Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe lisensies
Nuwe lisensies [boodskap #74485] Do, 13 Maart 2003 08:41 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die beeld van vanoggend noem dat mense wat van nou af in Gauteng laat
aansoek doen vir die nuwe kaartlisesnsies R300 boete moet betaal. Dit
beteken dat dit hulle omtrent trie maal meer gaan kos. Wat is die
storie? Hier by ons rond het daar al vyf jaar gelede woord omgegaan
dat jy die nuwe lisens in jou verjaarsdag maand moet kry of jy gaan
beboet word, met die gevolg dat daar nooit in die onlangse tyd toue
mense was nie. Myne moet binnekort alweer hernu word.
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74486 is 'n antwoord op boodskap #74485] Do, 13 Maart 2003 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sterkte met die hernuwing Drom.
Blykbaar neem hulle die kaart in en dan moet jy R40 ekstra betaal vir 'n
tydelike lisensie.
Wat ek graag wil weet is hoekom mens nie 'n afskrif voor en agter van jou
kaart kan maak, dit laat teken deur die polisie, en dit kan gebruik nie -
wat elk geval 'n beter bewys van jou en jou lisensie is as hulle stukkie
papier as tydelike lisensie.
Ek sal volgende week hier uitvind hoekom nie - die mense is deesdae so
vuisvoos van betaal, dat hulle nie eers meer vra hoekom nie.

Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0303130041.5cee097c@posting.google.com...
> Die beeld van vanoggend noem dat mense wat van nou af in Gauteng laat
> aansoek doen vir die nuwe kaartlisesnsies R300 boete moet betaal. Dit
> beteken dat dit hulle omtrent trie maal meer gaan kos. Wat is die
> storie? Hier by ons rond het daar al vyf jaar gelede woord omgegaan
> dat jy die nuwe lisens in jou verjaarsdag maand moet kry of jy gaan
> beboet word, met die gevolg dat daar nooit in die onlangse tyd toue
> mense was nie. Myne moet binnekort alweer hernu word.
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74494 is 'n antwoord op boodskap #74485] Do, 13 Maart 2003 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

Hier by ons rond het daar al vyf jaar gelede woord omgegaan
> dat jy die nuwe lisens in jou verjaarsdag maand moet kry of jy gaan
> beboet word, met die gevolg dat daar nooit in die onlangse tyd toue
> mense was nie. Myne moet binnekort alweer hernu word.

Ja, dis dieselfde hier in Ontario. Jou
lisensie, en jou jaarlikse karlisensie,
val albei met jou verjaarsdag saam.
Vertoon julle nog julle lisensies as
skyfies voor op die glas van die kar?
Ons s'n is 'n klein vierkant op die
lisensieplaat, elke jaar 'n ander kleur.
Die lisensienommers word ook so elke
nou en dan verander, dus het jy nie jou
hele kar se lewe lank dieselfde nommer
nie. En mens kan nie deur na die kar se
nommer te kyk, weet waarvandaan hy kom
nie. Soos in die ou dae in SA. Is dit nog
so? Ek onthou, TJ was Johannesburg, CL was
Stellenbosch?

Gloudina
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74499 is 'n antwoord op boodskap #74494] Do, 13 Maart 2003 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Een van die goed wat verander het. Dis amper nog net hier in die Kaap waar
mense wat sonder die persoonlike bregherige plate ry ( iets soos Ramkat WP)
waar mens nog kan sien waarvandaan die mense kom, soos CY vir Bellville, CA
vir Kaapstad.
Die res van die provinsies se plate bestaan uit twee letters, drie syfers,
en dan die provinsie - GP vir Gauteng, EC vir OosKaap, ens.
Al daardie vinnige motors met TJ nommerplate het verdwyn.

