Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Weeeeeeee - terug by die werk
Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71381] |
Mon, 06 January 2003 07:50  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek's terug by die werk vandag, maar dit gaan effe stadig. Sal maar sien,
dalk kom ek bietjie later aan die gang, maar op die oomblik probeer ek nie
te hard nie :)) Vir die res van julle arme drommels wat vandag weer moet
begin werk. Sterkte!!! Ek weet hoe julle voel.
Groete
Elaine
|
|
|
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71410 is 'n antwoord op boodskap #71403] |
Mon, 06 January 2003 13:48   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis die probleem van Afrika! 'n Inginieur-kennis van my wat na Kalifornia
verhuis het vertel my lank gelde dat waar vir sy tipe pos 35 - 40 dae verlof
per jaar standaard is in SA, kry hy vir die eerste 3 jaar net 12 dae in die
VSA. As ek reg onthou is hulle daaglikse ure langer. Oorle' Bert
Wessels van Toyota [pas oorlede] het vertel dat hy na hy afgestudeer het by
Toyota Japan moes gaan werk vir 'n paar jaar om te leer. Toe hy die eerste
oggend om 8 uur aanmeld vir diens soos wat sy kontrak sê, moes hy uitvind
hy's 'n uur laat vir werk! Dis toe dat hulle vir hom vertel dat hy werk
wel 'n 8 uur dag, maar elke werker gee twee ure per dag gratis aan die
maatskappy terug! 'n Uur in die oggend om die dag in oënskou te neem en te
beplan en 'n uur na werk om probleme te bespreek. Hulle werk dus 'n 10-uur
dag........maar nou weet ons almal dat die Japannese ekonomie baie sterk is
en die betaling is goed. So al werk hulle 10 ure verdien hulle sekerlik
genoeg om tevrede te wees? MAAR hul ekonomie floreer omdat daar nie plek
vir slapgatte is nie.
Hier by ons in Walvisbaai is daar so jaar of twee gelede gewerk aan die
hawe. Kom middagete dan val die swart handlangers om....na hulle eers
geëet het en dan vang hulle vir die res van die uur 'n slapie. Saam met
hulle het Chinese gewerk.......hulle het eenvoudig nie 'n middagete gevat
nie en aangegaan met werk asof niks gebeur nie! Dis waar die sleutel tot
sukses in Afrika lê: Produktiwiteit.
"Elaine" skryf in boodskap news:3e197450.0@news1.mweb.co.za...
> mmmmm, net jammer jy gaan niemand kry om daai tipe van ure te werk nie.
> Eers het hulle gestaak om die ure van 48 werksure per week af te bring na 40
> toe, nou mag kantoorwerkers nie meer as 40 ure per week werk sonder oortyd
> nie. Ek sien die duiwels campaign nou om dit af te bring na 35 uur per week
> toe.
> Ek en my man het ons eie besigheid, ons sluit net oor Kersfees en ons sit
> nogal gereeld maklik 12 ure 'n dag voor ons rekenaars en werk. Vandag het
> ek nog nie juis veel werk nie, want baie besighede is nog gesluit tot
> volgende Maandag, maar dit lyk al klaar na 'n besige jaar. Ok maar net die
> ouens met hulle eie besighede wat so hard werk, as jy dit nie doen nie kan
> jy maar jou deure sluit.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e19725e.0@news1.mweb.co.za...
>> Bly om te sien dat jy weer vir 'n slag produktief raak! Wat dink jy van
>> 10-uur werksdae en 7dae werksweke? Dink jy nie dit sal Afrika se
>> ekonomiese probleme oplos nie?
