Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe werk die koppies?
Hoe werk die koppies? [boodskap #72089] Vr, 17 Januarie 2003 06:48 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Dokument op 'n disket wat gevind is tydens die inhegtenisneming van die
drie regsgesindes wat na bewering die Vaaldam wou opblaas, sluit 'n brief
aan die Ku Klux Klan in, asook 'n "hoogs geheime" mediaverklaring wat na die
uitbreek van "die nag van verskrikking" uitgereik sou word.

Die "hoogs geheime" verklaring is gerig aan:
" Die Kaffers, Moslems, Basters, Vrymesselaars, Jode, Jingo's en alle ander
rasse-vreemdelinge en hul vreemde gode."

Mnr Leon Peacock (41) het getuig dat die verklaring is deur mede-beskuldigde
Hercules Michael Viljoen geskryf, en deur hom hersien en onderskryf na
aanleiding van Siener van Rensburg se profesieë.

Die verklaring lui dat " oorlog verklaar word deur die bloed van ons
voorvaders. Die Boervolk het opgestaan in die naam van hul Almagtige Vader
en roep hul volgelinge wêreldwyd om saam met hulle die laaste veldslag te
veg ter ere van die Almagtige Vader se naam om sy koninkryk op hierdie
planeet te begin."

Die groepe aan wie die verklaring gerig is, word gewaarsku om nie teen
hulle, wat die verklaring uitreik, te veg nie en uit die land te vlug.
As hulle nie gehoor gee aan hierdie waarskuwing nie. sal hulle "met die mag
van die Almagtige Vader" uitgewis word.

Peacock het getuig sy hele lewenswandel getuig daarvan dat hy die gemeenskap
dien en help, maar het toegegee op 'n stelling van die streekhofpresident
dat hy slegs een bevolkingsgroep dien.

Peacock het 'n stelling van die aanklaer ontken dat hy eers na sy
inhegtenisneming begin sê het hy wou die ander keer om die dam op te blaas
deur aan hulle te sê die Vaaldam het 'n bars in.
Peacock het ook getuig dat hy voor sy inhegtenisneming 'n oproep van ene
Mike ( sou dit nou goeie vriend Viljoen wees?)gekry het wat gesê het hy moet
alles wat onwettig is begrawe, omdat die polisie op Lourens du Plessis
toegeslaan het.
Peacock het toe die onwettige ammunisie in sy besit begrawe. Na
inhegtenisname is beslag daarop gelê.
Peacock en Viljoen staan saam met Allan Rautenbach tereg op aanklagte van
sabotasie.

Kommentaar:
Nou kyk, as die sg Boeremag ( ek wens hulle wil vir hulle 'n ander naam
kry - iets soos Verdwaaldes - die regte boere wil niks met hulle te doen hê
nie - hulle wil net boer) hulle beman met mense met die intelligensie van
bogenoemde, dan het niemand hier iets te vrees van hierdie lot wat eerder in
'n gestig tuishoort as 'n hof nie.
As hulle dan kwansuis deur die bloed van hul voorvaders wil oorlog, waarom
sluit hulle dan nie sommer die Engelse ook in nie.
Dit is opmerklik dat al drie of 'n Engelse naam of van het, en geen poging
in hul misplaaste patriotisme aangewend het om hul vanne en name na
behoorlike boerename te verander nie.

NS:
Ek wonder of Peacock die jonger boetie is van my beste maat op laerskool in
Witbank - Paul - ken jy hom ?- Weet jy of sy pa 'n pastoor in die AGS was,
en of hy 'n suster met die naam van Annette het?)
Siener van Rensburg [boodskap #72098 is 'n antwoord op boodskap #72089] Vr, 17 Januarie 2003 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Wat het van die ware Afrikaner geword? Vir my is dit asof die Afrikaner op
een of ander stadium in die verlede op `n dag uit gewis is, en `n nuwe tipe
Afrikaner in sy plek daar geplaas is.... Stel jou voor, deesdae ry jy op die
snelweg verby `n motor wat langs die pad staan met sy engin kap oop en `n
bejaarde man staan gebukkend voor die engin, wie sal hier stop en hom help?
Miskien 1 uit 30/40/50 karre wat verby ry as hy gelukkig is... Hoe was dit
in die verlede? As daar `n man te perd op `n plaas aangekom het, het die
mense vir hom kos aangebied en tuisgemaak. Nou ja goed, die geweld en moord
syfers in hierdie landtjie is ongelooflik, en kan dalk as geldig deur die
deur glip, maar ons word gekondisioneer om net vir ons self uit te kyk. Loop
jy in die straat verby `n ander persoon bestaan daar nie meer so iets soos
"Goeie dag" nie.... nee, elkeen vir hom self!

Ek het al baie van oom Niklaas se boeke gelees, en die visioene wat sy
dogter op papier neer gegriffel het. Elke keer as ek dit lees en ek kyk na
wat in die land aangaan op die oomblik, kry ek koue rillings! Want meeste
van die dinge gebeur... Ek is `n Christen en ek glo nie in voorspellings wat
deur mense gemaak word nie, maar `n paar dinge van oom Niklaas staan vir my
uit bo sommige ander mense wat voorspellings maak. Om maar een te noem is
die feit dat die enigste boek wat hy ooit gelees het is die Bybel.

As mens kyk na die gawes van die Gees, is een van hulle die gawe om te kan
proffeteer, `n ander om profesieë en vreemde tale (praat in tale) uit te
lê, om maar twee te noem. Wie sê dat hierdie profesieë van hom nie van die
heilige gees afkomstig is nie? Wat maak oom Niklaas anders as van die
profete van die Bybel se tyd?

Die ver-regses wat die boeke navolg en probeer om Siener se profesieë te
laat waar word beteken vir my niks! Siener het nie die dinge ervaar sodat
iemand anders dit kan vervul nie, hy het ervaar wat eendag sal gebeur. Die
krises in Zim is `n goeie voorbeeld hiervan.... Siener het `n groot krises
in Rhodesië ervaar en ek is seker ou Bob het nie met een van oom Niklaas se
voospellings op sy skoot gesit en gedink: "ek sal so iets kan laat gebeur
nie, ek sal sy profesieë vervul...!" Nee, hy het nie eers geweet hiervan
nie.

So indien daar ver-regses op hierdie nuusgroep is, ek respekteer julle
patriotisme, maar moenie met die woorde van Siener mors nie! Moenie dit
probeer vervul nie, wat moet gebeur sal gebeur. Lees eerder meer die Bybel
en volg Hom na soos hierdie manne Siener se boeke navolg, dit sal dit beter
met julle gaan!

