Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Donkerwerk
Donkerwerk [boodskap #72041] Do, 16 Januarie 2003 09:31 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir die 5de keer in 'n tydperk van 12 maande is die 15 ligte wat op die N2,
Modderdamweg en die brug by Nyanga aangebring en op sementblokke gemonteer
is, om vliegtuie te help land gesteel.
Lugdiens bagasietrollies is ook gesteel.
By twee vorige gevalle is die ligte opgespoor by die skrootwerf wat daar
naby is gevind.
Die sekuriteitsfirma wat veronderstel is om 'n ogie oor die ligte te hou is
gevra om die sekuriteit meer effektief toe te pas.

Wanneer gaan die "slim" mense dit in hul koppe kry om by diefstal van sulke
items sommer heel eerste die goed by skrootwerwe en pandjieswinkels te gaan
soek.
En wanneer gaan die delers ( eienaars van bg besighede) ook gestraf word as
hulle nie die ooglopende gesteelde artikels raporteer of selfs die inligting
van die steler verskaf nie?

Annette
Re: Donkerwerk [boodskap #72049 is 'n antwoord op boodskap #72041] Do, 16 Januarie 2003 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja en ons bly in Gloudina se Etopia!   Die ou parra sit mos daar in die
verte en kraai.   Hier by ons het die Munisipaliteite al ophou probeer om
nice goete te doen.....soos Walvisbaai wat 'n sonkragpaneel aangebring het
om 'n boodskapbord te dryf.   Dit was nie 'n week nie toe's die sonpaneel,
et al in sy moer in gesteel.   Dis amper soos die miskruiers in die
noorde.....jy kry amper nie eers jou drol op die grond nie of hulle vat hom
onder jou uit!
   Jy's reg as jy sê die mense wat handel dryf in gesteelde goed is die
mense wat eintlik vasgevat moet word, maar jy gaan hulle tussen jou vind.
As 'n huis beroof word dan tjank almal saam, maar as die bargains beskikbaar
raak, dan kóóp die mense.

"Annette"  skryf in boodskap news:b05ul2$lvesd$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>  Vir die 5de keer in 'n tydperk van 12 maande is die 15 ligte wat  op die N2,
>  Modderdamweg en die brug by Nyanga aangebring en op sementblokke gemonteer
>  is,  om vliegtuie te help land gesteel.
>  Lugdiens bagasietrollies is ook gesteel.
>  By twee vorige gevalle is die ligte opgespoor by die skrootwerf wat daar
>  naby is gevind.
>  Die sekuriteitsfirma wat veronderstel is om 'n ogie oor die ligte te hou is
>  gevra om die sekuriteit meer effektief toe te pas.
>
>  Wanneer gaan die "slim" mense dit in hul koppe kry om by diefstal van sulke
>  items sommer heel eerste die goed by skrootwerwe en pandjieswinkels te gaan
>  soek.
>  En wanneer gaan die delers ( eienaars van bg besighede) ook gestraf word as
>  hulle nie die ooglopende gesteelde artikels raporteer of selfs die inligting
>  van die steler verskaf nie?
>
>  Annette
>
Re: Donkerwerk [boodskap #72050 is 'n antwoord op boodskap #72049] Do, 16 Januarie 2003 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Juan Strauss  is tans af-lyn  Juan Strauss
Boodskappe: 39
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Sjoe, ons kan jare aanhou om oor die diefstal onderwerp te peins.... kan ons
nie...?

Dan wonder ek altyd, statistiek het dit dat 1 uit elke 10 motors gesteel
word.... dan ry ek op die pad en kyk na al die mense met die mooi karre...
party lyk of hulle my tuin jong kan wees, maar hulle ry daai tjorre.
Waarnatoe gaan al hierdie gesteelde motors dan heen??? Weer terug op die
paaie natuurlik. Kos blykbaar so tussen R1000 en R5000 vir die 'dienste' wat
gelewer word om `n gesteelde motor weer oor te registreer.

Klink soos `n storie uit een van Koning Rosekrans se fabel boeke, maar dis
`n werklikheid waarmee ons dag na dag saam leef! En niemand doen niks!
Re: Donkerwerk [boodskap #72060 is 'n antwoord op boodskap #72041] Do, 16 Januarie 2003 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Vir die 5de keer in 'n tydperk van 12 maande is die 15 ligte wat op die N2,
> Modderdamweg en die brug by Nyanga aangebring en op sementblokke gemonteer
> is, om vliegtuie te help land gesteel.
> Lugdiens bagasietrollies is ook gesteel.
> By twee vorige gevalle is die ligte opgespoor by die skrootwerf wat daar
> naby is gevind.
> Die sekuriteitsfirma wat veronderstel is om 'n ogie oor die ligte te hou is
> gevra om die sekuriteit meer effektief toe te pas.
>
> Wanneer gaan die "slim" mense dit in hul koppe kry om by diefstal van sulke
> items sommer heel eerste die goed by skrootwerwe en pandjieswinkels te gaan
> soek.
> En wanneer gaan die delers ( eienaars van bg besighede) ook gestraf word as
> hulle nie die ooglopende gesteelde artikels raporteer of selfs die inligting
> van die steler verskaf nie?
>
> Annette