>
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71412 is 'n antwoord op boodskap #71410] |
Mon, 06 January 2003 14:24   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
.maar nou weet ons almal dat die Japannese ekonomie baie sterk is
Dierbaarheid, ou Suidwester, jy is darem
baie "agter die tyd." (Daar is 'n Anglisisme
vir jou, Elaine.) Die Japannese ekonomie op
die oomblik is baie baie sleg.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71432 is 'n antwoord op boodskap #71410] |
Mon, 06 January 2003 21:19   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy wat so praat van die Chinese en Japanese wat so hard werk. Dis ook nie
goed nie hoor? Die Japanese en ook Chinese word maar eindelik sleg vergoed
vir hulle werk, en hulle werk hulself letterlik dood. Ek lees nou die dag
hulle moet die werkers in China DWING om verlof te neem want hulle rus net
nie. Een Chinees het in sy twee weke verlof 40 boeke gelees! Hy't net nie
geweet wat om met homself te doen nie. Ongelukkig is dit dan ook 'n
waarheid dat jou gemiddelde Chinese man op 45 dood neerslaan aan
hartaanvalle omdat hulle nie weet hoe om te ontspan nie.
Wat's fout daarmee om 'n breuk te neem? Jy moet tog rus en jou liggaam en
verstand kans gee om inligting te verwerk. As jy nie rus nie, gaan jy foute
begin maak. Wat is beter, 'n ou wat 10 ure werk met twee 5 minute breuke,
maar hy maak 10 foute of 'n ou wat 10 ure werk met altesaam 2 ure se breuke
tussenin en hy maak net 1 fout? Produktiwieteit en die aantal ure wat jy
werk gaan nie noodwendig hand aan hand nie.
In SA kry ons standaard 21 dae verlof (naweke uitgesluit) en nie 35 - 40 dae
per jaar soos wat jy hier onder stel nie, ek dink dit werk uit op iets soos
1 en 'n half dag per maand of iets dergliks, jy kan jou verlof natuurlik ook
laat ophoop en terugverkoop aan die maatskappy waarvoor jy werk as jy wil.
Ek glo nogal ek's geregtig op my 21 dae, ek werk immers die res van die tyd
myself kisboude vir 'n maatskappy en ek is geregtig daarop om bietjie tyd
vir myself te neem en my batterye te "recharge".
Australia het op 'n stadium hard gecampaign hier in SA vir geskoolde
werkers, juis omdat hulle nie genoeg het nie, en die wat hulle het doen NET
wat in 'n "job description" staan, moet hom ook net nie vra om 10 minute
laat te werk nie, want sy "job description" sê... Ons Au Pairs is ook nogal
baie gewild in plekke soos Engeland, Amerika, Holland en Amerika, so dis
darem nie 'n hopeless case nie. Baie van ons werkers is meeste van die tyd
bereid om daai "ietsie ekstra" te doen en is nie bang om 'n uur of twee na
werk te bly as dit van hulle verwag word nie.
Groete
Elaine
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e198931.0@news1.mweb.co.za...
> Dis die probleem van Afrika! 'n Inginieur-kennis van my wat na Kalifornia
> verhuis het vertel my lank gelde dat waar vir sy tipe pos 35 - 40 dae verlof
> per jaar standaard is in SA, kry hy vir die eerste 3 jaar net 12 dae in die
> VSA. As ek reg onthou is hulle daaglikse ure langer. Oorle' Bert
> Wessels van Toyota [pas oorlede] het vertel dat hy na hy afgestudeer het by
> Toyota Japan moes gaan werk vir 'n paar jaar om te leer. Toe hy die eerste
> oggend om 8 uur aanmeld vir diens soos wat sy kontrak sê, moes hy uitvind
> hy's 'n uur laat vir werk! Dis toe dat hulle vir hom vertel dat hy werk
> wel 'n 8 uur dag, maar elke werker gee twee ure per dag gratis aan die
> maatskappy terug! 'n Uur in die oggend om die dag in oënskou te neem en te
> beplan en 'n uur na werk om probleme te bespreek. Hulle werk dus 'n 10-uur
> dag........maar nou weet ons almal dat die Japannese ekonomie baie sterk is
> en die betaling is goed. So al werk hulle 10 ure verdien hulle sekerlik
> genoeg om tevrede te wees? MAAR hul ekonomie floreer omdat daar nie plek
> vir slapgatte is nie.