"Annette" skryf in boodskap news:b089vk$mjabd$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> 'n Dokument op 'n disket wat gevind is tydens die inhegtenisneming van die
> drie regsgesindes wat na bewering die Vaaldam wou opblaas, sluit 'n brief
> aan die Ku Klux Klan in, asook 'n "hoogs geheime" mediaverklaring wat na die
> uitbreek van "die nag van verskrikking" uitgereik sou word.
>
> Die "hoogs geheime" verklaring is gerig aan:
> " Die Kaffers, Moslems, Basters, Vrymesselaars, Jode, Jingo's en alle ander
> rasse-vreemdelinge en hul vreemde gode."
>
> Mnr Leon Peacock (41) het getuig dat die verklaring is deur mede-beskuldigde
> Hercules Michael Viljoen geskryf, en deur hom hersien en onderskryf na
> aanleiding van Siener van Rensburg se profesieë.
>
> Die verklaring lui dat " oorlog verklaar word deur die bloed van ons
> voorvaders. Die Boervolk het opgestaan in die naam van hul Almagtige Vader
> en roep hul volgelinge wêreldwyd om saam met hulle die laaste veldslag te
> veg ter ere van die Almagtige Vader se naam om sy koninkryk op hierdie
> planeet te begin."
>
> Die groepe aan wie die verklaring gerig is, word gewaarsku om nie teen
> hulle, wat die verklaring uitreik, te veg nie en uit die land te vlug.
> As hulle nie gehoor gee aan hierdie waarskuwing nie. sal hulle "met die mag
> van die Almagtige Vader" uitgewis word.
>
> Peacock het getuig sy hele lewenswandel getuig daarvan dat hy die gemeenskap
> dien en help, maar het toegegee op 'n stelling van die streekhofpresident
> dat hy slegs een bevolkingsgroep dien.
>
> Peacock het 'n stelling van die aanklaer ontken dat hy eers na sy
> inhegtenisneming begin sê het hy wou die ander keer om die dam op te blaas
> deur aan hulle te sê die Vaaldam het 'n bars in.
> Peacock het ook getuig dat hy voor sy inhegtenisneming 'n oproep van ene
> Mike ( sou dit nou goeie vriend Viljoen wees?)gekry het wat gesê het hy moet
> alles wat onwettig is begrawe, omdat die polisie op Lourens du Plessis
> toegeslaan het.
> Peacock het toe die onwettige ammunisie in sy besit begrawe. Na
> inhegtenisname is beslag daarop gelê.
> Peacock en Viljoen staan saam met Allan Rautenbach tereg op aanklagte van
> sabotasie.
>
> Kommentaar:
> Nou kyk, as die sg Boeremag ( ek wens hulle wil vir hulle 'n ander naam
> kry - iets soos Verdwaaldes - die regte boere wil niks met hulle te doen hê
> nie - hulle wil net boer) hulle beman met mense met die intelligensie van
> bogenoemde, dan het niemand hier iets te vrees van hierdie lot wat eerder in
> 'n gestig tuishoort as 'n hof nie.
> As hulle dan kwansuis deur die bloed van hul voorvaders wil oorlog, waarom
> sluit hulle dan nie sommer die Engelse ook in nie.
> Dit is opmerklik dat al drie of 'n Engelse naam of van het, en geen poging
> in hul misplaaste patriotisme aangewend het om hul vanne en name na
> behoorlike boerename te verander nie.
>
> NS:
> Ek wonder of Peacock die jonger boetie is van my beste maat op laerskool in
> Witbank - Paul - ken jy hom ?- Weet jy of sy pa 'n pastoor in die AGS was,
> en of hy 'n suster met die naam van Annette het?)
>
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72101 is 'n antwoord op boodskap #72098] Vr, 17 Januarie 2003 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat van jy bêre die profesieë op 'n boekrak en hou op droom oor wonderwerke
wat nog gaan gebeur? Begin werk maak aan 'n oplossing!
skryf in boodskap news:3e27c742$0$19888$fa0fcf31@news.sdn.co.za...
> Wat het van die ware Afrikaner geword? Vir my is dit asof die Afrikaner op
> een of ander stadium in die verlede op `n dag uit gewis is, en `n nuwe tipe
> Afrikaner in sy plek daar geplaas is.... > >
>>
>
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72104 is 'n antwoord op boodskap #72101] Vr, 17 Januarie 2003 10:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur:

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e27cd61.0@news1.mweb.co.za...
> Wat van jy bêre die profesieë op 'n boekrak en hou op droom oor wonderwerke
> wat nog gaan gebeur? Begin werk maak aan 'n oplossing!

Wie droom van wonderwerke? Miskien moet jy die voorafgaande gedeelte net
weer deeglik en stadig deurlees!
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72105 is 'n antwoord op boodskap #72098] Vr, 17 Januarie 2003 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Boerseun - ek verstaan die Van Rensburg-oom was 'n jemdief. Maw, hy het in
die kamp bly lê as die ander manne gaan baklei het.
Wanneer 'n "waarsêer" vir my die dag kan voorspel wie die volgende
July-perdewedren gaan wen, en die bepaalde perd wen, dan sal ek die stories
glo.
Al die Boere bestaan steeds - maar, hulle pas ook maar aan. (Die ou omies
wat ek onlangs langs die pad sien sukkel het, was bloot bedelaars wat geld
wil hê wanneer jy stop om hulle van hulp te wees.)
Ook - daar is niks met vandag se jongmense verkeerd nie - slegs met hulle
ouers - ek en jy ...
Ek hou van die naam Boerseun ; -)))
skryf in boodskap news:3e27c742$0$19888$fa0fcf31@news.sdn.co.za...
> Wat het van die ware Afrikaner geword? Vir my is dit asof die Afrikaner op
> een of ander stadium in die verlede op `n dag uit gewis is, en `n nuwe tipe
> Afrikaner in sy plek daar geplaas is.... Stel jou voor, deesdae ry jy op die
> snelweg verby `n motor wat langs die pad staan met sy engin kap oop en `n
> bejaarde man staan gebukkend voor die engin, wie sal hier stop en hom help?
> Miskien 1 uit 30/40/50 karre wat verby ry as hy gelukkig is... Hoe was dit
> in die verlede? As daar `n man te perd op `n plaas aangekom het, het die
> mense vir hom kos aangebied en tuisgemaak. Nou ja goed, die geweld en moord
> syfers in hierdie landtjie is ongelooflik, en kan dalk as geldig deur die
> deur glip, maar ons word gekondisioneer om net vir ons self uit te kyk. Loop
> jy in die straat verby `n ander persoon bestaan daar nie meer so iets soos
> "Goeie dag" nie.... nee, elkeen vir hom self!
>
> Ek het al baie van oom Niklaas se boeke gelees, en die visioene wat sy
> dogter op papier neer gegriffel het. Elke keer as ek dit lees en ek kyk na
> wat in die land aangaan op die oomblik, kry ek koue rillings! Want meeste
> van die dinge gebeur... Ek is `n Christen en ek glo nie in voorspellings wat
> deur mense gemaak word nie, maar `n paar dinge van oom Niklaas staan vir my
> uit bo sommige ander mense wat voorspellings maak. Om maar een te noem is
> die feit dat die enigste boek wat hy ooit gelees het is die Bybel.
>
> As mens kyk na die gawes van die Gees, is een van hulle die gawe om te kan
> proffeteer, `n ander om profesieë en vreemde tale (praat in tale) uit te
> lê, om maar twee te noem. Wie sê dat hierdie profesieë van hom nie van die
> heilige gees afkomstig is nie? Wat maak oom Niklaas anders as van die
> profete van die Bybel se tyd?
>
> Die ver-regses wat die boeke navolg en probeer om Siener se profesieë te
> laat waar word beteken vir my niks! Siener het nie die dinge ervaar sodat
> iemand anders dit kan vervul nie, hy het ervaar wat eendag sal gebeur. Die
> krises in Zim is `n goeie voorbeeld hiervan.... Siener het `n groot krises
> in Rhodesië ervaar en ek is seker ou Bob het nie met een van oom Niklaas se
> voospellings op sy skoot gesit en gedink: "ek sal so iets kan laat gebeur
> nie, ek sal sy profesieë vervul...!" Nee, hy het nie eers geweet hiervan
> nie.
>
> So indien daar ver-regses op hierdie nuusgroep is, ek respekteer julle
> patriotisme, maar moenie met die woorde van Siener mors nie! Moenie dit
> probeer vervul nie, wat moet gebeur sal gebeur. Lees eerder meer die Bybel
> en volg Hom na soos hierdie manne Siener se boeke navolg, dit sal dit beter
> met julle gaan!
>
>
> "Annette" wrote in message news:b089vk$mjabd$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> 'n Dokument op 'n disket wat gevind is tydens die inhegtenisneming van die
>> drie regsgesindes wat na bewering die Vaaldam wou opblaas, sluit 'n brief
>> aan die Ku Klux Klan in, asook 'n "hoogs geheime" mediaverklaring wat na die
>> uitbreek van "die nag van verskrikking" uitgereik sou word.
>>
>> Die "hoogs geheime" verklaring is gerig aan:
>> " Die Kaffers, Moslems, Basters, Vrymesselaars, Jode, Jingo's en alle ander
>> rasse-vreemdelinge en hul vreemde gode."
>>
>> Mnr Leon Peacock (41) het getuig dat die verklaring is deur mede-beskuldigde
>> Hercules Michael Viljoen geskryf, en deur hom hersien en onderskryf na
>> aanleiding van Siener van Rensburg se profesieë.
>>
>> Die verklaring lui dat " oorlog verklaar word deur die bloed van ons
>> voorvaders. Die Boervolk het opgestaan in die naam van hul Almagtige Vader
>> en roep hul volgelinge wêreldwyd om saam met hulle die laaste veldslag te
>> veg ter ere van die Almagtige Vader se naam om sy koninkryk op hierdie
>> planeet te begin."
>>
>> Die groepe aan wie die verklaring gerig is, word gewaarsku om nie teen
>> hulle, wat die verklaring uitreik, te veg nie en uit die land te vlug.
>> As hulle nie gehoor gee aan hierdie waarskuwing nie. sal hulle "met die mag
>> van die Almagtige Vader" uitgewis word.
>>
>> Peacock het getuig sy hele lewenswandel getuig daarvan dat hy die gemeenskap
>> dien en help, maar het toegegee op 'n stelling van die streekhofpresident
>> dat hy slegs een bevolkingsgroep dien.
>>
>> Peacock het 'n stelling van die aanklaer ontken dat hy eers na sy
>> inhegtenisneming begin sê het hy wou die ander keer om die dam op te blaas
>> deur aan hulle te sê die Vaaldam het 'n bars in.
>> Peacock het ook getuig dat hy voor sy inhegtenisneming 'n oproep van ene
>> Mike ( sou dit nou goeie vriend Viljoen wees?)gekry het wat gesê het hy moet
>> alles wat onwettig is begrawe, omdat die polisie op Lourens du Plessis
>> toegeslaan het.
>> Peacock het toe die onwettige ammunisie in sy besit begrawe. Na
>> inhegtenisname is beslag daarop gelê.
>> Peacock en Viljoen staan saam met Allan Rautenbach tereg op aanklagte van
>> sabotasie.
>>
>> Kommentaar:
>> Nou kyk, as die sg Boeremag ( ek wens hulle wil vir hulle 'n ander naam
>> kry - iets soos Verdwaaldes - die regte boere wil niks met hulle te doen hê
>> nie - hulle wil net boer) hulle beman met mense met die intelligensie van
>> bogenoemde, dan het niemand hier iets te vrees van hierdie lot wat eerder in
>> 'n gestig tuishoort as 'n hof nie.
>> As hulle dan kwansuis deur die bloed van hul voorvaders wil oorlog, waarom
>> sluit hulle dan nie sommer die Engelse ook in nie.
>> Dit is opmerklik dat al drie of 'n Engelse naam of van het, en geen poging
>> in hul misplaaste patriotisme aangewend het om hul vanne en name na
>> behoorlike boerename te verander nie.
>>
>> NS:
>> Ek wonder of Peacock die jonger boetie is van my beste maat op laerskool in
>> Witbank - Paul - ken jy hom ?- Weet jy of sy pa 'n pastoor in die AGS was,
>> en of hy 'n suster met die naam van Annette het?)
>>
>
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72106 is 'n antwoord op boodskap #72098] Vr, 17 Januarie 2003 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Wat het van die ware Afrikaner geword? Vir my is dit asof die Afrikaner op
> een of ander stadium in die verlede op `n dag uit gewis is, en `n nuwe tipe
> Afrikaner in sy plek daar geplaas is....
A:
Nee, die meeste van ons het net die normale evolusionêre verandering gevolg
wat heel natuurlike is.
Aan die ander kant is daar 'n paar mense wat hulself Afrikaners noem omdat
hulle soos nete aan die verlede vasklou, en enige ander SA gebore
Afrikaanssprekende wat dit durf waag om nie soos hulle te dink en te wil
doen nie, summier af te maak as verraaiers, of as boeties van 'n ander
kultuurgroep uitgeskel te word.

