Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Second Coming 11 " deur ADAM SMALL
" Second Coming 11 " deur ADAM SMALL [boodskap #71635] Do, 09 Januarie 2003 00:28
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Adam Small
Second Coming II

Toerie Lord
byrie airport
yrie jet stap
tussen die streamers oppie tarmac
en virrie Here Jesus fan-club
die V-sign wys
was daa nie meer plek
vir 'n mys.

Innie press-conference
wat gafollow het
het hy ga-apologise
en sincere regrets ga-express
lat hy dié assignment so lank moes cancel,
hy't werklik gatry sy bes
ma soes hy ga-explain het
'n celebrity follow nie sy eie nie
ma sy Manager se wil.

Toe't hy kindly agree
en moerie teenagers gapose
voor 'n hele battery
press photographers,
ennie hêpkêts het gaskrie
en spontaneously gatwis'
(photo op bladsy drie) -

en ámmal het die Lord
wármly ga-applôd
toe hy reveal hy gan 'n personal appearance-show
vi sy non-white entoesiasts
special innie Gem in hou.
Vorige onderwerp: Ek wonder baie hoekom...
Volgende onderwerp: Weeeeeeee - terug by die werk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:45:05 MGT 2024