> Hier by ons in Walvisbaai is daar so jaar of twee gelede gewerk aan die
> hawe. Kom middagete dan val die swart handlangers om....na hulle eers
> geëet het en dan vang hulle vir die res van die uur 'n slapie. Saam met
> hulle het Chinese gewerk.......hulle het eenvoudig nie 'n middagete gevat
> nie en aangegaan met werk asof niks gebeur nie! Dis waar die sleutel tot
> sukses in Afrika lê: Produktiwiteit.
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71434 is 'n antwoord op boodskap #71414] |
Mon, 06 January 2003 21:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> Tante, hou by jou gediggies
Sien, Suidwester, hoe 'n male chauvinist pig
jy is. Jy probeer my stilmaak, deur neerbuigend
van "gediggies" te praat, en te wil voorgee dat
vroumense gewoonlik nie weet waarvan hulle praat
nie. Maar terselfdertyd is jy onkundig oor die
SA ekonomie en oor die Japannese ekonomie, en
nugter weet wat ook nog. So ek sê nou nog weer
'n keer vir jou: ek glo jou nie as jy vir my
wil vertel hoe hoog 'n springbok spring nie.
Tant Hessie van die Nossob
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71435 is 'n antwoord op boodskap #71410] |
Mon, 06 January 2003 21:28   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In Amerika werk hulle al vir jare van 9 - 5 maw 'n 8 uur dag, minus 'n uur
ete wat dit dan natuurlik 'n 7 uur dag maak. In SA het ons vir jare van 8 -
5 gewerk, 'n 9 uur dag en 8 werksure as jy ete aftrek. 45minute ete en 15
minute tee breek.
Glo my baie maatskappye werk nog op die 8 - 5 dae. Toe ek vir MedScheme
gewerk het, moes ek 8 uur in die oggend aanmeld vir werk, en ek moes tot 5
uur toe daar sit, maar het gereeld saam met 'n hele klompie mense maklik tot
7 uur toe gewerk. Ek het ook net een breuk van 45 minute gekry. Die res
van die tyd het jy gewerk, 11 uur en 3 uur het daar 'n dame omgekom met 'n
teetrollie, maar jy't nie 'n breuk gevat om tee te drink nie, jy moes maar
so tussen jou werk deur aan jou teetjie drink. Aan die einde van so 'n dag
is jy gaar, en 'n mens brand gou-gou uit.
Elaine
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e198931.0@news1.mweb.co.za...
> Dis die probleem van Afrika! 'n Inginieur-kennis van my wat na Kalifornia
> verhuis het vertel my lank gelde dat waar vir sy tipe pos 35 - 40 dae verlof
> per jaar standaard is in SA, kry hy vir die eerste 3 jaar net 12 dae in die
> VSA. As ek reg onthou is hulle daaglikse ure langer.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71453 is 'n antwoord op boodskap #71444] |
Tue, 07 January 2003 05:49   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vergelyk mens dit met wat in Afrika gebeur, sal jy veral in die staat en die
semi-staat vind dat produktiwiteit verskriklik laag is. Dit is niks snaaks
om 42 dae verlof per jaar te hê as jy net so 'n bietjie senior is nie. Nou
wil ek net weet, hoe belangrik is jou bydrae tot jou werk as jy vir 42 dae
afwesig kan wees? Ek sou donners bekommerd gewees het as ek so lank weg
kan wees en hulle mis my nie!
In Afrika is daar hierdie mislike arbeidskultuur waarin werkers glo die
werkgewers moet dankbaar wees dat hulle bereid is om vir hulle te werk....en
dit terwyl die aanbod die vraag wyd oorskrei! 'n Ou wat werk het moet
dankbaar wees en hy moet sy beste lewer te alle tye. Hier kry jy mos mense
wat ontevrede raak oor hulle te min betaal word en as hulle gedwing word om
30 dae kennisgewing uit te werk, dan is daai 30 dae juis nou vir hom tyd om
op sy duim te sit en te relax.....hulle kan hom mos nie fire nie, of hoe?