Stel jou voor, deesdae ry jy op die
> snelweg verby `n motor wat langs die pad staan met sy engin kap oop en `n
> bejaarde man staan gebukkend voor die engin, wie sal hier stop en hom help?
> Miskien 1 uit 30/40/50 karre wat verby ry as hy gelukkig is... Hoe was dit
> in die verlede?
A:
In die verlede was die mense wat beroof of vermoor was deur mense wat hulp
langs die pad benodig het aansienlik minder.
In die verlede was ons nie bewus daarvan dat die arme mens wat hulp soek
eintlik iemand kan wees wat deel is van 'n lokval nie.
In die verlede het ons nie telefone langs die pad gehad, of selfs selfone,
om hulp te kan ontbied nie.

As daar `n man te perd op `n plaas aangekom het, het die
> mense vir hom kos aangebied en tuisgemaak. Nou ja goed, die geweld en moord
> syfers in hierdie landtjie is ongelooflik, en kan dalk as geldig deur die
> deur glip, maar ons word gekondisioneer om net vir ons self uit te kyk.
Nee, nie eintlik nie. Ons is meer bedag om nie sommer enige mens die huis in
te nooi nie, omdat ons weet dat die persoon miskien 'n aanvaller kan wees.
Baie mense maak nog gebruik van hul instink, voorgevoel en mensekennis om
vreemdes in te nooi.
Niks met kondisionering te doen nie, wel met oorlewing.

Loop
> jy in die straat verby `n ander persoon bestaan daar nie meer so iets soos
> "Goeie dag" nie.... nee, elkeen vir hom self!
A:
Nie almal altyd nie.
Ek kan nie onthou dat al die Afrikaners altyd almal in die straat gegroet
het nie.
Ek het egter nie 'n probleem om bekendes in die straat te groet, of met
wildvreemdes in 'n vliegtuig, bus, trein of hyser te praat nie.

>
> Ek het al baie van oom Niklaas se boeke gelees, en die visioene wat sy
> dogter op papier neer gegriffel het.
A: Mens kan op 'n leibord griffel. Op papier sal jy sukkel:)

Elke keer as ek dit lees en ek kyk na
> wat in die land aangaan op die oomblik, kry ek koue rillings! Want meeste
> van die dinge gebeur...
A: Nou vertel dan vir ons uit watter boek op watter blaai staan wat, en het
betrekking op watter spesifieke gebeurtenis.

Ek is `n Christen en ek glo nie in voorspellings wat
> deur mense gemaak word nie, maar `n paar dinge van oom Niklaas staan vir my
> uit bo sommige ander mense wat voorspellings maak.
A: Wat beteken dit? As jy 'n Christen is moet jy nie glo wat voorspellers sê
nie? Waarvoor is die "maar"?

Om maar een te noem is
> die feit dat die enigste boek wat hy ooit gelees het is die Bybel.
A: Wat bedoel jy hiermee? Dat hy nie ander boeke wou lees oor wat in die
wêreld gebeur of moontlik kan gebeur nie?
Het hy nooit met ander mense gepraat, of ander mense se menings gehoor nie?

>
> As mens kyk na die gawes van die Gees, is een van hulle die gawe om te kan
> proffeteer, `n ander om profesieë en vreemde tale (praat in tale) uit te
> lê, om maar twee te noem. Wie sê dat hierdie profesieë van hom nie van die
> heilige gees afkomstig is nie? Wat maak oom Niklaas anders as van die
> profete van die Bybel se tyd?
A: Ek weet nie. Wat?

>
> Die ver-regses wat die boeke navolg en probeer om Siener se profesieë te
> laat waar word beteken vir my niks! Siener het nie die dinge ervaar sodat
> iemand anders dit kan vervul nie, hy het ervaar wat eendag sal gebeur. Die
> krises in Zim is `n goeie voorbeeld hiervan.... Siener het `n groot krises
> in Rhodesië ervaar en ek is seker ou Bob het nie met een van oom Niklaas se
> voospellings op sy skoot gesit en gedink: "ek sal so iets kan laat gebeur
> nie, ek sal sy profesieë vervul...!" Nee, hy het nie eers geweet hiervan
> nie.
>
> So indien daar ver-regses op hierdie nuusgroep is, ek respekteer julle
> patriotisme, maar moenie met die woorde van Siener mors nie! Moenie dit
> probeer vervul nie, wat moet gebeur sal gebeur. Lees eerder meer die Bybel
> en volg Hom na soos hierdie manne Siener se boeke navolg, dit sal dit beter
> met julle gaan!
A: Maar Siener het ook net die Bybel gelees - die verregses skakel net die
persoonlike ervaring wat in die toekoms gaan gebeur uit, en volg die maklike
roete.:))

Sien my ander antwoord - wat is die nut om dinge te sien wat gaan gebeur, en
dit bekend te maak, as mens dit nie kan gebruik om dinge te verander nie?
Soos jy kan sien in my oorspronklike skrywe, is daar nog steeds mense wat in
opgewonde afwagting sit en wag op Siener se voorspelde "nag van
verskrikking". Net soos baie ortodokse Jode ook nog wag op die Seun.
Ek dink ons het al 'n hele paar "nag van verskrikking" s gehad, so van
watter een het Siener nou eintlik gepraat?

