Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Naskrif : Pinkster 1971 " deur ANNETTE SNYMAN
"Naskrif : Pinkster 1971 " deur ANNETTE SNYMAN [boodskap #76226] Do, 17 April 2003 01:57
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette Snyman
Naskrif: Pinkster 1971

Jy diepploeg wyer slote
en stu die dooie spore
van jou bejaarde perskeboorde.

Jy swael jou wingerde
en bemes die lote
met ondergrondse vuur.

Jou nuwe vrug
heilig my
tot 'n ryp drag
van sagter, vreemde woorde.

Jy's nou 'n stuk Gees van hierdie aarde
Pa - dís jou beleë najaarswaarde.
Vorige onderwerp: Boegoe
Volgende onderwerp: Doodmaak regverdig?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 12:26:51 MGT 2024