Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nirvana en samsara
Nirvana en samsara [boodskap #74093] Do, 27 Februarie 2003 09:59 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Jy het geskryf "Dit is ook wat Christus in die berg-predikasie gebid het" en
my aanname was dat jy daarmee verwys het na die Onse Vader-gebed in Matteus
6. (Die hele bergrede is in Matt 5 - 7.) Wat verstaan ek onder saligheid?
Dis nogal nie maklik om te antwoord nie. Die waarheid is dat ek nie seker is
wat ek verstaan nie. (Dit beteken egter nie dat ek nie seker is waarin ek
glo nie.) Saligheid is vir my iets soos die ewige lewe, die hiernamaals, 'n
volmaakte bestaan sonder sonde, kwale en ellende en al die lelike en slegte
dinge waarmee ons daagliks worstel. Maar ek weet nie hoe daardie lewe is
nie. Kan my dit nie voorstel nie. Openbaring praat van die nuwe Jerusalem
met goue strate en sulke goed, maar dis ook maar beeldspraak. As Chrsitene
word ons geleer jy kan dit net bereik as jy jou eie ek aflê en jou volledig
oorgee aan God en aan Christus. Jou drange en begeertes moet jy op die
agtergrond skuif, en aan ander diensbaar wees. In alles moet jy die wil van
God soek en dit navolg. Ek glo nie ons kan dit doen as mense nie. Moeder
Teresa het seker naby gekom, en ander "heiliges" oor die eeue heen. Maar
soos jy sê, in hierdie lewe kan ons dit nooit volledig regkry nie. In elk
geval tref dit my meer en meer, soos ek ouer word, dat verskillende
godsdienste op die ou end baie dieselfde dinge sê, net op ander maniere en
met ander begrippe.

Henry
Re: Nirvana en samsara [boodskap #74104 is 'n antwoord op boodskap #74093] Do, 27 Februarie 2003 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

Saligheid is vir my iets soos die ewige lewe, die hiernamaals, 'n
> volmaakte bestaan sonder sonde Maar ek weet nie hoe daardie lewe is
> nie. Kan my dit nie voorstel nie. Openbaring praat van die nuwe Jerusalem
> met goue strate en sulke goed, maar dis ook maar beeldspraak. As Chrsitene
> word ons geleer jy kan dit net bereik as jy jou eie ek aflê en jou volledig
> oorgee aan God en aan Christus.

Wel, jou standpunt oor die "nuwe Jerusalem" is
tipies van protestantse geloofsleer. Hulle
gee groot kredensie aan "die Val" uit die Paradys,
en wil omtrent nie saamgaan met enige (selfs
Christelike) geloofsoortuigings wat glo dat die
Paradys/Eden terugbereik kan word, indien
mens net sekere dinge "doen" nie. Maar as jy
wyer in die geskiedenis van die Christendom lees,
vind jy baie sulke strominge. Onder andere Joachim
de Flores (ek hoop ek spel dit reg.) William Blake
was ook onder die invloed van mense soos Boehme
en Swedenborg, en een van die grootste temas in die
werk van William Blake is die bereiking van die
"Nuwe Jerusalem." Wat nog meer interessant is, Blake
het geglo dat mens die nuwe "salige" staat kan bereik
wanneer die "organs of perception is cleansed." Then
everything would appear as it is, infinite.
Nou, wat vir my boeiend is van Boedhistiese tegnieke
is dat hulle glo dat as jy vir jou kan vrymaak van die
ego-strukture, jy 'n staat kan bereik (duskant nirvana)
waar jy nie meer die prooi is van die gif en die slawerny
van Samsara nie. En dit is vir my tog ook die sentrale
boodskap van die Christelike leer.

Gloudina
Re: Nirvana en samsara [boodskap #74107 is 'n antwoord op boodskap #74104] Do, 27 Februarie 2003 17:51 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

@rogers.com wrote:

"organs of perception is cleansed." Then
> everything would appear as it is, infinite.

Dit moet natuurlik wees "when the doors of
perception are cleansed, everything will appear
as it is, infinite." Daar is natuurlik 'n boek
"The Doors of Perception" deur Aldous Huxley en
ek dink die band "The Doors" kry ook hulle naam
hiervandaan. Laasgenoemde twee instansies dink
seker meer in die rigting van psychedelic drugs,
maar ek dink Boeddhiste en Blake en sy spirituele
voorgangers neem aan dat dit kan plaasvind deur
'n verandering in die staat en metode van persepsie.
Tibetaanse Boeddhiste maak grootliks staat op
visualisasies en repetisies van matras en gebruik
van yantras, en uiteindelik is dit vir hulle
moontlik om, met 'n soort van breinspoeling, nie
meer 'n egosentriese en gevalle wese te wees nie,
maar 'n buddha soos Avolekiteshvara, wat duisend
hande het (om te help) elk met 'n oog daarin, onder
andere. Mens mag nie so iets op 'n duur kan volhou
nie, maar ek kan vir jou verseker dat dit selfs
vir nie-Boeddhiste 'n geweldige sterk krag kan wees
om dit voor hulle te hou. Dieselfde sal natuurlik
gebeur as 'n Christen dieselfde met 'n visualisasie
van Christus doen. Dan loop daar 'n mens met die
straat af, maar dis eintlik Christus wat met die
straat afloop. Dis dan dat Du Plessis die skottel
water sal vat en die kaffers se voete sal begin was.

Gloudina
Vorige onderwerp: Boucher se verbroude vangkanse
Volgende onderwerp: Begrotingsrede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 07:13:44 MGT 2024