Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Streep
Die Streep [boodskap #74897] Di, 25 Maart 2003 08:01 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Blykbaar, volgens CNN, het Saddam 'n streep in die sand getrek, en sodra die
aanvalstroepe daaroor beweeg, gaan hy hulle zap met wapens uit die hel.
Het Basra nou al geval of wat?

Annette
Re: Die Streep [boodskap #74908 is 'n antwoord op boodskap #74897] Di, 25 Maart 2003 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
So - Sadam het "Trompie die bokser" gelees. Want dis waar die streep-storie
sy oorsprong het.

Of, kan dit dalk "Trompie die held" wees?

Wie is 'n letterkundige. Anti - kan jy help?

Of watter boeke het jy op laerskool gelees? Wat van die Keurboslaan-reeks?
Mikro se katte? Ek ruik nou nog die boeke in die heilige stilte van die
biblioteek - op 'n baie klein dorpie.

Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?

"Annette" skryf in boodskap news:b5p38f$2ameof$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Blykbaar, volgens CNN, het Saddam 'n streep in die sand getrek, en sodra die
> aanvalstroepe daaroor beweeg, gaan hy hulle zap met wapens uit die hel.
> Het Basra nou al geval of wat?
>
> Annette
>
Re: Die Streep [boodskap #74910 is 'n antwoord op boodskap #74908] Di, 25 Maart 2003 16:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

>
> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?

Nancy Drew. :-)
Re: Die Streep [boodskap #74913 is 'n antwoord op boodskap #74910] Di, 25 Maart 2003 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is hierdie 'n "knock-knock"-speletjie of wat. "Nancy drew what ?" (Ek spot
maar ; -)) )
Het jy nie Afrikaans gelees nie?

"Katryn" skryf in boodskap news:ai018v039ik2mburcr9me0ef7ljfea8bq5@4ax.com...
> "Jonas" wrote:
>
>>
>> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
>
> Nancy Drew. :-)
>
Re: Die Streep [boodskap #74914 is 'n antwoord op boodskap #74908] Di, 25 Maart 2003 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mikro, Trompie, Saartjie, Die Uile, Die Kobie Reeks (ken enigiemand die?),
Oom Dana, Jakkals en Wolf, dan was daar 'n skrywer, sy van was Pieterse wat
"suspence" vir jong mense geskryf het, maar dis nou nie Pieter Pieterse nie.
Liewe Heksie, baie nie-fiksie, en enigiets anders waarop ek my pootjies kon
kry. Van Konsalik tot Dalene Matthee tot Stephen King. Ek het "IT" gelees
toe ek 11 was, my ouer suster het dit geleen. Kon vir weke aaneen nie slaap
nie :-))

Elaine

"Jonas" wrote:
>
> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
Re: Die Streep [boodskap #74917 is 'n antwoord op boodskap #74913] Di, 25 Maart 2003 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

> Het jy nie Afrikaans gelees nie?

Ek het definitief. Probleem was dat ek nie netnou kon onthou nie.
Maar ek onthou my Nancy Drew boeke en verhale baie goed. :-)
As ek weer met my ma gesels sal ek haar definitief vra. Netnou het
Elaine "Saartjie" genoem. Dit en die Trompie reeks wil ietwat bekend
klink, maar ek kan om die dood toe nie onthou waaroor dit gegaan het
nie. :-(
En was daar iets/'n tydskrif soos "Patrys" en "Jongspan" dalk?
Re: Die Streep [boodskap #74918 is 'n antwoord op boodskap #74908] Di, 25 Maart 2003 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:


> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?

Van my heel klein dae onthou ek die
duidelikste die cartoon van Knapsak
en Klonkie, veral waar hulle op die
maan is (in die Jongspan.)
Oor my eienaardigste ondervinding
met leesstof: Daar was 'n Afrikaanse
vertaling van "Little Women" en een van
die dogters het knaend suurlemoene ge-eet,
maar in die boek is dit as "lemmetjies"
vertaal. Ek het nie die woord "lemmetjie"
vir suurlemoen geken nie, en het die hele
tyd gedink die kind steek 'n razorblade
in haar mond en kou dit. Wat was my verligting
groot toe ek die boek in Engels lees en die
ding reg verstaan.
Ek het natuurlik "Anne of Green Gables"
en al die ander boeke van L.M. Montgomery
verslind, totdat my Engelse onderwyser vir
my in Standerd Nege vertel het dat ek nou
Dickens se boeke moet begin lees. Wat was
my vreugde groot toe ek "Anne" se Green
Gables in Prince Edward Island hier in
Kanada kon terugvind. Waar die meeste toeriste
uit Japan kom, waar dit glo nou nog stapel-
leesstof vir elke jong Japannese meisie is.
In Green Gables (nou 'n museum) is alle onder-
skrifte onder foto's in Engels en Japannees.
Ongelukkig kan jy nie aanneem dat alle
Kanadese meisies "Anne of Green Gables" en
die vervolgboeke gelees het nie. Hulle ken
wel die film, wat baie baie goed is. Ek gaan
sit elke keer as ek dit op die TV sien, al
is dit in Frans.

