Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die sesde dag " deur HANS DU PLESSIS
" Die sesde dag " deur HANS DU PLESSIS [boodskap #74424] Di, 11 Maart 2003 02:54
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hans du Plessis
Die sesde dag

Die bosveld staan boom vir boom geskrik
toe hy uit 'n nooiensboom se omgekeerde mik
skielik uit die donker driehoek glip
en langs hom steek 'n beentjie rib
tussen die blinkblaar vas.
Uitkykramme blaas verras
teen hierdie nuwe dier
wat in elke fyn spier
se trilling en rus
só anders as die bosland is.
Vorige onderwerp: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN
Volgende onderwerp: " Skoppensboer " deur EUGENE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 09:05:47 MGT 2024