Annette

skryf in boodskap news:3E709720.5060501@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
> Hier by ons rond het daar al vyf jaar gelede woord omgegaan
>> dat jy die nuwe lisens in jou verjaarsdag maand moet kry of jy gaan
>> beboet word, met die gevolg dat daar nooit in die onlangse tyd toue
>> mense was nie. Myne moet binnekort alweer hernu word.
>
>
> Ja, dis dieselfde hier in Ontario. Jou
> lisensie, en jou jaarlikse karlisensie,
> val albei met jou verjaarsdag saam.
> Vertoon julle nog julle lisensies as
> skyfies voor op die glas van die kar?
> Ons s'n is 'n klein vierkant op die
> lisensieplaat, elke jaar 'n ander kleur.
> Die lisensienommers word ook so elke
> nou en dan verander, dus het jy nie jou
> hele kar se lewe lank dieselfde nommer
> nie. En mens kan nie deur na die kar se
> nommer te kyk, weet waarvandaan hy kom
> nie. Soos in die ou dae in SA. Is dit nog
> so? Ek onthou, TJ was Johannesburg, CL was
> Stellenbosch?
>
> Gloudina
>
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74504 is 'n antwoord op boodskap #74499] Vr, 14 Maart 2003 02:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die domste ding in ons land is die karregistrasienommers.
Dis die eenvoudigste ding ter wêreld om om 'n "intelligente"nommer te hê
(intelligent = interpreteerbaar). Met 'n 9-nommer kan jy die kar se
oorsprong (provinsie en stad) sy kleur, maak, ens. weergee - maw dit maak
die vervalsing van 'n nommerplaat baie moeilik aangesien die belangrikste
inligting van die nommer afgelei kan word. Die Rhodesiers het so 'n stelsel
gehad - en dit het gewerk.
Ons huidige nommerstelsel beteken niks - in die "ou" dae kon jy darem sien
die TJ is van Johannesburg, ens. Nou kan jy slegs die provinsie aflei.

"Annette" skryf in boodskap news:b4q7aq$21gssi$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Een van die goed wat verander het. Dis amper nog net hier in die Kaap waar
> mense wat sonder die persoonlike bregherige plate ry ( iets soos Ramkat WP)
> waar mens nog kan sien waarvandaan die mense kom, soos CY vir Bellville, CA
> vir Kaapstad.
> Die res van die provinsies se plate bestaan uit twee letters, drie syfers,
> en dan die provinsie - GP vir Gauteng, EC vir OosKaap, ens.
> Al daardie vinnige motors met TJ nommerplate het verdwyn.
>
> Annette
>
>
> skryf in boodskap news:3E709720.5060501@rogers.com...
>>
>> Drom wrote:
>>
>> Hier by ons rond het daar al vyf jaar gelede woord omgegaan
>>> dat jy die nuwe lisens in jou verjaarsdag maand moet kry of jy gaan
>>> beboet word, met die gevolg dat daar nooit in die onlangse tyd toue
>>> mense was nie. Myne moet binnekort alweer hernu word.
>>
>>
>> Ja, dis dieselfde hier in Ontario. Jou
>> lisensie, en jou jaarlikse karlisensie,
>> val albei met jou verjaarsdag saam.
>> Vertoon julle nog julle lisensies as
>> skyfies voor op die glas van die kar?
>> Ons s'n is 'n klein vierkant op die
>> lisensieplaat, elke jaar 'n ander kleur.
>> Die lisensienommers word ook so elke
>> nou en dan verander, dus het jy nie jou
>> hele kar se lewe lank dieselfde nommer
>> nie. En mens kan nie deur na die kar se
>> nommer te kyk, weet waarvandaan hy kom
>> nie. Soos in die ou dae in SA. Is dit nog
>> so? Ek onthou, TJ was Johannesburg, CL was
>> Stellenbosch?
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74505 is 'n antwoord op boodskap #74504] Vr, 14 Maart 2003 05:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Iets soos TJ 12345 GP - wat seg die ander 5 nommers van my?