'n Mens met inbors en trots sal NOOIT toelaat dat enige ding die kwaliteit
van sy werk beïnvloed nie. Dis die soort van werkerstrots wat Afrika nodig
het as hy wil opstaan uit die modder uit......
"werksure" skryf in boodskap news:avd2t4$u0$1@slb6.atl.mindspring.net...
> Ek dink jy maak n fout Elaine.
>
> Ek werk al baie lank in Amerika, en die gemiddelde tyd is 8 1/2 tot 9 uur
> per dag as jy salaris is, soms meer as jy baie besig is. Mense wat inklok
> werk 8 uur, maar kan langer werk, en word dan gewoonlik betaal vir oortyd.
> Meeste mense werk ook gewoonlik flextyd, met altyd 30 minute vir middagete.
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e19f502.0@news1.mweb.co.za...
>> In Amerika werk hulle al vir jare van 9 - 5 maw 'n 8 uur dag, minus 'n uur
>> ete wat dit dan natuurlik 'n 7 uur dag maak.
>
|
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71456 is 'n antwoord op boodskap #71453] |
Tue, 07 January 2003 06:53   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester - dan sit mens nog met 'n regering wat onlogiese arbeidswette
instel om hierdie loodswaaiers te beskerm ook - daar is net geen manier
waarop mens op 'n gesonde ekonomie kan roem as daar wette is wat een van die
hoofonkostes in 'n onderneming ondermyn nie.
Nog 'n ding wat sal moet verander, behalwe dat as jy wil werk vir 'n
werkgewer, dan werk jy hard of loop, is die tendens wat my teen die krop
steek van jongmense wat letterlik op hul knieë vir 'n werk smeek, en as
hulle dan die werk kry dan wil hulle 'n verhoging na 'n maand hê of hulle
loop. Ek dink die ou tyd van drie maande proefperiode voordat iemand
permanent aangestel word het baie beter gewerk.
Wat die jong heethoofde nie eers besef nie is dat die werkgewer vir ten
minste drie maande die werker betaal terwyl hy/sy nog leer/vertroud raak en
glad nie produktief genoeg is vir die loon wat hulle verdien nie.
Of miskien nog beter - stel die werker aan, maar terwyl hulle leer/vertroud
raak met die werk dan word hulle niks of pro-rata vergoed tot die mate wat
hulle die werk onder die knie het sonder hulp of foute. Dan sal die werker
miskien besef dat sy produktiwiteit net so 'n kommoditeit is soos enige
ander oorhoofse koste is, en nie 'n reg nie.
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1a6a81.0@news1.mweb.co.za...
> Vergelyk mens dit met wat in Afrika gebeur, sal jy veral in die staat en die
> semi-staat vind dat produktiwiteit verskriklik laag is. Dit is niks snaaks
> om 42 dae verlof per jaar te hê as jy net so 'n bietjie senior is nie. Nou
> wil ek net weet, hoe belangrik is jou bydrae tot jou werk as jy vir 42 dae
> afwesig kan wees? Ek sou donners bekommerd gewees het as ek so lank weg
> kan wees en hulle mis my nie!
> In Afrika is daar hierdie mislike arbeidskultuur waarin werkers glo die
> werkgewers moet dankbaar wees dat hulle bereid is om vir hulle te werk....en
> dit terwyl die aanbod die vraag wyd oorskrei! 'n Ou wat werk het moet
> dankbaar wees en hy moet sy beste lewer te alle tye. Hier kry jy mos mense
> wat ontevrede raak oor hulle te min betaal word en as hulle gedwing word om
> 30 dae kennisgewing uit te werk, dan is daai 30 dae juis nou vir hom tyd om
> op sy duim te sit en te relax.....hulle kan hom mos nie fire nie, of hoe?
