Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steeds die plase....
Steeds die plase.... [boodskap #73317] Di, 11 Februarie 2003 08:45 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons in Namibië is 'n groot storm mos aan't broeie oor die
grondkwessie. Die regering het die boere [dis nou kommersiële boere] tyd
gegee tot vroeg hierdie jaar om met 'n voorstel te kom hoe die herverdeling
van grond sinvol kan geskied en die manne baklei dat die snot spat oral by
vergaderings wat nou gehou word om 'n soort van 'n verteenwoordigende groep
saam te stel wat die klas van besluite namens die boere kan doen.
Aan die ander kant is natuurlik die drukkende swart politici wat
verkondig dat hierdie onderhandelinge 'n pot stront is.......hulle het die
vryheidstryd mos gewen, hoekom vat hulle eenvoudig nie die grond nie? Die
regering keer darem nog [sal definitief ter sprake kom die dag as daar 'n
opposisie kom wat van Nujoma probeer ontslae raak!] en hopelik sal 'n
sinvolle voorstel geformuleer kan word.
Tog, vanoggend, kom daar gedurende 'n 'chat show' 'n Damarastem wat vra
of die manne wat so druk om plase van die kommersiële boere te herverdeel in
grond waarop meer swart boere kan kom vestig, al ooit gedink het daaraan dat
op een so 'n groot kommersiële plaas daar maklik 40 mense bly....dis nou die
werkers, hul vrouens, kinders, grootouers, ens. As die plaas nou verkoop
word en onderverdeel word, dan bring die nuwe klein eienaars hul eie familie
saam en neem hulle nie werkers in diens nie. Die 40 stuks mense wat reeds
op die grond gebly het, raak nou 'grondloos' en sal hulle maar moet gaan
plak op die een of ander plek. Volgens sy berekeninge kom daar minder
mense nou op die herverdeling op die grond bly en dis mos agteruitboer?
Sy redenasie maak sin!
Re: Steeds die plase.... [boodskap #73320 is 'n antwoord op boodskap #73317] Di, 11 Februarie 2003 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die boere moet daardie Damara op hulle forum kry.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e48b850.0@news1.mweb.co.za...
> Hier by ons in Namibië is 'n groot storm mos aan't broeie oor die
> grondkwessie. Die regering het die boere [dis nou kommersiële boere] tyd
> gegee tot vroeg hierdie jaar om met 'n voorstel te kom hoe die herverdeling
> van grond sinvol kan geskied en die manne baklei dat die snot spat oral by
> vergaderings wat nou gehou word om 'n soort van 'n verteenwoordigende groep
> saam te stel wat die klas van besluite namens die boere kan doen.
> Aan die ander kant is natuurlik die drukkende swart politici wat
> verkondig dat hierdie onderhandelinge 'n pot stront is.......hulle het die
> vryheidstryd mos gewen, hoekom vat hulle eenvoudig nie die grond nie? Die
> regering keer darem nog [sal definitief ter sprake kom die dag as daar 'n
> opposisie kom wat van Nujoma probeer ontslae raak!] en hopelik sal 'n
> sinvolle voorstel geformuleer kan word.
> Tog, vanoggend, kom daar gedurende 'n 'chat show' 'n Damarastem wat vra
> of die manne wat so druk om plase van die kommersiële boere te herverdeel in
> grond waarop meer swart boere kan kom vestig, al ooit gedink het daaraan dat
> op een so 'n groot kommersiële plaas daar maklik 40 mense bly....dis nou die
> werkers, hul vrouens, kinders, grootouers, ens. As die plaas nou verkoop
> word en onderverdeel word, dan bring die nuwe klein eienaars hul eie familie
> saam en neem hulle nie werkers in diens nie. Die 40 stuks mense wat reeds
> op die grond gebly het, raak nou 'grondloos' en sal hulle maar moet gaan
> plak op die een of ander plek. Volgens sy berekeninge kom daar minder
> mense nou op die herverdeling op die grond bly en dis mos agteruitboer?
> Sy redenasie maak sin!
>
Re: Steeds die plase.... [boodskap #73324 is 'n antwoord op boodskap #73320] Di, 11 Februarie 2003 12:12 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis natuurlik as die boere ook kan saamstem oor wat hulle wil
hê..........droewige dae wag op ons!

"Annette" skryf in boodskap news:b2aj0d$1a27bj$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die boere moet daardie Damara op hulle forum kry.
>
> Annette
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e48b850.0@news1.mweb.co.za...
>> Hier by ons in Namibië is 'n groot storm mos aan't broeie oor die
>> grondkwessie. Die regering het die boere [dis nou kommersiële boere] tyd
>> gegee tot vroeg hierdie jaar om met 'n voorstel te kom hoe die
> herverdeling
>> van grond sinvol kan geskied en die manne baklei dat die snot spat oral by
>> vergaderings wat nou gehou word om 'n soort van 'n verteenwoordigende
> groep
>> saam te stel wat die klas van besluite namens die boere kan doen.
>> Aan die ander kant is natuurlik die drukkende swart politici wat
>> verkondig dat hierdie onderhandelinge 'n pot stront is.......hulle het die
>> vryheidstryd mos gewen, hoekom vat hulle eenvoudig nie die grond nie?
> Die
>> regering keer darem nog [sal definitief ter sprake kom die dag as daar 'n
>> opposisie kom wat van Nujoma probeer ontslae raak!] en hopelik sal 'n
>> sinvolle voorstel geformuleer kan word.
>> Tog, vanoggend, kom daar gedurende 'n 'chat show' 'n Damarastem wat
> vra
>> of die manne wat so druk om plase van die kommersiële boere te
herverdeel
> in
>> grond waarop meer swart boere kan kom vestig, al ooit gedink het daaraan
> dat
>> op een so 'n groot kommersiële plaas daar maklik 40 mense bly....dis nou
> die
>> werkers, hul vrouens, kinders, grootouers, ens. As die plaas nou verkoop
>> word en onderverdeel word, dan bring die nuwe klein eienaars hul eie
> familie
>> saam en neem hulle nie werkers in diens nie. Die 40 stuks mense wat
> reeds
>> op die grond gebly het, raak nou 'grondloos' en sal hulle maar moet gaan
>> plak op die een of ander plek. Volgens sy berekeninge kom daar minder
>> mense nou op die herverdeling op die grond bly en dis mos agteruitboer?
>> Sy redenasie maak sin!
>>
>
Vorige onderwerp: Vir Jonas
Volgende onderwerp: Een minibussie minder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 13:41:48 MGT 2024