81 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Bly liewer by die naam waaronder ons jou
al die jare ken, Gloudina. Spitfire kan wel
dalk heel beskrywend wees maar skep 'n
vals vriendelike indruk van jou.
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: re vuur spoeg [boodskap #76752 is 'n antwoord op boodskap #76721] |
Sat, 26 April 2003 17:51   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Tobie" wrote:
> wat's die verskil boet, hurricane of spitfire,
> altwee is vegters uit 'n era wat verby is, 'n era
> wat nie meer bestaan nie.
Weet jy, elke keer as ek lees van 'n Spitfire, dan dink ek
onwillekeurig en met 'n GROOT smaail terug na jare gelede - toe my
seun sowat 4 of 5 was, en sy kleuterskool onderwyseres eendag vir hom
vra wat sy pa doen. Hy vertel toe so ewe vir haar dat sy pa vlieg
Spitfires in Engeland. Ek het natuurlik 'n baie "bekommerde" oproep
van die juffrou die dag gekry, en moes verduidelik! :-)
Die agtergrond is dat my man en hy model vliegtuigies van die WW2 era
gebou het, en seun se kamer was propvol van die vliegtuigies, en elke
aand wou hy nuwe stories hoor oor veral die Spitfires. My man was
toevallig op daardie stadium in Engeland vir 'n seminaar/kongres wat 4
weke geduur het. Vir my seun het dit seker na 'n ewigheid gevoel, en
die laaste "storie" wat my man hom vertel het voor hy Engeland toe
was, was dan juis oor die BOB (Battle of Brittain) :-)
Terloops, ek weet nie veel van die goed af nie, maar mense (wat ken
) sal darem vreeslik met jou verskil oor die verskille tussen die
Hurrys en die Spits!! :-)
|
|
|
|
|
|
|
Re: re vuur spoeg [boodskap #76813 is 'n antwoord op boodskap #76803] |
Sun, 27 April 2003 12:39   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Q wrote:
Dis nie te moeilik om jou in
> te dink hoe dit hier moet gegaan het tydens die Blitz nie. Vrouens en
> kinders wat half aan die slaap so vinnig moontlik in die skuilings probeer
> kom.
Ek moet jou egter daaraan herinner dat die
kinders grotendeels uit London verwyder is
en na veiliger plekke gestuur is. My eerste
werk in SA was in 'n Engelse privaatskool
waar baie van die onderwyseresse op kontrak
van Engeland af gekom het. En baie van hulle
was gedurende die oorlog geskei van hulle
ouers terwyl hulle skoolgegaan het. Die twee
prinsesse is egter nie uit London gestuur nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: re vuur spoeg [boodskap #76828 is 'n antwoord op boodskap #76805] |
Sun, 27 April 2003 17:44   |
Quintin
Boodskappe: 136 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Tobie" skryf
> Q ek weet nou nie waar "Hier" is nie, maar in SA
> het ons een gehad wat destyds deur sy eienaars aan
> Amerika geleen is vir 'n tyd, dit is wat hulle
> destyds op tv gesê het en dat die Spittie weer sal
> terugkom. Dit het nooit teruggekom nie. Daai
> Spittie was opgebou met hulp van die destydse RSA
> lugmag, maar waardes verander seker, soos die
> waardes hoekom jy 'n Springbok rugby trui oor jou
> kop trek.
>
Ek bedoel hier in Engeland. Sedert ek die bydrae gemaak het, het ek wel van
twee verdere Spitfires wat in private besit is, te hore gekom maar ek kan
nie bepaal of die twee diensbaar is nie. Daarom beskou ek die twee intussen
as dieselfde as Spitfires wat in museums gevind kan word. Ek sal kyk of ek
iets oor die een wat jy na verwys kan opspoor. Net om so 'n bietjie te
help... watter tydstip praat jy van. Is die vliegtuig nog steeds in die VSA?