> 'n Mens met inbors en trots sal NOOIT toelaat dat enige ding die kwaliteit
> van sy werk beïnvloed nie. Dis die soort van werkerstrots wat Afrika nodig
> het as hy wil opstaan uit die modder uit......
> "werksure" wrote in message
> news:avd2t4$u0$1@slb6.atl.mindspring.net...
>> Ek dink jy maak n fout Elaine.
>>
>> Ek werk al baie lank in Amerika, en die gemiddelde tyd is 8 1/2 tot 9 uur
>> per dag as jy salaris is, soms meer as jy baie besig is. Mense wat inklok
>> werk 8 uur, maar kan langer werk, en word dan gewoonlik betaal vir oortyd.
>> Meeste mense werk ook gewoonlik flextyd, met altyd 30 minute vir
> middagete.
>>
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3e19f502.0@news1.mweb.co.za...
>>> In Amerika werk hulle al vir jare van 9 - 5 maw 'n 8 uur dag, minus 'n
> uur
>>> ete wat dit dan natuurlik 'n 7 uur dag maak.
>>
>
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71464 is 'n antwoord op boodskap #71456] |
Tue, 07 January 2003 08:40   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hmm. Jy's reg. 'n Mens se selftrots en inbors behoort jou te dryf om te
alle tye jou beste te lewer. Hier by ons het die fakbonde [saam met die
Swapo regering] die truuk dat hulle mense kry om te investeer in die land en
is op die oog af vreeslik dankbaar vir die belegging en die werk wat verskaf
word. Die een of ander tyd looi die fakbonde egter die maatskappy met 'n
arbeidstaking vir hoër lone en is van hierdie dankbaarheid g'n teken meer
nie. Die doel is om die mpy op sy knieë te kry sodat dit goedkoop
oorgeneem kan word....deur wie? Gaan kyk maar na die name van die
direkteure.....Swapo prominente! Waag jy dit nou net om 'n kleim te gehad
het waaarop minerale gemyn is. Die dag as hy verval en al doen jy aansoek,
jy sal dit nie weer kry nie. 'n Mens wat nog nooit gemyn het nie, kry dit
en jy moet daardie persoon betaal vir jou regte! Weereens Swapo partylede!
Het jy 'n ding soos bv 'n roboeskonsessie sal jy vind dat dinge vir jou
veel makliker gaan as jy 'n Owambo [en Swapolid] op jou direksie kry. Dis
die manier van Afrika......as jy nie die politieke heersers kan omkoop nie,
suffer maar!
"Annette" skryf in boodskap news:avdue6$en4at$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Suidwester - dan sit mens nog met 'n regering wat onlogiese arbeidswette
> instel om hierdie loodswaaiers te beskerm ook - daar is net geen manier
> waarop mens op 'n gesonde ekonomie kan roem as daar wette is wat een van die
> hoofonkostes in 'n onderneming ondermyn nie.
> Nog 'n ding wat sal moet verander, behalwe dat as jy wil werk vir 'n
> werkgewer, dan werk jy hard of loop, is die tendens wat my teen die krop
> steek van jongmense wat letterlik op hul knieë vir 'n werk smeek, en as
> hulle dan die werk kry dan wil hulle 'n verhoging na 'n maand hê of hulle
> loop. Ek dink die ou tyd van drie maande proefperiode voordat iemand
> permanent aangestel word het baie beter gewerk.
> Wat die jong heethoofde nie eers besef nie is dat die werkgewer vir ten
> minste drie maande die werker betaal terwyl hy/sy nog leer/vertroud raak en
> glad nie produktief genoeg is vir die loon wat hulle verdien nie.
> Of miskien nog beter - stel die werker aan, maar terwyl hulle leer/vertroud
> raak met die werk dan word hulle niks of pro-rata vergoed tot die mate wat
> hulle die werk onder die knie het sonder hulp of foute. Dan sal die werker
> miskien besef dat sy produktiwiteit net so 'n kommoditeit is soos enige
> ander oorhoofse koste is, en nie 'n reg nie.
