Tuis » Taal » Prosa & poësie » " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN
" die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74211] |
Wed, 05 March 2003 13:55  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jeanne Goosen
die dag op nuweland
hoera en boland en haak vrystaat
skree ons van die pawiljoen
vir die rugbyspelers
wat soos gestreepte haaie rondduik
en na mekaar se boudvleise hap
en ons kou grondboontjies en ons kake gaan
op en af
op en af
'n maer meisie van swellendam
brei mansokkies
en soos ons boland en haak vrystaat skree
brei sy al vinniger
sodat ek senuweeagtig word
oor die spoed
waarmee sy die wol
oor haar dun dun voorvinger stoot
en ek my tong raakbyt
oral op die pawiljoen
spring mannetjies
regop
en die planke wip hulle weer terug
en dan weer
regop
en ons kou grondboontjies en ons skree
hoera boland haak vrystaat
soos die rugbyspelers
nou met toenemende venyn na mekaar gryp
en alles later bloederig word
en die gras mislikgroen regop staan
dit begin reën
en die blou reën was die bloed dieper
in die gras
die dag is pers en die son skyn oor alles
toe die eindfluitjie blaas
brul en skud die hele pawiljoen
sodat die potsierlike hoedjies
teen 'n ontstellende spoed op en af
op en af
wip
en die rugbyspelers dra die stukkende held
skouerhoog en die held gryns
en die meisie van swellendam
bêre haar breiwerk in 'n sneeuwitdoekie
en krap in haar neus
die rugbyspelers dra die stukkende held
tot voor my
|
|
|
|
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74218 is 'n antwoord op boodskap #74216] |
Wed, 05 March 2003 15:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Sy moes liewerste na King Park gegaan het
Ek wonder waar die naam Nuweland vandaan
kom. Ek weet die Engels is "Newlands." Wonder
of die Nuweland eerste gekom het, gedurende
die Nederlandse okkupasie, en of dit later gekom
het, gedurende die Britse besetting.
Penkop met die plooi tussen sy oë.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74294 is 'n antwoord op boodskap #74281] |
Fri, 07 March 2003 07:12  |
Thys de Wet
Boodskappe: 211 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter Plaasot
Argiewe, geskiedenis... en deur vele geslagte van ingelse sommer
"nieuwlinds" gewôre.
Thys op dat Bos der Van der Stel, VOC Gouverneur...
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e67a222.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek sal nie verbaas wees as die Kaapse Newlands
>> óf na iemand óf na 'n plek in Europa vernoem is nie.
>> Maar ek raai net.
>
> Swart Simon
> Dit kom van die naam van een van die VOC se destydse
> drie 'buitenposten' in die Liesbeeck-vallei, nl.
> Rustenburgh, De Schuer, en 't Nieuwe Land. Hierdie
> drie 'buitenposten' was plase wat deur die VOC self
> bedryf is, in teenstelling met ander plase in die
> vallei wat deur sogenaamde vryburgers bedryf is.
>
> Wouter
> Interessant. Hoe weet jy dit?
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 30 13:07:42 UTC 2025
|