Gloudina
Re: Die Streep [boodskap #74921 is 'n antwoord op boodskap #74917] Di, 25 Maart 2003 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, Patrys, ek onthou dit ook goed. Jongspan dink ek was 'n bylae in
Huisgenoot.

Saartjie was van 'n stoutgat rabbedoe met kort swart krulhare wat altyd in
die moeilikheid was. Daar was ook 'n Saartjie t.v. reeks.
Trompie was 'n outjie met rooi hare en sproete, ook 'n stoutgat wat nooit in
die kerk kon stilsit nie. Hy't 'n bende by name van "boksom" of "boks hom"
gehad as ek reg kan onthou.

Groete
Elaine

"Katryn" wrote:

> En was daar iets/'n tydskrif soos "Patrys" en "Jongspan" dalk?
>
Re: Die Streep [boodskap #74922 is 'n antwoord op boodskap #74921] Di, 25 Maart 2003 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Saartjie was van 'n stoutgat rabbedoe met kort swart krulhare wat altyd in
> die moeilikheid was. Daar was ook 'n Saartjie t.v. reeks.

Dankie, Elaine. Ek onthou nou so vaagweg oor Saartjie. Maar..er...jy
moet onthou dat ek praat nou van die 60's en 70's toe ek 'n tiener
was. Daar was nie toe TV in SA nie. :-))
En ek onthou die Jongspan as 'n aparte tydskriffie? Dalk het dit
later deel van die Huisgenoot geword? Of onthou ek verkeerd, en dink
dank aan iets anders wat beskikbaar was toe my kinders klein was?
Re: Die Streep [boodskap #74925 is 'n antwoord op boodskap #74908] Di, 25 Maart 2003 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Trompie, Saartjie, Keurboslaan, The Hardy Boys, Nancy Drew en al die boeke
van ? Hunt oor
die terries en die polisie:))
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:b5puq5$t7p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So - Sadam het "Trompie die bokser" gelees. Want dis waar die streep-storie
> sy oorsprong het.
>
> Of, kan dit dalk "Trompie die held" wees?
>
> Wie is 'n letterkundige. Anti - kan jy help?
>
> Of watter boeke het jy op laerskool gelees? Wat van die Keurboslaan-reeks?
> Mikro se katte? Ek ruik nou nog die boeke in die heilige stilte van die
> biblioteek - op 'n baie klein dorpie.
>
> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5p38f$2ameof$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Blykbaar, volgens CNN, het Saddam 'n streep in die sand getrek, en sodra die
>> aanvalstroepe daaroor beweeg, gaan hy hulle zap met wapens uit die hel.
>> Het Basra nou al geval of wat?
>>
>> Annette
>>
>
Re: Die Streep [boodskap #74926 is 'n antwoord op boodskap #74914] Di, 25 Maart 2003 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oeps - ek het vergeet van die Uile - het hulle ook almal gelees.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e809b8f.0@news1.mweb.co.za...
> Mikro, Trompie, Saartjie, Die Uile, Die Kobie Reeks (ken enigiemand die?),
> Oom Dana, Jakkals en Wolf, dan was daar 'n skrywer, sy van was Pieterse wat
> "suspence" vir jong mense geskryf het, maar dis nou nie Pieter Pieterse nie.
> Liewe Heksie, baie nie-fiksie, en enigiets anders waarop ek my pootjies kon
> kry. Van Konsalik tot Dalene Matthee tot Stephen King. Ek het "IT" gelees
> toe ek 11 was, my ouer suster het dit geleen. Kon vir weke aaneen nie slaap
> nie :-))
>
> Elaine
>
> "Jonas" wrote:
>>
>> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
>
Re: Die Streep [boodskap #74939 is 'n antwoord op boodskap #74918] Wo, 26 Maart 2003 05:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Prince Edward eiland - wat is die naam van die TV-reeks wat ook daar verfilm
is?
skryf in boodskap news:3E80A5DA.4080304@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
>
> Van my heel klein dae onthou ek die
> duidelikste die cartoon van Knapsak
> en Klonkie, veral waar hulle op die
> maan is (in die Jongspan.)
> Oor my eienaardigste ondervinding
> met leesstof: Daar was 'n Afrikaanse
> vertaling van "Little Women" en een van
> die dogters het knaend suurlemoene ge-eet,
> maar in die boek is dit as "lemmetjies"
> vertaal. Ek het nie die woord "lemmetjie"
> vir suurlemoen geken nie, en het die hele
> tyd gedink die kind steek 'n razorblade
> in haar mond en kou dit. Wat was my verligting
> groot toe ek die boek in Engels lees en die
> ding reg verstaan.
> Ek het natuurlik "Anne of Green Gables"
> en al die ander boeke van L.M. Montgomery
> verslind, totdat my Engelse onderwyser vir
> my in Standerd Nege vertel het dat ek nou
> Dickens se boeke moet begin lees. Wat was
> my vreugde groot toe ek "Anne" se Green
> Gables in Prince Edward Island hier in
> Kanada kon terugvind. Waar die meeste toeriste
> uit Japan kom, waar dit glo nou nog stapel-
> leesstof vir elke jong Japannese meisie is.
> In Green Gables (nou 'n museum) is alle onder-
> skrifte onder foto's in Engels en Japannees.
> Ongelukkig kan jy nie aanneem dat alle
> Kanadese meisies "Anne of Green Gables" en
> die vervolgboeke gelees het nie. Hulle ken
> wel die film, wat baie baie goed is. Ek gaan
> sit elke keer as ek dit op die TV sien, al
> is dit in Frans.
>
> Gloudina
>
Re: Die Streep [boodskap #74940 is 'n antwoord op boodskap #74926] Wo, 26 Maart 2003 05:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ja die Uile was nogal goed.
Daar was ook 'n reeks die Penkopkommando - en natuurlik Mikro se goed.
Slapbandboeke soos die Swartluiperd, Rooijan.
Annette - daar was 'n boek van Topsy Smith - iets soos "Bokshelde van die
verlede" - ek onthou sy beskrywing van die vurige Laurie Stevens baie goed.
Voor TV toe jy fotos van Springbokke uit die Sondagkoerant bymekaar gemaak
het, en "African Mirror" miskien 30 sekondes van 'n toetswedstryd vertoon
het.

