Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meneer Mugabe
Meneer Mugabe [boodskap #76187] Wo, 16 April 2003 13:08
Sebs  is tans af-lyn  Sebs
Boodskappe: 125
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Mugabe

Met Mugabe nou heel dikwels in die nuus is dit onvermydelik dat daar 'n
grappie of twee oor hom te voorskyn sal kom:

Die aap sit in die boom en bestook vir Koning Leeu met maroelas. Hy beweeg
al hoe verder na die punt van die tak wat breek, en hy val aarde toe. Die
leeu lig net sy poot op en druk vir aap teen die grond vas.

"Jy het twee keuses" sê leeu, "of ek byt jou kop af of ek byt jou stert af,
watter een sal dit wees!"

"My kop, asseblief" kom die bewerige antwoord.

"Is jy seker? AS ek jou kop afbyt is jy dood!" grom leeu.

"Ja, maar as jy my stert afbyt, lyk ek soos Mugabe!"

Ooopsss, ek wonder of Bob Afrikaans verstaan!
Vorige onderwerp: Nataniel se wonderlike wenke vir troues
Volgende onderwerp: 'n Opstel geskryf deur 'n laërskool leerling...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:07:51 MGT 2024