:-)

TJ
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74506 is 'n antwoord op boodskap #74505] Vr, 14 Maart 2003 05:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Een nommer kort vir 'n lotto?:)))
Ek weet nou nie van die kleur en model motor wat met syfertjies aangetoon
kan word nie, maar die jaar model kan wel help, asook die geboortejaar van
die eienaar.

Annette

"TJ" skryf in boodskap news:3e716235$0$227@hades.is.co.za...
> Iets soos TJ 12345 GP - wat seg die ander 5 nommers van my?
>
> :-)
>
> TJ
>
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74507 is 'n antwoord op boodskap #74506] Vr, 14 Maart 2003 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kan die spietkops net tot by nege tel?

:-)

TJ
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74508 is 'n antwoord op boodskap #74507] Vr, 14 Maart 2003 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat verwag jy van mense wat met snaakse hoedjies rondloop?:))
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:3e71741f$0$227@hades.is.co.za...
> Kan die spietkops net tot by nege tel?
>
> :-)
>
> TJ
>
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74515 is 'n antwoord op boodskap #74494] Vr, 14 Maart 2003 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hier in Pennsylvania moet ons ook elke jaar die motorregistrasie hernu, en
dan kry jy 'n plakkertjie wat op jou nommerplaat kom. Daarby moet jy ook
elke jaar 'n padwaardigheidsertifikaat kry, en die uitlaatgasse word ook
getoets om seker te maak dis binne die wetlike voorskrifte vir besoedeling.
Dan word die twee plakkers teen jou voorruit geplak - een vir die
padwaardigheid, en een vir die uitlaatgasse. Elke vier jaar word jou rybewys
hernu. Die jaarlikse motorregistrasie doen ek op die Internet, die ander
twee toets word in die diensstasie gedoen, en die rybewys kry jy by die
toetssentrum. Dit vat omtrent tien minute om die nuwe rybewys te kry, en jy
betaal (dink ek) $25 of iets - 'n minimale bedraggie. Jou rybewys verval in
jou verjaardagmaand, en die ander twee toetse is gekoppel aan die maand
waarin jy die kar gekoop het.

O ja - en Pennsylvania vereis net nommerplate op die agterste buffer - nie
op die voorste een nie. En jy kan ook nie self nommerplate gaan koop of laat
maak nie. Dit word deur die Pennsylvaniase departement van vervoer uitgereik
en aan jou gepos. Ook die "bregherige" plate. En wanneer jy jou kar verkoop,
moet jy dit weer terugpos aan hulle. Jy word ook wetlik verplig om
omvattende versekering uit te neem op jou kar. As jy dit laat verval, kry jy
'n baie kwaai brief van die departement vervoer af en jou kar word van die
pad afgehaal. Jy moet jou nommerplate terugstuur en jy mag nie meer met die
kar bestuur nie.
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74516 is 'n antwoord op boodskap #74515] Vr, 14 Maart 2003 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Klink na 'n polisiestaat.....
:)))
Annette

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:lKkca.732$JP.335@newssvr16.news.prodigy.com...
> Hier in Pennsylvania moet ons ook elke jaar die motorregistrasie hernu, en
> dan kry jy 'n plakkertjie wat op jou nommerplaat kom. Daarby moet jy ook
> elke jaar 'n padwaardigheidsertifikaat kry, en die uitlaatgasse word ook
> getoets om seker te maak dis binne die wetlike voorskrifte vir besoedeling.
> Dan word die twee plakkers teen jou voorruit geplak - een vir die
> padwaardigheid, en een vir die uitlaatgasse. Elke vier jaar word jou rybewys
> hernu. Die jaarlikse motorregistrasie doen ek op die Internet, die ander
> twee toets word in die diensstasie gedoen, en die rybewys kry jy by die
> toetssentrum. Dit vat omtrent tien minute om die nuwe rybewys te kry, en jy
> betaal (dink ek) $25 of iets - 'n minimale bedraggie. Jou rybewys verval in
> jou verjaardagmaand, en die ander twee toetse is gekoppel aan die maand
> waarin jy die kar gekoop het.
>
> O ja - en Pennsylvania vereis net nommerplate op die agterste buffer - nie
> op die voorste een nie. En jy kan ook nie self nommerplate gaan koop of laat
> maak nie. Dit word deur die Pennsylvaniase departement van vervoer uitgereik
> en aan jou gepos. Ook die "bregherige" plate. En wanneer jy jou kar verkoop,
> moet jy dit weer terugpos aan hulle. Jy word ook wetlik verplig om
> omvattende versekering uit te neem op jou kar. As jy dit laat verval, kry jy
> 'n baie kwaai brief van die departement vervoer af en jou kar word van die
> pad afgehaal. Jy moet jou nommerplate terugstuur en jy mag nie meer met die
> kar bestuur nie.
>
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74545 is 'n antwoord op boodskap #74515] So, 16 Maart 2003 03:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die plakkertjie op die nommerplaat is m.i. eerste deur die Duitsers
gebruik - hulle het dit reeds jare in gebruik om aan te dui wanneer die
voertuig weer vir padwaardigheid getoets moet word.