(Genoeg van "geheuelaning" - hoe's daai vir "memory lane"?)

"Annette" skryf in boodskap news:b5qkep$2aju6n$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Oeps - ek het vergeet van die Uile - het hulle ook almal gelees.
> Annette
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e809b8f.0@news1.mweb.co.za...
>> Mikro, Trompie, Saartjie, Die Uile, Die Kobie Reeks (ken enigiemand die?),
>> Oom Dana, Jakkals en Wolf, dan was daar 'n skrywer, sy van was Pieterse wat
>> "suspence" vir jong mense geskryf het, maar dis nou nie Pieter Pieterse nie.
>> Liewe Heksie, baie nie-fiksie, en enigiets anders waarop ek my pootjies kon
>> kry. Van Konsalik tot Dalene Matthee tot Stephen King. Ek het "IT" gelees
>> toe ek 11 was, my ouer suster het dit geleen. Kon vir weke aaneen nie slaap
>> nie :-))
>>
>> Elaine
>>
>> "Jonas" wrote:
>>>
>>> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
>>
>
Re: Die Streep [boodskap #74946 is 'n antwoord op boodskap #74921] Wo, 26 Maart 2003 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek kon nooit wag vir die volgende uitgawe van Patrys nie. Daar was goed om
te maak, oulike stories, rubrieke en 'n ruilkolom waar ek partykeer goed
bestel het. Ek onthou dat bendes toe nog cool was!

In die middelste "meisies"-deel was daar 'n vrou (Schalkie?) wat verhale oor
Vicky geskryf het wat ook vrek oulik was. Ek wonder wat van Schalkie en haar
talente geword het.

Dis jammer daar is nie so iets soos 'n meer byderwetse Patrys nie. Die
Burger se "By"-bylae is oulik, maar nie so omvattend nie.

Van boeke was daar ook Sias en Mias en Huppelkind.

Ek onthou die Kleinspan (voordat dit deel van Jongspan geword het) het
Rakkertjie Rob gehad as strokiesprent. Nou wys ek my ouderdom lelik.