Annette
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72108 is 'n antwoord op boodskap #72101] Vr, 17 Januarie 2003 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Suidwester, liewe vriend. Siener het nie wonderwerke gesien wat gaan gebeur
nie. :)))
Die mense wat in sy sienery glo sit en wag dat die slegte goed wat hy gesien
het moet gebeur:)
Sal mens dit kan sien as 'n tipiese "Afrikaner" perversie?:)

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e27cd61.0@news1.mweb.co.za...
> Wat van jy bêre die profesieë op 'n boekrak en hou op droom oor wonderwerke
> wat nog gaan gebeur? Begin werk maak aan 'n oplossing!
> wrote in message
news:3e27c742$0$19888$fa0fcf31@news.sdn.co.za...
>> Wat het van die ware Afrikaner geword? Vir my is dit asof die Afrikaner op
>> een of ander stadium in die verlede op `n dag uit gewis is, en `n nuwe tipe
>> Afrikaner in sy plek daar geplaas is.... > >
>>>
>>
>
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72110 is 'n antwoord op boodskap #72105] Vr, 17 Januarie 2003 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur:

Mense het hom `n jemdief genoem omdat hy nooit baklei het nie, hy het oorlog
toe gegaan gewapen met sy Bybel. Vele male het hy die boere magte gered van
erge ding deur die visioene wat hy gesien het.... Soos toe hy genl de la Rey
gewaarsku het dat die Engelse vir hulle in `n hinderlaag wag, en ek kan
aangaan... maar oom Niklaas is begrawe en het sy visioene saam met hom graf
toe gevat. Dit is net interessant om daaroor te lees, Mandela, Mugabe, NP se
val ens ens ens....

> Al die Boere bestaan steeds - maar, hulle pas ook maar aan. (Die ou omies
> wat ek onlangs langs die pad sien sukkel het, was bloot bedelaars wat geld
> wil hê wanneer jy stop om hulle van hulp te wees.) .....
> Ook - daar is niks met vandag se jongmense verkeerd nie - slegs met hulle
> ouers - ek en jy ...

Ek stry nie hiermee nie, en aanpassing is nodig. Ek het nog dierbare omies
op plase wat nog eg is, maar ek ken ook menigte ruggraat-lose mense wat met
die woorde "Ek is `n Afrikaner" op hulle voorkoppe rondloop, mense wat sal
vlug na `n beter heenkome indien die emmer bloed in hierdie landjie van ons
omval bloot omdat hulle lafhartig is! Ek is `n Afrikaner en trots daarop!
Trots op die taal en ons geskiedenis!

Met die ouers van jong mense glo ek is in die breë niks meer verkeerd nie.
Ek is `n jong Afrikaner seun. Ek het ook soos die ander jong mense altyd
gedink my ouers is verkeerd.... maar ek het gelukkig vroeg agter gekom dat
hulle wonderlike mense is! Hulle soek net die beste vir ons, al weet ons dit
nie nou nie, hulle kyk verder as vandag en more, hulle kyk na oor more ook,
en dit is die verskil.

> Ek hou van die naam Boerseun ; -)))
Fanx oom :-)
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72114 is 'n antwoord op boodskap #72106] Vr, 17 Januarie 2003 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: <a href="mailto:"></a>

> A:
> Nee, die meeste van ons het net die normale evolusionêre verandering gevolg
> wat heel natuurlike is.
> Aan die ander kant is daar 'n paar mense wat hulself Afrikaners noem omdat
> hulle soos nete aan die verlede vasklou, en enige ander SA gebore
> Afrikaanssprekende wat dit durf waag om nie soos hulle te dink en te wil
> doen nie, summier af te maak as verraaiers, of as boeties van 'n ander
> kultuurgroep uitgeskel te word.

Annette, laat ons mekaar nou mooi verstaan.... Afrikaners wat so vasklou aan
die verlede en staat maak op visieone wat Siener Van Rensburg gesien het,
verafsku ek. So ook mense wat rassisties optree na beide kante toe, swart
teenoor wit en wit teenoor swart. Aan die normale evolusionêre verandering
wat almal moet ondergaan stem ek saam, maar kom ek vertel jou gou `n ding.
Ek werk in Sandton, seker die mees diverse en verengelsde werksomgewing in
Suid Afrika, en die as mens mooi sit en rond om jou kyk, is ongeveer die
helfte van hierdie mense Afrikaners. `n Groot meerderheid van die mense (so
called Afrikaners) waarmee ek te doen het is ek geneig om te klassifiseer as
verraaiers. Mense wat die land sal verlaat indien 'oorlog' sou uitbreek...
net om weer later terug te keer en die vrugte te pluk van vrede wat verkry
is deur dramatiese bloedvergieting.... indien dinge ooit so erg sou word.

> A:
> In die verlede was die mense wat beroof of vermoor was deur mense wat hulp
> langs die pad benodig het aansienlik minder.
> In die verlede was ons nie bewus daarvan dat die arme mens wat hulp soek
> eintlik iemand kan wees wat deel is van 'n lokval nie.
> In die verlede het ons nie telefone langs die pad gehad, of selfs selfone,
> om hulp te kan ontbied nie.

Presies, en selfs met die wonderlike selfoon tegnologie wat ons het, stop
daar steeds 1 uit elke xx aantal motors om sy hulp aan te bied.... dis die
beginsel van selfsugtigheid wat my grief wat ek glo nie altyd daar gewees
het nie.

> Ek kan nie onthou dat al die Afrikaners altyd almal in die straat gegroet
> het nie.
> Ek het egter nie 'n probleem om bekendes in die straat te groet, of met
> wildvreemdes in 'n vliegtuig, bus, trein of hyser te praat nie.

Juis! Ek ook nie, maar lank gelede was dit wel die geval. Ek praat van
stories wat my ouma my vertel het. Ek weet dis lank gelede, en 'evolusie'
speel seker `n rol, maar weereens die beginsel van 'elke man vir homself'

> A: Mens kan op 'n leibord griffel. Op papier sal jy sukkel:)

Toe toe toe, skuus tog anti Claudina :-)))

> A: Nou vertel dan vir ons uit watter boek op watter blaai staan wat, en het
> betrekking op watter spesifieke gebeurtenis.

"Siener Van Rensburg, Profeet van God." Ek stel voor jy doen self bietjie
naslaan werk voordat jyhierdie tipe oningeligte opmerking te maak. (geen
sarkasme bedoel nie)

> A: Wat beteken dit? As jy 'n Christen is moet jy nie glo wat voorspellers sê
> nie? Waarvoor is die "maar"?

'Maar' in hierdie geval beteken dat `n paar dinge (soos dat hy sê al sy
visioene kom van die Here af) omtrent oom Niklaas laat hom uitstaan bo ander
'profete' soos Nostradamus.

> A: Wat bedoel jy hiermee? Dat hy nie ander boeke wou lees oor wat in die
> wêreld gebeur of moontlik kan gebeur nie?
> Het hy nooit met ander mense gepraat, of ander mense se menings gehoor
nie?

Wat ek bedoel is presies wat ek geskryf het. Die Bybel was die enigste boek
waarmee hy homself besig gehou het. Die rede hiervoor is nie bekend vir my
nie, maar die feit dat hy leer lees en skryf het uit die Bybel het dalk
deels bygedra dat hy die boek interessant genoeg gevind het om nie enige
ander boek hoef te gelees het nie... wie sal weet? Hy is ook nie meer hier
om te vra nie, is hy?

