Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Begrotingsrede
Begrotingsrede [boodskap #74026] |
Wo., 26 Februarie 2003 10:43  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kry dit van iemand wat ook soms hier dwaal:
Ek hoor dat Trevor Manuel in vanmiddag se Begrotingsaankondiging in die
parlament, gaan aankondig dat die posdiens landswyd gesluit gaan word. Alle
poskantoor werknemers gaan binne die volgende drie maande afgedank word en
pakkette ontvang. Blykbaar gaan die Jehova getuies in die toekoms sommer
ons pos ook aflewer! ;-)
|
|
|
|
Re: Begrotingsrede [boodskap #74039 is 'n antwoord op boodskap #74030] |
Wo., 26 Februarie 2003 14:23   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Hulle sal maar hel hê om Hessie se pos af te lewer:
> "Ons is hier om jou pos af te lewer, maar kan ons graag met jou gesels oor
> persoonlike sake?"
Wel, ou Thysie, jy sal verbaas wees, maar
hulle is ook hier in Kanada rond. Ek het
gewoonlik net een storie met hulle gehad,
asook met die Mormone en ander : ek is
bereid om bybel te lees en te bid saam met
julle, maar ek wil nie na argumente luister
nie. Dis verbasend hoeveel van hulle dan soos
mis voor die moreson verdwyn.( Die enigste
uitsondering was 'n jong vroutjie in Pretoria.)
En ek het een tannie eenkeer betig wat my
probeer oortuig het dat die wêreld glo in die
volgende drie jaar sou vergaan. Sy het haar
kleindogter by haar gehad, en ek het vir haar
gesê hoe kan jy so seker wees as die Bybel vir
jou sê niemand weet wanneer nie. Ek het vir
haar gesê wat sal jy vir jou kleindogter sê
as die tyd kom en niks gebeur nie?
Weet jy dat daar 'n Christelike stroming is
wat glo dat die Koninkryk alreeds gekom het?
Dis natuurlik wat die Buddhiste ook glo.
Nirvana is bereikbaar, maar alleen as jy kan ontsnap
van Samsara. Dit is ook wat Christus in die berg-
predikasie gebid het.
Tant Hessie tussen die lelies van die veld.
|
|
|
|
Re: Begrotingsrede [boodskap #74059 is 'n antwoord op boodskap #74046] |
Wo., 26 Februarie 2003 23:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Kwarantyn wrote:
> Nirvana beteken iets soos "saligheid", nie waar nie? Wat beteken "Samsara"?
> En hoe bring jy die twee begrippe met die gebed van Christus in die bergrede
> bymekaar?
Ek moet miskien eerste vir jou vra, wat bedoel jy
met "saligheid"? Die woord het verskeie betekenisse,
maar as Christelike teologiese konsep, wat verstaan
jy daaronder? Ek persoonlik dink nie dat die "konsep"
Nirvana iets soos "saligheid" beteken nie. Miskien het
die woord nirvana in westerse tale ingekruip met daardie
betekenis, maar in Boedhisme is dit iets anders. Vir
sover ek dit kan verstaan, is dit 'n staat waar alle
ego verdwyn het en mens nie meer met jou gevalle sintuie
dinge beleef nie. Samsara is dus waar jy gedomineer word
deur jou ego-dwange, en waar jy eintlik deur jou sintuie
en brein gedwing word om aan 'n foutiewe persepsie van
die realiteit vas te klou. Mens kan alleen die staat
van nirvana bereik, deur die bande van Samsara te ontsnap.
Wat natuurlik amper onmoontlik is in die ondermaanse.
Jy praat van die "gebed" van Christus in die berg-
predikasie. Meeste van die Bergpredikasie is tog 'n preek,
en dit is daar waar die Nuwe Testament die naaste kom aan
die gees wat Boedhisme deurdrenk. Kyk na die lelies van
van die veld. Salig is die nederiges van hart, want hulle
sal die koninkryk be-erwe. Miskien is "nirvana" se betekenis
naaste aan hierdie "koninkryk."
Gloudina
|
|
|
|
Re: Begrotingsrede [boodskap #74098 is 'n antwoord op boodskap #74085] |
Do., 27 Februarie 2003 13:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Lyk my jy sal maar moet sukkel om jou pos uit hulle te kry...
Deesdae kry ek hulle net oor die pos, om
die waarheid te sê. Omdat ek nou in 'n
woonstelgebou bly, mag hulle nie sommer
inkom en aan die deur klop nie. Nou stuur
hulle per pos so nou en dan 'n pamfletjie
en 'n handgeskrewe notatjie om te sê wat
ons kan doen om met hulle in aanraking te
kan kom. So hier in Ottawa verskyn hulle
letterlik met die pos.
Gloudina
|
|
|
Re: Beroeringsrede [boodskap #74118 is 'n antwoord op boodskap #74085] |
Vr., 28 Februarie 2003 16:54  |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Een ding wat die Jehova Getuies my geleer het is om nie skaam te wees om my
sandale elke dag aan te trek nie.
--
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 23:40:27 UTC 2025
|