Koot

"Elaine" skryf in boodskap news:3e80bf01.0@news1.mweb.co.za...
> Ja, Patrys, ek onthou dit ook goed. Jongspan dink ek was 'n bylae in
> Huisgenoot.
>
> Saartjie was van 'n stoutgat rabbedoe met kort swart krulhare wat altyd in
> die moeilikheid was. Daar was ook 'n Saartjie t.v. reeks.
> Trompie was 'n outjie met rooi hare en sproete, ook 'n stoutgat wat nooit in
> die kerk kon stilsit nie. Hy't 'n bende by name van "boksom" of "boks hom"
> gehad as ek reg kan onthou.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Katryn" wrote:
>
>> En was daar iets/'n tydskrif soos "Patrys" en "Jongspan" dalk?
>>
>
Re: Die Streep [boodskap #74949 is 'n antwoord op boodskap #74946] Wo, 26 Maart 2003 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was 'n sterk Rakkertjie Rob- fan:))
Ek was ook in Patrys deel van die klub wat die hiërogliewe moes probeer
ontsyfer :))
Koot - wanneer tree julle by KKNK op? - Ek wil my Roomy vra om vir julle
namens my te gaan luister.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:b5riak$ovl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek kon nooit wag vir die volgende uitgawe van Patrys nie. Daar was goed om
> te maak, oulike stories, rubrieke en 'n ruilkolom waar ek partykeer goed
> bestel het. Ek onthou dat bendes toe nog cool was!
>
> In die middelste "meisies"-deel was daar 'n vrou (Schalkie?) wat verhale oor
> Vicky geskryf het wat ook vrek oulik was. Ek wonder wat van Schalkie en haar
> talente geword het.
>
> Dis jammer daar is nie so iets soos 'n meer byderwetse Patrys nie. Die
> Burger se "By"-bylae is oulik, maar nie so omvattend nie.
>
> Van boeke was daar ook Sias en Mias en Huppelkind.
>
> Ek onthou die Kleinspan (voordat dit deel van Jongspan geword het) het
> Rakkertjie Rob gehad as strokiesprent. Nou wys ek my ouderdom lelik.
>
> Koot
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e80bf01.0@news1.mweb.co.za...
>> Ja, Patrys, ek onthou dit ook goed. Jongspan dink ek was 'n bylae in
>> Huisgenoot.
>>
>> Saartjie was van 'n stoutgat rabbedoe met kort swart krulhare wat altyd in
>> die moeilikheid was. Daar was ook 'n Saartjie t.v. reeks.
>> Trompie was 'n outjie met rooi hare en sproete, ook 'n stoutgat wat nooit in
>> die kerk kon stilsit nie. Hy't 'n bende by name van "boksom" of "boks hom"
>> gehad as ek reg kan onthou.
>>
>> Groete
>> Elaine
>>
>> "Katryn" wrote:
>>
>>> En was daar iets/'n tydskrif soos "Patrys" en "Jongspan" dalk?
>>>
>>
>
Re: Die Streep [boodskap #74955 is 'n antwoord op boodskap #74940] Wo, 26 Maart 2003 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Annette - ja die Uile was nogal goed.
> Daar was ook 'n reeks die Penkopkommando - en natuurlik Mikro se goed.
Knippetjie
>>
> (Genoeg van "geheuelaning" - hoe's daai vir "memory lane"?)

AAaaaaaaaarrrrrrrggggghhhhhh!!! Plop!!

Susara van Stootgare( Annette se assistent) wat vir haar moes afteken en die
boodskap stuur.

>
Re: Die Streep [boodskap #74971 is 'n antwoord op boodskap #74949] Wo, 26 Maart 2003 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
So, jy was ook 'n Patryser!

Die koor tree nou Sondagaand agtuur en Maandagaand halfses op in die NG
Moederkerk. Hulle sing DV ook Sondagmiddag so vyfuur op die Parmalat-verhoog
'n paar liedjies.

As sy gaan kyk moet sy gerus daarop let hoe gemaklik hulle ook tradisionele
Afrika-musiek tussen die "westerse" musiek inwerk. Ek dink dis hulle groot
sterkpunt.