Dit sou natuurlik vir die SALM kinderspeletjies gewees het om die betrokke
Spitfire op te bou. Na als, wend die lugmag nog steeds die Dakota
operasioneel aan, (of altans toe ek laas in SA was), en die Dakota kom min
of meer uit dieselfde era uit.
Q
|
|
|
Re: re vuur spoeg [boodskap #76829 is 'n antwoord op boodskap #76828] |
Sun, 27 April 2003 18:14   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Q" wrote:
> Ek bedoel hier in Engeland. Sedert ek die bydrae gemaak het, het ek wel van
> twee verdere Spitfires wat in private besit is, te hore gekom maar ek kan
> nie bepaal of die twee diensbaar is nie. Daarom beskou ek die twee intussen
> as dieselfde as Spitfires wat in museums gevind kan word. Ek sal kyk of ek
> iets oor die een wat jy na verwys kan opspoor. Net om so 'n bietjie te
> help... watter tydstip praat jy van. Is die vliegtuig nog steeds in die VSA?
Ek wil nou nie inmeng met julle interessante praatjies nie, maar dalk
sal hierdie skakel ook so bietjie lig werp?
http://www.spitfiresociety.demon.co.uk/flying.htm
Hulle sê:
"Mk IXe TE213 (5518)
Delivered to 33 MU in May 1945 it was stored for 2 years before being
sold on to the South African Air Force. At the end of its career it
was mounted on a pole as a static display aircraft at Waterkloof
airfield. After MA793 was sold to the USA, it was decided to restore
TE213 to flying condition. A notable rarity in being a "low back" Mk
IX, it is operated by the South African Air Force Museum Historic
Flight based in Swartkops, South Africa.
On 15th April she had an engine failure and was "destroyed" in the
subsequent crash. The pilot, survived, and the Spitfire preservation
enthusiasm went into overdrive. It is intended that after a number of
years of rebuild, she will fly again .(10/02)"
en oor 'n ander ene wat tans in Brazil is::
"Type 361- Mk IX
IXc/e MA793 (N930LB)
This is the only currently flying Spitfire confirmed to have operated
with the US Army Air Force. It was delivered to 6 MU in July 1943, and
then sent to the Mediterranean to operate with the Mediterranean
Allied Air Force. It was transferred to USAAF charge between October
1943 and May 1944. After the War, it was sold to South Africa, but
never actually flew, and after being stripped for spares ended like a
number of airframes, as a children's playground toy. It was spotted
from the air by Andrew Smulian in 1967, and removed. After an
extensive restoration to flying condition it returned to the air in
September 1975. Currently in the workshop again, it is owned by
Transportes Aereos Regional, in Brazil. (10/02)"
|
|
|
|
Re: re vuur spoeg [boodskap #76854 is 'n antwoord op boodskap #76828] |
Mon, 28 April 2003 18:29  |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Net om so 'n bietjie te
: help... watter tydstip praat jy van. Is die
vliegtuig nog steeds in die VSA?
---
Q ek weet nie wat die presiese jaar is nie. Al wat
ek weet was dit destyds tussen Jan 1981 en middel
1985 dit was toe ek en ander Kapenaars die Vaaldam
se wal verhoog het vir die Vaalpense. Ek weet dis
wyd, maar dis al wat ek mee kan help.
Sover ek weet het daardie Spittie nooit teruggekom
nie. Wel ons sou hom mos al gesien optree het, nie
waar nie?
Erens is daar nog 'n Spitfire en Hurricane onder
dak in RSA, (musem) dink ek. Ek was in Engeland in
1971 en het na 'n vliegveld gegaan wat 'n rol
gespeel het gedurende die laaste wêreldoorlog. Al
wat ek kan onthou was dat daar by die ingang 'n
Hurricane en Spitfire gestaan het, êrens het ek
dit nog op 'n 'slide'. Kan nie die vliegveld se
naam onthou nie. Suid van London, al wat ek kan
onthou.
---
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 21:53:15 UTC 2025
|