KinkY: Ja, ek verstaan dit ook nie. Hier by ons in Newcaslte is daar
n brug oor n rivier na die middestad en gereeld maar gereeld word die
brug se relings afgesteel! Dit word dan as glo as skrot verkoop. Of
miskien maak iemand weer relings daarvan en verkoop dit aan die
munisipaliteit? n Kringloop van geldmaak?
Re: Donkerwerk [boodskap #72062 is 'n antwoord op boodskap #72060] Do, 16 Januarie 2003 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kinky het 'n baie belangrike punt beet.
Kabel/koper-diefstal kos die RSA-ekonomie letterlik biljoene per maand.
Daardie instansies wat geraak word is TELKOM/ESKOM/TRANSNET.
Waarom daar nog nie 'n poging was om skrootwerwe en die sg. "bucketshops" te
reguleer nie, sal nugter weet.

"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0301160652.74f7d645@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Vir die 5de keer in 'n tydperk van 12 maande is die 15 ligte wat op die N2,
>> Modderdamweg en die brug by Nyanga aangebring en op sementblokke gemonteer
>> is, om vliegtuie te help land gesteel.
>> Lugdiens bagasietrollies is ook gesteel.
>> By twee vorige gevalle is die ligte opgespoor by die skrootwerf wat daar
>> naby is gevind.
>> Die sekuriteitsfirma wat veronderstel is om 'n ogie oor die ligte te hou is
>> gevra om die sekuriteit meer effektief toe te pas.
>>
>> Wanneer gaan die "slim" mense dit in hul koppe kry om by diefstal van sulke
>> items sommer heel eerste die goed by skrootwerwe en pandjieswinkels te gaan
>> soek.
>> En wanneer gaan die delers ( eienaars van bg besighede) ook gestraf word as
>> hulle nie die ooglopende gesteelde artikels raporteer of selfs die inligting
>> van die steler verskaf nie?
>>
>> Annette
>
> KinkY: Ja, ek verstaan dit ook nie. Hier by ons in Newcaslte is daar
> n brug oor n rivier na die middestad en gereeld maar gereeld word die
> brug se relings afgesteel! Dit word dan as glo as skrot verkoop. Of
> miskien maak iemand weer relings daarvan en verkoop dit aan die
> munisipaliteit? n Kringloop van geldmaak?
Re: Donkerwerk [boodskap #72071 is 'n antwoord op boodskap #72062] Do, 16 Januarie 2003 20:37 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Jan 2003 17:20:09 +0200, "Jonas" wrote:

> Kinky het 'n baie belangrike punt beet.
> Kabel/koper-diefstal kos die RSA-ekonomie letterlik biljoene per maand.

Vrydagoggend om 1:30 (vm) het my rekenaar ge'reboot'. Daar was dus 'n
enkele oomblik 'n kragonderbreking. Weer gereboot en toe dit vir die
derde keer gebeur het ek besluit dat dit tyd is om te gaan slaap.

Die voorblad van die Herhald het 'n groot foto van 'n lyk wat aan die
kabelkonstruksie hang en dit het tot laat die oggend daar gehang. Die
redaksie bespreek in die koerant die wenslikheid al dan nie om die
foto te plaas en het besluit om dit as afskrikmiddel wel te doen.

************************************************************ *********************
Koperdief doodgeskok
Lees in die Herald van 17 Januarie hoe 'n koperdief verbrand het toe
hy kabels probeer steel het.

Shock death for thief
22/03/2002 14:52 - (SA)

An unknown man was shocked to death when 11 000 volts surged through
his body while he was busy stripping an electrical cable to get to the
copper inside. The incident happened in the early hours of Friday
morning, just outside Welverdiend. Mr Chris Spies, interim Head:
Electrical Engineering of Merafong City Municipality, said the man
could have met his death in two ways: either he mistakenly thought the
power was off and it was safe to cut through the cable, or he tripped
the power, after which it switched on automatically, sending the man
to an instant death. He said by stripping electrical cables, copper
thieves not only play with their lives, but also cause millions of
rands worth of damages to the underground electrical cables. “The
length of cable this man stripped would have earned him about R150
from a scrap metal dealer, but in the process he caused damages of
nearly R5 000.” Mr Spies said the theft of copper cables was also the
cause of the horrific train accident in Kwa Zulu/Natal earlier this
year. An Eskom transformator which was damaged in Khutsong recently,
resulted in a three day power failure and cost nearly R1 million to
repair. “We really need the public`s help with this, because more and
more thieves are stealing copper cables. Whenever a member of public
sees anyone with cables or metal, either with him or on a bakkie, he
must please report the matter to the police. This is the only way it
will stop.”
Vorige onderwerp: Vir Suidwester - bande wat bars
Volgende onderwerp: -STUK IN ENGELS- Thoughts on Death by Thomas Kempis (Gebore1380)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:17:11 MGT 2024