>
> Annette
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e1a6a81.0@news1.mweb.co.za...
>> Vergelyk mens dit met wat in Afrika gebeur, sal jy veral in die staat en
> die
>> semi-staat vind dat produktiwiteit verskriklik laag is. Dit is niks
> snaaks
>> om 42 dae verlof per jaar te hê as jy net so 'n bietjie senior is nie.
> Nou
>> wil ek net weet, hoe belangrik is jou bydrae tot jou werk as jy vir 42 dae
>> afwesig kan wees? Ek sou donners bekommerd gewees het as ek so lank weg
>> kan wees en hulle mis my nie!
>> In Afrika is daar hierdie mislike arbeidskultuur waarin werkers glo
> die
>> werkgewers moet dankbaar wees dat hulle bereid is om vir hulle te
> werk....en
>> dit terwyl die aanbod die vraag wyd oorskrei! 'n Ou wat werk het moet
>> dankbaar wees en hy moet sy beste lewer te alle tye. Hier kry jy mos
> mense
>> wat ontevrede raak oor hulle te min betaal word en as hulle gedwing word
> om
>> 30 dae kennisgewing uit te werk, dan is daai 30 dae juis nou vir hom tyd
> om
>> op sy duim te sit en te relax.....hulle kan hom mos nie fire nie, of hoe?
>> 'n Mens met inbors en trots sal NOOIT toelaat dat enige ding die kwaliteit
>> van sy werk beïnvloed nie. Dis die soort van werkerstrots wat Afrika
> nodig
>> het as hy wil opstaan uit die modder uit......
>> "werksure" wrote in message
>> news:avd2t4$u0$1@slb6.atl.mindspring.net...
>>> Ek dink jy maak n fout Elaine.
>>>
>>> Ek werk al baie lank in Amerika, en die gemiddelde tyd is 8 1/2 tot 9
> uur
>>> per dag as jy salaris is, soms meer as jy baie besig is. Mense wat
> inklok
>>> werk 8 uur, maar kan langer werk, en word dan gewoonlik betaal vir
> oortyd.
>>> Meeste mense werk ook gewoonlik flextyd, met altyd 30 minute vir
>> middagete.
>>>
>>>
>>> "Elaine" wrote in message
>>> news:3e19f502.0@news1.mweb.co.za...
>>>> In Amerika werk hulle al vir jare van 9 - 5 maw 'n 8 uur dag, minus
'n
>> uur
>>>> ete wat dit dan natuurlik 'n 7 uur dag maak.
>>>
>>
>
|
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71474 is 'n antwoord op boodskap #71453] |
Tue, 07 January 2003 13:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> Vergelyk mens dit met wat in Afrika gebeur, sal jy veral in die staat en die
> semi-staat vind dat produktiwiteit verskriklik laag is. Dit is niks snaaks
> om 42 dae verlof per jaar te hê as jy net so 'n bietjie senior is nie. Nou
> wil ek net weet, hoe belangrik is jou bydrae tot jou werk as jy vir 42 dae
> afwesig kan wees?
Kom ek vertel nou vir jou 'n ou dingetjie.
My man begin werk vir die WNNNR in 1964
nadat hy in Noord-Amerika gestudeer en
bietjie gewerk het. Dit is nou plonk in die
apartheidsjare. Hulle sê vir hom hy het
40 vakansiedae per jaar, 14 waarvan hy moet
in een stuk neem. Veertig vakansiedae per
jaar. En dis nou die ou apartheidsvarkies
se dae hoor. So maak eers seker van jou feite
voordat jy oor grootmens-sake praat.
Tant Hessie van Waterval Onderstebo
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71492 is 'n antwoord op boodskap #71475] |
Tue, 07 January 2003 15:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> want 'julle' regering het g'n gedagte daaraan om vir hierdie mense
> voorsiening te maak en arbeidsintensiewe werkgeleenthede te skep nie.
