Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: afrikaner en ngkerk
Re: afrikaner en ngkerk [boodskap #7489] Di, 22 Oktober 1996 00:00
Jan Grootenhuis  is tans af-lyn  Jan Grootenhuis
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
In , hwa...@burger.naspers.co.za (herman) writes:

> Wat betref Die Afrikaner se stelling dat die stellenbosse predikante 'die
> afrikaner' (sic) skaam maak oor sy verlede: mense, mense - dit is nie nodig om
> afrikaanssprekendes skaam te maak oor hul verlede nie. dit het die magshebbers
> van die verlede wat in die naam van afrikaans dade gepleeg het wat dit nou
> nodig maak vir mense om na vore te kom om daarvoor om vergifnis te vra, al
> klaar deeglik reggekry.

Indien ek 'n lidmaat van die ngkerk sou wees, sou ek ontevrede wees met
die feit dat hulle namens my om versoening vra. Indien hulle as leiers? namens
hulle self om versoening vra het ek nie 'n probleem nie. Ek is seker dat nie
al hulle lidmate te doene was met soortgelyke verkeerde dade nie.

groete

jb
Re: afrikaner en ngkerk [boodskap #7490 is 'n antwoord op boodskap #7489] Di, 22 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Nie al die afrikaners in my dorp
is christene nie, en baie
ondersteun nie die
ngkerk nie.

Snaaks genoeg is hulle
almal vriendelik,vrygewig,
nie-rasisties en pligsgetrou
teenoor hulle families en diere.
Hulle is ook besorg oor die
die gebrek in die mensdom
se geestelike bewustheid,
dat INTERGRASIE die
enigste pad is wat die mens
kan loop om enigsiens n
beter mens te word.

Die kerk het niks daadwerklik
vir die mens en samelewing gedoen nie.
Die belofte van n nuwe lewe
in die hemel, het net veroorsaak
dat mense nie verantwoordelik
optree terwyl hulle op die aarde is
nie.

Die idee dat daar om vergifnis
gevra kan word na n sonde
gepleeg is, het bygedra tot die
agteruitgang van die mens
se sielkunde en vermoeë
om daagliks verantwoordelik
op te tree en respek te
handhaaf vir die volle omgewing.

Christine moet goed nadink
oor die geskiedenis van die
kerk.

Duisende alledaagse christine
rook of drink te veel en slaan hulle kinders,vrouens,diere,werkers.
Hulle steel by mekaar, hulle
lieg en doen mekaar in.

WAT GAAN AAN NGKERK ?

Wat doen julle om mense te help
gelukkig saam woon in liefde
en vrede ?

-------------------------------------------
-plant 'n boom
-vir vrede en liefde
-vir skaduwee en suurstof
-------------------------------------------

>> Wat betref Die Afrikaner se stelling dat die stellenbosse predikante 'die
>> afrikaner' (sic) skaam maak oor sy verlede: mense, mense - dit is nie nodig om
>> afrikaanssprekendes skaam te maak oor hul verlede nie. dit het die magshebbers
>> van die verlede wat in die naam van afrikaans dade gepleeg het wat dit nou
>> nodig maak vir mense om na vore te kom om daarvoor om vergifnis te vra, al
>> klaar deeglik reggekry.
>
> Indien ek 'n lidmaat van die ngkerk sou wees, sou ek ontevrede wees met
> die feit dat hulle namens my om versoening vra. Indien hulle as leiers? namens
> hulle self om versoening vra het ek nie 'n probleem nie. Ek is seker dat nie
> al hulle lidmate te doene was met soortgelyke verkeerde dade nie.
>
> groete
>
> jb
>
re: afrikaner en ngkerk [boodskap #7491 is 'n antwoord op boodskap #7489] Di, 22 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het ook iets om te bely: ek het probeer om 'die Afrikaner' se nuusbrief oor
die voorlegging van die stellenbosse ng predikante aan die kommissie deur te
lees, maar ek kan nie. Dit gaan my begrip te bowe dat mense soveel haat in
hulle kan ronddra, dat die mitiese idee van een soort mens, genaamd Die
Afrikaner, soveel meer kan tel as mense se opregte poging om die verlede in
die oë te kyk en om vergiffenis te vra.

Wat betref Die Afrikaner se stelling dat die stellenbosse predikante 'die
afrikaner' (sic) skaam maak oor sy verlede: mense, mense - dit is nie nodig om
afrikaanssprekendes skaam te maak oor hul verlede nie. dit het die magshebbers
van die verlede wat in die naam van afrikaans dade gepleeg het wat dit nou
nodig maak vir mense om na vore te kom om daarvoor om vergifnis te vra, al
klaar deeglik reggekry.

nou moet die skrywers van Die Afrikaner net dit in soveel woorde sê wat reeds
tussen die lyne blyk: dat die mitiese ideaal van Die Afrikaner uber alles meer
tel as die christelike ideale van liefde, vergiffenis en belydenis. En dat
hulle dit ten doel het om enige moontlikheid tot versoening in hierdie land in
die wiele te ry.

herman
Vorige onderwerp: DIE VYF SWEMMERS - 'n storie uit die Boere-oorlog
Volgende onderwerp: Re: OVER TAAL EN VROUWEN (Re: M. Bouwer)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:20:11 MGT 2024