>> Wat maak oom Niklaas anders as van die
>> profete van die Bybel se tyd?
> A: Ek weet nie. Wat?

Dink bietjie oor hierdie punt.... dis maar net iets waaroor ek al gewonder
het. Vandat die Bybel klaar geskryf was, het die profisieë ook opgehou...
Hoekom was dit? Oor Jesus uiteindelik gebore is? Ek weet nie, dis maar iets
waaroor ek al gewonder het.

> Sien my ander antwoord - wat is die nut om dinge te sien wat gaan gebeur, en
> dit bekend te maak, as mens dit nie kan gebruik om dinge te verander nie?
> Soos jy kan sien in my oorspronklike skrywe, is daar nog steeds mense wat in
> opgewonde afwagting sit en wag op Siener se voorspelde "nag van
> verskrikking". Net soos baie ortodokse Jode ook nog wag op die Seun.
> Ek dink ons het al 'n hele paar "nag van verskrikking" s gehad, so van
> watter een het Siener nou eintlik gepraat?

Dit is `n baie geldige punt. En ek wil graag antwoord hierop: Een van Siener
so visioene praat hy van die emmer bloed wat gaan omval in die noorde. Dan
praat hy van die swart mense wat die wittes in die nag gaan oorval en
vermoor in `n massa aksie. Dan vra jy: "Wat is die nut om dinge te sien wat
gaan gebeur, en dit bekend te maak, as mens dit nie kan gebruik om dinge te
verander nie?" En Siener antwoord daarop en sê dat dit nie sal help om uit
jou huis uit te kom en die tien duisende alleen te probeer verslaan nie.
Volgens hom moet jy binne in jou huis bly, en die Here se beskerming oor jou
en jou gesin bid, dan sal nie `n haar op jou lyf aangeraak word nie. As dit
nie `n waarskuwing met `n doel om `n situasie te verander is nie, dan weet
ek nie wat is nie.

Weereens is dit net `n visioen, dalk beteken dit niks, dalk beteken dit
iets.... ons sal seker eendag weet.

Doen jouself `n guns, soek op Yahoo vir die volgende frase en hou die: "when
mandela dies" of kliek hier:
http://search.yahoo.com/search?p=%22when+mandela+dies%22

Interessant né....
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72116 is 'n antwoord op boodskap #72104] Vr, 17 Januarie 2003 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie tyd vir al daai gegorrel nie. Al wat ek vir jou wil sê is dat
jy die voorspellings vir 'n slag moet los en ophou soek na dinge wat dié man
dan sou korrek voorspel het en op bewe vir dinge wat nog moontlik kan
gebeur. Begin leef in die realiteit van vandag se lewe en gee jou energie
vir iets positief. Bogger voorspellings.....leef vandag!
skryf in boodskap news:3e27d539$0$19893$fa0fcf31@news.sdn.co.za...
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e27cd61.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat van jy bêre die profesieë op 'n boekrak en hou op droom oor
> wonderwerke
>> wat nog gaan gebeur? Begin werk maak aan 'n oplossing!
>
>
> Wie droom van wonderwerke? Miskien moet jy die voorafgaande gedeelte net
> weer deeglik en stadig deurlees!
>
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72120 is 'n antwoord op boodskap #72089] Vr, 17 Januarie 2003 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek persoonlik dink hulle is 'n klomp PEANUTS, wat sou hulle nou uitgerig
gekry het deur die dam op te blaas? Hulle het blykbaar nie 'n clue gehad
watse grootskaalse "disaster" so iets sal wees nie.

Elaine

"Annette" wrote:
> sabotasie.
>
> Kommentaar:
> Nou kyk, as die sg Boeremag ( ek wens hulle wil vir hulle 'n ander naam
> kry - iets soos Verdwaaldes - die regte boere wil niks met hulle te doen hê
> nie - hulle wil net boer) hulle beman met mense met die intelligensie van
> bogenoemde, dan het niemand hier iets te vrees van hierdie lot wat eerder in
> 'n gestig tuishoort as 'n hof nie.
> As hulle dan kwansuis deur die bloed van hul voorvaders wil oorlog, waarom
> sluit hulle dan nie sommer die Engelse ook in nie.
> Dit is opmerklik dat al drie of 'n Engelse naam of van het, en geen poging
> in hul misplaaste patriotisme aangewend het om hul vanne en name na
> behoorlike boerename te verander nie.
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72122 is 'n antwoord op boodskap #72116] Vr, 17 Januarie 2003 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
:-), my liewe Suidwester.... Weereens stel ek voor dat óf jy lees daai
gegorrel voor jy jou kommentaar deel, óf jy bly liewer stil. Ek glo nie in
Siener se dinge nie, ek lig maar net die feit dat dit interessant is om van
sy stories te lees en te kyk na wat in die wêreld vandag aan die gang is.

Ek leef vandag! Ek is nie vermoeid met die verlede nie, maar ter selfde tyd
geniet ek dit om ingelig te wees!

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e27f878.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het nie tyd vir al daai gegorrel nie. Al wat ek vir jou wil sê is dat
> jy die voorspellings vir 'n slag moet los en ophou soek na dinge wat dié man
> dan sou korrek voorspel het en op bewe vir dinge wat nog moontlik kan
> gebeur. Begin leef in die realiteit van vandag se lewe en gee jou energie
> vir iets positief. Bogger voorspellings.....leef vandag!
> wrote in message news:3e27d539$0$19893$fa0fcf31@news.sdn.co.za...
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e27cd61.0@news1.mweb.co.za...
>>> Wat van jy bêre die profesieë op 'n boekrak en hou op droom oor wonderwerke
>>> wat nog gaan gebeur? Begin werk maak aan 'n oplossing!
>>
>>
>> Wie droom van wonderwerke? Miskien moet jy die voorafgaande gedeelte net
>> weer deeglik en stadig deurlees!
>>
>
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72123 is 'n antwoord op boodskap #72120] Vr, 17 Januarie 2003 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur:

> Ek persoonlik dink hulle is 'n klomp PEANUTS, wat sou hulle nou uitgerig
> gekry het deur die dam op te blaas? Hulle het blykbaar nie 'n clue gehad
> watse grootskaalse "disaster" so iets sal wees nie.

Wat hulle sou reg kry deur die dam wal op te blaas is om ongeoorloofde skade
aan te rig in onderliggende dele in die Vaaldriehoek, en verder suid na
Parys se kant toe... Stel jou voor wat se klad dit vir die Afrikaners sou
wees...... Ons is politici is mos so lief om te veralgemeen. Dit wat hulle
beplan het klink soos `n storie uit `n voorskoolse laaitie se dagboek (asof
laaities nou dagboeke het). Dink nie aan die gevolge nie!!!
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72128 is 'n antwoord op boodskap #72110] Vr, 17 Januarie 2003 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My ouma het vir my gesê- my kind, die dag sal kom dat ons met geld in ons
hande sal staan, en daar sal nie kos wees om te kan koop nie.
Dit is ook besig om te gebeur in Zimbabwe.
Annette

