Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Doringboom
Die Doringboom [boodskap #75989] So, 13 April 2003 20:02 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Buurman het 'n moerske doringboom
wat oor die heining loer. Inderwaarheid
is die boom slegs sowat sewe treê van waar
ek hier sit, met my rekenaarvertrek se venster
oop en tussen my en die kollos.

Lig geskat, oornag honderde voëls daarin. Mossies,
Tortelduiwe, Indiëse spreeus, Kwikkies en,,,en...en...

Ek sê met opset 'oornag' en nie 'slaap' nie, want die voëls
slaap nie. Dit is nou 2150 en hulle kwetter en tjirp. Vannag
om middernag luister ek na hulle, en as ek twee uur wakker
is, hoor ek hulle steeds. Vieruur môreoggend begin hulle meer
luidrugtig raak wanneer hulle bespreek oor wat hulle deur die
dag gaan doen. Nou sit hulle en gesels oor die dag wat verby is.

Hannetjie en ek het 5:30 tot ses uur buite gestaan en kyk hoe hulle
as enkelinge en as groepe die groot doringboomwoonstelblok betrek.
Mekaar hallo sê met die landing, en somtyds sommer vinnig 'n wyfie
probeer score en dan vinnig van die tak afgeboender word deur 'n ander
mannetjie. Maar hulle gesels byna sonder ophou. Soms raak dit stil vir
'n kort rukkie, en dan kwetter dit weer. Miskien sien sommige van
hulle 'n beweging en begin dan skreeu "Watch out! Watch out!"

Dit is nie donker nie want voor my huis en voor sy huis is straatligte
wat dit heel gesellig lig hou deur die nag.

Is dit uniek of nie? Ek dog dan voëls slaap in die nag.

DD
Re: Die Doringboom [boodskap #75996 is 'n antwoord op boodskap #75989] So, 13 April 2003 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

Miskien sien sommige van
> hulle 'n beweging en begin dan skreeu "Watch out! Watch out!"

So die voëls in daardie boom praat
Engels? Interessant. Ek moet tog luister
watter taal ons s'n praat.
Ons bly so omtrent vyfhonderd jaarts
van die walle van die Ottawa-rivier af,
wat deels park is en waar daar groot ou
bome is wat die voëls van die dorp gebruik
om in te oornag. Noudat dit begin lente
raak, hoor ons hulle al hoe meer lawaai
maak in die vroeë more en tot in die laat
aand. Maar daar is darem so 'n paar uur
wanneer hulle stil is.

Gloudina
Re: Die Doringboom [boodskap #76011 is 'n antwoord op boodskap #75996] Ma, 14 April 2003 03:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Apr 2003 22:21:55 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Noudat dit begin lente
> raak, hoor ons hulle al hoe meer lawaai
> maak in die vroeë more en tot in die laat
> aand. Maar daar is darem so 'n paar uur
> wanneer hulle stil is.
>
> Gloudina

Dit was 12:30 toe ek in die bed geklim het
en toe het ek hulle gehoor.
Dit is nou 4:40vm en hulle gesels met mekaar.
Baie stille as agt uur gisteraand natuurlik, maar
ek hoor hulle nou met mekaar praat, en terwyl ek
hier gesels, begin hulle a'n ook in tempo toeneem.

DD
Re: Die Doringboom [boodskap #76012 is 'n antwoord op boodskap #76011] Ma, 14 April 2003 04:02 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Apr 2003 05:56:43 +0200, Davie Davis wrote:

>
> Dit was 12:30 toe ek in die bed geklim het
> en toe het ek hulle gehoor.
> Dit is nou 4:40vm en hulle gesels met mekaar.
>
> DD
>

Aikôna - 5:40vm

DD
Vorige onderwerp: Drome - Vir Elaine
Volgende onderwerp: Manto en Zuma se dwarsklap.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 10:50:45 MGT 2024