Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Roofkopie - hoekom nie?
|
|
Re: Roofkopie - hoekom nie? [boodskap #72053 is 'n antwoord op boodskap #72029] |
Thu, 16 January 2003 12:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> As jy ander hier aanvat oor hul spelling dan stel jy jou ook oop vir die
> jag! As jy pakkry van ander af, moenie 'n gejners opsit en mense se
> karakter aanval nie!
> Dit behoort benede jou waardigheid te wees...
Thys, my dier, moenie jou inmeng met
die lovelife van Hessie en du Plessis
nie.
Die Ruiter in die Dag
|
|
|
Afrikaans op die ng [boodskap #72056 is 'n antwoord op boodskap #72020] |
Thu, 16 January 2003 12:59   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter
In plein Afrikaans beteken dit Tant Hessie het haar self in 'n
hoek geverf waaruit sy nie kan kom nie, Kinky. Laat ek, die
plein plaasvark met die Afrikaanse naam dan die vraag vra:
Gee jy hier vir die nuusgroepdeelnemers toestemming om in Engels
te pos en in n ander stuk baklei jy met hulle omdat hulle in Engels pos?
Tant Hessie van Keimoes
...daar is 'n verskil tussen 'n
hele Engelse berig op 'n AFRIKAANSE
nuusgroep plaas, of 'n bespreking in Engels
probeer voer op 'n Afrikaanse nuusgroep
en hier en daar van Engelse uitdrukkings gebruik te
maak, of iets te illustreer aan die hand van
'n Engelse aanhaling ( soos Katryn baie keer
doen.) Dis hierdie ouens wat hulleself VAN
ENGELS WIL BEDIEN op 'n Afrikaanse nuusgroep
waarteen ek dit het.
Wouter
Dis alles goed en wel, maar jy het gesê:
> "So asseblief, gebruik óf die oorspronklike Engels,
> want jy adverteer net jou gebrek aan kennis
> van wat Engelse uitdrukkings werklik beteken,
> óf praat ordentlike Afrikaans.
Dis iets heel anders as waarvan jy hier bo praat. Jy nooi iemand
uit om onbeteuld in Engels te skryf; waar val jy uit? En ek is
bevrees jy is nog steeds in die hoek geverf, jou poging om
verwarring te skep kry jou nie daaruit nie.
Hessie
En ek daag jou nou uit:
wil jy die gebruik van Engels vrye teuels
gee op hierdie nuusgroep? Ja of nee.
Wouter
Ek het my posisie al twee keer baie duidelik gestel en die antwoord
is 'n onomwonde nee. Maar jou kritiek op bv iemand wat 'n Engelse
nuusberig plaas vir bespreking in Afrikaans is so belaglik dat dit
teenproduktief is. As jy ook nee op die vraag hier bo wil antwoord
moet jy dit staak en meer gebalanseerd kritiseer.
|
|
|
|
Re: Afrikaans op die ng [boodskap #72058 is 'n antwoord op boodskap #72056] |
Thu, 16 January 2003 14:34   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
Maar jou kritiek op bv iemand wat 'n Engelse
> nuusberig plaas vir bespreking in Afrikaans is so belaglik dat dit
> teenproduktief is. As jy ook nee op die vraag hier bo wil antwoord
> moet jy dit staak en meer gebalanseerd kritiseer.
Ek herhaal weer, Wouter Tameletjie, ek
het dit teen mense wat "in Engels pos"
op hierdie Afrikaanse nuusgroep. Ek het
dit nie teen mense wat Engels aanhaal
wanneer hulle 'n argument wil staaf nie.
Ek het dit teen die Paul van Straatens
wat, ten spyte van hulle Konserwatiewe
Party affiliasies, daarop staan om in
Engels op 'n Afrikaanse nuusgroep te pos,
ten spyte van die feit dat die KP teen die
verengelsing van die kultuur in SA is. Ek
het dit teen mense wat Engelse grappies op
'n Afrikaanse nuusgroep pos. Ek het dit
daarteen as iemand soos Tobie ons in Engels
wil bearbei. Hoekom doen hulle dit nie in
Afrikaans nie?