"Annette" skryf in boodskap news:b5rkuc$28u9nf$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek was 'n sterk Rakkertjie Rob- fan:))
> Ek was ook in Patrys deel van die klub wat die hiërogliewe moes probeer
> ontsyfer :))
> Koot - wanneer tree julle by KKNK op? - Ek wil my Roomy vra om vir julle
> namens my te gaan luister.
> Annette
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:b5riak$ovl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek kon nooit wag vir die volgende uitgawe van Patrys nie. Daar was goed om
>> te maak, oulike stories, rubrieke en 'n ruilkolom waar ek partykeer goed
>> bestel het. Ek onthou dat bendes toe nog cool was!
>>
>> In die middelste "meisies"-deel was daar 'n vrou (Schalkie?) wat verhale oor
>> Vicky geskryf het wat ook vrek oulik was. Ek wonder wat van Schalkie en haar
>> talente geword het.
>>
>> Dis jammer daar is nie so iets soos 'n meer byderwetse Patrys nie. Die
>> Burger se "By"-bylae is oulik, maar nie so omvattend nie.
>>
>> Van boeke was daar ook Sias en Mias en Huppelkind.
>>
>> Ek onthou die Kleinspan (voordat dit deel van Jongspan geword het) het
>> Rakkertjie Rob gehad as strokiesprent. Nou wys ek my ouderdom lelik.
>>
>> Koot
>>
>>
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3e80bf01.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ja, Patrys, ek onthou dit ook goed. Jongspan dink ek was 'n bylae in
>>> Huisgenoot.
>>>
>>> Saartjie was van 'n stoutgat rabbedoe met kort swart krulhare wat altyd in
>>> die moeilikheid was. Daar was ook 'n Saartjie t.v. reeks.
>>> Trompie was 'n outjie met rooi hare en sproete, ook 'n stoutgat wat nooit in
>>> die kerk kon stilsit nie. Hy't 'n bende by name van "boksom" of "boks hom"
>>> gehad as ek reg kan onthou.
>>>
>>> Groete
>>> Elaine
>>>
>>> "Katryn" wrote:
>>>
>>>> En was daar iets/'n tydskrif soos "Patrys" en "Jongspan" dalk?
>>>>
>>>
>>
>
Re: Die Streep [boodskap #74975 is 'n antwoord op boodskap #74946] Wo, 26 Maart 2003 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Koot - sindikate het by die bendes oorgevat ...

"Koot" skryf in boodskap news:b5riak$ovl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek kon nooit wag vir die volgende uitgawe van Patrys nie. Daar was goed om
> te maak, oulike stories, rubrieke en 'n ruilkolom waar ek partykeer goed
> bestel het. Ek onthou dat bendes toe nog cool was!
>
> In die middelste "meisies"-deel was daar 'n vrou (Schalkie?) wat verhale oor
> Vicky geskryf het wat ook vrek oulik was. Ek wonder wat van Schalkie en haar
> talente geword het.
>
> Dis jammer daar is nie so iets soos 'n meer byderwetse Patrys nie. Die
> Burger se "By"-bylae is oulik, maar nie so omvattend nie.
>
> Van boeke was daar ook Sias en Mias en Huppelkind.
>
> Ek onthou die Kleinspan (voordat dit deel van Jongspan geword het) het
> Rakkertjie Rob gehad as strokiesprent. Nou wys ek my ouderdom lelik.
>
> Koot
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e80bf01.0@news1.mweb.co.za...
>> Ja, Patrys, ek onthou dit ook goed. Jongspan dink ek was 'n bylae in
>> Huisgenoot.
>>
>> Saartjie was van 'n stoutgat rabbedoe met kort swart krulhare wat altyd in
>> die moeilikheid was. Daar was ook 'n Saartjie t.v. reeks.
>> Trompie was 'n outjie met rooi hare en sproete, ook 'n stoutgat wat nooit in
>> die kerk kon stilsit nie. Hy't 'n bende by name van "boksom" of "boks hom"
>> gehad as ek reg kan onthou.
>>
>> Groete
>> Elaine
>>
>> "Katryn" wrote:
>>
>>> En was daar iets/'n tydskrif soos "Patrys" en "Jongspan" dalk?
>>>
>>
>
Re: Die Streep [boodskap #74979 is 'n antwoord op boodskap #74939] Wo, 26 Maart 2003 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Prince Edward eiland - wat is die naam van die TV-reeks wat ook daar verfilm
> is?

Dis heelwaarskynlik "Anne of Green Gables"
of "The Road to Avonlea."

Gloudina
Re: Die Streep [boodskap #74999 is 'n antwoord op boodskap #74918] Wo, 26 Maart 2003 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Lemmetjies is nie 'n ander naam vir suurlemoene nie. Dis 'n totaal
ander vrug. Dis nou daai groen goedjies wat julle in ingels lime
noem...