skryf in boodskap news:3e27de1b$0$19892$fa0fcf31@news.sdn.co.za...
> Mense het hom `n jemdief genoem omdat hy nooit baklei het nie, hy het oorlog
> toe gegaan gewapen met sy Bybel. Vele male het hy die boere magte gered van
> erge ding deur die visioene wat hy gesien het.... Soos toe hy genl de la Rey
> gewaarsku het dat die Engelse vir hulle in `n hinderlaag wag, en ek kan
> aangaan... maar oom Niklaas is begrawe en het sy visioene saam met hom graf
> toe gevat. Dit is net interessant om daaroor te lees, Mandela, Mugabe, NP se
> val ens ens ens....
>
>> Al die Boere bestaan steeds - maar, hulle pas ook maar aan. (Die ou omies
>> wat ek onlangs langs die pad sien sukkel het, was bloot bedelaars wat geld
>> wil hê wanneer jy stop om hulle van hulp te wees.)
> .....
>> Ook - daar is niks met vandag se jongmense verkeerd nie - slegs met hulle
>> ouers - ek en jy ...
>
> Ek stry nie hiermee nie, en aanpassing is nodig. Ek het nog dierbare omies
> op plase wat nog eg is, maar ek ken ook menigte ruggraat-lose mense wat met
> die woorde "Ek is `n Afrikaner" op hulle voorkoppe rondloop, mense wat sal
> vlug na `n beter heenkome indien die emmer bloed in hierdie landjie van ons
> omval bloot omdat hulle lafhartig is! Ek is `n Afrikaner en trots daarop!
> Trots op die taal en ons geskiedenis!
>
> Met die ouers van jong mense glo ek is in die breë niks meer verkeerd nie.
> Ek is `n jong Afrikaner seun. Ek het ook soos die ander jong mense altyd
> gedink my ouers is verkeerd.... maar ek het gelukkig vroeg agter gekom dat
> hulle wonderlike mense is! Hulle soek net die beste vir ons, al weet ons dit
> nie nou nie, hulle kyk verder as vandag en more, hulle kyk na oor more ook,
> en dit is die verskil.
>
>> Ek hou van die naam Boerseun ; -)))
> Fanx oom :-)
>
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72129 is 'n antwoord op boodskap #72089] Vr, 17 Januarie 2003 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> 'n Dokument op 'n disket wat gevind is tydens die inhegtenisneming van die
> drie regsgesindes wat na bewering die Vaaldam wou opblaas, sluit 'n brief
> aan die Ku Klux Klan in

Presies wat ek nog altyd sê: die geld wat
hierdie vet smeer vir hierdie soort drek
kom heelwaarskynlik van Noord-Amerika af.

Gloudina
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72132 is 'n antwoord op boodskap #72098] Vr, 17 Januarie 2003 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Boerseun wrote:


> As mens kyk na die gawes van die Gees, is een van hulle die gawe om te kan
> proffeteer, `n ander om proffesieë en vreemde tale

Youuhoooooooo, du Plessis. Die forensiese
spore, sien.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se tugkomitee
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72134 is 'n antwoord op boodskap #72123] Vr, 17 Januarie 2003 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is hoekom ek so baie van die komiek Pinky and The Brain hou - ek maak my
elke keer nat van die lag as hy sê:
I am Going to Take Over The World!

Nodeloos om te sê ek het ook 'n lekker giggel weg by die lees van die
sogenaamde geheime dokument:))

Annette

$0$19894$fa0fcf31@news.sdn.co.za...
>> Ek persoonlik dink hulle is 'n klomp PEANUTS, wat sou hulle nou uitgerig
>> gekry het deur die dam op te blaas? Hulle het blykbaar nie 'n clue gehad
>> watse grootskaalse "disaster" so iets sal wees nie.
>
> Wat hulle sou reg kry deur die dam wal op te blaas is om ongeoorloofde skade
> aan te rig in onderliggende dele in die Vaaldriehoek, en verder suid na
> Parys se kant toe... Stel jou voor wat se klad dit vir die Afrikaners sou
> wees...... Ons is politici is mos so lief om te veralgemeen. Dit wat hulle
> beplan het klink soos `n storie uit `n voorskoolse laaitie se dagboek (asof
> laaities nou dagboeke het). Dink nie aan die gevolge nie!!!
>
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72135 is 'n antwoord op boodskap #72120] Vr, 17 Januarie 2003 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Met peanuts bedoel jy hulle is windmakerig?:))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e27fa09.0@news1.mweb.co.za...
> Ek persoonlik dink hulle is 'n klomp PEANUTS, wat sou hulle nou uitgerig
> gekry het deur die dam op te blaas? Hulle het blykbaar nie 'n clue gehad
> watse grootskaalse "disaster" so iets sal wees nie.
>
> Elaine
>
> "Annette" wrote:
>> sabotasie.
>>
>> Kommentaar:
>> Nou kyk, as die sg Boeremag ( ek wens hulle wil vir hulle 'n ander naam
>> kry - iets soos Verdwaaldes - die regte boere wil niks met hulle te doen hê
>> nie - hulle wil net boer) hulle beman met mense met die intelligensie van
>> bogenoemde, dan het niemand hier iets te vrees van hierdie lot wat eerder in
>> 'n gestig tuishoort as 'n hof nie.
>> As hulle dan kwansuis deur die bloed van hul voorvaders wil oorlog, waarom
>> sluit hulle dan nie sommer die Engelse ook in nie.
>> Dit is opmerklik dat al drie of 'n Engelse naam of van het, en geen poging
>> in hul misplaaste patriotisme aangewend het om hul vanne en name na
>> behoorlike boerename te verander nie.
>
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72136 is 'n antwoord op boodskap #72114] Vr, 17 Januarie 2003 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het toevallig die boek wat jy genoem het. Ek het dit gelees vir die
interessantheid, maar ek sukkel nog steeds met sy voorspellings en wat
regtig wanneer gebeur.- dit is hoekom ek vra- om jou siening met myne te
vergelyk.
Die boek is by my ma - so ons sal dit maar op die tydsame manier doen.

Ek dink nie Nostradamus was 'n profeet nie. Ons het al te veel einde van die
wêrelde "oorleef" om hom nog ernstig op te vat.

In Engeland het daar in die 14e eeu 'n heks gewoon by die Well of Stone in
Yorkshire. Volgens geskrifte het sy ook van motors, vliegtuie en bote van
staal voorspel. So ook van Le Clerque from the Land of Gold far South who
will save his people from a bloodbath.
Vir haar kon ek verstaan - maar ek het my bedenkinge - want die eerste keer
toe ons die plek besoek het was daar niks van Le Clerque en Land of Gold in
die pamflet nie.
Eers toe ons die plek weer in 1995 besoek het, toe sien ons die nuwe
voorspelling.

Dit bring my nou weer by Oom Siener.
Wanneer was die eerste druk van sy boek?
As ek reg kan onthou was dit juis eers nadat Mandela en Mugabe bekend geword
het dat iemand dit in die geskrifte gevind het, en die boek toe gedruk en
uitgegee is.
Nog 'n ding van Siener was dat hy blykbaar nie kon/wou skryf nie - daarom
die dogter se liefdestaak. Nou weet jy en ek dat mense se handskrif basies
dieselfde bly, so die dogter kon so met die jare lekkkkkker stukke ingeskryf
het wat hy dan kwansuis aan haar sou dikteer het.
Ek is seker geen koolstoftoetse is gedoen op die papier wat deur haar
gebruik is nie, of 'n handskrifontleder om te bewys dit is deur dieselfde
persoon geskryf, of selfs die teks te vergelyk met wat uiteindelik gedruk is
nie.

Nietemin - jy kan solank vir ons in die boek kyk of Bush nou vir Sadam se
mense gaan bykom of nie:))

Ek is seker, as die beplande inval sou begin, sal ons die dag daarna weer
hoor hoe Nostradamus dit voorspel het.