Jy besef natuurlik dat jy nou absoluut
dieselfde opinies uiter as die vakbonde
en Cosatu in Suid-Afrika. Dis natuurlik
ook een van die dinge waaroor ek die
teenwoordige regime in SA kritiseer. So
jy, Suidwester, en ek en Cosatu sit langs
dieselfde vuurtjie. Wouter Plaasvark noem
ons almal pienk kommuniste.
Tant Hessie van Rooikraal
|
|
|
|
|
|
|
Re: Weeeeeeee - terug by die werk [boodskap #71509 is 'n antwoord op boodskap #71488] |
Tue, 07 January 2003 18:55   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee ek was nog nie in 'n bestuursposisie want ek het al my eie besigheid
vandat ek 23 is!! Waarvoor wil ek nou vir iemand anders gaan werk as ek vir
myself kan werk? Ek glo nie ek sal sommer weer in 'n "corporate" aanpas
nadat ek my eie baas was nie. Maar my pa en my skoonpa was al wel in
bestuursposisies, en my pa het nooit 'n hele maand se verlof geneem nie, ook
nie my skoonpa so ver ek kan aflui nie. Ons het voorheen kantoor-
fasiliteite gedeel met 'n groot maatskappy, uit die aard van die saak het
ons gemeng met die ander mense daar, en. hulle standaard vir hulle
bestuurders was 21 dae en basta met jou as jy meer wou gehad het. Miskien
is dit moontlik om meer dae te kry as jy 'n MD van 'n maatskappy is, maar 'n
MD kan seker maak en breek soos hy wil of hoe?
Groete
Elaine
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e1aeb41.0@news1.mweb.co.za...
> Jis maar jy's aggressief! Duidelik was jy nog nie in 'n bestuursposisie
> nie, hm? En skattie, as jy dit mooi uitwerk is daar oor die gemiddeld 22
> werksdae per jaar, so maw dis 30 dae weeksdae. Is jy nou mooi soet en doen
> jy jou werkie baie mooi, dan kry jy so 'n ekstra wekie of wat verlof om al
> jou ekstra geld te gaan uitgee. Jy sê ook jy ken niemand wat 42 dae verlof
> per jaar kry nie? Jinne, maar waar werk jy? Stap tog net een dag in 'n
> plek soos die semi-staat in en dis die norm......
|
|
|
|
|
|
|
Gloudina en die Kommuniste [boodskap #71531 is 'n antwoord op boodskap #71492] |
Tue, 07 January 2003 21:39   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester wrote:
> want 'julle' regering het g'n gedagte daaraan om vir hierdie mense
> voorsiening te maak en arbeidsintensiewe werkgeleenthede te skep nie.
Tant Hessie van Rooikraal
Jy besef natuurlik dat jy nou absoluut
dieselfde opinies uiter as die vakbonde
en Cosatu in Suid-Afrika. Dis natuurlik
ook een van die dinge waaroor ek die
teenwoordige regime in SA kritiseer. So
jy, Suidwester, en ek en Cosatu sit langs
dieselfde vuurtjie. Wouter Plaasvark noem
ons almal pienk kommuniste.
Wouter
Nee, jy is die enigste heavy pienke hierso. In 'n gemengde ekonomie,
selfs een wat in wese kapitalisties is, is daar plek vir
arbeidinsentiewe
werksprojekte teen lae lone vir mense wat anders broodgebrek sou
ly. Maar Cosatu is hewig gekant daarteen, dit beneuk hulle
salaris-eise vir dié wat nog werk het - hulle voel niks vir die
werkloses nie, al probeer hulle hoog daaroor opgee.
Maar jy, wat werkgeleenthede wil doodmaak met hoër belasting, jy
is die kommunis. Van die onnosel tipe wat Rusland en Oos-Duitsland
tot 'n val gebring het. Gelukkig is ons kommuniste nie meer
heeltemaal so dom nie.
Jy sit alleen langs daardie vuurtjie op hierdie ng
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 21:53:13 UTC 2025
|