"@rogers.com"

> vertaal. Ek het nie die woord "lemmetjie"
> vir suurlemoen geken nie, en het die hele
> tyd gedink die kind steek 'n razorblade
> in haar mond en kou dit. Wat was my verligting
Re: Die Streep [boodskap #75003 is 'n antwoord op boodskap #74979] Wo, 26 Maart 2003 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Korrek - di die "Road to Avonlea" waaraan ek gedink het.

(Ek het dit waardeer - maar moenie dit vir die manne sê nie ...)

skryf in boodskap news:3E81AA0E.1080709@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Prince Edward eiland - wat is die naam van die TV-reeks wat ook daar verfilm
>> is?
>
> Dis heelwaarskynlik "Anne of Green Gables"
> of "The Road to Avonlea."
>
> Gloudina
>
Re: Die Streep [boodskap #75005 is 'n antwoord op boodskap #74999] Wo, 26 Maart 2003 17:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Lemmetjies is nie 'n ander naam vir suurlemoene nie. Dis 'n totaal
> ander vrug. Dis nou daai groen goedjies wat julle in ingels lime
> noem...

Ja, ek weet. Ek kan nie onthou wat die
dogter in "Little Women" eet nie, of dit
nou 'n lime of 'n lemon is nie.
Ek het nog altyd gewonder waarom die SA
suurlemoene waarmee ek grootgeword het -
liggeel, baie los skille, nie te suur
nie, ideaal vir lemonade - nie hier in
Noord-Amerika op die mark verskyn nie.
Toe sien ek 'n vrug van die Karribiese
eilande wat ugli fruit genoem word, en
ek sweer die SA suurlemoene is 'n kruis
tussen hulle en geel lemons.

Gloudina
Re: Die Streep [boodskap #75010 is 'n antwoord op boodskap #74925] Wo, 26 Maart 2003 17:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Keurboslaan wil bekend klink. Hmmm, help 'n bietjie uit?

E

"Annette" skryf in boodskap news:b5qk8a$2c0a8j$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Trompie, Saartjie, Keurboslaan, The Hardy Boys, Nancy Drew en al die boeke
> van ? Hunt oor
> die terries en die polisie:))
> Annette
Re: Die Streep [boodskap #75011 is 'n antwoord op boodskap #74922] Wo, 26 Maart 2003 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis heel moontlik dat daar vroeër jare 'n aparte "Jongspan" tydskrif was.
Dalk kan my ma en pa onthou, ek vermoed dis bietjie voor my tyd :o)) Nou
nie om jou oud te laat voel of enigiets nie, maar Patrys onthou ek net omdat
my ma al haar Patrys tydskrifte gehou het vir ons, dit was reeds uit
surkilasie toe ek begin lees het. Daar was ook boekies "Sus en Daan" wat
ons in Graad 1 en 2 gelees het. Ek weet nie of daar ander is wat die
boekies kan onthou nie.

E

"Katryn" wrote:

> Dankie, Elaine. Ek onthou nou so vaagweg oor Saartjie. Maar..er...jy
> moet onthou dat ek praat nou van die 60's en 70's toe ek 'n tiener
> was. Daar was nie toe TV in SA nie. :-))
> En ek onthou die Jongspan as 'n aparte tydskriffie? Dalk het dit
> later deel van die Huisgenoot geword? Of onthou ek verkeerd, en dink
> dank aan iets anders wat beskikbaar was toe my kinders klein was?
>
Re: Die Streep [boodskap #75012 is 'n antwoord op boodskap #74922] Wo, 26 Maart 2003 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Toe ons op laerskool was is al die Trompie, Saartjie en Kobie boeke uit die
skoolbiblioteek "verban" omdat dit kinders glo geleer het hoe om stoud te
wees! Jy kon dit egter nog in die groot dorpsbib. so die "aksie" was effe
futiel gewees. Annie Malan was Saartjie in die t.v. reeks gewees.