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:lKkca.732$JP.335@newssvr16.news.prodigy.com...
> Hier in Pennsylvania moet ons ook elke jaar die motorregistrasie hernu, en
> dan kry jy 'n plakkertjie wat op jou nommerplaat kom. Daarby moet jy ook
> elke jaar 'n padwaardigheidsertifikaat kry, en die uitlaatgasse word ook
> getoets om seker te maak dis binne die wetlike voorskrifte vir besoedeling.
> Dan word die twee plakkers teen jou voorruit geplak - een vir die
> padwaardigheid, en een vir die uitlaatgasse. Elke vier jaar word jou rybewys
> hernu. Die jaarlikse motorregistrasie doen ek op die Internet, die ander
> twee toets word in die diensstasie gedoen, en die rybewys kry jy by die
> toetssentrum. Dit vat omtrent tien minute om die nuwe rybewys te kry, en jy
> betaal (dink ek) $25 of iets - 'n minimale bedraggie. Jou rybewys verval in
> jou verjaardagmaand, en die ander twee toetse is gekoppel aan die maand
> waarin jy die kar gekoop het.
>
> O ja - en Pennsylvania vereis net nommerplate op die agterste buffer - nie
> op die voorste een nie. En jy kan ook nie self nommerplate gaan koop of laat
> maak nie. Dit word deur die Pennsylvaniase departement van vervoer uitgereik
> en aan jou gepos. Ook die "bregherige" plate. En wanneer jy jou kar verkoop,
> moet jy dit weer terugpos aan hulle. Jy word ook wetlik verplig om
> omvattende versekering uit te neem op jou kar. As jy dit laat verval, kry jy
> 'n baie kwaai brief van die departement vervoer af en jou kar word van die
> pad afgehaal. Jy moet jou nommerplate terugstuur en jy mag nie meer met die
> kar bestuur nie.
>
Re: Nuwe lisensies [boodskap #74546 is 'n antwoord op boodskap #74506] So, 16 Maart 2003 03:32 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die kleur van die voertuig moet ooreenstem met die soos aangedui op die
nommerplaat - so 'n gesteelde ene van ander kleur sal maklik herken word.
(Alle kleure kan binne +/- 10 nommers aangedui word - nagenoeg...)

"Annette" skryf in boodskap news:b4rq0m$237ips$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Een nommer kort vir 'n lotto?:)))
> Ek weet nou nie van die kleur en model motor wat met syfertjies aangetoon
> kan word nie, maar die jaar model kan wel help, asook die geboortejaar van
> die eienaar.
>
> Annette
>
>
> "TJ" wrote in message
> news:3e716235$0$227@hades.is.co.za...
>> Iets soos TJ 12345 GP - wat seg die ander 5 nommers van my?
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>>
>
Vorige onderwerp: Rugby- Vrystaat!!!!
Volgende onderwerp: Yengeni maak ANC geskiedenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 17:25:26 MGT 2024