Annette

skryf in boodskap news:3e27f572$0$19891$fa0fcf31@news.sdn.co.za...
>
>> A:
>> Nee, die meeste van ons het net die normale evolusionêre verandering gevolg
>> wat heel natuurlike is.
>> Aan die ander kant is daar 'n paar mense wat hulself Afrikaners noem omdat
>> hulle soos nete aan die verlede vasklou, en enige ander SA gebore
>> Afrikaanssprekende wat dit durf waag om nie soos hulle te dink en te wil
>> doen nie, summier af te maak as verraaiers, of as boeties van 'n ander
>> kultuurgroep uitgeskel te word.
>
> Annette, laat ons mekaar nou mooi verstaan.... Afrikaners wat so vasklou aan
> die verlede en staat maak op visieone wat Siener Van Rensburg gesien het,
> verafsku ek. So ook mense wat rassisties optree na beide kante toe, swart
> teenoor wit en wit teenoor swart. Aan die normale evolusionêre verandering
> wat almal moet ondergaan stem ek saam, maar kom ek vertel jou gou `n ding.
> Ek werk in Sandton, seker die mees diverse en verengelsde werksomgewing in
> Suid Afrika, en die as mens mooi sit en rond om jou kyk, is ongeveer die
> helfte van hierdie mense Afrikaners. `n Groot meerderheid van die mense (so
> called Afrikaners) waarmee ek te doen het is ek geneig om te klassifiseer as
> verraaiers. Mense wat die land sal verlaat indien 'oorlog' sou uitbreek...
> net om weer later terug te keer en die vrugte te pluk van vrede wat verkry
> is deur dramatiese bloedvergieting.... indien dinge ooit so erg sou word.
>
>> A:
>> In die verlede was die mense wat beroof of vermoor was deur mense wat hulp
>> langs die pad benodig het aansienlik minder.
>> In die verlede was ons nie bewus daarvan dat die arme mens wat hulp soek
>> eintlik iemand kan wees wat deel is van 'n lokval nie.
>> In die verlede het ons nie telefone langs die pad gehad, of selfs selfone,
>> om hulp te kan ontbied nie.
>
> Presies, en selfs met die wonderlike selfoon tegnologie wat ons het, stop
> daar steeds 1 uit elke xx aantal motors om sy hulp aan te bied.... dis die
> beginsel van selfsugtigheid wat my grief wat ek glo nie altyd daar gewees
> het nie.
>
>> Ek kan nie onthou dat al die Afrikaners altyd almal in die straat gegroet
>> het nie.
>> Ek het egter nie 'n probleem om bekendes in die straat te groet, of met
>> wildvreemdes in 'n vliegtuig, bus, trein of hyser te praat nie.
>
> Juis! Ek ook nie, maar lank gelede was dit wel die geval. Ek praat van
> stories wat my ouma my vertel het. Ek weet dis lank gelede, en 'evolusie'
> speel seker `n rol, maar weereens die beginsel van 'elke man vir homself'
>
>> A: Mens kan op 'n leibord griffel. Op papier sal jy sukkel:)
>
> Toe toe toe, skuus tog anti Claudina :-)))
>
>> A: Nou vertel dan vir ons uit watter boek op watter blaai staan wat, en het
>> betrekking op watter spesifieke gebeurtenis.
>
> "Siener Van Rensburg, Profeet van God." Ek stel voor jy doen self bietjie
> naslaan werk voordat jyhierdie tipe oningeligte opmerking te maak. (geen
> sarkasme bedoel nie)
>
>> A: Wat beteken dit? As jy 'n Christen is moet jy nie glo wat voorspellers sê
>> nie? Waarvoor is die "maar"?
>
> 'Maar' in hierdie geval beteken dat `n paar dinge (soos dat hy sê al sy
> visioene kom van die Here af) omtrent oom Niklaas laat hom uitstaan bo ander
> 'profete' soos Nostradamus.
>
>> A: Wat bedoel jy hiermee? Dat hy nie ander boeke wou lees oor wat in die
>> wêreld gebeur of moontlik kan gebeur nie?
>> Het hy nooit met ander mense gepraat, of ander mense se menings gehoor
> nie?
>
> Wat ek bedoel is presies wat ek geskryf het. Die Bybel was die enigste boek
> waarmee hy homself besig gehou het. Die rede hiervoor is nie bekend vir my
> nie, maar die feit dat hy leer lees en skryf het uit die Bybel het dalk
> deels bygedra dat hy die boek interessant genoeg gevind het om nie enige
> ander boek hoef te gelees het nie... wie sal weet? Hy is ook nie meer hier
> om te vra nie, is hy?
>
>>> Wat maak oom Niklaas anders as van die
>>> profete van die Bybel se tyd?
>> A: Ek weet nie. Wat?
>
> Dink bietjie oor hierdie punt.... dis maar net iets waaroor ek al gewonder
> het. Vandat die Bybel klaar geskryf was, het die profisieë ook opgehou...
> Hoekom was dit? Oor Jesus uiteindelik gebore is? Ek weet nie, dis maar iets
> waaroor ek al gewonder het.
>
>> Sien my ander antwoord - wat is die nut om dinge te sien wat gaan gebeur, en
>> dit bekend te maak, as mens dit nie kan gebruik om dinge te verander nie?
>> Soos jy kan sien in my oorspronklike skrywe, is daar nog steeds mense wat in
>> opgewonde afwagting sit en wag op Siener se voorspelde "nag van
>> verskrikking". Net soos baie ortodokse Jode ook nog wag op die Seun.
>> Ek dink ons het al 'n hele paar "nag van verskrikking" s gehad, so van
>> watter een het Siener nou eintlik gepraat?
>
> Dit is `n baie geldige punt. En ek wil graag antwoord hierop: Een van Siener
> so visioene praat hy van die emmer bloed wat gaan omval in die noorde. Dan
> praat hy van die swart mense wat die wittes in die nag gaan oorval en
> vermoor in `n massa aksie. Dan vra jy: "Wat is die nut om dinge te sien wat
> gaan gebeur, en dit bekend te maak, as mens dit nie kan gebruik om dinge te
> verander nie?" En Siener antwoord daarop en sê dat dit nie sal help om uit
> jou huis uit te kom en die tien duisende alleen te probeer verslaan nie.
> Volgens hom moet jy binne in jou huis bly, en die Here se beskerming oor jou
> en jou gesin bid, dan sal nie `n haar op jou lyf aangeraak word nie. As dit
> nie `n waarskuwing met `n doel om `n situasie te verander is nie, dan weet
> ek nie wat is nie.
>
> Weereens is dit net `n visioen, dalk beteken dit niks, dalk beteken dit
> iets.... ons sal seker eendag weet.
>
> Doen jouself `n guns, soek op Yahoo vir die volgende frase en hou die: "when
> mandela dies" of kliek hier:
> http://search.yahoo.com/search?p=%22when+mandela+dies%22
>
> Interessant né....
>
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72141 is 'n antwoord op boodskap #72110] Vr, 17 Januarie 2003 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Boerseun wrote:

> Ek is `n jong Afrikaner seun.

Jy is 'n vet verkleurmannetjie, du
Plessis.

Die Slang in die Gras
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72142 is 'n antwoord op boodskap #72114] Vr, 17 Januarie 2003 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Boerseun wrote:

Vandat die Bybel klaar geskryf was, het die profisieë ook opgehou...
> Hoekom was dit? Oor Jesus uiteindelik gebore is? Ek weet nie, dis maar iets
> waaroor ek al gewonder het.

Dierbaarheid, du Plessis. Jy moet bietjie die
geskiedenis van die boek waarna jy as "Die Bybel"
verwys, gaan studeer. Dis 'n versamelbundel
saamgestel deur 'n vergadering van biskoppe
en alleen dié professieë wat hulle gekies het,
is in die Bybel ingevoeg.
Wat verstaan jy as 'n profesie?
En gaan vra vir die Mormone of mense opgehou
het om te profeteer.

Tant Hessie van Helshoogte
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72145 is 'n antwoord op boodskap #72089] Vr, 17 Januarie 2003 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jan 2003 08:48:20 +0200, "Annette" wrote:

>
> NS:
> Ek wonder of Peacock die jonger boetie is van my beste maat op laerskool in
> Witbank - Paul - ken jy hom ?- Weet jy of sy pa 'n pastoor in die AGS was,
> en of hy 'n suster met die naam van Annette het?)
>

Is julle ook 'n familie wat nie kontak met mekaar het nie?

DD
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72147 is 'n antwoord op boodskap #72145] Vr, 17 Januarie 2003 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, daar is 'n groot verskil tussen skoolmaats en familie;))
Ons het kontak verloor nadat ons uit Witbank na Bloemfontein getrek het, en
hulle kort daarna uit Witbank na Pretoria.
Ons was die enigste twee Annette in die skool, en soos die onheilige
voorsienigheid wou hê in dieselfde klas.:)

Annette

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:ltfg2vc1pc1kqltp0gln7c4k73bcml9vcp@4ax.com...
> On Fri, 17 Jan 2003 08:48:20 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>>
>> NS:
>> Ek wonder of Peacock die jonger boetie is van my beste maat op laerskool in
>> Witbank - Paul - ken jy hom ?- Weet jy of sy pa 'n pastoor in die AGS was,
>> en of hy 'n suster met die naam van Annette het?)
>>
>
> Is julle ook 'n familie wat nie kontak met mekaar het nie?
>
> DD
>
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72148 is 'n antwoord op boodskap #72098] Vr, 17 Januarie 2003 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jan 2003 11:06:38 +0200, wrote:

>
> So indien daar ver-regses op hierdie nuusgroep is, ek respekteer julle
> patriotisme,

Is jy stupid Boerseun? Ons is slegs liberaal, liberaler en liberaalste
hier.