E

"Katryn" wrote:
>
> Dankie, Elaine. Ek onthou nou so vaagweg oor Saartjie. Maar..er...jy
> moet onthou dat ek praat nou van die 60's en 70's toe ek 'n tiener
> was. Daar was nie toe TV in SA nie. :-))
> En ek onthou die Jongspan as 'n aparte tydskriffie? Dalk het dit
> later deel van die Huisgenoot geword? Of onthou ek verkeerd, en dink
> dank aan iets anders wat beskikbaar was toe my kinders klein was?
>
Re: Die Streep [boodskap #75015 is 'n antwoord op boodskap #75010] Wo, 26 Maart 2003 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dr Serfontein die hoof ... van Keurboslaan?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e81e360.0@news1.mweb.co.za...
> Keurboslaan wil bekend klink. Hmmm, help 'n bietjie uit?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5qk8a$2c0a8j$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Trompie, Saartjie, Keurboslaan, The Hardy Boys, Nancy Drew en al die boeke
>> van ? Hunt oor
>> die terries en die polisie:))
>> Annette
>
Re: Die Streep [boodskap #75020 is 'n antwoord op boodskap #75003] Wo, 26 Maart 2003 18:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het jy ook snot en trane gehuil?:))
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:b5ske6$9mf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Korrek - di die "Road to Avonlea" waaraan ek gedink het.
>
> (Ek het dit waardeer - maar moenie dit vir die manne sê nie ...)
>
> skryf in boodskap news:3E81AA0E.1080709@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> Prince Edward eiland - wat is die naam van die TV-reeks wat ook daar verfilm
>>> is?
>>
>> Dis heelwaarskynlik "Anne of Green Gables"
>> of "The Road to Avonlea."
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Die Streep [boodskap #75025 is 'n antwoord op boodskap #75010] Wo, 26 Maart 2003 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O wee!!Moenie my vertel jy het van die Wonderlike Richard vergeet nie!:)
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e81e360.0@news1.mweb.co.za...
> Keurboslaan wil bekend klink. Hmmm, help 'n bietjie uit?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5qk8a$2c0a8j$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Trompie, Saartjie, Keurboslaan, The Hardy Boys, Nancy Drew en al die boeke
>> van ? Hunt oor
>> die terries en die polisie:))
>> Annette
>
Re: Die Streep [boodskap #75026 is 'n antwoord op boodskap #75012] Wo, 26 Maart 2003 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, wys jou net wat daardie stoute boeke aan ons gedoen het - hier sit ons
nou almal soos stroopsoet grootmense, en die arme kinders wat sonder dit
moet klaarkom moet by maats, klubs en bendes leer hoe om stout te wees.:))

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e81e505.0@news1.mweb.co.za...
> Toe ons op laerskool was is al die Trompie, Saartjie en Kobie boeke uit die
> skoolbiblioteek "verban" omdat dit kinders glo geleer het hoe om stoud te
> wees! Jy kon dit egter nog in die groot dorpsbib. so die "aksie" was effe
> futiel gewees. Annie Malan was Saartjie in die t.v. reeks gewees.
>
> E
>
> "Katryn" wrote:
>>
>> Dankie, Elaine. Ek onthou nou so vaagweg oor Saartjie. Maar..er...jy
>> moet onthou dat ek praat nou van die 60's en 70's toe ek 'n tiener
>> was. Daar was nie toe TV in SA nie. :-))
>> En ek onthou die Jongspan as 'n aparte tydskriffie? Dalk het dit
>> later deel van die Huisgenoot geword? Of onthou ek verkeerd, en dink
>> dank aan iets anders wat beskikbaar was toe my kinders klein was?
>>
>
Re: Die Streep [boodskap #75029 is 'n antwoord op boodskap #75010] Wo, 26 Maart 2003 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Keurboslaan wil bekend klink.

Kan nie meer onthou wat hulle alles in
Keurboslaan aangevang het nie, maar al
wat ek weet, is dat ek baie lank op die
prinsipaal verlief was.

Gloudina
Re: Die Streep [boodskap #75050 is 'n antwoord op boodskap #75026] Do, 27 Maart 2003 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
:o)) Jy's reg, kinders lees mos nie meer nie. Dis die dat almal so oor die
Harry boeke te kere gaan, want kinders het weer begin lees! Nou maak hulle
flieks van die boeke so kinders het nie meer nodig om die boek te lees nie.

E

"Annette" skryf in boodskap news:b5t34c$2arpen$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wel, wys jou net wat daardie stoute boeke aan ons gedoen het - hier sit ons
> nou almal soos stroopsoet grootmense, en die arme kinders wat sonder dit
> moet klaarkom moet by maats, klubs en bendes leer hoe om stout te wees.:))
>
> Annette
Re: Die Streep [boodskap #75051 is 'n antwoord op boodskap #75025] Do, 27 Maart 2003 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O aarde nee, ek was seker nog baie klein gewees, want ek kan dit om lewe en
dood nie onthou nie. Klink bekend, maar ek kan die reeks self nie onthou
nie.