Ek het dit ook daarteen dat mense dinge
direk uit Engels "vertaal" en dan voorgee om
Afrikaans te praat. Skryf liewers die ding in
die oorspronklike Engels as dit dan moet. Moenie
met Engels hoereer in die naam van "Afrikaans
praat" nie.
Tant Joan of Arc
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaans op die ng [boodskap #72081 is 'n antwoord op boodskap #72059] |
Fri, 17 January 2003 01:19   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Jy kan nie in een pos skel omdat iemand 'n nuusberig
> in Engels kwoteer en in die volgende asem sê "Skryf
> liewers die ding in die oorspronklike Engels" nie. Dan
> maak jy jouself belaglik en is jou kritiek teenproduktief.
>
> Dit, Gloudina-in-die-hoek, is wat ek by jou probeer tuisbring.
Ek dink dit maak heeltemal sin. Ek moes
byvoorbeeld op Max geskel het oor sy gebruik
van "kopiëerkat" of soiets. Dis hoe mens
hoereer met Engels - jy maak asof die goeie
Afrikaans woord of uitdrukking nie bestaan
nie, neem die Engelse woord en dan klee
jy dit net in iets wat soos Afrikaans lyk.
Gebruik dan liewer die Engelse woord copy
cat en kry klaar daarmee. Dis hoe Afrikaans
gaan uitsterf, as mense soos McDuck 'n brousel
skep wat nie meer Afrikaans is nie. Miskien
sal ons dit Fanagalokaans moet noem.
Tant Hessie van Koekenaap
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaans op die ng [boodskap #72199 is 'n antwoord op boodskap #72193] |
Mon, 20 January 2003 17:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Ag jinne MIN! Hess se spelling van kopiëer is reg! Watter woordeboek had
> jy? Jou eie? Lyk my so!
> Thys des Bosses!
Thys, my dier, ongelukkig dink ek dis ek en
jy wat verkeerd is. Ons Bosman & van der Merwe
gee net "kopieer" sonder die umlaut. Ek het
effentjies ongemaklik gevoel toe ek daardie
ding geskryf het, want dit het lelik gelyk.
Miskien kan mens aanneem dat niemand vir jou
sal kan sê dis eintlik verkeerd om dit so te
skryf nie, maar die woordeboek het dit nie
met die umlaut nie. So vra nou om verskoning
vir MIN/MAX.
Tant Hessie Mini-Me
|
|
|
Re: Afrikaans op die ng [boodskap #72201 is 'n antwoord op boodskap #72190] |
Mon, 20 January 2003 17:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Nee, ek sal dit nie hoereer noem nie, eerder "flirt", en dis nie met
> Engels nie, Tannie, maar met JOU!!!
As jy met Tant Hessie wil flankeer deur
met Engels te hoereer, dan het jy nog
baie om te leer, Maxi-boy.
Die Ruiter in die Nag
|
|
|
Re: Afrikaans op die ng [boodskap #72203 is 'n antwoord op boodskap #72201] |
Mon, 20 January 2003 20:12  |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 20 Jan 2003 17:50:31 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Max wrote:
>
>
>> Nee, ek sal dit nie hoereer noem nie, eerder "flirt", en dis nie met
>> Engels nie, Tannie, maar met JOU!!!
>
> As jy met Tant Hessie wil flankeer deur
> met Engels te hoereer, dan het jy nog
> baie om te leer, Maxi-boy.
>
> Die Ruiter in die Nag
Ek is sò lekker dìk vir die nuusgroep (soos daai dwelm verslaafde op
die stasie wat sê dat hy nooit weer LSD sal gebruik nie) en dan kom
hier juwele soos dié hier uit wat my steeds verslaafd hou...
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 22:08:01 UTC 2025
|