DD
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72149 is 'n antwoord op boodskap #72148] Vr, 17 Januarie 2003 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dave, jy maak Paul se hartjie seer.
Annette

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:9jhg2vcgn0os0tj3sevollrjqddh92rm7j@4ax.com...
> On Fri, 17 Jan 2003 11:06:38 +0200, wrote:
>
>
>>
>> So indien daar ver-regses op hierdie nuusgroep is, ek respekteer julle
>> patriotisme,
>
> Is jy stupid Boerseun? Ons is slegs liberaal, liberaler en liberaalste
> hier.
>
> DD
>
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72151 is 'n antwoord op boodskap #72106] Vr, 17 Januarie 2003 18:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jan 2003 12:23:43 +0200, "Annette" wrote:

> of as boeties van 'n ander
> kultuurgroep uitgeskel te word.
>

Jy sal my miskien moeilik glo, Annette, maar
hulle word selfs as kafferboeties uitgeskel!

DD
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72152 is 'n antwoord op boodskap #72132] Vr, 17 Januarie 2003 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jan 2003 13:50:32 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Boerseun wrote:
>
>
>> As mens kyk na die gawes van die Gees, is een van hulle die gawe om te kan
>> proffeteer, `n ander om proffesieë en vreemde tale
>
>
> Youuhoooooooo, du Plessis. Die forensiese
> spore, sien.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se tugkomitee

Die groot skoenwinkel daar op die hoek
se kliënte trap almal spore wat nogal
heelwat na mekaar lyk, Bouwer, want
hulle kom uit dieselfde stal.

Du Plessis
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72153 is 'n antwoord op boodskap #72141] Vr, 17 Januarie 2003 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jan 2003 15:10:35 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Boerseun wrote:
>
>
>
>> Ek is `n jong Afrikaner seun.
>
>
> Jy is 'n vet verkleurmannetjie, du
> Plessis.
>
> Die Slang in die Gras

Ek het nie tien kilos vir elke kind
swaarder geword nie, Bouwer.
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72154 is 'n antwoord op boodskap #72147] Vr, 17 Januarie 2003 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Jan 2003 20:09:05 +0200, "Annette" wrote:

> Nee, daar is 'n groot verskil tussen skoolmaats en familie;))

en of hy 'n suster met die naam van Annette het?)
Dit is tog wat jy gesê het.

DD
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72157 is 'n antwoord op boodskap #72120] Vr, 17 Januarie 2003 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het by Vaaldam gewerk met dié se verhoging van 3m. Die ou wat dink hy
kan 'n skokgolf onder die water veroorsaak om die wal te kraak, moet bietjie
gaan naslaan hoe die damme se walle gekraak of gebreek is in Duitsland in
die 2de wêreldoorlog. (Daardie damme was boogwalle) Definitief nie met
kommersiële springstof nie.
---
Re: Siener van Rensburg [boodskap #72158 is 'n antwoord op boodskap #72153] Vr, 17 Januarie 2003 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave Du Plessis wrote:

> Ek het nie tien kilos vir elke kind
> swaarder geword nie, Bouwer.

En soos ek vantevore verduidelik het,
het ek al van die gewig van twee kinders
ontslae geraak. So om en by 20 pond in
net onder vier maande, met die "monnike-
dieet." Nou nog net twintig, dan weeg ek
weer wat ek op my slanke jongensdae geweeg
het. Maar daarvoor gee ek myself jare kans.
Dis die eerste twintig pond wat alreeds 'n
gróót verskil gemaak het.

Bouwer
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72167 is 'n antwoord op boodskap #72123] Sa, 18 Januarie 2003 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Meeste dorpe langs die rivier sal uitgewis word - die hele/grootste gedeelte
van Sasolburg sal in sy m**r wees, en groot gedeeltes van Vanderbijl,
Vereeniging en Drie Riviere sal vernietig word, as Parys gelukkig is sal
hulle bly staan. Ek weet want ons het daar gebly, en ons is al die goed al
van vroeg af vertel. Ek sê mos, die idiote het nie 'n clue gehad watse
gemors hulle sou veroorsask het as hulle die damwal opgeblaas het nie.
Duidelik het hulle nie hulle "slim" plan mooi oorgedink voordat hulle dit
wou uitvoer nie. Newwermaaind die klad om die Afrikaanse Afrikansers se
naam, wat van al die mense wit, swart, pink, blou, groen, geel en pers wat
sou beswyk in so 'n geval?

Elaine

wrote:

> Wat hulle sou reg kry deur die dam wal op te blaas is om ongeoorloofde skade
> aan te rig in onderliggende dele in die Vaaldriehoek, en verder suid na
> Parys se kant toe... Stel jou voor wat se klad dit vir die Afrikaners sou
> wees...... Ons is politici is mos so lief om te veralgemeen. Dit wat hulle
> beplan het klink soos `n storie uit `n voorskoolse laaitie se dagboek (asof
> laaities nou dagboeke het). Dink nie aan die gevolge nie!!!
>
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72168 is 'n antwoord op boodskap #72135] Sa, 18 Januarie 2003 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja net wind, en niks anders nie! :o))

"Annette" skryf in boodskap news:b094ju$mnruo$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Met peanuts bedoel jy hulle is windmakerig?:))
> Annette
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72169 is 'n antwoord op boodskap #72157] Sa, 18 Januarie 2003 11:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Regtig - baie insiggewend, moet dit nou net nie vir hulle vertel hoe om dit
te doen nie okay?

Elaine

"Tobie" skryf in boodskap news:b0av8p$45$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het by Vaaldam gewerk met dié se verhoging van 3m. Die ou wat dink hy
> kan 'n skokgolf onder die water veroorsaak om die wal te kraak, moet bietjie
> gaan naslaan hoe die damme se walle gekraak of gebreek is in Duitsland in
> die 2de wêreldoorlog. (Daardie damme was boogwalle) Definitief nie met
> kommersiële springstof nie.
> ---
>
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72171 is 'n antwoord op boodskap #72169] Sa, 18 Januarie 2003 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine"
> Regtig - baie insiggewend, moet dit nou net nie vir hulle vertel hoe om dit
> te doen nie okay?
----
ek sallie vertellie, maar die internet is 'n wonderlike ding
................... :-)
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72180 is 'n antwoord op boodskap #72171] So, 19 Januarie 2003 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja wel, as 'n mens die "resep" vir 'n atoombom op die Internet kan kry, kan
jy seker via die Internet uitvind hoe om die Vaaldam op te blaas ook :)))

E

"Tobie" wrote:
> ----
> ek sallie vertellie, maar die internet is 'n wonderlike ding
> ................... :-)
>
Re: Hoe werk die koppies? [boodskap #72198 is 'n antwoord op boodskap #72180] Ma, 20 Januarie 2003 16:38 Na vorige boodskap
Pieter[3]  is tans af-lyn  Pieter[3]
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Wat van Columbia se planne wie wil dit he spot goedkoop

"Elaine" skryf in boodskap news:3e2b03ed.0@news1.mweb.co.za...
> Ja wel, as 'n mens die "resep" vir 'n atoombom op die Internet kan kry, kan
> jy seker via die Internet uitvind hoe om die Vaaldam op te blaas ook :)))
>
> E
>
> "Tobie" wrote:
>> ----
>> ek sallie vertellie, maar die internet is 'n wonderlike ding
>> ................... :-)
>>
>
Vorige onderwerp: Ons kan nie kla nie
Volgende onderwerp: Roofkopie - hoekom nie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 00:18:57 MGT 2024