E

"Annette" skryf in boodskap news:b5t349$2arpen$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> O wee!!Moenie my vertel jy het van die Wonderlike Richard vergeet nie!:)
> Annette
Re: Die Streep [boodskap #75052 is 'n antwoord op boodskap #75029] Do, 27 Maart 2003 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmmm, ek was so verlief gewees op die outjie van "Ballade vir 'n Enkeling",
die enetjie was in die verbeterskool was omdat hy nou kwansuis sy pa vermoor
het. Ai ja, die goeie ou dae.

E

wrote:
>
>
> Kan nie meer onthou wat hulle alles in
> Keurboslaan aangevang het nie, maar al
> wat ek weet, is dat ek baie lank op die
> prinsipaal verlief was.
>
> Gloudina
>
Re: Die Streep [boodskap #75054 is 'n antwoord op boodskap #75051] Do, 27 Maart 2003 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Probeer dit in die hande kry - jy sal ook op hom verlief raak:))
Snaaks hoe mens dinge na al die jare onthou. Dit was in daardie reeks wat
die eerste keer gelees het dat mans ook hulle hare borsel. - my pa het altyd
sy hare gekam.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e82e9ac.0@news1.mweb.co.za...
> O aarde nee, ek was seker nog baie klein gewees, want ek kan dit om lewe en
> dood nie onthou nie. Klink bekend, maar ek kan die reeks self nie onthou
> nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5t349$2arpen$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> O wee!!Moenie my vertel jy het van die Wonderlike Richard vergeet nie!:)
>> Annette
>
Re: Die Streep [boodskap #75055 is 'n antwoord op boodskap #75050] Do, 27 Maart 2003 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink ons het die goeie ou dae gehad - want ons was toegelaat om ons
verbeelding te gebruik - met die flieks en videos vandag hoef die kinders
nie eers dit te doen nie.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e82e958.0@news1.mweb.co.za...
> :o)) Jy's reg, kinders lees mos nie meer nie. Dis die dat almal so oor die
> Harry boeke te kere gaan, want kinders het weer begin lees! Nou maak hulle
> flieks van die boeke so kinders het nie meer nodig om die boek te lees nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5t34c$2arpen$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wel, wys jou net wat daardie stoute boeke aan ons gedoen het - hier sit ons
>> nou almal soos stroopsoet grootmense, en die arme kinders wat sonder dit
>> moet klaarkom moet by maats, klubs en bendes leer hoe om stout te wees.:))
>>
>> Annette
>
Re: Die Streep [boodskap #75074 is 'n antwoord op boodskap #75055] Do, 27 Maart 2003 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is so. My suster, wat 5 jaar jonger is as ek, was hengse teleurgesteld met
die eerste Harry fliek. Sy't nie die boeke gelees nie, maar ek het die
storie vir haar vertel. Sy het gesê, "jislaaik, jy vertel dit so goed, 'n
mens sou sweer jy't 'n fliek gesien!" Ek was nogal heel ingenome, want dis
was 'n rukkie voor die flieks uitgekom het :o)) My kleinsus lees glad nie,
sy sê altyd sy sal vir die fliek wag.

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:b5uqff$2cgim5$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek dink ons het die goeie ou dae gehad - want ons was toegelaat om ons
> verbeelding te gebruik - met die flieks en videos vandag hoef die kinders
> nie eers dit te doen nie.
> Annette
Re: Die Streep [boodskap #75075 is 'n antwoord op boodskap #75054] Do, 27 Maart 2003 19:21 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal bietjie by die biblioteek gaan vra. Die bib hier is maar effe agter
die tyd nog so hulle behoort die boeke te hê. :o)) andersins sal ek maar
in die tweedehandse boekwinkels gaan rondgrawe, 'n mens kry nogal verassings
as 'n mens so bietjie grou.
Wie was die skrywer?

E

"Annette" skryf in boodskap news:b5uqfd$2cgim5$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Probeer dit in die hande kry - jy sal ook op hom verlief raak:))
> Snaaks hoe mens dinge na al die jare onthou. Dit was in daardie reeks wat
> die eerste keer gelees het dat mans ook hulle hare borsel. - my pa het altyd
> sy hare gekam.
> Annette
Vorige onderwerp: " Die dans van die reën " deur EUGENE MARAIS
Volgende onderwerp: Hou verby, Gloudina, dís weer 'n engelse eentjie...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:48:41 MGT 2024